20.10.2017 Views

CURRO OCT AFR

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

“Nobody can go back and

start a new beginning, but

anyone can start today

and make a new ending.”

Maria Robinson*

Die aanvang van die

vierde kwartaal en ons

reis deur die laaste paar

maande van die jaar, gaan

met effense hartseer en

nostalgie gepaard. Dit is

die laaste maal wat ons,

as skool, ‘n nuwe kwartaal

op dieselfde kampus sal

begin. Die hoërskool by die

Pebble Rock Landgoed,

neem nou vinnig vorm aan

en die opgewondenheid

onder leerders, ouers en

onderwysers is bykans

tasbaar.

Ons graad 12-leerders sal

eerskomende Vrydag met

hul laaste saalopening,

BOODSKAP UIT DIE

KANTOOR

amptelik aan die einde

van hulle akademiese

jaar kom. Hierdie

laaste saalbyeenkoms

verteenwoordig vir my

nie net die einde van ’n

bepaalde hoofstuk nie,

maar ook die nuwe begin

wat vir ons matrikulante

voorlê. Ek wens graag

ons matrikulante alles van

die beste met hul finale

eksamen toe.

’n Woord van dank aan

ons laerskoolpersoneel,

leerders en ouers wat ons

kaskardag so ’n reusesukses

gemaak het. Ek

het die dag terdeë geniet

en die vele glimlaggende

gesiggies en vreugde

onder ons ouers, leerders

en opvoeders, was

die hoogtepunt vir my.

Die fondse met hierdie

projek gegenereer, sal

aangewend word vir ‘n

pawiljoendak.

Ek doen ’n beroep op al ons

ouers om versigtig en op

hul hoede te wees wanneer

daar in die parkeerarea

en op die skoolterrein

bestuur word. Ons moet

altyd onthou dat die skool

leerders van so jonk as 2

jaar het, en dat spoed ’n

gevaar vir die voetgangers

op ons perseel inhou.

Ons personeel maak aan

die einde van November, na

afloop van die eksamens,

hul buiging op die verhoog

om bietjie ontspanning en

vermaak aan ons skool en

gemeenskap te verskaf so

voor die einde van 2017.

Verdere inligting volg

binnekort.

Ek moedig voorts ook

alle leerders aan om hard

gedurende die volgende

paar weke te werk om

derhalwe goed voorbereid

te wees vir die finale

eksamens van 2017.

Ferdi Niemand

*Ierse skrywer

KWARTAAL 3 Designed by sales-squad.com

3

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!