23.03.2016 Views

OVIE DRAFNUUS APRIL 2016

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

AFWARMING ? REGTIG……….?

8

Hoekom is afwarming na ʼn intense aktiwiteit belangrik?

Die hoofdoel van afwarming is om die herstelproses te versnel en die liggaam weer

gereed te kry vir die volgende aktiwiteit. Tydens intense en strawwe oefeninge

gaan die spierstelsel deur 'n aantal stresvolle prosesse. Spiervesels, tendons en

ligamente word beskadig en afvalprodukte bou in jou liggaam op.

Deur om deeglik af te warm, verseker jy dat die herstelproses in jou liggaam

versnel. Die spierpyn/ongemak wat gewoonlik die opvolgende dag ervaar word, is

aansienlik minder indien ʼn afwarmingsprogram gevolg word.

Dit ongemak word veroorsaak deur oa:

Die spierweefsels ontwikkel mikroskeure. Hierdie mikroskeure veroorsaak

swelling van die spierweefsel wat op sy beurt druk op die senuwee-eindpunte

plaas en die gevolg is gewoonlik pyn.

Tydens die oefening pomp jou hart ʼn groot hoeveelheid bloed na die werkende

spiere. Hierdie bloed dra beide suurstof en voedingstowwe wat die werkende

spiere benodig. Wanneer die bloed hierdie spiere bereik, sal die betrokke

spiere die beskikbare suurstof en voedingstowwe opgebruik. Die krag van die

sametrekkende spiere forseer die bloed dan terug na die hart waar dit weer

suurstof ontvang.

Maar wanneer die oefening gestaak word, hou die spiere op om die bloed (nou

sonder suurstof) terug na die hart toe te forseer om weer suurstof te ontvang.

Hierdie bloed asook afvalprodukte soos melksuur, bly in die spiere, wat dan op sy

beurt swelling en pyn veroorsaak. Hierna word ook as "Blood Pooling” verwys.

Dus, om af te warm help om die sirkulasie van bloed te verseker, wat op sy beurt

help om “Blood Pooling” te voorkom en om afvalprodukte in die spiere te verwyder.

Die sirkulasie van die bloed verseker dus dat die suurstof en voedingstowwe wat

deur die spiere benodig word vir die vinnige herstel van spiere, tendons en

ligament bereik

Die vraag is : Hoe graag wil jy herstel na ʼn oefening / wedloop ?

DUS : Hoe vinniger jy herstel, hoe vinniger kan jy die volgende oefening / wedloop

aanpak en hoe vinniger kan jy jou persoonlike doelwitte bereik.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!