A15202 Kynoch Success stories & articles AFR PRINT

22.02.2017 Views

Verbeterde doeltreffendheid deur innovasie Dr. Johan J. van Biljon, Opbrengsverbeteringstelsels, Kynoch Kunsmis Kynoch Kunsmis stel hom ten doel om die kans te verhoog wat die produsent het om die winsgewendheid van sy boerderyonderneming te verbeter. Vanuit ‘n plantvoedingsoogpunt kan hierdie doel bereik word deur die doeltreffendheid van die gewasse te verhoog en om ook die doeltreffendheid van die kunsmisprodukte te verhoog. Een van die maniere om die winsgewendheid van ‘n boerdery te verhoog, is om die opbrengs van die gewasse te verhoog. Dit is dan ook geen wonder dat die landboukundige afdeling as “Opbrengsverbeteringstelsels” bekend staan nie. Hierdie benaming is gekies om fokus op die kliënt se belange te plaas. Om die doeltreffendheid van die gewasproduksiestelsel te verhoog, is die volgende punte van belang: Fotosintese en respirasie Lewe is van die son (energie), water (reaksies), voedingstowwe (koolhidrate, proteïene, vette, minerale, ens.) en sekere gasse (byvoorbeeld koolstofdioksied en suurstof) afhanklik. Plante, oftewel gewasse, het die vermoë om die son se energie in die teenwoordigheid van water, voedingstowwe VOEDING H 2 O ENERGIE VANAF SON PLANTE ALGE en gasse na voedsel vir mens en dier (byvoorbeeld suikers) om te skakel. Hierdie proses staan as fotosintese bekend. Figuur 1 is ‘n baie vereenvoudigde skematiese voorstelling van fotosintese (opbouproses) en respirasie (afbreekproses). In fotosintese word suikers opgebou en by respirasie word die suikers afgebreek om energie vir mens en dier beskikbaar te stel. Die doeltreffendheid van gewasse kan verbeter word deur SUIKER + ANDER VERSKAF ENERGIE MENS DIER O 2 CO 2 CO 2 O 2 CO 2 + H 2 O O 2 + SUIKERS SUIKERS + O 2 H 2 O + CO 2 FOTOSINTESE Figuur 1: Vereenvoudigde voorstelling van fotosintese en respirasie. RESPIRASIE die doeltreffendheid van die proses van fotosintese te verbeter. Derhalwe is daar binne die Kynoch-aanbod produkte wat spesifiek op die verbetering van die doeltreffendheid van gewasse gemik is. Uit Figuur 1 is dit dan ook duidelik dat hierdie ‘n sikliese proses is. Suurstof wat gedurende fotosintese afgegee word, word weer vir respirasie gebruik en die koolstofdioksied wat gedurende respirasie afgegee word, word weer in fotosintese gebruik. VOEDING H 2 O BOI m 2 / m 2 5 4 3 2 1 Fase A Fase B BOI* Opkoms Groeiperiode Volwasse BOI* = Blaaroppervlakte-indeks BOD** = BOI x Duurte Fase C Figuur 2: Grootte, produktiwiteit en duurte van die blaaroppervlakte. Graanopbrengs / ha BOD** Fase D Bou die fabriek so vinnig moontlik Verhoog revolusies Hou dit so lank as moontlik aan die gang Die gewas as fabriek Die plant (gewas) kan as ‘n fabriek gesien word waar die blaaroppervlakte ‘n baie belangrike rol speel. Figuur 2 is ‘n voorstelling van die ontwikkeling van die blaaroppervlakte-indeks (BOI). Aan die begin van die groeiseisoen ontwikkel die blaaroppervlakte-indeks baie stadig (Fase A) waarna dit geweldig vinnig toeneem (Fase B, eksponensiële fase) en daarna afplat (Fase C) of selfs daal (Fase D). Die geheim van gewasverbouiing lê daarin om die fabriek so vinnig moontlik te bou (Fase A en B) en dit dan so lank as moontlik aan die gang te hou (Fase C en D). Terselfdertyd moet die fabriek so vinnig as moontlik (hoë revolusies) produseer om soveel as moontlik suikers te produseer. 2 Kynoch – Artikel A15202 Kynoch Success stories & articles AFR 3.indd 2 12/9/16 11:33 AM

Blaaroppervlakduurte (BOD) is ‘n aanduiding van hoe lank die blare aktief bly en is direk aan gewasopbrengs gekoppel. Hoe langer die BOD, hoe hoër die opbrengs. Kortliks beteken dit: 1) Bou die fabriek so vinnig as moontlik, 2) Hou die revolusies so hoog as moontlik, en 3) Hou die fabriek so lank as moontlik aan die gang vir maksimum opbrengs en gevolglik inkomste. Plantvoedingsvoorstelle Die dae van algemene bemesting by gewasse is lankal verby. Elke gewas het nie net sy eiesoortige behoefte nie, maar die behoefte verander ook gedurende die groeiseisoen en om alles te kroon, verander die behoefte ook van plek tot plek. Gewasspesifiek: Gewasse kan in verskillende groepe ingedeel word. Eerstens is daar eenjarige gewasse en meerjarige gewasse. By meerjarige gewasse word daar afhangend van die voedingstof, dikwels vir die volgende seisoen bemes aangesien dit wat nou toegedien word eers in die volgende groeiseisoen tot uiting sal kom. Skeep jy die gewas hierdie seisoen af, betaal jy die prys in die volgende seisoen. Daar moet by meerjarige gewasse onthou word dat in-groeiseisoen toediening ook ‘n plek het en nie weggelaat kan word nie. Ons boomgewasse is hier ‘n sprekende voorbeeld. By eenjarige gewasse is die benadering totaal anders deurdat die voedingstowwe wat jy nou toedien baie vinniger en in dieselfde seisoen gebruik gaan word. Die effek van bemesting is baie vinniger sigbaar aangesien eenjarige gewasse se groeitempo baie vinniger is as die van meerjarige gewasse. Eenjarige gewasse is baie uiteenlopend en sluit al ons graan- en groentegewasse in. Dit is duidelik dat die gewasse so uiteenlopend is dat hulle definitief nie dieselfde voedingstofbehoefte kan hê nie. Die dae van veral blaarvoedingsprodukte wat op verskillende gewasse gebruik word, is verby. Indien jy werklik vooruit wil gaan, behoort gewasspesifieke produkte gebruik te word. Groeistadiumspesifiek: Buiten dat produkte gewasspesifiek moet wees, moet dit ook groeistadiumspesifiek wees. Verskillende voedingstowwe is belangriker gedurende sekere groeistadiums as ander. So ‘n benadering kom op Voedingstofskedulering TM neer. Net soos water onder besproeiing deur die gewas se lewe geskeduleer moet word, so moet dieselfde met voedingstowwe gedoen word om beter winste te behaal. Daar is 17 essensiële voedingstowwe waarsonder die gewas nie kan klaarkom nie, maar gedurende sekere groeistadiums is sekere voedingstowwe belangriker as ander. Om te veralgemeen is gevaarlik, maar breedweg gesien, is fosfaat veral gedurende die vestigingsfase belangrik waarna stikstof gedurende die vegetatiewe fase belangriker word. Kalium en kalsium is weer baie belangrik gedurende die graanvul- of vrugvormingen vrugsetfase. Al die voedingstowwe behoort volgens groeistadiums gegee te word om die beste resultaat te kry. Plekspesifiek: Met inagneming van ‘n gewasspesifieke en groeistadiumspesifieke benadering moet die grond en klimaatomgewing ook in berekening gebring word. Die grondvrugbaarheidstatus van byvoorbeeld ‘n sandgrond en ‘n kleigrond gaan drasties verskil. Hierdie verskille moet in aanmerking geneem word deur ‘n grondontleding te laat doen om die vlakke van die verskillende voedingstowwe in die grond te bepaal. Geen bemestingsvoorstel kan sonder ‘n chemiese grondontleding gedoen word nie. ‘n Chemiese grondontleding saam met ‘n beplanningsopbrengs en wetenskaplik-gefundeerde bemestingsriglyn is ‘n voorvereiste vir ‘n ekonomiese bemestingsvoorstel. Die bemestingsvoorstel kan deur die gebruik van plantontledings verder verfyn word. Die gebruik van plantontledings om die bemestingsprogram te evalueer word ten sterkste aanbeveel. Om ‘n plekspesifieke bemestingsvoorstel te kan maak, is ten minste ‘n grondontleding, maar verkieslik ook ‘n plantontleding, nodig. Indien daar enigsins ‘n sinvolle bemestingsvoorstel by boomgewasse gemaak wil word, is ‘n plantontleding onontbeerlik. Opsomming Samevattend kan gesê word dat die Kynochbenadering die proses van fotosintese bestuur, die gewas se ontwikkelingsfases bestuur en gewas-, groeistadium- en plekspesifieke plantvoedingsvoorstelle maak. Die gebruik van hierdie kombinasies bring: Verbeterde doeltreffendheid deur innovasie wat die winsposisie van die produsent kan verbeter. Kynoch – Artikel 3 A15202 Kynoch Success stories & articles AFR 3.indd 3 12/9/16 11:33 AM

Blaaroppervlakduurte (BOD) is ‘n aanduiding

van hoe lank die blare aktief bly en is direk

aan gewasopbrengs gekoppel. Hoe langer

die BOD, hoe hoër die opbrengs.

Kortliks beteken dit: 1) Bou die fabriek so

vinnig as moontlik, 2) Hou die revolusies so

hoog as moontlik, en 3) Hou die fabriek so

lank as moontlik aan die gang vir maksimum

opbrengs en gevolglik inkomste.

Plantvoedingsvoorstelle

Die dae van algemene bemesting by

gewasse is lankal verby. Elke gewas het

nie net sy eiesoortige behoefte nie, maar

die behoefte verander ook gedurende die

groeiseisoen en om alles te kroon, verander

die behoefte ook van plek tot plek.

Gewasspesifiek: Gewasse kan in

verskillende groepe ingedeel word.

Eerstens is daar eenjarige gewasse en

meerjarige gewasse. By meerjarige

gewasse word daar afhangend van die

voedingstof, dikwels vir die volgende

seisoen bemes aangesien dit wat nou

toegedien word eers in die volgende

groeiseisoen tot uiting sal kom. Skeep

jy die gewas hierdie seisoen af, betaal jy

die prys in die volgende seisoen. Daar

moet by meerjarige gewasse onthou

word dat in-groeiseisoen toediening

ook ‘n plek het en nie weggelaat kan

word nie. Ons boomgewasse is hier ‘n

sprekende voorbeeld.

By eenjarige gewasse is die benadering

totaal anders deurdat die voedingstowwe

wat jy nou toedien baie vinniger en in

dieselfde seisoen gebruik gaan word.

Die effek van bemesting is baie vinniger

sigbaar aangesien eenjarige gewasse

se groeitempo baie vinniger is as die

van meerjarige gewasse. Eenjarige

gewasse is baie uiteenlopend en sluit al

ons graan- en groentegewasse in. Dit is

duidelik dat die gewasse so uiteenlopend

is dat hulle definitief nie dieselfde

voedingstofbehoefte kan hê nie. Die dae

van veral blaarvoedingsprodukte wat

op verskillende gewasse gebruik word,

is verby. Indien jy werklik vooruit wil

gaan, behoort gewasspesifieke produkte

gebruik te word.

Groeistadiumspesifiek: Buiten dat

produkte gewasspesifiek moet wees,

moet dit ook groeistadiumspesifiek

wees. Verskillende voedingstowwe

is belangriker gedurende sekere

groeistadiums as ander. So ‘n benadering

kom op Voedingstofskedulering TM

neer. Net soos water onder besproeiing

deur die gewas se lewe geskeduleer

moet word, so moet dieselfde met

voedingstowwe gedoen word om beter

winste te behaal. Daar is 17 essensiële

voedingstowwe waarsonder die gewas nie

kan klaarkom nie, maar gedurende sekere

groeistadiums is sekere voedingstowwe

belangriker as ander. Om te veralgemeen

is gevaarlik, maar breedweg gesien, is

fosfaat veral gedurende die vestigingsfase

belangrik waarna stikstof gedurende

die vegetatiewe fase belangriker word.

Kalium en kalsium is weer baie belangrik

gedurende die graanvul- of vrugvormingen

vrugsetfase. Al die voedingstowwe

behoort volgens groeistadiums gegee te

word om die beste resultaat te kry.

Plekspesifiek: Met inagneming

van ‘n gewasspesifieke en

groeistadiumspesifieke benadering

moet die grond en klimaatomgewing

ook in berekening gebring word.

Die grondvrugbaarheidstatus van

byvoorbeeld ‘n sandgrond en ‘n kleigrond

gaan drasties verskil. Hierdie verskille

moet in aanmerking geneem word deur

‘n grondontleding te laat

doen om die vlakke van die verskillende

voedingstowwe in die grond te bepaal.

Geen bemestingsvoorstel kan sonder

‘n chemiese grondontleding gedoen

word nie. ‘n Chemiese grondontleding

saam met ‘n beplanningsopbrengs

en wetenskaplik-gefundeerde

bemestingsriglyn is ‘n voorvereiste vir

‘n ekonomiese bemestingsvoorstel. Die

bemestingsvoorstel kan deur die gebruik

van plantontledings verder verfyn word.

Die gebruik van plantontledings om die

bemestingsprogram te evalueer word ten

sterkste aanbeveel. Om ‘n plekspesifieke

bemestingsvoorstel te kan maak, is ten

minste ‘n grondontleding, maar verkieslik

ook ‘n plantontleding, nodig. Indien daar

enigsins ‘n sinvolle bemestingsvoorstel

by boomgewasse gemaak wil word, is ‘n

plantontleding onontbeerlik.

Opsomming

Samevattend kan gesê word dat die Kynochbenadering

die proses van fotosintese

bestuur, die gewas se ontwikkelingsfases

bestuur en gewas-, groeistadium- en

plekspesifieke plantvoedingsvoorstelle

maak. Die gebruik van hierdie kombinasies

bring: Verbeterde doeltreffendheid deur

innovasie wat die winsposisie van die

produsent kan verbeter.

Kynoch – Artikel 3

A15202 Kynoch Success stories & articles AFR 3.indd 3

12/9/16 11:33 AM

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!