07.05.2018 Views

Kamp is Lekker Mei 2018

Lekker gemaklike Kamptydskrif met stories van kampeerders in Suid Afrika

Lekker gemaklike Kamptydskrif met stories van kampeerders in Suid Afrika

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

wat jou

esepte

sal laat

mond

UITGAWE NO. O5

M e i 2 0 1 8

KAMP IS LEKKER

6 LekkeR

Kamp Stories

word deur

ons lesers

vertel

Wat moet my

Voertuig se

banddruk

wees?

SAKKIE BROOD

RESEPTE

Sakkie winkel deeg

Spar / Pick & Pay / Woolies sak - maak nie saak

watter winkel se sak.

Pot kookwater

Haal die deeg uit die dun sakkie

Spuit jou Spar sak Met cook and spray

Sit die deeg in sak, knoop die sak toe Daar moet

spasie wees vir die brood om te rys

Sodra die water kook,sit die sak deeg om die

kookwater en sit deksel op

Hou deksel toe en kook die brood vir 90 min.

Haal die sak uit die kookwater.

Druk liggies op brood, as dit weer terug spring is die

brood gaar

Haal uit die sak en sit in broodkombers

Bedien die brood lekker warm

Dis ‘n baie lekker sagte brood

Deur Facebook blad: Bak sonder Brou met

Menanteau

TAMATIE & BALSAMIEK

BREDIE OP KOESKOES

Deur: Elsabie Templeton

Eenvoudige beesvleis bredie in tamatie &

balsamiese asyn. Soo geurig! Regte winterkos

maar dis nog nie so koud nie.

Tamatie & balsamiese beesvleis bredie in prutpot

1kg stowe beesvleis met been aan (dit gee meer

geur)

1 groot ui opgekap

4 wortels gesny

4 aartappels gesny

1 blikkie gekapte tamatie & uie

150ml balsamiese asyn

250ml beesvleis ekstrak (ek hou van Ina Paarman

se vloeistof ene wat jy by water gooi)

200ml tamatie puree

Om die sous halfpad deur die tydperk te verdik het

ek 3/4 koppie water met 1 pakkie bruin uiesop

poeier gemeng en deurgeroer.

Sny die vleis in stukke en behou die bene. Sit alles

in die prutpot en stel op hoog vir 7 ure of tot alles

gaar.

Bedien op rys, stywe pap, koeskoes of fyn

aartappels.

Broadwater

River Estate

Broadwater River Estate Ontspan teen die stil

water, luister na die roep van die visarend &

drink sjampanje onder die sterre. Broadwater

River Estate is ‘n 4-ster privaat rivier oord wat

rus op die oewer van die magtige Vaalrivier

tussen Kimberley & Douglas in die Noordkaap.

Ons huisves die grootste spesie King Fisher in

Afrika, die “Giant King Fisher” & julle kan gerus

uit luister vir sy unieke “Wak-Wak-Wak” roep.

Kom en ervaar ons eie “miracle-in-the-middle”

oase.

Daar is 4 chalets, elk met twee en-suite

slaapkamers, dek met buite kombuis en braai

geriewe, lugversorging, DSTV, leefarea &

rivierfront. Elke eenheid kan gemaklik 5 gaste

akkommodeer & ‘n 6de gas op die slaapbank.

Minimum van 4 gaste per eenheid per nag teen

R490.00 per persoon per nag ontbyt uitgesluit

& R200.00 per persoon per nag addisioneel vir

gaste 5-6.

Verder bied hulle 2 woonstelle, elk met twee

en-suite slaapkamers, dek met braai geriewe,

vol toegeruste kombuis, lugversorging, leefarea

& rivierfront. Elke eenheid kan gemaklik 5

gaste akkommodeer met ‘n 6de & 7de gas op

die slaapbanke. Minimum van 4 gaste per

eenheid per nag teen R550.00 per persoon per

nag ontbyt uitgesluit & R200.00 per persoon

per nag addisioneel vir gaste 5-7.

TIPE AKKOMODASIE: Kampplek &

Selfsorg

NAASTE DORP: Douglas

STREEK: Douglas

PROVINSIE: Noord-Kaap

GPS: 29˚02’15.4″S, 23˚54’05.1″E

OMGEWING: Rivier Bosveld Plaas

Wildplaas Natuurreservaat

Bergfiets roetes

Golf

Hengel

Staproetes

Swem

Wildkyk

Privaat ablusiegeriewe

Rolstoel badkamers

Opwasgeriewe

Kraan by staanplek

Kragpunt

Karavaan kragpunt

Eie braai

Konferensie

Kontak Andrea Visagie Nommer 0766766733

Wittebrood

in Kruger

Wildtuin

saam blou

bal apies en

Deur William Brits

Ek het my vrou tot op die laaste oomblik aan

’n lyntjie gehou waarheen ons sou gaan. Een

van haar gunsteling plekke… My eerste

keer… Maar het ons gelag! Van blou bal apies

tot leeu poef.

Dit was vir my vreemd, hierdie apies - en soos

‘n brawe man moes ek my vrou wys ek’s nie

bang vir ‘n aap nie. So kom krap een meneer

mos in ons vullisdrom. Ek het naby aan die

deur gestaan. Maar kyk, toe ek hom wou jaag,

gee daardie aap vir my ‘n kyk en trek sy ore

terug. Ek het amper bo-oor my vrou geval.

Wie wil nou op hul wittebrood deur ‘n blou bal

apie gebyt word. Dit was by Satara kamp.

By dieselfde kamp loop ek en my vroutjie na

die draad om na die wild te kyk by die

watergat. Dit was al laat die aand. Toe ons

weer kyk was al die plekke se ligte af om ons.

My vrou begin toe stories vertel van luiperds

in kampe. Al wat ek vir haar gesê het was:

“Liefie as ek begin hardloop moet jy maar op

my rug spring, want ek stop vir niemand”.

So paar dae later ry ons Krokedilbrug toe en

stop toe by Tshokwane se piekniek halte.

One het lekker iets geeët en ry toe verder.

Soos ons ry stink iets vrot in die kar soos

leeu poef of iets. Maar kyk, dis toe my

geleentheid om ‘n grap te maak met my

vrou.

Ek oortuig haar toe dat die reuk van haar

skoene af kom. Skaam trek sy haar skoene

toe uit en sit dit in ‘n papiersak agterin die

voertuig. Verleë lê sy oor, net om uit te vind

dat dit eintlik ek is wat in die poef getrap het.

Nodeloos om te sê, by die eerste

uitklimhalte het ek omtrent soos ‘n hoender

geskrop. My vrou het omtrent gelag. Dis ‘n

oomblik wat ons altyd sal bybly.

Ons lag nou nog daaroor. Mooi

herinneringe was gemaak!

* 270°Universal

Awning

Vanaf

R5 400

RENIER (Shorty) +27 82 855 0226 shorty@shortysadventures.co.za

Kam'bati is 'n

Swellendam

Lekker kampplek

Deur Stephanie Botha

Verlede jaar het ons as familie (My ma en pa,

ek en my man, my broer en sy vrou en my

twee susters met hul mans en kinders) besluit

om weer vir ‘n slag ALMAL by mekaar te kry en

op ‘n familie naweek te gaan. Ons het dit altyd

oor Desember skoolvakansies gedoen, maar

omdat almal nou getroud en uit die huis uit is,

lewe elkeen mos sy eie lewe. Ons het seker

gemaak ons kies ‘n tyd wat vir almal pas.

Kambati was ons “destination” . Ons het

vreeslik PRET gehad met die kinders, ons het

gebraai, geswem, glyplank gery,vis gevang,

geroei en het LEKKER TYD met mekaar

deurgebring sonder om onderbreuk te word

deur tegnologie. Ons sal die memories verewig

koester en ons sien almal uit na weer so ‘n

naweek weg. Kamp is verseker lekker! Veral as

die son op jou vel bak terwyl jy lekker op die

grasperk sit en na die natuur staar

Die ergste dag by ‘n kampplek is beter as die

beste dag by die werk!

VET PRET!

Die Beer Familie kamp by

Van Stadens mond

Storie deur Theresa

O

ns het omtrent lekker vir 2 weke

by Van Stadens mond gekamp. Daar

was net een dag wat die weer regtig

vreeslik was en die wind erg gewaai

het, maar ons was geensens afgesit

nie! Met ons nuwe Campmaster tent

het ons kans gesien vir die dag - as

dit die ou tent was het ons verseker

weggewaai…

Ons het elke dag van vroeg tot laat

geswem. Gaan stap langs die see,

gesit en inkleur saam my dogter en

bordspeletjies gespeel. Ons het net

lekker saam kwaliteit familietyd

gehad.

Saam het ons kinders met hul nefies

gaan duine klim, geswem en in die

aande gaan stap en dan sommer ‘n

vuur gemaak en saam met ander

jongmense gesels en gekuier. Ja,

ons het nog altyd bietjie tyd aan

facebook en whatsapp spandeer,

maar was nie heeltyd op ons fone nie

- ons het mooi herineringe gebou vir

eendag as ons oud is.

Ek moet julle vertel van my en my

gummy bear (my man, Marius) se

stappie langs die see.

Ons besluit ons gaan kyk hoe ver ons

kan loop. Manlief wil sommer Blue

horizon Bay toe loop, dis seker nie te

ver nie, maar vir my wat so onfiks is

sou dit te erg wees! Met ons staptog

het ons ‘n butternut, koolkop en n ui

opgetel. Marius sê toe dat hy dink

een van die

bemanning van die chokabote wat

daar naby lê, het seker gesê dat hy

nou moeg is vir butternut en het dit

oorboord gegooi. Die see was ver

terug getrek en ek het al dieper in

die see ingestap om met my voete in

die water te kon loop… die volgende

oomblik toe breek daar ‘n brander!

Ek sien toe daar kom moeilikheid en

dat ek sou moes uit hardloop strand

toe, maar toe hak my voete aan

mekaar … en val ma Beer met ‘n

slag neer!! Ek het so gelag dat ek

nie kon opstaan nie en nodeloos om

te sê slaan daar toe brander op

brander oor my en ek lê net soos ‘n

Wallie Walvis en geniet maar die

water wat oor my spoel. Toe ek

druipnat terug kom by die tent kon

my skoonsus en haar man net lekker

saamlag omdat ek so nat was!

So gaan swem my man en ‘n vriend

een van die dae terwyl ons vrouens

solank slaai en broodjies maak. Toe

ek weer sien is hy terug by die kamp

en soek ‘n broek. Ek wou toe weet

waarvoor soek hy nou ‘n broek…

eers wou hy nie sê nie, maar kom

toe maar uit met die sak patats. Sy

vriend het ‘n kramp gekry toe hy na

anderkant van die lagoon geswem

het en toe verloor hy die swembroek

wat my man vir hom geleen het Daar

sit hy toe in die water met ‘n

vreeslikke kramp in sy been en is

nog boonop broekloos!

Ons het vir die volgende 2 dae

gesoek of ons nie manlief se geliefde

blou swembroek kon kry nie, maar

dit was nêrens te vinde nie. Die

laaste aand het ons vir die laaste

keer gaan stap langs die lagoon af,

waar die dagbesoekers gewoonlik

kuier. En wraggies, by die heel

laaste braaiplek teen die water, lê

manlief se blou swembroek opgevou

- iemand moes dit uitgeduik het en

net daar gelos het!

Ons het nog lank sit en lag en gesels

oor al die gebeure en lekker tyd wat

ons gehad het by Van Stadens

mond. Saam met my swaer en

skoonsus, het ons om ‘n vuur gesit

en “tv kyk” en elke keer as ‘n stomp

omval, het my dogtertjie gesê:

“Iemand het nou die channel

gechange”.

Dit was nou regtig ‘n vakansie om te

onthou. Ek is die Here so dankbaar

dat ons saam ‘n heerlike vakansie

kon hê. As gesin kon ons lekker tyd

met mekaar spandeer. Baie mense

sê… waarvoor wil mens in ‘n tent

gaan bly in wind en weer, maar ek

verruil die tye wat ons as gesin saam

het vir niks. Ek sal aanbeveel dat

families meer kamp, mens het soveel

meer tyd vir mekaar en groei nader

aan mekaar.

Marius, Theresa, Armand en Simoné

Beer

MOBIELE Kampkroeg

Die kroeg kan opvou en aan enige

platform heg soos jou bakkie,

karavaan of 'n muur teen die huis. Dit

vou op en weeg skaars 3kg en vat tot

6 glase, shooters, drankbottels, 'n ys

cooler, tafel, botteloopmaker en baie

meer.

E-pos info@letsgohunting.co.za

of whatsapp 0721413158.

Wat moet

my

banddruk

wees?

Deur: Henk Blaauw

In 2004 sit ek en my vrou aan die einde van

ons vakansie laat een oggend in Sossusvlei

onder ‘n Kameeldoring en verorber die stilte

toe ‘n verdwaalde huurvoertuig skielik oor die

eerste van ‘n kameel-dubbelboggel duintjie

kom en so misteries nie op die tweede

boggelkruin verskyn nie, dat ek vir ‘n oomblik

twyfel of ek reg gesien het.

Die Swahili’s praat van “Musungu – white

people from Europe” en 5min later help ek die

arme klomp gespanne Fransmanne om hulle

bande af te blaas, en 10min later ry ek hulle

huurvoertuig vir hulle teen die duintjie uit, en

daar is ‘n dankbaarheid in die lug asof ek

lewens gered het

Kalmte en logika red lewens,

nie ‘n noodhulptas nie!!

– die eintlike verskil, ek het klomp sandondervinding

en het geweet om die banddruk te

verlaag en voet in die hoek te sit, Sossusvlei

was hulle eerste sand-ervaring.

Ek verwonder my altyd aan die tegnologie van

bande, die kombinasie van elastisiteit, vibrasieabsorberingsvermoë

en algemene taaiheid is

absoluut verstommend in ag genome die

onophoudelike kastyding waardeur bande deur

‘n 5 jaar periode gaan. En soos wat ons mense

maar is, wil ons hê bande moet nog langer hou,

en die vraag wat die meeste gevra word,

verwys na banddruk

Kom ons kyk eers na die 3 tipiese banddruktoestande en

hulle langtermyngevolge:

1. Wanneer banddruk laag is,

gaan ‘n band uiteindelik teen die

kante afloop

2. Wanneer banddruk hoog is,

gaan ‘n band uiteindelik in die

middel afloop.

Die klem is op “uiteindelik”, want

hierdie is ‘n lang proses. Die

afgeloopte band-foto’s hierbo is

ekstreem, en dit vind tipies plaas

oor ‘n afstand van 20 000km of

meer. ‘n Band gaan nie so erg

afloop gedurende ‘n 5000km

vakansie as gevolg van

verkeerde banddruk nie.

GRONDPAD

Wanneer dit by grondpad-banddrukke kom,

aanvaar dat jy een of ander tyd ‘n gat in ‘n band

gaan kry en dit is 90% van die tyd die

agterband. Die teorie is dat die voorband die

skerp klippie regop draai wat dan die agterband

perfek slaan om ‘n gat te maak (dieselfde geld

vir spykers op ‘n teerpad – dit sit altyd in die

agterband). Daar is 2 redenasies aangaande

banddrukke vir grondpaaie:

1. Ry jou bande teen normale of selfs hoë druk

– ‘n stywe band verlaag die risiko van snye teen

die kante/sye, ‘n gat op die loopvlak onder op ‘n

band kan gewoonlik redelik maklik reggemaak

word, ‘n gat op die sy beteken baie keer dat jy

die band moet afskryf

2. Ry jou bande sagter – die rygerief is baie

beter, hantering is beter as gevolg van die

groter oppervlak wat kontak maak met die pad,

daar is egter die verhoogte risiko van snye teen

die kante/sye

Ek persoonlik blaas af na 1.5Bar wanneer ek

grondpad ry, 100km/h of vinniger. Ek weet van

mense wat afblaas na 1.2Bar wanneer hulle

grondpad ry. Rygerief en beter hantering is vir

my ‘n groot prioriteit. Deur al my jare van

grondpad ry, het ek 1 band verloor wat ek kan

toeskryf aan ‘n sny op die kant/sy.

TEERPAD

Maar wat is die ideale banddruk vir teerpad

dan? Die ideale banddruk vir teerpad is die

druk wat jou bande gelyk laat afloop.

Afhangende van die gewig op jou voertuig se

aste en die tipe band, gaan jy veilig wees

met ‘n druk van tussen 1.8Bar en 3Bar. Die

spektrum van aanvaarbare banddrukke is

baie wyd en die kans is bitter skraal dat jy

bande korttermyn groot skade gaan

berokken op 1.5Bar of 3.5Bar. As jy twyfel,

pomp jou bande 2.2Bar. Wanneer jy jou 10

000km interval wielbalansering en

wielsporing doen, meet die diepte van die

bandgroewe in die middel en kante van die

loopvlak, en indien daar verskille is, pas jou

banddruk daarvolgens aan met so 0.3Bar.

Dik & Los Sand

Daar is baie klein truuks wanneer dit kom by

dik sand ry, maar 3 dinge staan uit:

1. Banddruk is tipies 1.1Bar of laer, ek het al ‘n

hele paar keer met 0.7Bar in dik sand gery. Jou

wiel moet ‘n vet boep aan die onderkant maak en sommer lekker

pap lyk. Jy wil jou wiele se kontak-oppervlak met die sand so

groot as moontlik he. Klein bietjies afblaas op lae druk, maak

noemenswaardige verskille in sand. In baie gevalle gaan jy op

1.3Bar sukkel of selfs vassit, maar op 1.0Bar maklik kan ry.

2. Aggressie met die regtervoet – ‘n voertuig moet hard werk om deur dik sand te

kom, en jy wil jou enjin-revolusies net so onder die piek van die kragkurwe hou, dat

wanneer jy daai dik sand slaan of duintjie klim, jy voet in die hoek kan sit en

onmiddellik krag beskikbaar het. By die meeste voertuie is dit hier by 2000rpm rond.

3. Momentum, momentum, momentum – 1ste Rat in “Low Range” is te stadig vir sand,

en die tipiese ratte wat gebruik word, is 2de en 3de Rat “Low Range” of 1ste en 2de

Rat “High Range”. Indien jou voertuig nie ballonwiele ophet nie, en ook nie ‘n V8

onder die enjinkap het nie, kan jy steeds deur ‘n moeilike stuk sand kom met

momentum. Jy sal ‘n lang aanloop moet vat en aanvallend en vinnig moet ry. Jou

voertuig gaan baie skud en Mamma en die kinders sal moet vashou.

vatplek, dalk net die bietjie vashouplek wat jy nodig het

om oor te kom. Op ‘n klipperige roete ry ek gewoonlik

op 1.5Bar en blaas verder af indien ek voel die wiele

spin te veel. Hou in gedagte dat wanneer jy speel op

klippe, op baie lae drukke daar die risiko bestaan dat jy

jou band kan deurstamp op die wielvelling (“rim”),

skade wat jy wil vermy. Wanneer jy ‘n 4x4 roete doen,

en die eienaar bied jou sandsakke aan vir ekstra gewig,

vat hulle. Dis omdat hy weet jou voertuig gaan hier en

daar bokspring en traksie verloor waar jy dit gaan nodig

hê.

Die ekstra gewig maak ‘n groot verskil.

In dieselfde asem moet ek noem dat ek ‘n Oom het wat

al van die vroeë 80’s af op ‘n baie klipperige plaas boer,

en dis skerp klippe. Hy ry met hoë drukke, 3.5 tot 4Bar.

Sy ondervinding is dat hy minder snye op die bande se

sywande kry en sodoende minder bande verloor. ‘n

Mens moet in perspektief sien dat hy 300+ dae ‘n jaar

op skerp klippe ry in vergelyking met ons 4x4-klomp

wat dit ‘n paar dae ‘n jaar doen, sy risiko vir bande

verloor is aansienlik groter as ons s’n.

Klippe

Wanneer jy in “low range” oor rowwe klippe gaan,

gebeur dit partymaal dat ‘n klompie klippe perfek in ‘n

paadjie le sodat jy net nie kan oorkom nie. In baie

gevalle is afblaas die antwoord. Dit maak jou wiel

sagter en vergroot die kontakoppervlak en jou wiel

vou na regte verder om die klip en verkry meer

Koop jou Madkonbraai by ons

Lekker Kampplekke

Aanlynwinkel

MODDER

(‘n mengsel van sand, water, klei

en klippe) is gewoonlik groot pret,

groot speel, en groot skoonmaak na

die tyd. Indien jy op jou eie is en

niemand het om jou uit te trek nie,

is die veiliger opsie indien jy nie ‘n

keuse het nie, om op die spore van

die pad te bly, en nie af te wyk nie.

Die pad is reeds vasgetrap en jy

sink gewoonlik nie in nie. Reg

langs die pad gaan jy waarskynlik

insink en vassit. Ek ry tipies op

1.5Bar en blaas verder af indien ek

voel dat ek meer traksie nodig het.

Foto: Ivan Sonnekus

K l e i

Tensy jy graag wil vassit, iemand met ‘n

lang sterk tou en ‘n trekker het om jou uit te

trek en hierdie brandende begeerte in jou

het om baie vuil te word, bly weg van klei af

ten alle koste – good luck!!

Stadig maar seker word

ek ‘n ware kamper.

Deur Riana van Schalkwyk

Ons bou ons kampvoorraad op en raak net

slimmer elke keer.

Ek glo om te kamp moet mens alles beleef...

en weerstaan; van koue, wind en reën; en as

mens besluit om weer te gaan kamp ten

spyte van die ervaringe, dan dink ek mens is

ingelyf.

Ons eerste kamp by Hartebeespoort Oord

het ons met min klaargekom- daar het ons

geleer wat ons moes inpak.

Ons tweede kamp was by Bosveld Oase -

wat ‘n pragplek met mooi groen gras. Daar

het die wind ons amper terug Pretoria toe

gewaai, maar my man het sy knooptou vernuf

ingespan en sommer sy eie ekstra toue

gespan om die tent staande te laat bly.

Die derde keer het ons gaan kamp by

Bosfontein, heerlik in die koelte op ‘n

baksteen platform, en toe kom die reën... kort

kort.

Met 2 klein kinders vol moddervoetjies en

alles wat natbly, handoeke inkluis, het ons dit

oorleef. En lekker was dit op die

end...herrinneringe ingeprent.

Theuns kry hond se gedagtes by die

Kruger Wildtuin

Deur

Ansia en Theuns Posthumus

Ons is oor die algemeen baie lief om by die

Kruger Wildtuin te gaan kamp. My man en

sy oud kollega het een maal ontmoet by die

ou Waterwese kampie vir ‘n kuier. Ou

Dawie is ‘n Duitser en was dus lief vir sy

Duitse bier. Die aand was geen

uitsondering nie. Die ander kollega was

oppad uit en noem so in die verby gaan dat

hulle moet onthou om die hekkie toe te

maak.

Dawie vra my man of hy die hekkie

toegemaak het toe hy ingekom het waarop

my man Theuns bevestig. Hoe later die

aand, hoe kwater...

Theuns hol terug en gryp sy bord vleis wat

hy op die stoel neergesmyt het en hol weer

woonwa toe waar hy bier-brawe Dawie hoor

“Shoe, shoe, shoe, loop, voetsek” vir die

Hienna se kind.....dié was verbasend

skrikkerig vir die bier-brawe Dawie en het

maar eerder die pad gevat....

Volgende oggend sal hulle ontdek die ander

hekkie wat hul wél oopgelos het is aan die

agter kant van die woonwa versteek!..

Die vleis is net gaar en hulle skep sommer

so met die hande op. My man gewaar ‘n

hond wat om die woonwa vir hom loer. Hy

steur hom glad nie daaraan nie maar toe

besef hy skielik dit kan nie ‘n hond wees nie

want hulle is in die middel van die Wildtuin.

Hy vlieg op en so in die hol woonwa toe gil

hy vir Dawie “Dawie Passop! Hienna’s”....

SITRUSOEWER

RIVIERKAMP

Kirkwood (8 KM) /Oos-Kaap

OORSIG

Kamp Staanplekke 35

Persone Per Staanplek 4

Troeteldiervriendelik Vooraf reëling

Visvang Ja – rivier

Swemplek Kouewater swembad

Rivier

Grondbedeking Gras

Skaduwee Ja

Toeganklikheid Grondpad

Selfoon Ontvangs Ja

BESKRYWING

Sitrusoewer Rivierkamp is geleë teen

die oewer van die Sondagsrivier. Die

kamp is slegs 50km vanaf die Addo

Nasionale Park en 10 km vanaf die

Addo 4×4 roete. Die kampplek

bestaan uit 35 kampplekke, 4 persone

per staanplek. Die kampplekke het

grasbedekking en die meeste

kampplekke het skaduwee.

Kontak persoon Die Bestuurder

Kontak nommers 083 290 0466

WAAR EN WAARIN GAAN ONS

SLAAP?!

Deur Jaco Dippenaar van

Footprintperformance

REG…ons plek is bespreek, betaal…Ek kan

amper nie wag dat ons die pad vat van

Johannesburg, al langs die N4, Belfast verby

en deur natuurskone berge tot in die myndorpie

Phalaborwa, waar ons by die Krugerwildtuin se

hek ingaan.

In die volgende 6 maande beplan ons haarfyn

aan ons 4 dag wilderness stap op die Lonely

Bull roete, waar jy elke aand jou eie tent

opslaan en slaap onder die sterre. Hierdie

beeldskone

roete strek vanaf Letaba laagwater brug, tot by

die Mingerhout dam, al langs die magtige

Letaba rivier. Hier kan jy maklik in ‘n ou grys

olifant, groote seekoei of selfs ‘n “Lonely Bull”

vasloop…om nie eers te praat van kat se kind

nie. Gelukkig het ons 2 ervare veldwagters wat

saam met

ons groep van 8 hierdie roete gaan aanpak.

Wat gaan ons eet, waarmee stap ons, hoeveel

moet my rugsak weeg,

Hierdie is vrae waarmee ons die tyd verby kry

tot die dag wat ons eindelik, met soveel

afwagting na uitgesien het.

Ons ontmoet vir Shawn en Rasta by Mopani

ruskamp, die veldwagters in wie se bekwame

hande ons die volgende 4 dae gaan spandeer.

Abel is die gids wat ons op die weermag-groen

wildtuin voertuig die veld invat.

Na ‘n vinnige inligtingsessie deur ons gidse, sit

ons almal sy eie sak op sy rug en trap die

gemaklike stapskoene diep spore in die rooi

grond - oppad na ons eerste oornag kampplek.

Die stap is omtrent ‘n uur voor ons by ons

bestemming uitkom. Geel, groen selfs oranje

tente word vinnig opgeslaan sodat ons nog die

laaste sonstrale kan geniet voor die donker

ons omvou.

En terwyl ek onder ‘n enorme Appelblaar

boom, op die sandbanke van die pragtige

Letaba rivier sit,

besef ek, ek is nie net deel van Afrika, maar

Afrika is deel van my…

DORINGKLOOF

BOSKAMP

Willowmore Oos-Kaap

OORSIG

Kamp Staanplekke 20

Persone Per Staanplek 10

Troeteldiervriendelik Vooraf

reëling

Visvang Ja – dam

Swemplek Dam

Grondbedeking Gras/grond

Skaduwee Ja

Toeganklikheid Grondpad

Selfoon Ontvangs Wi-Fi

4×4 roete

Bergfiets roetes

Bergklim

Staproetes

Swem

Kontak Chris nommer 049 839 1160

Epos: 4x4@baviaans.co.za

DOENDINGE

Be prepared for a total family experience when the Cape Holiday Show

returns to the magnificent Sandringham Farm outside Stellenbosch

from October 26 – 28 this year.

Kevin: 0825533041

kevin@capeholidayshow.co.za

Het jy 'n storie wat jy met ons wil deel?

Stuur jou epos na

tydskrif@lekkerkampplekke.co.za

Kamp

Paklys

1 4 1 2 4 f o l l

2 5 0 0 0 D o w n l o a d s

1 9 9 7 0 0

P a g e V i e w s

1 2 8 7 1 L e e s d i e

o w e r s

L i k e s

2 , 8 2 6 , 2 8 9 o o r

a a n l y n t y d s k r i f

1 2 m d e t y d p e r k

W e b b l a d

g e b r u i k e r s

4 4 7 , 6 2 1

9 1 % v a n o n s g e b r u i k e r s e n L e d e w o o n i n

u i d - A f r k a

S

Gegrond op statistiek en databasis van 300 000 plus lede

Jy is welkom om met ons kontak te maak om jou

kampverwante besigheid te adverteer.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!