22.02.2017 Views

A15202 Kynoch Success stories & articles AFR PRINT

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

KynoPop®op

geplante suikerriet

SUKSES-

STORIE

William Gibson en Diddle Mahabir, Noord-KwaZulu-Natal

Daar is twee strookproewe in die Noord-

Empangeni-omgewing, KZN, geplant. Op die

behandelde persele, is plantriet met sewe

kg / ha KynoPop® behandel voordat dit met

grond bedek is, terwyl die kontrole-persele

geen KynoPop® ontvang het nie. Die eerste

strookproef is deur die Kynoch-agent in die

omgewing uitgevoer, terwyl die tweede proef

deur die produsent self uitgevoer is.

Proef 1

Hierdie proef is in Oktober geplant, terwyl baie droë toestande

geheers het. Die proefperseel is in ‘n vallei met swaar grond, geleë. Die

droë toestande het na planttyd voortgeduur.

Resultate

Plantriet is ses weke na plant uit die behandelde en onbehandelde

stroke gehaal. Dit was duidelik dat die persele wat met KynoPop®

behandel is, baie beter wortelontwikkeling as die onbehandelde

plantriet getoon het (Foto 1). Die eerste goeie reën is tussen 5 en 16

Desember ontvang.

Foto 2: Die kontroleperseel

(links van die pen), teenoor

die perseel wat met KynoPop®

behandel is (regs) op 97 dae

na plant.

Proef 2

Hierdie proef is in November in nat grond

deur die produsent self geplant.

Resultate

Op vyf weke na plant is daar weer plante uitgehaal en was daar

beduidend beter wortelontwikkeling op die persele wat met KynoPop®

behandel is. Weereens was daar ‘n verskil in planthoogte ten opsigte

van die behandelde en onbehandelde persele, maar nie so duidelik

soos die verskil in Proef 1 nie. Hierdie verskil het voortgeduur tot en met

die laaste besoek aan die perseel op 118 dae na plant (Foto 3).

Foto 1: Die boonste plantriet is met KynoPop® behandel

terwyl die riet in die kontroleperseel (onder) geen KynoPop®

ontvang het nie (Foto 41 dae na plant).

Met die volgende inspeksie op agt weke na plant (19 Desember)

is die plantriet weer uitgehaal. Weereens was dit duidelik dat die

behandelde riet se wortelontwikkeling aansienlik beter was en dat die

bogrondse groei heelwat hoër as by die kontrolepersele gestaan het.

Op 12 weke na plant is die persele weer ondersoek en ondanks die

droë toestande het die behandelde persele steeds heelwat beter

gelyk. Goeie reënval is eers in die laaste week van Januarie ontvang.

Februarie en Maart was weereens baie warm en droog. Die verskil

tussen die behandelde en onbehandelde persele was steeds duidelik

sigbaar teen 97, 110 en 136 dae na plant. Die verskil op 97 dae na

plant kan duidelik in Foto 2 gesien word.

Foto 3: Plantriet (links) is met KynoPop® behandel, met die

kontroleperseel (regs) op 118 dae na plant.

Gevolgtrekking

In beide proewe het behandeling van die plantriet met KynoPop® beter

wortelontwikkeling en bogrondse groei getoon wat tot aan die einde van

die seisoen voordeel ingehou het.

Die verskille wat KynoPop® bewerkstellig

het, het dan ook tot hoër opbrengs en beter

marges vir die produsent gelei.

Kynoch – Suksesstorie 5

A15202 Kynoch Success stories & articles AFR 3.indd 5

12/9/16 11:33 AM

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!