22.02.2017 Views

A15202 Kynoch Success stories & articles AFR PRINT

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Verbeterde doeltreffendheid

deur innovasie

Dr. Johan J. van Biljon, Opbrengsverbeteringstelsels, Kynoch Kunsmis

Kynoch Kunsmis stel hom ten doel om

die kans te verhoog wat die produsent

het om die winsgewendheid van sy

boerderyonderneming te verbeter. Vanuit

‘n plantvoedingsoogpunt kan hierdie doel

bereik word deur die doeltreffendheid van

die gewasse te verhoog en om ook die

doeltreffendheid van die kunsmisprodukte

te verhoog. Een van die maniere om

die winsgewendheid van ‘n boerdery

te verhoog, is om die opbrengs van die

gewasse te verhoog. Dit is dan ook geen

wonder dat die landboukundige afdeling

as “Opbrengsverbeteringstelsels” bekend

staan nie. Hierdie benaming is gekies

om fokus op die kliënt se belange te

plaas. Om die doeltreffendheid van die

gewasproduksiestelsel te verhoog, is die

volgende punte van belang:

Fotosintese en respirasie

Lewe is van die son (energie), water

(reaksies), voedingstowwe (koolhidrate,

proteïene, vette, minerale, ens.) en sekere

gasse (byvoorbeeld koolstofdioksied en

suurstof) afhanklik. Plante, oftewel gewasse,

het die vermoë om die son se energie in die

teenwoordigheid van water, voedingstowwe

VOEDING

H 2 O

ENERGIE

VANAF SON

PLANTE

ALGE

en gasse na voedsel vir mens en dier

(byvoorbeeld suikers) om te skakel. Hierdie

proses staan as fotosintese bekend.

Figuur 1 is ‘n baie vereenvoudigde

skematiese voorstelling van

fotosintese (opbouproses) en respirasie

(afbreekproses). In fotosintese word suikers

opgebou en by respirasie word die suikers

afgebreek om energie vir mens en dier

beskikbaar te stel. Die doeltreffendheid

van gewasse kan verbeter word deur

SUIKER

+ ANDER

VERSKAF

ENERGIE

MENS

DIER

O 2 CO 2 CO 2 O 2

CO 2 + H 2 O O 2 + SUIKERS SUIKERS + O 2 H 2 O + CO 2

FOTOSINTESE

Figuur 1: Vereenvoudigde voorstelling van fotosintese en respirasie.

RESPIRASIE

die doeltreffendheid van die proses van

fotosintese te verbeter. Derhalwe is daar

binne die Kynoch-aanbod produkte

wat spesifiek op die verbetering van die

doeltreffendheid van gewasse gemik is. Uit

Figuur 1 is dit dan ook duidelik dat hierdie

‘n sikliese proses is. Suurstof wat gedurende

fotosintese afgegee word, word weer vir

respirasie gebruik en die koolstofdioksied

wat gedurende respirasie afgegee word,

word weer in fotosintese gebruik.

VOEDING

H 2 O

BOI

m 2 / m 2

5

4

3

2

1

Fase A

Fase B

BOI*

Opkoms Groeiperiode Volwasse

BOI* = Blaaroppervlakte-indeks

BOD** = BOI x Duurte

Fase C

Figuur 2: Grootte, produktiwiteit en duurte

van die blaaroppervlakte.

Graanopbrengs / ha

BOD**

Fase D

Bou die fabriek so

vinnig moontlik

Verhoog revolusies

Hou dit so lank as

moontlik aan die gang

Die gewas as fabriek

Die plant (gewas) kan as ‘n fabriek

gesien word waar die blaaroppervlakte

‘n baie belangrike rol speel. Figuur 2 is

‘n voorstelling van die ontwikkeling van

die blaaroppervlakte-indeks (BOI). Aan die

begin van die groeiseisoen ontwikkel die

blaaroppervlakte-indeks baie stadig (Fase A)

waarna dit geweldig vinnig toeneem

(Fase B, eksponensiële fase) en daarna afplat

(Fase C) of selfs daal (Fase D). Die geheim van

gewasverbouiing lê daarin om die fabriek

so vinnig moontlik te bou (Fase A en B) en

dit dan so lank as moontlik aan die gang te

hou (Fase C en D). Terselfdertyd moet die

fabriek so vinnig as moontlik (hoë revolusies)

produseer om soveel as moontlik suikers te

produseer.

2

Kynoch – Artikel

A15202 Kynoch Success stories & articles AFR 3.indd 2

12/9/16 11:33 AM

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!