26.04.2017 Views

NUUS_APRIL 2017

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

HOËRSKOOL

GEBEURE

Die van u wat bekend

is met die selfhelpboek

van Stephen R.

Covey, The seven habits of

highly effective people, sal

weet dat gewoonte 4, “Dinkwen-wen”,

is.

Die personeel verbonde

aan die hoërskool, het vir

hulself en vir die graad

12-leerlinge, baie hoë

doelwitte vir die jaar gestel.

Ons wil graag voortbou op

verlede jaar se sukses en

op die nalatenskap van

dr. Lalla. Wanneer ek die

doelwitte met die personeel

en leerders bespreek, kan

ek nie help om aan die

gesegde van “hoe om ‘n

olifant te eet”, te dink nie.

Ons het u as ouer nodig

om u kind te herinner om

daagliks hard te werk om

hul doelwitte te bereik –

bietjie vir bietjie. Indien ons

as skool suksesvol is in die

bereiking van ons doelwitte,

beteken dit dat die leerlinge

ook hulle doelwitte sal

bereik.

Ons het ‘n baie besige

kwartaal wat voorlê en ons

besef en erken dat deeglike

beplanning die sleutel tot

sukses is. Die bestuur het

Izak Nagel

dit daarom goedgedink

om op ‘n weeklikse basis

die daaropvolgende week

se program, met al die

aktiwiteite van daardie

week, op Vrydae uit te stuur.

U sal ‘n e-pos ontvang met

die program vir die week en

dit sal ook op die skool se

webwerf beskikbaar wees.

Die belangrikste aktiwiteit

wat hierdie kwartaal voorlê,

is die Junie-eksamen en

ons moedig leerlinge aan

om vroegtydig met hulle

voorbereiding te begin.

Die eksamen is egter

nie die enigste vorm van

assessering nie en derhalwe

is die assesseringsprogram

vir die kwartaal reeds

Vrydag op die leerlinge se

tablette geplaas. Nie net

is dit ‘n besige kwartaal

ten opsigte van akademie

nie, maar ook op die sporten

kultuurfront. Met die

wintersport wat reeds in

volle swang is, wil ons graag

alle spanne sterkte toewens

met hul ligawedstryde.

Daar is tennis en skaak

hierdie kwartaal asook

landloop voorseisoenoefening.

Die dans en ander

kultuuraktiwiteite gaan

ook aan soos voorheen

en daarom moet leerlinge

seker maak dat hul deeglik

en vroegtydig beplan om al

die oefeninge by te woon.

Winterkoue word reeds

vroegoggend aan die

lyf gevoel. Amptelike

oorskakeling na wintersdrag

is Maandag, 15 Mei. Die

eerste twee weke van Mei

is ‘n oorgangstydperk waar

leerders reeds op kouer dae

wintersdrag mag aantrek.

Let asseblief daarop

dat somersuniform en

wintersuniform nie gemeng

word nie. Ons is egter

bewus van die probleme

wat u met klerebestellings

by Grit ondervind.

Ons wil u graag versoek om

die datum met betrekking tot

ons jaarlikse Internasionale

Familiedag-vieringe, wat op

5 Mei tussen 8:00-9:00 sal

plaasvind, oop te hou.

Voorspoed en seën vir die

kwartaal en geniet nog ‘n

langnaweek.

Izak Nagel

Waarnemende

Operasionele hoof

KWARTAAL 2 designed by sales-squad.com

6

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!