22.02.2017 Views

A15202 Kynoch Success stories & articles AFR PRINT

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Voorwoord

Beste Voedselprodusent

Kynoch Kunsmis is ‘n toonaangewende

verskaffer van ‘n volledige reeks hoëgehalte

korrel-, vloeibare en spesialiteitskunsmisprodukte

en tegnologieë aan

voedselprodusente in Suider-Afrika.

Kynoch bedryf stoorspasie asook invoer- en

vermengingsfasiliteite in die hoof-hawens

asook ander binnelandse lokaliteite in

die Suidelike Afrika-streek en verskaf

tans aan ons kliënte vanuit een van ses

gedesentraliseerde fasiliteite.

Kynoch stel ten doel om verbeterde

doeltreffendheid na te jaag en sy visie is

om as innoverende plantvoedingsvennoot

‘n bydrae tot ons kliënte se besighede

te maak deur van ons interne

opbrengsverbeteringstegnologie (Yield

Enhancing Technologies TM ), -dienste (Yield

Enhancing Services TM ) en innovering,

gebruik te maak. Tesame met ons volledige

reeks landboukundige dienste asook

voedingskedulering (nutrient scheduling TM )

en verbeteraars, is ons in staat om die groei

en ontwikkeling van ons kliënte se gewasse

optimaal te bestuur om sodoende ‘n bydrae

tot hul winsgewendheid te maak. By Kynoch

glo ons daarin om op die voorpunt van

navorsing en produkontwikkeling te bly, en

die suksesse wat ons keer op keer op die

plaas sien, maak ons baie opgewonde.

Kynoch stel ‘n volledige reeks plantvoedingsprodukte

beskikbaar wat ons in staat stel om

‘n gewas-, groeistadium- en plek-spesifieke

benadering te volg. Kortom kom dit daarop

neer dat daar aan die unieke behoeftes

van ‘n spesifieke gewas regdeur die

groeiseisoen vir ‘n spesifieke grond voldoen

kan word. Met Kynoch se innoverende en

pasgemaakte produkte kan plantvoeding

toegedien word in ooreenstemming met

die spesifieke behoeftes gedurende die

groeisiklus van verskillende gewasse. Verder

beteken dit dat met Kynoch op die plaas

kan ons kliënte die meeste uit hul gewasse

haal en verseker wees van verbeterde

doeltreffendheid wat tot ‘n hoër opbrengs

en beter gewaskwaliteit kan lei.

Kynoch verskaf wel ook basiese enkelvoudige

misstowwe, maar daar word deurentyd

daaraan gewerk om die doeltreffendheid

van ons plantvoedingsprodukte tot

voordeel van ons kliënte te verbeter. So

is Kynoch die eksklusiewe verspreider

van die wêreldwye en deeglik beproefde

Agrotain® stikstofstabiliseerders wat

stikstofvervlugtigingsverliese tot die

minimum beperk. Hierdie tegnologie word

onder die handelsnaam KynoPlus® verkoop.

‘n Volledige reeks plantvoedingstowwe

is beskikbaar om aan die verskillende

gewasse se behoeftes te voorsien. Ander

kunsmisroumateriale, -produkte en

verbeteraars word in ons produkaanbod

geïntegreer. Sover dit ons aangaan,

is daar geen wonderkuur nie, maar

langtermynsukses is die resultaat van die

somtotaal van alles wat ons doen.

Produsente word gediens deur ‘n gedugte

span verkoops- en landboukundige

personeel. Die Kynoch-span is opgewonde

oor die toekoms en sien daarna uit om

ons kliënte tot diens te wees en ‘n verskil

te maak. Praat gerus met een van ons

streeksbestuurders, verkoopspersoneel of

landboukundiges om meer uit te vind oor die

spesifieke produkte of voedingsprogramme

wat aan u spesifieke gewasse se behoeftes

kan voldoen.

Ons sien daarna uit om Verbeterde

doeltreffendheid deur innovasie in aksie

op u plaas te sien om sodoende waarde

tot u besigheid te voeg en moontlik die

winsposisie van u boerdery te verbeter.

‘n Voorspoedige seisoen saam met

Kynoch word u toegewens.

Eugene Muller

Besturende Direkteur

Kynoch – Voorwoord

A15202 Kynoch Success stories & articles AFR 3.indd 2

12/9/16 11:33 AM

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!