Kamp-is-Lekker-Tydskrif-Feb-2018
Kamp-is-Lekker-Tydskrif-Feb-2018 Kamp-is-Lekker-Tydskrif-Feb-2018
UITGAWE NO. O2 FEBRUARIE 2018 • WEN 4x4 Gids met Roetes deur Suider AFRIKA KAMP IS LEKKER WENKE So maak ons tent skoon Wat sê R E S E P T E BRANDEWYN EN COKE "T-BONE" HENRY? Speletjies vir die hele gesin K ampplekke op die voorstoep van Gauteng
- Page 2 and 3: "Ons Kampresepte" BRANDEWYN-EN-COKE
- Page 4 and 5: WENK HOE OM JOU TENT SKOON TE MAAK.
- Page 6 and 7: K A M P I S L E K K E R 0 6 Braai B
- Page 8 and 9: K A M P I S L E K K E R 0 8
- Page 10 and 11: K A M P I S L E K K E R 1 0 SPELETJ
- Page 12: Het jy 'n storie wat jy met ons wil
UITGAWE NO. O2

FEBRUARIE 2018

WEN

4x4 Gids met Roetes

deur Suider AFRIKA

KAMP IS LEKKER

WENKE

So maak ons

tent skoon

Wat sê

R E S E P T E

BRANDEWYN

EN COKE

"T-BONE"

HENRY?

Speletjies

vir die hele

gesin

K

ampplekke op die voorstoep

van Gauteng
"Ons Kampresepte"

BRANDEWYN-EN-COKE "T-BONE"

Brandewyn-en-Coke T-Been

Neem die volgende vir die marinade:

Twee koppies Coke

Halwe koppie brandewyn

Eetlepel Mrs Ball’s-blatjang

Twee eetlepels sojasous

Twee eetlepels goeie asyn

Goeie gehalte T-Been

Gooi twee koppies Coke en die brandewyn in die pan.

Voeg Mrs Ball’s by.

Kook af tot die hele storie ‘n dunnerige stroop maak.

Klits dan die sojasous en asyn by en kook vir nog so drie, vier

minute.

Koel af.

Nou vat jy jou biefstuk en plaas dit in die swart sous. Bedek die

vleis met die sous en los vir maksimum 30 minute.

Braai die vleis op rooster, op oop warm kole soos jy of jou

gaste dit verkies. Kwas gereeld met marinade..

Dieselfde marinade kan ook op heerlike skaaptjoppies gebruik

word.

POTBROOD WIELE

Hierdie potbrood wiele word gemaak van gekoopte

brooddeeg wat per kg by die meeste winkels se

bakkerye beskikbaar is.

1 kg brooddeeg

Tamatiepuree na smaak OF blikkie tamatie &

uiesmoor

1 pakkie bruinuiesoppoeier

Knoffel

1 blikkie mossels OF weense worsies (in skyfies

gesny) OF gebraaide spekvleis

Gerasperde cheddarkaas

250ml room

• Rol deeg in reghoek en smeer tamatie oor.

• Sprinkel soppoeier en knoffel oor.

• Versprei vleis van jou keuse (mossels of worsies of

spek) en kaas oor en rol dit op soos ‘n rolkoek.

• Sny in skywe, plaas in gesmeerde oondpan, gooi

room oor en bak vir 45 min teen 180°C of plaas

in swart platboompot en bak in buite-oond (gat in die

grond met kole om of op ‘n rooster met ‘n

omgekeerde appelboks oorgetrek met foelie).
K A M P I S L E K K E R 0 3

PIESANGKLOOF

& BOSKAMP

4×4

Piesangkloof Boskamp is

geleë aan die voet van die

Magaliesberg, naby

Hartbeespoort in die

ongerepte natuurskoon. Die

kamp is veral populêr onder

4×4 entoesiaste wat in die

pragtige berge kom bestuur.

Daar is pragtige uitsigte oor

die waterpoele en die

bokkies wei by die

kampplekke. Jy is welkom om

‘n braaitjie op die kruin van

die berg te maak.

Kampplekke: Kom kamp in

die rustigheid van die

Magaliesberge. Daar is ‘n

natuurlike en privaat

kampterrein “at the creek”.

Kom kamp met jou

boswa, ryhuis, karavaan of

tent. Daar is nie krag by die

kampplekke nie, maar daar is

wel skoon lopende water.

Die kampplekke is baie

bekostigbaar. Maksimum 4

persone per staanplek

Kontak persoon Maritza Els

– 084 409 0217

MEER...
WENK HOE

OM JOU

TENT SKOON

TE MAAK.

Almal wat met vuil tente sit, onthou die

volgende. Moet NOOIT enige seep

gebruik om enige tent skoon te maak

nie! Slegs skoon water en ‘n sagte

besem. Gooi die seile oop op jou

grasperk of plaveisel, spuit dit nat, vee

skoon en spuit dit af. Hang dit oor jou

wasgoedlyn of slaan die tent weer op.

Om van mufkolle ontslae te raak gebruik

jy gewone bruinbrood wat jy in bolletjies

rol en oor die muf smeer.

Borsel dit dan af. Jy kan ook wit asyn

gebruik tesame met ‘n sagte sponsie om

muf af te kry. Laat dit droog word en

borsel skoon.

Jy moet gereeld die ritsluiters nagaan en

hulle met n ou tandeborsel met vaseline

smeer, dit verwyder aanpaksels. Ek het

dit op die proef gestel, dit werk en die

ritssluiters werk ook baie meer gemaklik.

Deur Ian Laing

By Kubu4x4 spesialiseer ons in die

verhuring van 4×4 sleepwaens en

karavane van Conqueror, Echo en Bush

Lapa.

Al die sleepwaens is omvattend toegerus

met die nodige toerusting vir kamp en toer

in Suid- Afrika, van gewone kampnaweke

tot langer kampvakansies of 4×4 toere,

beide binne en buite Suid-Afrika se

grense.

Al wat jy inpak is klere, kos, drinkgoed en

beddegoed.

Oorgrens dokumente word verskaf indien

benodig en versekering is ingesluit in die

huurtariewe.

Kubu4x4 is geleë in Krugersdorp,

Gauteng

Kontak: Jannie

Engelbrecht 0836316995

jannie@kubu4x4.co.za
K A M P I S L E K K E R 0 5

Dit is Vrydagmiddag en jy en jou

familie is lus om vir die naweek te

gaan kamp, maar julle is nie lus

om baie ver te ry nie. Dus…is

Dinokeng Resort net die plek vir

julle om te gaan uitspan.

Dinokeng Oord grens aan die

Boekenhoutskloofspruit en is

geleë in Welgevonden, langs die

Dinokeng Natuurreservaat, slegs

45km vanaf Pretoria en 17 km

vanaf Hammanskraal. Die

kampplek bied ‘n regte bosveld

ondervinding vir kampers om te

kom ontspan. Daar is sowat 40

kampplekke met kragpunte

beskikbaar met 4 persone per

staanplek. Die meeste van die

staanplekke het gras en koelte en

daar is meestal struike tussen die

staanplekke om ‘n mate van

privaatheid te verseker. Elke

kampplek het ‘n betontafel en

bankies vir aansit as jy klaar

gebraai het.

Die ablusiegeriewe by

Dinokeng Oord is baie netjies.

Daar is 3 gemeenskaplike

ablusieblokke in die kamp sowel

as 4 privaat ablusieblokke. Die

grootste ablusieblok het aparte

badkamers vir mans en dames en

is naby die swembadkompleks.

Die ander 2 ablusieblokke is aan

die naaste en verste punt van die

kamp se ingang geleë.

Daar is baie aktiweite beskikbaar

vir oud en jonk om mee besig te

bly, soos bergfiets roetes, ‘n kuier

lapa, speelpark vir kinders,

staproetes, 4

swembaddens, voëlskyk, wildkyk

(bespreek vroegtydig), visvang in

die Boekenhoutkloofspruit en ‘n

mobiele spa (bespreek

vroegtydig). Dinokeng Oord bied

‘n veilige omgewing vir kinders om

te speel en is een van

daardie kampplekke waar jy

beslis net jou kinders gaan sien

as hulle honger is vir ‘n stukkie

braaivleis.

Behalwe die kampplekke, bied

Dinokeng Oord ook aan die

besoeker goedversorgde selfsorg

eenhede en lodge kamers. ‘n

Paar van die kamers is naby die

verskeie swembaddens, dam en

rivier geleë. ‘n Vyfster ontbyt

word bedien en die diens is van

hoogstaande gehalte. Al die

eenhede het hul eie privaat

badkamer.

Dus, as jy weer soek vir ‘n lekker

kampplek om te besoek, is

Dinokeng Oord ‘n goeie opsie om

te

BESPREEK

DINOKENG OORD

45KM VANAF PRETORIA EN 17 KM VANAF HAMMANSKRAAL
K A M P I S L E K K E R 0 6

Braai Broodjie kompetisie

ONS GESELS MET RONEL

NOTHNAGEL OP

FACEBOOK.

Ronel sê: “Ek en my man Hennie

was baie bevoorreg om saam met

die karavaaneienaars van Secunda,

South Easterns CCSA te kuier. Ons

was genooi om beoordeelaars te

wees by Lake Umuzi Kamp Oase vir

die braaibroodjie kompetisie. Wat ‘n

aangename klomp mense met warm

harte en goeie gees.

Daar was 12 inskrywings wat so "out

of the box" gedink het en volgens my

was al 12 deelnemmers ’n wenner in

eie reg. Die deelnemers het ons

behoorlik laat sweet met al die

interressante braaibroodjie

kombinasies.

Ons het besluit op Jeanette as die

wenner. Haar braaibroodjie met

roomkaas, sweet chilli sous,

mozerella, fyn biltong en

peppadews, was watertand lekker!

Die wenner is Jeanette

Dankie dat julle die resepte met ons

gedeel het en gaan self van die

resepte op die proef stel."
K A M P I S L E K K E R 0 6
K A M P I S L E K K E R 0 8
K A M P I S L E K K E R 0 9

Tussen-I-Bome

Gasteplaas

Kamp Staanplekke 6

Persone Per Staanplek 10

Troeteldiervriendelik Vooraf reëling

Swemplek Kouewater swembad

Grondbedeking

Grond/sand

Skaduwee

Ja

Toeganklikheid

Grondpad

Selfoon Ontvangs

Swak

BESPREEK

Tussen-I-Bome Gasteplaas bied 'n

bekoorlike ossewa-oord sowat 26

km buite Montana in Pretoria op die

R573 KwaMahlango/Moloto-pad.

Die gasteplaas val binne die groter

Dinokeng streek en is sowat 30km

vanaf die Dinokeng Groot 5

Wildsreservaat en ook naby die

geskiedkundige dorpie van Cullinan

(met ‘n werkende diamant myn)

asook die Roodeplaat Dam.

Hierdie wildsplaas bied 'n regte

Bosveld-karavaanpark en -

kampeerterrein met water en

elektrisiteit by elke beskutte

staanplek. Daar is slegs 6

staanplekke beskikbaar en daar is

gerieflike ablusiegeriewe en

opwasgeriewe. Die staanplekke is

almal naby aan die ablusiegeriewe

geleë.

Daar is twee swembaddens en

mooi staproetes om te wandel. Jy

sal heel waarskynlik paaie kruis

met rooibokke en sebras terwyl jy

op een van die staproetes gaan.

Die een swembad is 'n rotspoel

wat op die hang van 'n koppie

gebou is met 'n uitsig-dek. Van hier

af kan jy die sonsondergang

aanskou en waardeer.

Tussen-I-Bome Gasteplaas bied

verskillende selfsorgverblyf-opsies,

van ossewakampe vir die

avontuurlustiges met slaapplek vir 4

- 6 mense. Hier slaap gaste in

oorspronklike ossewaens. Ander

selfsorg opsies is 'n gastehuis met

3 luukse en suite-kamers.

Die akkommodasie is ideaal vir

groot groepe, want die

gesinseenheid het 11 beddens, een

privaat kamer, een semi-privaat

kamer en 7 vrystaande beddens in

3 oopplan-areas.

Daar is ook 'n rustieke bos-lapa

met slaapplek vir tot 16 mense en 'n

pragtige chalet met slaapplek vir tot

10 mense.

Die Ossewa-tema van die venue en

die selfsorg-ossewakampe sal 'n

nostalgiese gevoel aan jou verblyf

by Tussen-I-Bome Gasteplaas

verleen. Die venues, ook in die

Ossewa-styl, kan tot 120 mense

akkommodeer. Dis ideaal vir troues,

konferensies, spanbousessies,

jaareindfunksies, verjaarsdae ens.

Die chalet, bos-lapa en gastehuis

kan vir kleiner funksies soos

hennepartytjies, rampartytjies,

ooievaarspartytjies ens. gebruik

word. Daar is 2 WiFi-versenders

wat WiFi aan gaste beskikbaar stel.

Daar is ook’n TV en DStvkoppelpunte

vir gaste wat dalk hul

eie DStv-dekodeerders wil

saambring.

26 Oktober – 28 Oktober

Sandringham Stellenbosch,

Wes-Kaap
K A M P I S L E K K E R 1 0

SPELETJIES VIR DIE HELE GESIN

MAAK ‘N LAS:

Die speletjie begin met ‘n passasier wat een volsin uitdink. Die volgende persoon

moet dan nog ‘n sin bylas. Almal in die kar kry ‘n beurt om 'n sin by te voeg totdat ‘n

hele storie ontstaan.

MIK EN DRUK:

As jou kinders oud genoeg is, laat hulle toe om beurtelings foto’s te neem met ‘n

digitale kamera of met jou slimfoon. Dit is groot pret om by jou bestemming deur al

die foto’s te gaan en om die wêreld deur die oë van jou kind te sien.

TALENT PARADE:

Laat jou kinders grappies vertel en liedjies sing in die kar. Wees jy die

seremoniemeester en kondig elke kind met entoesiasme aan.

Ten slotte…Onthou, die belangrikste is om die rit as gesin saam te geniet en om

kalm te bly in die voertuig. Haal diep asem en geniet die tydjie saam met jou

liefmense terwyl julle oppad is na jul gunsteling kampplek. Onthou julle is besig om

saam kosbare herrineringe as ‘n gesin te bou.

Leeuwenboschfontein (Touwsriver)

Die feit dat dit ons klomp manne amper 3 jaar geneem

het om weer saam te kamp is wraggies ʼn skande!

Maar soos die gesegde gaan – liewers laat as nooit.

Middel Augustus het ek die eerste keer van

Leeuwenboschfontein te hore gekom toe ons in die

vallei langs die plaas gekuier het saam met vriende.

Seker gemaak ek het dit op my “to-do” lysie gesit en

toe ons (ek, Jacques & Frans) een laatmiddag gesels

het dat ons weer ʼn kamp moet doen het dit na die

ideale geleentheid gelyk om daar te gaan kuier vir ʼn

naweek.

KLIK hier vir fotos

Wat sê

Henry?

K A M P I S L E K K E R 1 1

Vrydag, laatmiddag kom ʼn fris spannetjie stuk vir

stuk by mekaar by Leeuwenboschfontein se

kampterrein. Ons naweek spannetjie was:

1. Jonker’s

2. Laas’e

3. Groenewald’s

4. Laubscher’s

5. Dreyer’s

6. Pretorius’e (het eers die Saterdagoggend in

geval)

Een ding is verseker, as jy saam met Jacques &

Frans kuier gaan daar heeltyd gebraai word.

Hierdie twee seuns is wragtig met vleis groot

gemaak en het seker nooit babamelk gesien nie.

Soos die een vleisgereg van die rooster af kom

gaan die volgende een weer op. Enige iets van

gerookte varkrib, skaaptjops, Koedoe wors,

skaapstertjies, skilpadjies en Springbok fillet. Dit

is ʼn konstante geëtery van die rooster en nes jy

dink jy kan nie meer nie gaan die volgende rooster

weer op die vuur. My mond water sommer klaar as

ek terug dink daaraan.

Saterdagoggend word daar besluit dit is tyd om die

4×4 roete (graad 3) na die uitkykpunt aan te pak.

Soos altyd geniet die kinders die rondskud en op en

af’s terdeë. Uiteindelik by die uitkykpunt gekom en

die wind slaan ons van alle kante. Francois het ook

intussen by die kampterrein aangekom en terwyl

ons nog die view van bo geniet kon ons sien hoe hy

die roete man alleen aanpak.

Toe hy ook uiteindelik bo kom het ons die man darem

paar minute gegee om die stof af te sluk met ʼn koue

bier, voor ons weer afgesak het kampterrein toe.

Met reënwolke wat intussen begin dreig het, besluit

ons om liewers vuur aan te steek in die lapa. Met

Jacques en Frans weer in hul element was dit nie

lank voor daar weer ʼn herhaling van Vrydagaand se

geëtery was nie. Terwyl Frans al die rooster

voorsmakies braai, is Jacques besig om ʼn kookwater

skaapskenkel pot aan mekaar te slaan. Om net seker

te maak ons eet nie NET vleis die heel naweek nie,

word daar ook sommer brood gebak.

Sondagoggend en die vorige aand se onsmaaklike

wind is iets van die verlede. Terwyl die kinders die

visstokke bietjie natmaak word daar weer vuur

gemaak vir Paul se Mexican omelette, wat ʼn groot

wenner was. Moer... dit maak seer om die knaap ʼn

kompliment te gee, maar ek moet dit tog noem, dit

was watertand lekker.

Laatoggend en almal begin stadig om kamp op te

slaan. Niemand is regtig lus om die naweek af te sluit

nie, maar die nuwe week is besig om ons hard te roep.

Laaste kiekie word geneem van die groep voor daar

totsiens gesê word tussen mekaar.

Groot dank aan almal. Behalwe dat ons lekker gekuier

het, het die kinders dit baie geniet. My spannetjie vra

alreeds wanneer die volgende kamp is.
Het jy 'n storie wat jy

met ons wil deel?

Stuur jou epos na

tydskrif@lekkerkampplekke.co.za