26.04.2017 Views

NUUS_APRIL 2017

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Maandelikse oorsig van gebeure by

Kwartaal 2

Omsendbrief 4/2017

6

HOËRSKOOL GEBEURE

11 DIE LAERSKOOL TONEEL

15

CASTLE AVONTURE

QUICK LINKS

Come little leaves”, said the Wind

one day, “Come to the meadows with

me and play. Put on your dresses of

red and gold; for summer is passed

and the days grow cold.”

- George Cooper*

Baie welkom terug na die

welverdiende Paasvakansie.

Dit is my gebed dat die Heer

OM HIER TO

ADVERTEER

bel

Chantelle

012 8089938/9

6 HOËRSKOOL GEBEURE

11 DIE LAERSKOOL TONEEL

15 CASTLE AVONTURE

ons skool, ons ouers, ons leerders

en ons onderwysers ryklik gedurende

kwartaal 2, sal seën. Ek bedank

graag al ons rugby-, netbal- en

hokkiespelers wat, ter voorbereiding

van die komende ligawedstryde, op

toer gegaan het. Ek is oortuig dat

ons getuies sal wees van jul harde

werk tydens die seisoen. ’n Spesiale

woord van dank aan al ons onderwysers

en afrigters wat hul kosbare

tyd opgeoffer het in die voorbereiding

van ons spanne. Baie geluk

aan al ons leerders wat aan die SA

Kampioenskappe in dans en ander

dissiplines deelgeneem het. Die terugvoer

wat ons gekry het, was baie

positief en getuig van die besondere

talent wat ons leerders het.

Gedurende ons OAK (Oueradvieskomitee)

is die volgende ouers

tot die volgende ampte verkies:

KWARTAAL 2 designed by sales-squad.com

2

Uit die Kantoor

Voorsitter

Mnr. Stuart Bloys

Onder-voorsitter

Mnr. Eben Potgieter

Tesourier

Mnr. Craig Whittle-Benetts

Sekretaris

Me. Lesego Khumalo

Die komitee het voorts ook

besluit op die volgende subkomitees

en ons ouers word

uitgenooi om hul dienste by

die onderskeie komitees aan te

bied en om hul kundigheid met

ons te kom deel:

Sport en kultuur

Mnr. Eben Potgieter

Bemarking en Openbare

betrekkinge

Mnr. Ashley Lovell

Sosiale gebeure en funksies

Mnr. Jaco Wesseloo

Dissipline

Mnr. Stuart Bloys

Gemeenskapsbetrokkenheid

Me. Annelien Pretorius

Namens die skool en gemeenskap,

wens ek graag die

bostaande ouers geluk met hul

verkiesing, en bedank ek hul

weereens vir hul tyd en harde

werk in belang van ons skool

en ons leerders. Gedurende

die vergadering is daar dan ook

besluit dat ons gaan fokus op

twee groot fondsinsamelings,

naamlik ’n gholfdag en die

kaskardag. Daar is ook besluit

dat ouers en leerders die geleentheid

sal kry om aan te dui

hoe en waar hul die ingesamelde

fondse sal wil aanwend (’n

aparte skrywe hieroor volg).

Die leerders het nou almal hulle

eerste kwartaal rapporte ontvang

en alhoewel u die geleentheid

gehad het om onderwysers

tydens die oueraande te kon

ontmoet, beklemtoon ek graag

die noodsaak van samewerking

tussen ouers en onderwysers

in die geval van algemene of

akademiese probleme. Kontak

tussen ouers en onderwysers

hoef nie beperk te wees tot

oueraande nie en ek nooi graag

al ons ouers opnuut uit om te

skakel met ons onderwysers indien

ondersteuning en hulp verlang

word.

Die Operasionele hoof van die

hoërskool sal eers vanaf 1 Augustus

diens aanvaar en as

tussentydse maatreël neem

mnr. Izak Nagel waar as Operasionele

hoof. Gedurende hierdie

tyd sal mnr. Dirk Steenkamp

ook waarneem as VOO-fasehoof

in die plek van mnr. Nagel.

Ek wens hierdie twee personeel

baie geluk en baie sterkte toe

in hulle nuwe rolle en met hulle

nuwe verantwoordelikhede.

As deel van ons bemarking,

hou ons skool vanaf 2-7 Mei

’n uitstalling in die Kolonnadewinkelsentrum.

U is welkom

om ons te kom besoek, maar

ek wil u graag aanmoedig om

ons skool aktief te bemark en

ook voornemende ouers aan te

moedig om ons stalletjie te kom

besoek. Die uitstalling in die

Kolonnade sal uiteindelik kulmineer

in die hoogtepunt van

ons bemarkingstyd, naamlik

ons opedag op 10 Mei. Ons het

aansienlike aanpassings aan

ons opedag gemaak, daarom

is ons opedag tye vanjaar vanaf

15:00-18:00 (Castle-opedag:

10:00-11:00). Ek wil graag u

as ouers sowel as ons leerders

aanmoedig om voornemende

ouers en leerders uit te nooi om

ons opedag te kom bywoon. Die

astro sowel as die bou van die

nuwe hoërskool trek geweldig

aandag en bring ook groot opgewondenheid,

nie net binne

die skool nie, maar ook in die

omliggende omgewing en dis

’n ideale geleentheid om ons

skool te bemark.

Vriendelike groete,

Ferdi Niemand

* American poet (1840-1927†)

OMSENDBRIEF 4/2017 info@salessquad.co.za

3

KWARTAAL 2 designed by sales-squad.com

4

OMSENDBRIEF 4/2017 info@salessquad.co.za

5

HOËRSKOOL

GEBEURE

Die van u wat bekend

is met die selfhelpboek

van Stephen R.

Covey, The seven habits of

highly effective people, sal

weet dat gewoonte 4, “Dinkwen-wen”,

is.

Die personeel verbonde

aan die hoërskool, het vir

hulself en vir die graad

12-leerlinge, baie hoë

doelwitte vir die jaar gestel.

Ons wil graag voortbou op

verlede jaar se sukses en

op die nalatenskap van

dr. Lalla. Wanneer ek die

doelwitte met die personeel

en leerders bespreek, kan

ek nie help om aan die

gesegde van “hoe om ‘n

olifant te eet”, te dink nie.

Ons het u as ouer nodig

om u kind te herinner om

daagliks hard te werk om

hul doelwitte te bereik –

bietjie vir bietjie. Indien ons

as skool suksesvol is in die

bereiking van ons doelwitte,

beteken dit dat die leerlinge

ook hulle doelwitte sal

bereik.

Ons het ‘n baie besige

kwartaal wat voorlê en ons

besef en erken dat deeglike

beplanning die sleutel tot

sukses is. Die bestuur het

Izak Nagel

dit daarom goedgedink

om op ‘n weeklikse basis

die daaropvolgende week

se program, met al die

aktiwiteite van daardie

week, op Vrydae uit te stuur.

U sal ‘n e-pos ontvang met

die program vir die week en

dit sal ook op die skool se

webwerf beskikbaar wees.

Die belangrikste aktiwiteit

wat hierdie kwartaal voorlê,

is die Junie-eksamen en

ons moedig leerlinge aan

om vroegtydig met hulle

voorbereiding te begin.

Die eksamen is egter

nie die enigste vorm van

assessering nie en derhalwe

is die assesseringsprogram

vir die kwartaal reeds

Vrydag op die leerlinge se

tablette geplaas. Nie net

is dit ‘n besige kwartaal

ten opsigte van akademie

nie, maar ook op die sporten

kultuurfront. Met die

wintersport wat reeds in

volle swang is, wil ons graag

alle spanne sterkte toewens

met hul ligawedstryde.

Daar is tennis en skaak

hierdie kwartaal asook

landloop voorseisoenoefening.

Die dans en ander

kultuuraktiwiteite gaan

ook aan soos voorheen

en daarom moet leerlinge

seker maak dat hul deeglik

en vroegtydig beplan om al

die oefeninge by te woon.

Winterkoue word reeds

vroegoggend aan die

lyf gevoel. Amptelike

oorskakeling na wintersdrag

is Maandag, 15 Mei. Die

eerste twee weke van Mei

is ‘n oorgangstydperk waar

leerders reeds op kouer dae

wintersdrag mag aantrek.

Let asseblief daarop

dat somersuniform en

wintersuniform nie gemeng

word nie. Ons is egter

bewus van die probleme

wat u met klerebestellings

by Grit ondervind.

Ons wil u graag versoek om

die datum met betrekking tot

ons jaarlikse Internasionale

Familiedag-vieringe, wat op

5 Mei tussen 8:00-9:00 sal

plaasvind, oop te hou.

Voorspoed en seën vir die

kwartaal en geniet nog ‘n

langnaweek.

Izak Nagel

Waarnemende

Operasionele hoof

KWARTAAL 2 designed by sales-squad.com

6

Ons is trots om aan te kondig dat die volgende leerders aan rondte twee van die Suid-

Afrikaanse Wiskunde Olipiade sal deelneem op 10 Mei 2017.

Graad 9:

Carla Beer, Dylan Bennett , Fritz Beyer, Melandri Claassen, Morgan Elliston, Wessels Fourie,

William Houy, Ruach Jacobsohn, Handolf Joubert, Damien Potgieter, Dane Roux, Rabontsi Sello

Graad 10:

Christopher Bouwer

Abel Kurien

Graad 11:

Masana Hlomane

Alby ons seuns hokkiespanne

het laas week teen HTS

Pretoria Tuine gespeel.

Sport

Gedurende die vakansie het die Hip-

Hop dansers aan die Suid-Afrikaanse

kampioenskappe vir uitvoerende kuns

deelgeneem.

Ons is trots op die volgende leerders wat almal

deelgeneem het en sodoende hul ervaringsveld

verbreed het en hul passie vir dans uitgeleef het:

Mitha Mdukiso, Mohlagane Ramushu, Melandri

Claassen, Thato Matlaila, Bonolo Mane, Nomfundo

Ngwenya en Ziyanda Zama.

Juniors: HTS Pta Tuine 0 – 4 Curro

Roodeplaat

Seniors: HTS Pta Tuine 0 – 1 Curro

Roodeplaat

Ons speel die week weg teen FH

Odendaal.

Ons wil Melandri geluk wens met die wen van ‘n

silwer medalje vir haar duet.

OMSENDBRIEF 4/2017 info@salessquad.co.za

7

Gallery

KWARTAAL 2 designed by sales-squad.com

8

OMSENDBRIEF 4/2017 info@salessquad.co.za

9

2 Mei Hokkie o/16 en o/18 meisies vs Hercules (Tuis)

3 Mei Netbal vs Cullinan Gekombineerde skool (Tuis)

4 Mei Tennis: Junior seuns vs Zwartkop (Weg)

Hokkie o/16 en o/18 meisies vs The Glen (Tuis)

5 Mei Rugby vs Maragon Edendale (Weg)

Tennis: Senior seuns vs Garsfontein (Tuis)

9 Mei Tennis: Senior seuns vs Oos-Moot (Weg)

Tennis: Junior dogters vs Pta-Noord (Tuis)

10 Mei Seunshokkie vs Eduplex (Tuis)

Netbal vs Maragon Edendale (Weg)

Wiskunde-olimpiade Rondte 2

Opedag 15:00 – 18:00

11 Mei Bloedskenk (Hoërskoolvierkant)

Dogtershokkie vs Christ Church (Weg)

Tennis: Junior seuns vs Tuine (Tuis)

12 Mei Netbal vs Erasmus (Weg)

13 Mei Gr. 9-Aanlegtoetse (Skool)

Bergfiets – Tour de Vaal

Ruitersport Core League Qualifier

14 Mei Ruitersport Core League Qualifier

15 Mei Internasionale Famieliedag

Amptelike oorskakeling na wintersdrag

16 Mei Tennis: Junior dogters vs Crawford (Weg)

17 Mei Dogtershokkie vs Maragon Olympus (Weg)

Seunshokkie vs CBC (Weg)

Netbal vs Tyger Valley (Tuis)

Rugby vs Tyger Valley (Tuis)

18 Mei Dogtershokkie vs Maragon Olympus

Tennis: Junior seuns vs Helpmekaar

Tour-de-Maths (Hatfield Christian School)

19 Mei Rugby vs Prestige Kollege (Weg)

Tennis: Senior seuns vs Sutherland (Tuis)

23 Mei Dogtershokkie vs Crawford (Tuis)

Tennis: Junior dogters vs Southdowns (Tuis)

24 Mei Seunshokkie vs Affies (Tuis)

Dogtershokkie vs Crawford (Tuis)

Rekeningkunde Banango (Oprah Winfrey School)

25 Mei Dogtershokkie vs Loreto Convent

Tennis: Junior seuns vs Hatfield Christian School

26 Mei Kaalvoetdag

Rugby vs Woodhill (Weg)

Tennis: Senior seuns vs Tuine

27 Mei LO Eksterne-sertifikaat (Gr 10-12)

30 Mei Tennis: Junior dogters vs Eldoraigne (Tuis)

1 Junie Tennis: Junior seuns vs Eldoraigne (Weg)

2 Junie Netbal Uitspeelwedstryde (TBC)

Rugby vs Maragon (Tuis)

Tennis: Senior seuns vs Zwartkop (Weg)

6 Junie Kultuur: Koswerkswinkel (Skool)

Tennis: Junior dogters vs Garsfontein (Weg)

7 Junie Gr 12 LO GTA Deel B

Hokkie-uitspele (TBC)

9 Junie Tennis:Senior seuns vs Willowridge (Weg)

Rugby uitspele (TBC)

12 Jun – 28 Jun Hoërskooleksamen

15 Junie Tennis: Jnr seuns vs Woodhill

17 Junie Ruitersport Core League Qualifier

18 Junie Ruitersport Core League Qualifier

23 Junie Kultuur: Koswerkswinkel (Skool)

29-30 Junie Curro Nasionale 7’s

29 Junie – 5 Julie Winter school/Winterskool

30 Junie Skool sluit

Belangrike Datums

KWARTAAL 2 designed by sales-squad.com

10

OMSENDBRIEF 4/2017 info@salessquad.co.za

11

Die Laerskool

Toneel

Alta Theunissen

“You haven’t learn anything

until you take action and

use it”

– Ken Blanchard

Na ‘n baie bedrywige

eerste kwartaal

was die vakansie

‘n welkome blaaskans vir

leerders en opvoeders.

Maar nie almal het net

agteroor gesit en ontspan

nie! Ons rugbyspelers

en -afrigters het hul

vaardighede gaan opskerp,

patrone ingeoefen en

spangees gebou! Kultuur

het ook nie agterweë gebly

nie en talle dansers het aan

die SA-kampioenskappe

in Johannesburg gaan

deelneem. Voorwaar

leerders om op trots te

wees!

Die tweede kwartaal begin

dan ook in volle vaart.

Bulletjierugby en mininetbalfeeste

het alreeds

plaasgevind. Rugbyproewe

het ookal afgeskop en

Curro Roodeplaat het hul

merk gemaak tydens die

afgelope Curro streeksport!

(Uitslae onder die sport

afdeling)

Agt van ons leerders het

ook die afgelope naweek

aan die ATKV Redenaars

by Hoërskool Menlopark

deelgeneem en ons naam

hoog gehou! Trots Curro

Roodeplaat!

Landloopoefening het

reeds op Dinsdag, 25 April

begin. Oefendae, tye en

voorseisoen datums is

beskikbaar op die webwerf.

Neem asseblief kennis

dat die Laerskool (graad

1-7) gesluit sal wees

op Dinsdag, 16 Mei vir

Curro opvoederopleiding.

Curro Roodeplaat huisves

weereens ongeveer

250 van ons streek se

opvoeders op die dag.

Daar sal wel voorsiening

gemaak word vir toesig

van leerders wat dit sou

benodig. Op hul beurt

het graad R-opvoeders

opleiding op Donderdag,

18 Mei vanaf 13:00 en die

akademiese dag sal om

11:30 klaarmaak. Toesig

sal tot 13:00 beskikbaar

wees vir leerders wat nie

afgehaal kan word nie.

Winterkoue word reeds

vroegoggend aan die

lyf gevoel. Amptelike

oorskakeling

na

wintersdrag is Maandag,

15 Mei. Die eerste twee

weke van Mei is ‘n

oorgangstydperk waar

leerders reeds op kouer

dae wintersdrag mag

aantrek. Let asseblief

daarop dat somersuniform

en wintersuniform nie

gemeng mag word nie. Op

die dae wat u kind KDA het,

word die skoolsweetpak

en sporttekkies saam

met KDA-klere gedra.

Ons is egter bewus van

die probleme wat u met

klerebestellings by Grit

ondervind.

Alta Theunissen

CURRO

STREEKSEWES

Baie geluk aan al ons

leerders wat aan die

Curro Streeksewestoernooi

deelgeneem

het. Die toernooi is by

Woodhill College gehou.

Sien asseblief hieronder

die uitslae:

Rugby:

o.11 3de

o.13 4de

Netbal:

o.11 3de

o.13 3de

Seunshokkie:

o.13 4de

Sokker:

o.13 4de

KWARTAAL 2 designed by sales-squad.com

12

Belangrike Datums

2 Mei Rugby vs Derdepoort (Curro Roodeplaat) 14:00-16:00

4 Mei Netbal vs Maragon (Maragon)14:00-17:00

Rugby vs Woodhill (Woodhill) 14:00-16:00

6 Mei Bulletjierugby (Laerskool Uniefees) 08:00-12:00

Mini-netbal (Maragon) 08:00-12:00

11 Mei Netbal vs Kameelfontein (Curro Roodeplaat) 14:00-17:00

Bloedskenk (Hoërskool vierkant)

13 Mei Bulletjierugby (Maragon) 08:00-12:00

15 Mei Internasionale gesinsdag

Amptelike oorskakeling na wintersdrag

16 Mei Laerskool gesluit (gr 1-7).

18 Mei Netbal vs Bronkhorstspruit (Bronkhorstspruit)

Rugby vs Wonderboom Suid (Wonderboom Suid)

20 Mei Bulletjierugby (Midstream) 08:00-12:00

Mini-netbal (Du Preez Van Wyk) 08:00-12:00

23 Mei Netbal vs Cullinan (Curro Roodeplaat) 14:00-17:00

Rugby vs Witpoort (Witpoort) 14:00-16:00

24 Mei Interne Engelse redenaars gr 1-3 (18:00-20:00)

27 Mei Bulletjierugby (Curro Roodeplaat) 08:00-12:00

Mini-netbal (Curro Roodeplaat) 08:00-12:00

1 Junie Rugby vs Sagewood (Sagewood)

3 Junie Bulletjierugby Loftusdag 08:00

Netbal uitspeelwedstryde (Du Preez Van Wyk)

6 Junie Rugby vs Akasia (Akasia) 14:00

9 Junie Netbal Tshwane Kampioenskappe

10 Junie Bulletjierugby (Woodhill College) 08:00

14 Junie Eksamen begin (sien eksamenrooster op webwerf)

16 Junie Jeugdag

30 Junie Skool sluit (Slegs Gronslagfase ontvang rapporte)

QUICK LINK

OMSENDBRIEF 4/2017 info@salessquad.co.za

13

Gallery

KWARTAAL 2 designed by sales-squad.com

14

OMSENDBRIEF 4/2017 info@salessquad.co.za

15

Castle

Avonture

“Forget dancing like no

one is watching....Dance like a toddler.

They don’t even care if there’s music!”

Vreugde, vreugde en vreugde! Dis

so lekker om ons kleutertjies terug

te verwelkom en om te sien dat

hulle na hulle juffrouens én na ons skool

verlang het.

‘n Woord van verwelkoming aan ons nuwe

kleutertjies en ouers. Ons glo julle sal

dadelik deel voel van ons Castle-familie.

Loer gerus in ons fotogalery om te sien

hoe oulik die verskillende kultuurgroepe

verlede kwartaal tydens ons kultuurdag

gelyk het.

Ons het ‘n besige kwartaal wat voorlê

en ons MasterChef-kompetisie op 10

Junie, is om die draai. Khumo Ntloedibe

(Muisklas 2016) en haar ouers het

verlede jaar die derde plek ingepalm.

(Sien foto’s ook in fotogalery). Kom ons

kyk of ‘n kleuter met haar/sy mamma of

pappa hierdie jaar met die louere kan

wegstap. Ons het julle as vennote nodig

om hierdie fondsinsamelingsgeleentheid

wéér ’n reuse sukses te maak en daarom

vra ons u hulp. Ons benodig asseblief die

volgende:

1. Kontantbydraes vir die aankoop van

benodigdhede vir die spens.

2. 3x Geskenke/sakkies vir ons

beoordelaars.

3. 1ste, 2de en 3de plek pryse vir die

wenners.

Inskrywings vir die kompetisie open op 3

Mei 2017. Jy word ook die geleentheid

gegun om ons Masterchef-beer se naam

teen R10 te raai. Groot pryse is op die

spel. Dit sal gedurende Mei-maand in die

ingangsportaal uitgestal word.

Curro Roodeplaat stal by die Kolonnade

uit vanaf 2 – 7 Mei. Kom sê gerus vir ons

hallo.

Ons sien uit na ’n geseënde, tweede

kwartaal.

Warm groete,

Elna & Castle-personeel

BELANGRIKE

INLIGTING

1. Aangesien ons nou in die

winterseisoen inbeweeg, wil ek graag ‘n

beroep doen om nie medikasie skool toe

te stuur nie. Dit skep ’n moeilike situasie vir

die personeel om oor en oor te verduidelik dat

dit nie toelaatbaar is nie en ons volgens beleid

hieraan moet voldoen. Ons stel voor dat julle

asseblief eerder julle kleuter by die huis hou

totdat die medisyne, verligting bring.

2. Dis van kardinale belang dat julle

julle kleuters in- en uitteken in die

oggende en in die middae. Dit

is vir die veiligheid van

u eie kind.

BELANGRIKE DATUMS

27 April Johnny Marutle se verjaarsdag

27 April Vryheidsdag

28 April Skole vakansiedag

1 Mei Werkersdag

10 Mei Opedag

16 Mei Fisiese ontwikeling opleiding vir

alle personeel. Personeel sal

om 11:30 vertrek. Daar sal

toesig wees vir die kleuters.

19 Mei Uitstappie na Spar teen R20

per kind

10 Junie MasterChef

16 Junie Jeugdag

23 Junie Besoek aan Little Hearts

30 Junie Skole sluit om 10:00

KWARTAAL 2 designed by sales-squad.com

16

Gallery

OMSENDBRIEF 4/2017 info@salessquad.co.za

17

KWARTAAL 2 designed by sales-squad.com

18

OMSENDBRIEF 4/2017 info@salessquad.co.za

19

KWARTAAL 2 designed by sales-squad.com

20

KONTAK BESONDERHEDE

ALGEMENE ONTVANGS

012 808 9938/9

adminr@curro.co.za

CASTLE ONTVANGS

Veronica Riggs

veronica.r@curro.co.za

LAERSKOOL

ONTVANGS

Charmaine Riggs

charmaine.r1@curro.co.za

HOËRSKOOL

ONTVANGS

Joelene Prinsloo

joelene.p01@curro.co.za

OMSENDBRIEF 4/2017 info@salessquad.co.za

21

KONTAK BESONDERHEDE

FINANSIES

Charmaine Miny

charmaine.m@curro.co.za

BEMARKING

Chantelle van Niekerk

bemarkingr@curro.co.za

sport

Jacques van Niekerk

jacques.v1@curro.co.za

KWARTAAL 2 designed by sales-squad.com

22

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!