22.02.2017 Views

A15202 Kynoch Success stories & articles AFR PRINT

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Rehabilitasie van

Kiesbeen Padkamp

SUKSES-

STORIE

Dr. John Tolmay en Pontso Mokoena, Swinburne, Vrystaat

Die Kiesbeen Padkamp is naby die

N3 by Swinburne geleë. Na afloop

van die padbouprojek is die kamp

namens Gorogang Plant Hire

gerehabiliteer. As gevolg van die

erge droogte in die begin van die

somer, kon die projek, eers op

23 November 2015 begin.

Kunsmis-toedienings

Die EMP-dokument (Omgewingsbestuursplan)

het riglyne verskaf waarvolgens

die rehabilitasie moes plaasvind, maar

grondontledings van die terrein het aangedui

dat die grond relatief vrugbaar was en dat

min aanpassings nodig was (sien Tabel 1).

Produkte wat gebruik is, was MAP+Zn,

KynoPop®, Saffire en Pasture Oemff®.

MAP+Zn en KynoPop® is voor-saai toegedien

waarna die terrein met ‘n mengsel van

Eragrostis tef, kweekgras en Rhodesgras teen

10 kg/ha gesaai is en die area met ‘n swaar

roller gerol is.

Resultaat

Alhoewel dit weens hittegolwe in Desember

redelik droog gebly het, het grondvog

saailinge aan die lewe gehou tot einde

Desember, waarna die eerste goeie reën

geval het. Groei was stadig gedurende

hierdie tyd, maar teen 18 Januarie 2016

(Figuur 1) was daar wel ‘n bevredigende

grondbedekking.

Saffire is op 18 Januarie 2016 breedwerpig

uitgestrooi en saam met die reënval het dit

vinnige en sterk groei tot gevolg gehad, soos

gesien in Figuur 2, wat op 2 Februarie 2016

afgeneem is. Verdere goeie reën, voldoende

voeding en die afwesigheid van weidende

diere, het gehelp om ‘n uitstekende

aangeplante weiding te vestig, soos in

Figuur 3 (16 Maart 2016) gesien kan word.

Die blaarvoeding, Pasture Oemff®, is

op 16 Maart toegedien vir volgehoue

droëmateriaalproduksie en om saadvorming

te maksimaliseer. Hierdie “aangeplante

weiding” op die gerehabiliteerde grond was

vir die grondeienaar van onskatbare waarde

veral na die droogtetoestande wat vroeg in

die seisoen geheers het.

Figuur 4 dui die grondbedekking aan

nadat die materiaal afgesny en verwyder

is. Voldoende polle van die meerjarige

Rhodesgras en saad van die eenjarige grasse

het op die grond agtergebly om selfsaai vir

die volgende seisoen te verseker.

Gevolgtrekking

Hierdie suksesvolle rehabilitasieprojek is ‘n

bewys dat die beginsels van plantvoeding

baie wyer as net in gewasproduksie en

hortologie van toepassing is. Plantvoeding

moet altyd op inligting vanaf grondanalise

gebaseer wees. Om gewoon die vereiste van

die EMP te volg, kan tot oorbemesting lei wat

voedingstofbesoedeling en omgewingskade

tot gevolg kan hê.

Figuur 1: Grasbedekking op Kiesbeen

op 18 Januarie 2016.

Figuur 2: Grasbedekking op Kiesbeen

op 2 Februarie 2016.

Voedingstof EMP-vereiste Kynoch-voorstel

N 152 67

P 80 4.3

K 100 21

Ca 200 – 300 (bekalking) 15

Mg 60 – 130 (bekalking) 1.2

S 0 9

Zn 18 kg/ha 2.5

Mikro-elemente Onseker Soos geformuleer in KynoPop® en Pasture Oemff®

Tabel 1: Vergelyking tussen die EMP-vereiste en die Kynochprogram

wat op grondontledings gebaseer is.

Figuur 3: Grasbedekking op Kiesbeen

op 16 Maart 2016.

Figuur 4: Grasbedekking op Kiesbeen

nadat die gras op 7 Mei 2016 gebaal en

verwyder is.

16

Kynoch – Suksesstorie

A15202 Kynoch Success stories & articles AFR 3.indd 16

12/9/16 11:35 AM

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!