22.02.2017 Views

A15202 Kynoch Success stories & articles AFR PRINT

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

oordgeskiedenis opgebou kan word.

Die laaste drie jaar se ontledingsresultate

word gewoonlik gebruik om die nuwe

seisoen se bemestingsvoorstel te maak.

Hierdie inligting word dan saam met die

bemestingsgeskiedenis gebruik om die

effektiwiteit van bemesting te evalueer en

sodoende die beste bemestingsvoorstel te

maak om optimum opbrengs en kwaliteit

te bewerkstellig.

Bemestingsvoorstel

‘n Bemestingsvoorstel bestaan uit

die kombinasie van verskillende

bemestingsprodukte wat in die

regte volgorde gegee word. Hierdie

bemestingsprogramme oor die

groeiperiode van die sitrusboom wat

fosfaat (P), swael (S) en mikro elemente (Zn,

Mn, Cu, Fe, B, Mo) bevat, tree op as balans

voedingstowwe in die boom en dit is baie

belangrik dat hierdie voedingstowwe in

genoegsame hoeveelhede teenwoordig

moet wees sodat die boom maksimaal

bestuur kan word.

Stikstof (N) en kalium (K) word gebruik

om die boom se koolhidrate binne die

verskillende groeistadiums te manupileer.

Gedurende die vegetatiewe stadium

van die sitrusboom word stikstof bemes

om die boom vegetatief te laat groei om

sodoende die fotosinterende oppervlakte

te vergroot. Kalsium (Ca) speel ook ‘n baie

belangrike rol hier vir optimale seldeling

saam met magnesium (Mg) om chlorofielproduksie

(groen kleur) te verhoog.

Kalium (K) word tydens die vegetatiewe

groeistadium relatief laag gehou.

In die reproduktiewe stadium van die

boom waar die vrugte begin vorm, word

die stikstofbemesting laag en die kalium

bemesting baie hoog gehou. Fosfaat,

swael en mikro-elemente bly deurentyd

belangrik om te sorg dat die boom verder

gemanupileer kan word.

Indien daar te min voedingstowwe bemes

word vir die oes wat gedra word, sal die

boom van sy reserwes begin gebruik om

die oes te vergroot. Indien daar van hierdie

reserwes gebruik word is dit moontlik dat

‘n kleiner oes na so ‘n groot oes gerealiseer

kan word.

Opsomming

Sitrusoeste kan met behulp van

plantvoeding gemanipuleer word deur

die regte voedingstowwe op die regte tyd

en teen die regte hoeveelheid toe te dien.

Grondontledings, chlorofielmeterlesings

en blaarontledings is baie belangrike

hulpmiddels in sitrusbestuur.

Maak van kundiges

gebruik wat die

sitrusboom se fisiologie

verstaan en die nodige

kunsmisprodukkennis het

om die gewas tot finansiële

voordeel van die produsent

te bestuur.

Kynoch – Artikel 11

A15202 Kynoch Success stories & articles AFR 3.indd 11

12/9/16 11:35 AM

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!