23.03.2016 Views

OVIE DRAFNUUS APRIL 2016

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

WAT HET GEWORD VAN ?

20

Wat het geword van……

HANRI VAN SCHALKWYK.

Hanri was een van die Ovie - staatmakers.

Hanri en ‘n sprakelatleet. Ons sal Hanri ook

onthou vir die vinnige tye wat sy in atletiek en

landloop kon opstel. Een van haar rekords wag

nog om gebreek te word! Op 15 Februarie 1999

hardloop sy die droom 4km in ’n tyd van 15min.

19.3sek. Selfs die seuns sukkel om hierdie tyd vir die 4km te hardloop!

Sy vertel die volgende: “Ek het die voorreg gehad om van graad 4 tot graad

12, deel te wees van die SA-Landloopspan. Dit was te danke aan mnr Rian

Geyer se oefenprogram. Terwyl ek hier oorsee is, dink ek baie terug aan al

die harde en lekker en kosbare tye van landloop.

Ek het na matriek eers vir twee jaar in Engeland gaan werk. Ek het

teruggekom en Somatologie gaan studeer. (Health and Beauty) Aan die einde

van my finale jaar, het ons hoof my ingeskryf vir ʼn groot kompetisie in

Vanderbijl, “Year of the Model” wat ek toe gewen het. Daarna het sy my

ingeskryf vir “Miss Million Dollar” by Sun City in November wat ek toe ook

gewen het asook “Miss Tourism, Model of the World” in Suid Afrika. Nadat

ek dit gewen het, het ek die ongelooflike voorreg gehad om Suid Afrika te

gaan verteenwoordig teen 79 ander lande. Een van die groot oomblikke in my

lewe was toe ek aan die einde hoor, “and the winner is. . . . South Africa”.

Daar het my lewe in ʼn ommeswaai verander en het my loopbaan as

internasionale model begin en kan julle glo, op 31 is ek steeds baie besig. Ek

reis die hele wereld vol: van SA tot lande soos Switzerland, Duitsland,

Frankryk, Griekeland, Turkye, Spanje, Guatemala, Colombia, Maldives en

Seychelles.

Een ding weet ek vandag, as dit nie vir landloop was nie, en natuurlik krag en

genade van ons Hemelse Vader nie sou ek nie soveel hoogtes kon bereik nie.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!