NUUS_APRIL 2017

26.04.2017 Views

Castle Avonture “Forget dancing like no one is watching....Dance like a toddler. They don’t even care if there’s music!” Vreugde, vreugde en vreugde! Dis so lekker om ons kleutertjies terug te verwelkom en om te sien dat hulle na hulle juffrouens én na ons skool verlang het. ‘n Woord van verwelkoming aan ons nuwe kleutertjies en ouers. Ons glo julle sal dadelik deel voel van ons Castle-familie. Loer gerus in ons fotogalery om te sien hoe oulik die verskillende kultuurgroepe verlede kwartaal tydens ons kultuurdag gelyk het. Ons het ‘n besige kwartaal wat voorlê en ons MasterChef-kompetisie op 10 Junie, is om die draai. Khumo Ntloedibe (Muisklas 2016) en haar ouers het verlede jaar die derde plek ingepalm. (Sien foto’s ook in fotogalery). Kom ons kyk of ‘n kleuter met haar/sy mamma of pappa hierdie jaar met die louere kan wegstap. Ons het julle as vennote nodig om hierdie fondsinsamelingsgeleentheid wéér ’n reuse sukses te maak en daarom vra ons u hulp. Ons benodig asseblief die volgende: 1. Kontantbydraes vir die aankoop van benodigdhede vir die spens. 2. 3x Geskenke/sakkies vir ons beoordelaars. 3. 1ste, 2de en 3de plek pryse vir die wenners. Inskrywings vir die kompetisie open op 3 Mei 2017. Jy word ook die geleentheid gegun om ons Masterchef-beer se naam teen R10 te raai. Groot pryse is op die spel. Dit sal gedurende Mei-maand in die ingangsportaal uitgestal word. Curro Roodeplaat stal by die Kolonnade uit vanaf 2 – 7 Mei. Kom sê gerus vir ons hallo. Ons sien uit na ’n geseënde, tweede kwartaal. Warm groete, Elna & Castle-personeel BELANGRIKE INLIGTING 1. Aangesien ons nou in die winterseisoen inbeweeg, wil ek graag ‘n beroep doen om nie medikasie skool toe te stuur nie. Dit skep ’n moeilike situasie vir die personeel om oor en oor te verduidelik dat dit nie toelaatbaar is nie en ons volgens beleid hieraan moet voldoen. Ons stel voor dat julle asseblief eerder julle kleuter by die huis hou totdat die medisyne, verligting bring. 2. Dis van kardinale belang dat julle julle kleuters in- en uitteken in die oggende en in die middae. Dit is vir die veiligheid van u eie kind. BELANGRIKE DATUMS 27 April Johnny Marutle se verjaarsdag 27 April Vryheidsdag 28 April Skole vakansiedag 1 Mei Werkersdag 10 Mei Opedag 16 Mei Fisiese ontwikeling opleiding vir alle personeel. Personeel sal om 11:30 vertrek. Daar sal toesig wees vir die kleuters. 19 Mei Uitstappie na Spar teen R20 per kind 10 Junie MasterChef 16 Junie Jeugdag 23 Junie Besoek aan Little Hearts 30 Junie Skole sluit om 10:00 KWARTAAL 2 designed by sales-squad.com 16

Gallery OMSENDBRIEF 4/2017 info@salessquad.co.za 17

Castle

Avonture

“Forget dancing like no

one is watching....Dance like a toddler.

They don’t even care if there’s music!”

Vreugde, vreugde en vreugde! Dis

so lekker om ons kleutertjies terug

te verwelkom en om te sien dat

hulle na hulle juffrouens én na ons skool

verlang het.

‘n Woord van verwelkoming aan ons nuwe

kleutertjies en ouers. Ons glo julle sal

dadelik deel voel van ons Castle-familie.

Loer gerus in ons fotogalery om te sien

hoe oulik die verskillende kultuurgroepe

verlede kwartaal tydens ons kultuurdag

gelyk het.

Ons het ‘n besige kwartaal wat voorlê

en ons MasterChef-kompetisie op 10

Junie, is om die draai. Khumo Ntloedibe

(Muisklas 2016) en haar ouers het

verlede jaar die derde plek ingepalm.

(Sien foto’s ook in fotogalery). Kom ons

kyk of ‘n kleuter met haar/sy mamma of

pappa hierdie jaar met die louere kan

wegstap. Ons het julle as vennote nodig

om hierdie fondsinsamelingsgeleentheid

wéér ’n reuse sukses te maak en daarom

vra ons u hulp. Ons benodig asseblief die

volgende:

1. Kontantbydraes vir die aankoop van

benodigdhede vir die spens.

2. 3x Geskenke/sakkies vir ons

beoordelaars.

3. 1ste, 2de en 3de plek pryse vir die

wenners.

Inskrywings vir die kompetisie open op 3

Mei 2017. Jy word ook die geleentheid

gegun om ons Masterchef-beer se naam

teen R10 te raai. Groot pryse is op die

spel. Dit sal gedurende Mei-maand in die

ingangsportaal uitgestal word.

Curro Roodeplaat stal by die Kolonnade

uit vanaf 2 – 7 Mei. Kom sê gerus vir ons

hallo.

Ons sien uit na ’n geseënde, tweede

kwartaal.

Warm groete,

Elna & Castle-personeel

BELANGRIKE

INLIGTING

1. Aangesien ons nou in die

winterseisoen inbeweeg, wil ek graag ‘n

beroep doen om nie medikasie skool toe

te stuur nie. Dit skep ’n moeilike situasie vir

die personeel om oor en oor te verduidelik dat

dit nie toelaatbaar is nie en ons volgens beleid

hieraan moet voldoen. Ons stel voor dat julle

asseblief eerder julle kleuter by die huis hou

totdat die medisyne, verligting bring.

2. Dis van kardinale belang dat julle

julle kleuters in- en uitteken in die

oggende en in die middae. Dit

is vir die veiligheid van

u eie kind.

BELANGRIKE DATUMS

27 April Johnny Marutle se verjaarsdag

27 April Vryheidsdag

28 April Skole vakansiedag

1 Mei Werkersdag

10 Mei Opedag

16 Mei Fisiese ontwikeling opleiding vir

alle personeel. Personeel sal

om 11:30 vertrek. Daar sal

toesig wees vir die kleuters.

19 Mei Uitstappie na Spar teen R20

per kind

10 Junie MasterChef

16 Junie Jeugdag

23 Junie Besoek aan Little Hearts

30 Junie Skole sluit om 10:00

KWARTAAL 2 designed by sales-squad.com

16

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!