18.11.2016 Views

2016 DRAFNUUS NOVEMBER finaal

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

MNR.GEYER AAN DIE WOORD

2

‘n LEEFWYSE

2017 - hier kom ons. Landloop gaan groot pret wees.

Nog ‘n jaar staan einde se kant toe. Ons is

sterker, beter en vinniger. Tog voel dit nie

so nie. Die energie ontbreek. Maar daar is ‘n gevoel van afwagting. Ek

sien daagliks hoe die Here Sy hand oor ons hou en ons seën. Dit is net

genade!

Ek sien hoe die seisoene verander en hoe die Here met julle werk.

Wat 'n voorreg om daardie pad saam met julle te kan stap. Niemand

weet wat die toekoms vir ons inhou nie maar NIEMAND is TOEVALLIG

by die oefengroep nie. Die Here het groot planne vir ons.

Kom ons help mekaar, tel mekaar op en stel 'n voorbeeld. Wees

gedissiplineerd in alle fasette van jou lewe. As ons nie in die klein

dingetjies toegewyd is nie, sal die groot dinge ons oorweldig. Jy neem

aan byeenkomste deel - SOOS jy oefen . Jy presteer akademies -

SOOS wat jy werk inoefen. HOE jy oefen - bepaal HOE jy sal leef

en uitdagings oorwin.

Sterte met die Novembereksamen. Bou voort op 2016 se sukses en

maak 2017 - ’n droomjaar! En onthou : VOLHARD MET SEKERHEID !

BREINBOELLIES

1] Wat kan reg rondom die wêreld reis terwyl hy in die hoek sit ?

2] Wat het 'n kop en stert maar geen liggaam nie ?

3] Wat word natter en natter terwyl dit droog maak ?

4] Wat het 'n oog maar kan nie sien nie ?

5] 6]

6 + 4 = 210

9 + 2 = 711

8 + 5 = 313

5 + 2 = 37

7 + 6 = 113

9 + 8 = 117

10 + 6 = 416

15 + 3 = 1218

?? + ?? = 123

PITKOS vir die SIEL

3

Ryker, ongelukkiger…?!

deur Stephan Joubert

“As ons wêreld so welvarend is, hoekom is ons dan nie gelukkig nie?” Dis ‘n

vraag wat ‘n filosoof iewers gevra het wat my steeds bybly. Hy sê ook dat

diegene wie se lewenstandaard toeneem se geluk nooit in dieselfde mate

toeneem nie.

G’n wonder nie dat ‘n meningspeiling wat deur die bekende Time Magazine ’n

paar jaar gelede oor geluk onderneem is bevind het slegs 17% mense loop oor

van geluk; 60% mense is soms gelukkig en die res is selde tot nooit gelukkig

nie. Wie weet, dalk is geluk toe nie dit waaroor die lewe gaan nie.

Innerlike vrede en tevredenheid is wat saak maak. Hierdie vrede, waarvan

Paulus in Filippense 4 praat, en wat die verstand en hart te bowe gaan, is nooit

afhanklik van jou omstandighede, emosies of besittings nie.

Jy hoef met ander woorde nie eers ’n middelklas inkomste te hê, of in

super-veilige omstandighede te bly voordat jy tevrede is nie. God se innerlike

vrede is presies wat dit sê - ’n innerlike vrede in die Here self. Dis om te weet

dat jou lewe in die hand van ‘n genadige Vader is, maak nie saak wat gebeur

nie.

Jou vrede is in Hom, nie in dinge nie.

GROETNIS - KELVIN VAN WYK

4

Dit is 2014 en die oefengroep is klein.

Landloop was maar net 'n woord in die

woordeboek. Ons maak gereed om aan'n AGN

liga deel te neem. Daar is genoeg atlete om in

my motor te pas maar tog reël ek die

Quantum. Een van die leerders wat opdaag is

Kelvin van Wyk.

Ek sien Kelvin nou en dan by die oefening. En

toe op ‘n dag verander alles. Kelvin mis nie

nie 'n oefening nie. Kelvin, wat 'n voorreg om jou af te rig. Jy het

nooit gekla nie, elke oefening was vir jou 'n uitdaging. Daar was

altyd tyd vir 'n grappie, al was jy hoe moeg. 'n Meer toegewyde

atleet was daar nie. Selfs die akademie en vriende moes soms

tweede viool speel. Ek moet bieg, ek was baie bekommerd toe die

skoner geslag baie van jou aandag vereis het!

Met jou skerp humorsin het jy my somtyds onkant gevang. Jou

lyftaal het my vertel dat jy my nou uitgevang het, maar jou optrede

was net dié van respek. Daar was dae van teleurstelling, maar jy

kon jou kop weer optel en weer begin. Jy het nooit opgegee nie. Al

was jy hoe moeg het jy altyd die ander atlete onvoorwaardelik

aangemoedig. Met Kelvin in my span was ek nie bang om enige reus

uit te daag nie. Ek het geweet ek staan nie alleen nie. Jy was daar.

As iemand die naam Kelvin noem kom die volgende dadelik in my

gemoed op: lojaal, vasbyter, nederig, sin vir humor, toegewyd, 'n

vriend, beginselvas en ‘n bondel energie. Moeg was nie deel van

Kelvin se woordeskat nie.

Kelvin, ons gaan jou mis. Net jou teenwoordigheid het al 'n verskil

gemaak. Jy was een van die atlete wat 'n impak op ons as afrigters

se lewens gemaak het en ons sal dit vir niks wil verruil nie. Ons

groet jou met 'n traan in die oog. Daar sal ALTYD vir jou 'n plek in

ons lewe wees.

VOLHARD MET SEKERHEID !

TONG IN DIE KIES....

5

GROETNIS - KYLA DA WAAL

6

Wie is hierdie blondekop wat elke middag

saam met die hekkie-atlete oefen? Sy hardloop

mos nie hekkies nie ? Miskien is ek verkeerd.

En dan sien ek haar ook op die netbalbaan. Dit

is 2014 en ek moet gaan afrig. Ai, daar is

vandag net een atleet, Gaan landloop wees soos

wat dit behoort te wees? Wat maak ek hier?

Dit is wat deur my gedagtes gegaan het. En

toe is KYLA daar. Ja, dis reg. Kyla de Waal.

Landloop sal nooit weer dieselfde wees nie. Hier is iemand wat 'n

perfeksionis is, 'n uitgesproke persoon. As sy eers aan jou kant is

kan die wêreld maar sy rug op jou draai, sy sal nie. Jy hoef nie te

vra of sy by die oefening is nie, jy WEET sy is by die oefening. So

'n persoonlikheid werk eenvoudig net nie met my persoonlikheid nie.

Hier kom konflik. Nee, hier kom OORLOG.

Dit is 2016 en die oorlog het nooit gekom nie. Daar is net vrede.

Kyla beskik oor die vermoë om my te lees, die situasie op te som en

'n besluit te maak. Ek wil nog iets sê - dan sê sy dit! Ek dink nog

aan iets - dan vertel Kyla vir almal wat ek dink. Hoe doen sy dit ?

Ek gee nie om nie. Kyla kry dit reg om van my 'n beter afrigter en

mens te maak. Met so 'n sprankelende en borrelende geaardheid is

die invloed wat Kyla op ons het, net positief.

Kyla is iemand wat haar doelwitte duidelik uitspel en niemand sal

haar sommer van rigting laat verander nie. Teleurstellings was daar

baie maar sy tel haar kop op, skud die stof af en tree aan om weer

te begin. Al is Kyla hoe moeg, sal sy my optel as ek teen die grond

is. Sonder 'n woord sal Kyla my so ‘n bietjie vorentoe druk totdat

ek weer beweeg. Dan volg sy weer. Dankie Kyla!

Kyla, jy het my toegelaat om jou met raad te bedien en vir jou om

te gee. Jy het ons gehelp om beter mense te wees. Jy het ‘n

nalatenskap verseker. Ek salueer jou. Jy sal vir altyd deel van ons

wees. Ons groet jou. VOLHARD MET SEKERHEID.

Me. M SWANEPOEL DEEL HAAR GEDAGTES

7

Overkruin Landloop uit ‘n buitestaander se oogpunt

Elke middag klokslag om drie

Vergader daar ‘n groep Ovies naby die snoepie

Mense staan en wonder ‘wie is hierdie unieke groep’

En dan hoor jy Mnr Geyer se stem roep

Wie anders kan dit wees as die Ovie Landloopspan

‘n Besonderse groep, gelei deur ‘n besonderse man

Die atlete is altyd gereed vir die uur wat op hul wag,

Almal staan en wonder, doen ons bulte, spoed of krag?

Dis duidelik dat stiptelikheid en toewyding prioriteit is,

En al is dit sonskyn, sneeu of reën,sal hul nooit ‘n oefening mis

Daar is altyd ‘n doelwit waarna hul mik

En pret en prestasie is vir hul ewe belangrik

In die groep is daar seuns en dogters,jonk en oud

En waar ookal hul gaan, pas hul mekaar op soos goud

Waar ‘n boetie en sussie saam kan kompeteer

En waar afrigters en leerders ewe veel by mekaar kan leer

Volhard met sekerheid is hul leuse

Om dit op hul lewens toe te pas is hul elkeen se keuse

By Overkruin Landloop kan jy altyd jouself wees, want JY MAAK SAAK

Hier is almal welkom om deel van die familie te raak.

2016 LANDLOOP VERSLAG

8

KWARTAAL 2 vs. KWARTAAL 3 LANDLOOPLIGAS

Kwartaal 1 - Indiwidueel, kwalifiseer vir provinsiale kleure.

Kwartaal 2 - Spanverband, skoleliga’s, finale proewe vir Provinsiaal, SA'S

WATERPUNTKOMPETISIE

Ovies was die wenners die afgelope 2 jaar, alle ouers kan betrokke raak.

Doelwit 2017 : om weer te wen

TOER na KZN (Durban-Noord). - (‘n Kort opsomming)

24 - 29 Junie 2016

9 x formele oefensessies + ontspanningsgeleenthede.

Fietsry + koffie ("Bike + Bean) was die trefferaktiwiteit

Mini - Olimpiese was die gewildste aandaktiwiteit.

Landloopbestuur vir die 2016/17 seisoen word aangekondig

OEFEN SESSIES (Vakansies uitgesluit) 73 uur

Bereken van 1 April tot 20 Augustus

Verwag om by 3 van 5 oefeninge per week uit te kom

Gemiddeld per atleet is 44 x oefensessies

Gemiddeld 17 x atlete per oefening (oefengroep bestaan uit 32 x)

PRESTASIEBALKIES tree in werking

9 x 4km tydtoets word gehou, AGN en Skoleliga uitgesluit

13 Atlete kwalifiseer vir hierdie toekennings

Goud - Moet provinsiale kleure kry

Silwer - Potensiaal vir provinsiale kleure

Maroen - Bo - gemiddelde prestasie

LANDLOOPHEMP

Amptelike landloophemp vir landloopbyeenkomste word gemaak. Reëls vir die dra

daarvan word deur atlete self bepaal en eerbiedig. Hierdie hemp vervang NIE die

Oviedrag nie. ( VOOR ) ( AGTER )

2016 LANDLOOP VERSLAG…. vervolg

9

LANDLOOPVLAG

Nuwe vlae word deur Mnr J Vermooten ontwerp en hy help met die vervaardiging

daarvan

WIT VLAG MAROON VLAG

LANDLOOPLIGAS

Ons neem aan 9 Liga’s in die loop van die jaar deel.

Die Ovies presteer en oortref die afgelope 10 jaar se resultate.

Die Juniordogters eindig algeheel 13de

Juniorseuns eindig algeheel 13 de en die

Seniorseuns behaal 'n algehele 11de plek. Welgedaan!

Seniormeisies : Daar was nie genoeg senior dogters om 'n span in te skryf nie

3 ATLETE VERWERF PROVINSIALE KLEURE (SA Kampioenskap was in George.)

Thato Yedwa (So.14), Carmen de Clerck (Do.15), Kyla de Waal (Junior Vroue)

Die verwagting vir 2016 was 5 atlete. Die doelwit vir 2017 is minstens 7 atlete.

DIE BESTE LANDLOOPATLETE gedurende die seisoen was :

Thato Yedwa (Junior seuns),

Carmen de Clerck (Junior dogters),

Kelvin van wyk (Senior seuns)

Kyla de Waal (Senior dogters)

Berekening word gedoen volgens die skoleliga uitslae.

DIE LANDLOOP AFSLUITING 2016 het by die “Big Bounce" (Menlyn Main) plaasgevind.

Die geleentheid was ‘n wenner en sal beslis weer volgende jaar plaasvind.

LANDLOOPKERSBOOM vind om 4 November 2016 plaas. Tydens hierdie geleentheid

groet ons, ons GR 12 Atlete nl Kelvin van Wyk en Kyla de Waal

ONS DOELWITTE VIR DIE TYDPERK 2017 – 2019

Deelname Noordvaal finaal (Slegs top 8 skole), 7 tot 10 Provinsiale atlete per jaar

Ons wil ook graag die atlete se lewensvaardighede en leierskappotensiaal ontwikkel.

Ons beplan ‘n TOER/OEFENKAMP gedurende 2017 (Gedurende die eerste week van

die Julievakansie) Kostes moet so laag as moontlik wees.

Ons wil ook ouerbetrokkenheid bevorder en versoek die ouers om, waar moontlik,

betrokke te raak.

Die 30 Jaar Reünie (1988 - 2017) vind op 1 April 2017 plaas.

10

LEWENSLESSE GELEER UIT SPORT

11

Vyf Lewenslesse wat uit sport geleer kan word:

1. Evalueer jou doelwitte

Die beste presteerders het die duidelikste en mees gefokusde doelwitte

en roosters. Doelassessering bestaan uit drie dele:

Skep 'n plan met duidelike roosters.

Voer die plan uit.

Re-evalueer en verbeter dit.

Enige plan kan in komponente verdeel en uitgevoer word deur gebruik te

maak van hierdie drie stappe. Memoriseer en gebruik dit.

Wanneer jy jou lewe in jou eie hande neem en verantwoordelikheid aanvaar

vir die goeie en die slegte, kan jy groot dinge bereik. Neem die

veranwoordelikheid vir jou vorige mislukkings en leer uit jou foute.

Dieselfde beginsels kan in jou eie lewe toegepas word. Bereik jou doelwitte

deur doelassessering en die neem van verantwoordelikheid vir elke stap op pad

daarheen.

Daar is altyd 'n honderd redes om iets nie te doen nie. Maar wat is jou redes

om voort te gaan? Konsentreer daarop en vind daarin jou innerlike krag. Jy sal

nooit sukses behaal voordat jy nie eers die moed bymekaargeskraap het om dit

te doen nie.

4.Werk as 'n span

Omring jouself met mense wat kan help om jou doelwitte te bereik - mense wat

jou respekteer en waardeer , mense wat opreg wil hê dat jy jou drome bereik.

Jou span is jou mees waardevolste bate. Vermy negatiewe praatjies en om mense

af te kraak. Respekteer mekaar en lê klem op mekaar se goeie eienskappe.

Pas hierdie beleid oral in jou lewe toe - by die huis, die skool of in jou sport.

5.Vind geestelike fokus

Terwyl jy werk op jou fisiese krag, moenie jou geestelike krag nalaat nie. Jy

moet jouself geestelik vir sukses voorberei. Wanneer jy gespanne voel, vind 'n

plek waar jy rustig en alleen kan wees. Neem 'n minuut om weer te fokus op

wat jy moet doen om jou doelwit te bereik. Jy sal daarna meer in beheer voel

en gereed vir enige uitdaging.

OEFENGROEP NAVORSING

12

WAT IS JOU MENING ? HIER IS DIE RESULTAAT

HARDLOOPSKOENE

54% kies Nike hardloopskoen, en 8% Asics, die res is ander tipes. Nike wen.

TOER

92% wil gaan toer, die res kan nie gaan nie. Dit lyk my ons gaan dalk toer.

En waarheen? Die meerderheid verkies KZN of die Drakensberge. Wie gaan

betaal ? Dit lyk my dat 98% bereid is om werkies te doen om die geld in te

samel. Wanneer? Die eerste week van die Julievakansie natuurlik!

OEFENPROGRAM

Die LEKKERSTE maar die HARDSTE oefening is natuurlik die aflos - oefeninge.

Harde oefeninge wat ons graag sou wou vermy maar nie kan nie, is die bulte en

spieruithou oefeninge. Jammer julle, dit is die groente van oefening. Ons moet

dit nog steeds doen. Sal ek op my eie kan oefen? Wel, 66% reken hulle sal kan,

maar ons moet ongelukkig seker maak almal oefen. Daar sal dus altyd

geskeduleerde oefeninge wees. 63% sê dat die oefenprogram ‘n verrassing

moet wees - dus iets om na uit te sien! Tot dan bly dit dus ‘n geheim!

DIE 4Km TYDTOETS

En wat van die 4km tydtoets..? 94% wil graag die tydtoets voorbereid aanpak.

Dit lyk my julle sal datums moet kry sodat julle reg is vir die volgende tydtoets.

TRADISIES

Almal is dit eens dat ons bestaande tradisies sin maak en so behoue moet bly.

Hier en daar was daar voorstelle vir bykomende tradisies. Praat met die

bestuur om julle saak te sterk.

Dankie aan almal wat aan hierdie navorsing deelgeneem het. Julle insette word

opreg waardeer.

13

14

BRIEWEBUS…...

Something Worth Doing :

Running feeds our bodies and minds and souls.

A Champion Is Not Made When He Succeeds

A champion is made when you look at the time spent

preparing

Just Keep Running

15

It's not so much that you begin to run, but that you continue.

BRIEWEBUS…...

16

17

DIT EN DAT...

18

Baie dankie aan al die ouers, besighede en

Overkruin wat bygedra het om 2016 vir ons

moontlik te maak. Ons is opreg dankbaar vir

elkeen se insette en waardeer dit opreg.

Graag vermeld ons die volgende persone en waar hulle 'n bydrae

gemaak het :

Mnr A Bierbaum - Toer, • Mnr M van Wyk - Toer

Overkruin Atletiekklub - Toer, • Mev P Pelser - Toer

Mnr J Vermooten - Ontwerp & Vervaardiging vlae

Mnr A Roux - Busvervoer

Adv. H Taljaart - Landloophemp,

Mnr D van Wyk - Landloophemp

Suntek - Landloophemp

Mev A Swanepoel - Kersboom

Overkruin - Toer, kersboom, Bounce, Drafnuus

Mnr C Viljoen - Bounce

Mev F Spreeth - Proeflees en ondersteuning.

Baie dankie aan al die ouers wat aangedui het dat hulle in 2017

by die onderskeie aktiwiteite gaan help.

1] - Seël (Brief) 2] - n Muntstuk 3] - Handoek

4] - 'n Naeld

5] - 5 + 4 = 9, 8 - 4 = 4 , 0 + 4 = 4

6] - Split the resulting number "123" into 2 parts - 1 and 23.

Those numbers will be 2 results. "1" will be result of "first

number minus second number". "23" will be result of "first

number plus second number".

So it's easy to see that those 2 numbers will be 12 and 11.

12 - 11 = 1

12 + 11 = 23

Write them together and you get 123.

WIE WAS HY ? - KEN ONS ATLETE

19

Dr. Kobus Schalekamp

Gebore in Potchefstroom en verhuis na

Pretoria saam met sy ouers in 1996

Hy was in Hoërskool Overkruin van 1998

tot 2000 en het onder andere in Atletiek

Gauteng Noord kleure gekry in die 400m

en 800m. Hy doen ook landloop as sport

en dien op die bestuur.

Hy was 'n topstudent in wiskunde onder

die hande van Juffrou Wilma Swanepoel.

Hy studeer as Chiropraktisyn aan die Universiteit van Johannesburg

en behaal sy graad in 2008

Hy word 'n Elite padfietsryer terwyl hy nog studeer het.

Hy is 'n chiropraktisyn vir die Suid-Afrikaanse Driekampspan na

Vancouver in 2008

Hy was Universiteit van Johannesburg se Chiropraktisyn vir 5 jaar

vir hul atletiekspan.

Hy is fiks en hardloop die Two Oceans Marathon (56Km) in sub 5

uur.

Hy begin werk as Chiropraktisyn in 2008. En begin sy eie praktyk in

dieselfde jaar. Hy spits hom toe op topatlete, babas en as

familie-chiropraktisyn. Hy kry in 2009 Noord Gauteng Kleure vir

baanfietsry en word opgeneem in

die Suid-Afrikaanse High

Performance groep 2010 en in

2013 in die SA "Shadow Squad"

by die Statebondspele. Hy is

getroud, het 2 kinders en is

versot op Harley

Davidsonmotorfietse

GATORADE - DIE VOLLE WAARHEID

20

Gatorade, die eerste sportdrankie, is al in 1965 uitgevind 'n mediese

span ontwikkel. Maar die gewildheid daarvan het eers in 1991 begin

toeneem

Vandag het Gatorade baie kompetisie. soos byvoorbeeld Powerade,

Game en Energade. Maar dink jy regtig jy het enige daarvan nodig om

jou oefensessie te verbeter? Ja, as jy langer as 60 minute oefen of dalk

'n baie intense oefening binne 'n kort periode doen. Indien jy egter 'n

gemaklike drafsessie het of strandkrieket speel, het jy nie een nodig

nie.

“Water bevat geen natrium nie. Die liggaam benodig dit om water

terug te hou en vloeistof na verskillende liggaamsdele, soos spiere en

bloed te vervoer." sê dieëtkundige Heidi Skolnik, wat beide die New

York Giants en die New York Knicks adviseer rakende gesonde eet- en

drinkgewoontes.

Dan natuurlik ook - water is nie so lekker soos sportdrankies nie.

"Vir harder of Ianger oefensessies is dit belangrik om genoeg vloeistof

tydens die sessie in te neem en geur help jou om meer te drink." sê

Skolnik.

Sy stel voor dat jy gereeld klein slukkies neem van hetsy water of

sportdrankies om hiponatremie te vermy. Dit is ’n seldsame toestand

wat tipies in langafstandatlete voorkom wat te veel water drink, sonder

om die nodige natrium in te neem.

Nog ʼn rede om groot slukke water te vermy’? Jy kan eintlik vloeistof

verloor. "Wanneer jy baie water drink, stuur die liggaam ’n sein na die

niere dat daar oortollige vloeistof in die bloed is. Die antidiuretiese

hormoon (vasopressien) word geblokkeer en lei daartoe dat jy

urineer."

Ten slotte. Skolnik beveel aan dat jy wegbly van bygevoegde kafeïen,

want as jy water gebruik vir hidrasie gaan die kafeïne presies die

teenoorgestelde effek in jou liggaam teweegbring.

Om uit te vind watter sportdrankies die beste is vir jou oefensessie,

moet jy die volgende in gedagte hou:

" Vir 'n oefensessie van 'n uur op medium tot hoe intensiteit, kyk vir 'n

sportdrankie wat voorsiening maak vir 13-19 gram koolhidrate per 237

ml, en ten minste 807110 mg natrium - en selfs meer vir ʼn langer

oefensessie of vir diegene wat baie sout in hul sweet verloor, " sê

Andrea Chernus, ʼn New York City geregistreerde dieetkundige.

WIE IS WIE?.... DIT IS DIE VRAAG.

21

SKOLE LIGAS UITSLAE SEUNS

22

SKOLE LIGAS UITSLAE DOGTERS

23

DIE LAASTE WOORD - Kelvin & Kyla

24

Landloop het 'n baie groot rol in my lewe gespeel die afgelope

paar jaar.Toe ek in graad 9 na Ovieland toe gekom het, het ek

besluit om landloop te doen. Die eerste 2 jaar wat ek landloop gedoen het

was ek nie baie gefokus nie en ek het nie baie oefeninge bygewoon nie. Ek

moet sê ek is tot vandag toe nog baie spyt daaroor. As ek daardie tyd

geweet het wat ek nou weet sou ek nooit enige oefeninge gemis het nie, want

soos wat ons wêreldklasafrigters vir ons al baie gesê het :" Maak seker jy

woon die oefeninge by terwyl jy kan en oefen so hard as moontlik, sodat jy

kan opmaak vir die dag wat jy dalk siek word of 'n dag nie kan oefen nie."

Landloop beteken letterlik die wêreld vir my. Landloop is meer as net 'n

sport. Dit is 'n leefwyse. Ek het 'n passie vir hardloop ontwikkel en ek

waardeer die voorreg om te kan hardloop. Ek sal elke geleentheid aangryp om

te kan hardloop want mens weet nooit wanneer is die dag wat jy nie meer

gaan kan nie!

Elke oefening wat ek bygewoon het was vir my ongelooflik lekker gewees.Ons

kon saam lag, grappe maak en ook dan natuurlik hard oefen. Ek het myself

geniet. Op die manier kon ons mekaar motiveer en help as dit swaar gaan. Dit

het ook baie vir my beteken! Ek sal nooit die tyd saam met julle vergeet nie!

En ek sal vir so lank as moontlik deel wil wees van die oefengroep al weet ek

nie wat die volgende paar jaar vir my inhou nie! Ek weet ek is op die regte

plek waar ek nou oefen. Daar is genoeg ondersteuning, omgee en ek het nie

gejok toe ek gesê het dat ons afrigters wêreldklas is nie! Ek glo en weet dat

ons afrigters, Mnr Geyer en Mej. Swanepoel die beste in hulle vermoë doen

om ons fiks te kry en om ons te help om ons drome te verwesenlik. Maar op

die einde van die dag lê die keuse by jouself! As jy jou beste gee en doen

wat ons afrigters vir jou sê, dan gaan jy die vrugte daarvan pluk en jy sal

sien jy gaan by jou doelwitte en drome uitkom!

Dit was vir my 'n voorreg gewees om julle Voorsitter te kan wees. Dankie vir

elkeen wat in my geglo het, vir my geluister het en ’n pad saam met my

gestap het. As trotse Ovie groet ek julle - Volhard met Sekerheid!

Wat beteken landloop vir my?

Dit klink seker snaaks om ‘n sportsoort wat byna net aanhoudende hardloop

teen ‘n vinnige pas, as ‘n persoon se “alles” te kan beskryf…. maar in my

geval is dit so….

Glo dit maar nou… of julle wil of nie. Ek was nie altyd so vinnig en suksesvol

in atletiek soos wat ek nou is nie. Op Laerskool was ek, jaar na jaar, die

meisie wat altyd die heel laaste plek in die 100 meter behaal het.

DIE LAASTE WOORD - Kyla (Vervolg)

25

Ek het nooit naby aan die A-span vir netbal, hokkie of enige ander sportsoort

gekom nie, want ek was doodeenvoudig net nie goed genoeg gewees nie.

Na vele probeerslae in al wat ‘n sport is, het ek in graad 6 besluit om die bul

by die horings te pak en landloop as ‘n ernstige sportsoort te begin oefen.

Ek het die berg - ‘om fiks te word’ - aangepak en soos gewoontlik heel agter

in die koor begin. Dit was eers na baie jare se harde oefening en nooit

“moed opgee nie”, wat ek darem bo uitgekom en my droom bereik het.

Om ‘n sukses van enige iets in die lewe te maak vereis dit deursettingsvermoë

en dit is iets wat niemand vir jou kan gee nie. Vir my het dit beteken om

amper elke dag van die jaar - insluitend vakansietye - te oefen, ongeag hoe

jy die dag voel; om altyd jou beste te gee, al kom jy laaste en om nooit

moed op te gee nie en deur te druk tot aan die einde…… want ek het geweet

dat ek iewers die vrugte sal pluk van my harde werk en deursettingsvermoë.

Landloop het my geleer om hard te werk vir dit wat ek wil hê. Dit kom beslis

nie met die eerste probeerslag nie en jy moet aanhou en aanhou probeer en

nog harder werk, maak nie saak wat jou omstandighede is nie. Landloop is nie

net vir my ‘n sportsoort nie, maar ook soos ‘n tweede tuiste. Deur die jare

het ek baie vriendskappe opgebou met kinders wat saam met my geoefen het

en wie se vriendskappe steeds baie na aan my hart is. Die oefening het vir

my ‘n ontsnapping geword van die daaglikse lewe, ‘n plek waar ek ontspanne is

en myself kon wees en doen waarvan ek so baie hou.

Maar dit alles sou nie moontlik gewees het sonder goeie afrigters nie. Dit

was mnr Geyer en juf Swanepoel se passie vir die sport, aanmoediging, omgee

en moeite wat my deur alles gedra en gehelp het… om aan te hou oefen en nie

moed op te gee nie. Mnr Geyer, wat dalk baie kwaai voorkom en niemand se

nonsens vat nie, het eintlik ‘n hart van goud en juf Swanapoel - aan die ander

kant - is nie net ‘n mooi gesiggie nie, maar ‘n suksesvolle dame waarna elke

meisie streef om te wees.

Sukses het nog nooit maklik gekom nie, maar waar daar ‘n wil is, is daar ‘n

weg ! Ek verseker julle vandag dat die tye van pyn en swaarkry beslis die

moeite werd is om eendag bo te kon uitkom. Vir my was dit beslis!

Met goeie afrigters aan jou sy, vriende vir ‘n leeftyd en ‘n bietjie talent wat

die Here jou gegee het, is enige iets moontlik.

Volhard met sekerheid - FOREVER!

KALENDER (Januarie - Junie)

26

Alle datums is ondehewig aan veranderings. Ons onderneem om die

veranderinge so gou dit beskikbaar is, deur te gee. Verandering van

datums sal d.m.v die REMIND toep AANGEKONDIG WORD.

JANUARIE

WOENSDAG 11 SKOOL OPEN LEERDERS

DINSDAG 17 INTERHUIS OVK 08:00 - 14:00

VRYDAG 20 BRITS ATLETIEK BRITS

VRYDAG 27 NOORDHEUWEL/ZWARTKOP NOORDHEUWEL

SATERDAG 28 KEN-MEKAAR OVERKRUIN

FEBRUARIE

VRYDAG 03 DIE WILGERS WORD NOG AANGEKONDIG

WOENSDAG 08 TOP 15 NOORDHEUWEL UNIV. JOH. (UJ)

VRYDAG 10 MIDSTREAM ATLETIEK MIDSTREAM

WOENSDAG 15 TUT TOP 10 PILDITCH

VRYDAG 17 GERRIT MARITZ GERRIT MARIZ

DONDERDAG 23 INTERHOËR ATLETIEK LC DE VILLIERS

MAART

SATERDAG 18 WATERPUNT, 3 IN 1 PADWEDLOOP MONTANAPARK

SATERDAG 25 HAZEL 8Km MENLOPARK MENLOPARK

VRYDAG 31 SKOLE SLUIT GEEN OEFENINGE

APRIL

SATERDAG 01 30 JAAR REUNIE 1988—2017 ONTHAALLOKAAL

DINSDAG 18 SKOLE OPEN

SATERDAG 23 8 KM ONTBYT “RUN” LYNNWOOD

MEI

SATERDAG 06 4/6/8KM LANDLOOP AGN LIGA 1

VRYDAG AAND 12 4/6/8KM LANDLOOP AANDWEDLOOP AGN LIGA 2

SATERDAG 20 4/6/8KM LANDLOOP AGN LIGA 3

JUNIE

SATERDAG 3 8KM LSD OEFEN, INTERPROVINSIAAL SKOOL, AGN

SATERDAG 11 8KM LSD OEFEN SKOOL

SATERDAG 18 8KM LSD ONTBYT KOLONADE RETAIL

VRYDAG 24 SKOOL SLUIT GEEN OEFENINGE

SATERDAG 25 GEEN OEFENINGE

MAANDAG 30 VAKANSIE OEFENPROGRAM / KAMP

VAKANSIE OEFENPROGRAM

27

DAG

VAKANSIE OEFENPROGRAM (Vanaf MAANDAG 21 NOVEMBER 2016)

OEFENINGE

01 5 x 1000m - 1000m Voluit, rus 6 min na elke 1000m, [Laerskool 3 x]

02 STEIL Bulte 7 x 50 sek, 7 x 40 sek, 7 x 30 sek. dryf hard op, drafpas vir 2 min na elke

bult af. Draf 2 km opwarm en 2 km af warm, [Laerskool 4 x]

03 7 x 600m @ tyd- Rus 2min na elke 600m, rus 7min na 4 x voltooi, [LS 4 x, rus na 2 x]

04 Snr seuns 6 km, res 4 km, [Laerskool 3 Km @ tyd]

05 Snr Seuns 6 x 400m, Res 4 x 400 @ tyd, rus goed na elke 400m, [LS 3 x 400m]

06 Spoed oefeninge – Sien bylaag

07 1 x 2000m + 3 x 400m - (Voluit), rus goed na elke lopie, [LS 1 x 1000m + 3 x 300m]

08 Geleidelike Bulte - 7 x 60sek, 7 x 50sek, 7 x 40sek drafpas 3min na elke bult terug,

Draf 2 km opwarm en 2km af warm [Laerskole 4 x ]

09 7 x 200m, doen 3 x, Almal voluit, rus 30 sek na elke, rus 7 min na elke stel [LS 4 x]

10 Snr seuns 10 km, res 8 km, onder 60min, mag nie stap nie [Laerskool 4 Km rustig]

11 Snr seuns 8 x 300m , res 6 x 300m, 300m = voluit, rus 2min na elk,

Rus 10 min halfpad [Laerskole 4 x]

12 Spoed oefeninge – Sien bylaag

13 Lamppale Piramide 1 x Lampaal - 8 x lamppale voluit, 8 x Lampale – 1 x lampaal

voluit Snr seuns 7 km, res 5 km. [Laerskole slegs 1 – 5 Lampale]

14 Afdraandes - Snr seuns 10 x 200m , res 7 x 200m, drafpas terug na beginpunt,

[Laerskole 5 x]

Draf 5 km elke middag rustig bykomend, warm elke dag goed OP en AF Voor elke oefeninge,

Doen ook Maag oefeninge en Opstote elke dag na afloop van die oefeninge.

MAAG OPSITTE + “CRUNCHES” - 10 sek oefen ,10 sek rus - doen vir 3 min. lank,

OPSTOTE 3 x 15

Behou asb. die volgorde van die oefeninge

Begin by oefening 1 en eindig by 14, begin weer by 1 en eindig by 14, dus 28 dae

Amptelike oefeninge by die skool begin op Maandag 26 DESEMBER 2016 08:00

SPEDOEFENINGE :

Doen gewone strek en opwarmings oefeninge

Doen die volgende oefeninge elk 3 keer met drafpas na elkeen. Na die derde een is

dit stappas voor die volgende oefeninge begin word

Deel die oefengebied op in 3 x 25m gebiede, Doen nou die volgende

1] Boudeskop 75m 2] Lae ritme 25m, Hoë ritme 25m, Lae ritme 25m

3] Wisselpas 75m 4] Hoë dryfaksie

5] Draf 25m, Voluit 25m, Draf 25m 6] Voluit 25m, Draf 25m, Voluit 25m

7] Spoedopbou 50m, 25m voluit 8] Spoedopbou 25m, 50m voluit

9] 150m voluit

28

GESEËNDE

CHRISTUSFEES.

MAG 2017 VOL

VREUGDE WEES.

Baie dankie vir elkeen se insette gedurende

die jaar. Ek en juffrou het dit raakgesien

en waardeer dit ongelooflik baie. Partykeer

mag dit voel asof 'n mens nêrens kom nie,

(VIDEO : KERSLIED)

maar intussen is die Here besig om jou sterk te maak

vir dit wat mag volg. Dit gebeur om 'n BETER lewe vir

ons te verseker. Geniet die vakansie en pak 2017 met

nuwe durf aan. ONS is almal wenners in God se oë -

ongeag die situasie-en onthou

ons leuse :

“VOLHARD MET SEKERHEID”

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!