22.02.2017 Views

A15202 Kynoch Success stories & articles AFR PRINT

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Verhoogde opbrengs

met verbeterde

effektiwiteit

Gepubliseer in SA Graan – April 2016

Dr. Johan van Biljon, Kynoch Kunsmis

Die Suid-Afrikaanse graanprodusent

het opbrengs oor tyd betekenisvol

verhoog met verbeterde praktyke en

produkte. Hierdie prestasie is nog meer

merkwaardig as ons relatiewe lae en

wisselvallige reënval in ag geneem word.

Opbrengsverhoging

Indien daar na opbrengs oor tyd gekyk

word, was mielie-opbrengs gedurende

1920 ongeveer 0,5 t/ha. Die opbrengs

(vyf jaargegroepeerde opbrengs – dit

wil sê elke punt is die gemiddelde

nasionale opbrengs vir die voorafgaande

vyf jaar) het geleidelik toegeneem tot

ongeveer 1 t/ha gedurende 1960, wat

‘n opbrengsverhoging van ongeveer

12,5 kg/ha per jaar beteken. Die tydperk

vanaf 1960 tot 2015 het veel beter groei

getoon en kan hoofsaaklik in vier tydperke

(Grafiek 1) verdeel word:

Tydperk 1: 1960 tot 1970

Gedurende hierdie tien jaar-periode het

die gemiddelde opbrengs van ongeveer

1 t/ha tot ongeveer 1,4 t/ha gestyg, wat

‘n opbrengsverhoging van ongeveer

40 kg/ha per jaar beteken – aansienlik

hoër as die 12,5 kg/ha per jaar van

die vorige 40 jaar. Gedurende hierdie

tydperk het kragtiger trekkers met

gevolglike dieper ploegbewerking begin

toeneem. Die gevolg hiervan was dat

meer organiese materiaal afgebreek is

en meer voedingstowwe vir die gewasse

beskikbaar geraak het. Die voordeel

hiervan was dat opbrengs verhoog het,

maar dat die organiese materiaalinhoud

van die grond, met nadelige effekte,

verlaag het. Gedurende hierdie tydperk is

bastermielies ook bekend gestel – wat ook

‘n bydrae tot die verhoging in opbrengs

gemaak het.

Tydperk 2: 1970 tot 1980

Gedurende hierdie tien jaar het die opbrengs

van ongeveer 1,4 t/ha tot ongeveer

2,1 t/ha gestyg. Hierdie styging is ongeveer

70 kg/ha per jaar – wat nog hoër as die

vorige tien jaar was. Gedurende hierdie

tydperk is daar veral op bemestingsnavorsing

gekonsentreer. Bemestingsriglyne is vir

verskillende gewasse ontwikkel en veral

mielienavorsing het baie aandag geniet.

Na aanleiding van hierdie navorsing

is grondontledings, met gevolglike

bemestingsbeplanning (met inagneming

van die voedingstofstatus van die

grond en ook die beplanningsopbrengs),

al hoe meer gebruik. Die gebruik van

stikstof as topbemesting is ook al hoe

meer gebruik, wat dan ook ‘n bydrae tot

die verhoging in opbrengs gemaak het.

Tydperk 3: 1980 tot 1995

Gedurende hierdie 15 jaar het die opbrengs

op ongeveer 2,1 t/ha sywaarts beweeg. Dit

is dan ook gedurende hierdie tydperk wat

sanksies teen Suid-Afrika ingestel is.

Voedselsekerheid was krities en die

regering het uit hulle pad gegaan om veral

mielieproduksie aan te moedig. Dit het

meegebring dat mielies ook op marginale

gronde, wat nie vir mielieproduksie geskik

is nie, geplant is. Hierdie “swakker” gronde

het dan veroorsaak dat die gemiddelde

opbrengs nie gestyg het nie. Die sanksies

het ook tot gevolg gehad dat nuwe

tegnologie nie die land binnegekom het

nie en daar eers tot die volgende tydperk

gewag moes word voordat hierdie nuwe

tegnologie ‘n bydrae tot verhoogde

opbrengs kon maak.

Tydperk 4: 1995 tot 2015

Gedurende die afgelope 20 jaar is ongekende

verhoging in mielie-opbrengs behaal.

Die opbrengs het van ongeveer 2,1 t/ha

tot ongeveer 4,4 t/ha gestyg. Dit gee ‘n

ongekende verhoging van ongeveer

115 kg/ha per jaar, die hoogste in die

geskiedenis tot nou toe. Een van die groot

veranderings gedurende hierdie tydperk

was die instelling van die vryemarkstelsel.

Oornag het die speelveld verander en moes

aanpassings gemaak word om te kan oorleef.

Een van die aanpassings was om marginale

gronde uit mielieproduksie te onttrek. Dit

het meegebring dat mielies net op die beter

gronde geplant is – wat ‘n groot bydrae tot die

verhoging in mielie-opbrengs gemaak het.

Die bekendstelling van die nuwe

generasie kultivars, naamlik genetiesgemodifiseerde

organismes, het ‘n totaal

nuwe dimensie aan gewasverbouing gegee.

Die opbrengspotensiaal van kultivars het

oornag gestyg en ander nuwe tegnologie

is in plek gestel om hierdie potensiaal

te benut. Nie net is daar meer en meer

van bewaringsbewerkingspraktyke

gebruik gemaak nie, maar is tegnologie

soos presisieboerdery ingespan om

gewasproduksie meer effektief te maak.

Bemestingspraktyke is ook aangepas en

nuwe produkte is ontwikkel om hierdie

nuwe potensiaal te benut.

18

Kynoch – Artikel

A15202 Kynoch Success stories & articles AFR 3.indd 18

12/9/16 11:35 AM

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!