22.02.2017 Views

A15202 Kynoch Success stories & articles AFR PRINT

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Kynoch hou boeredag aan die Suidkus

Gepubliseer in Coastals News – Augustus 2016

Kynoch Kunsmis het op Vrydag, 26 Augustus

2016 ‘n boeredag by Rocky Bay Lodge

aan die Suidkus gehou. Dr Brian Wade

was die gasspreker. Brian is die Direkteur:

Innovasie by Koch Agronomic Services en

verantwoordelik vir tegniese ondersteuning

en die groei van Agrotain®-verkope, kennis

en verwante produkte in die internasionale

markte, insluitende Afrika. KynoPlus® is

die handelsmerknaam in Suidelike Afrika

vir produkte wat Agrotain® bevat. Kynoch

werk reeds etlike jare saam met Brian en

hy het uitgebreide kennis en ervaring ten

opsigte van Agrotain®, die vervlugtiging van

ureum en die voordele wat die gebruik van

KynoPlus® vir die produsent inhou.

Brian is gefokus op die doeltreffendheid van

kunsmis en derhalwe die waarde wat dit

vir die produsent inhou. Hy werk ook saam

met die owerhede aan die voorkoming van

kunsmisverlies in die omgewing met behulp

van tegnologiese verbeteringe in plaas van

die instel van nóg regulasies. Benewens ‘n

boerdery-agtergrond en praktiese ervaring,

het hy ‘n doktorsgraad in Agronomie by die

Universiteit van Illinois verwerf. Brian word

beskou as ‘n kenner in stikstofkunsmis – die

een inset wat enersyds ‘n hoë koste vir die

produsent inhou en andersyds die grootste

genereerder van wins in gewasproduksie is.

Brian se aanbieding het gefokus op die

spesifieke voordele wat dit inhou om

KynoPlus® in ‘n bemestingsprogram en

gewasproduksiesiklus te gebruik. Hy het die

volgende hoofvoordele uitgelig:

• Doeltreffendheid van KynoPlus® teenoor

normale ureum

• Die aansienlike afname in vervlugtiging,

derhalwe potensiaal vir verhoogde wins

• Om saam met die onvoorspelbare

weerpatrone te kan werk

• Hoë konsentrasie – dus verlaagte

vervoerkoste

• Aanpasbaarheid in die

bemestingsprogram

• Meer omgewingsvriendelik

• Veilig om KynoPlus® te gebruik waar

suikerrietreste agtergelaat word.

• Bewese produk wat reeds jare lank

wêreldwyd gebruik word.

Die praatjie was uiters insiggewend en is

deur almal geniet. Kynoch sal voortgaan

om nou saam met Brian en Koch Agronomic

Services te werk om die reeks innoverende en

N-hanced-N produkte se beskikbaarheid

aan hul kliënte, verder uit te brei.

Links na regs: Alan Arde, P.J. Fryer, Brian Wade en Richard Wichmann

4

Kynoch – Artikel

A15202 Kynoch Success stories & articles AFR 3.indd 4

12/9/16 11:33 AM

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!