23.03.2016 Views

OVIE DRAFNUUS APRIL 2016

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

MNR.GEYER AAN DIE WOORD

2

Met die afloop van die

atletiekseisoen en die begin van

die landloopseisoen gee dit vir my kans om so bietjie oor

die verlede te besin en om aan die toekoms te dink.

Onwillekeurig dink ek aan die 21 x 200m’s, 7 x 300m’s,

10 x 400m’s, nuwe gr8-atlete, kenmekaar oefensessie en

die Interhoër. Sjoe, ek kan nie glo dat ons dit alles in

sowat 5 weke ingepas het nie! Dat ons dit kon vermag is die

bonus.

‘n

LEEFWYSE

Die kersie op die koek was dat die oefengroep met 'n 80%

sukseskoers kan spog. Dit wil sê 80% van die wat saam geoefen het,

het hul persoonlike beste tye tydens Interhoër verbeter. Dit wil gedoen word! Nou is

die standaard vir die volgende seisoen gestel om te verbeter, en hoekom nie?

Een wyse om te toets of die oefenprogram op standaard was, is om die volgende

evalering te maak: Hardloop die 800m, 1500m en 3000m in dieselfde byeenkoms en

probeer al 3 tye beter as jou vorige beste tyd te hardloop. Baie geluk aan Kelvin : hy

het die 800m onder 2 minute (1:59.9), 1500m in 4:16 en die 3000m in 10:02

gehardloop. Trevor het nie vir Kelvin teruggestaan nie en het ook in al 3 sy wedlope sy

persoonlike tye verbeter. En dan was daar Kyla met haar 3 silwer medaljes. Sonder

haar toewyding en veggees sou sy dit ook nie kon vermag nie. Baie geluk aan al die

Interhoër spanlede. Julle het die Ovies trots gemaak.

Ons seniors was ons rolmodelle. Nou is dit die juniors se beurt om in hulle voetspore te

volg. Wie gaan sy hand opsteek en hulle prestasies oortref ?

Die landloopseisoen het aangebreek, 'n volle twee kwartale lank. Gedurende kwartaal 2

neem ons aan die AGN-liga deel en volg dit op met die skoleliga wat in die derde

kwartaal plaasvind. Ons het hierdie jaar hoë verwagtinge van ons landloopspan. Ons

seuns en dogters het gedurende 2015 in die top 16 skolegroep geëindig. Die doelwit is

om hierdie jaar in die Top 10 te eindig. Die doelwit vir 2017 is om as een van die top 6

– 8 skole gekroon te word. Dit beteken dat ons 2019 een van die top 3 landloopskole in

Gauteng gaan wees. Met die nuwe landloop atlete, juniors en seniors, wat by ons

aangesluit het, gaan niemand ons keer nie.

Wat wag vir ons in die volgende twee kwartale? Oefenkamp, Toer, AGN ligas,

skoleligas, padwedlope, ontbytoefensessies, Ontspanningsessies en funksies. Moet ook

nie van die volgende uitgawe van die Drafnuus vergeet nie. Die landloopoefengroep het

van 'n volle 3 atlete per oefening (2014) tot 'n gemiddelde groep van 25 en meer

gegroei - uitgesluit die wat by ander wintersport betrokke is. Jy kan trots wees om te

kan sê dat jy deel is van 'n besonderse groep atlete. Ek wens elkeen sterkte toe vir

die uitdagende maar opwindende landloopseisoen wat voorlê. Sien julle by die oefening.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!