23.03.2016 Views

OVIE DRAFNUUS APRIL 2016

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

WIE IS : “Mattheus van die Bybel”

12

Ons hoor van die Bybelse tye, Holland, Pêrels of is dit nou Paarl ? Dan word daar gepraat

van Klerksdorp, Pretoria en in dieselfde asem die woord Knysna geopper. Sjoe, dit blyk

dat daar wêreldreisigers in ons midde is. ( ʼn Reis om die wêreld in 10 jaar.)

Twee vreemdelinge daag by die oefeninge op: een in graad 8 en een in graad 9. Wie is

hulle, waar kom hulle vandaan ? Nie van Wonderboom nie!

Ons verwys na Mattheus en Paarl de Beer. Twee sprankelende atlete, vol lewensvreugde

wat so 'n stukkie van hul lewensreis met ons deel.

As Mattheus homself voorstel, weet jy dadelik hy is die "Mattheus van die Bybel". Op 'n

stil manier sal Paarl (spreek dit uit soos jy dit spel) haarself voorstel. Haar oë blink en

praat met jou sonder dat sy 'n woord verder sê. Tog weet jy dadelik dat sy deel van die

"Familie" is.

Hul lewensreis begin hier in Pretoria, vandaar is hulle vir 5 jaar na Holland. Holland word

te klein vir die De Beer -gesin en hulle vestig hulself in Klerksdorp maar Knysna is die

eindbestemming.

Wie wil nou nie in Knysna bly nie ? Ons in Pretoria kan nie wag om daar te gaan vakansie

hou nie. Maar Pretoria is nou maar net "anders" en baie makliker om vriende te maak. So

is hulle deel van ons PRETORIA-groep.

Sport was nou maar nie een van Knysna se hoofaktiwiteit nie. Hier by Ovies is Landloop

deel van 'n Familie, 'n GROOT familie wat saam SWAARKRY met lekkerkry klaarkry.

Soos die meeste van die ander landloopfamilielede is akademie baie belangrik vir die

twee. Saam geniet hulle al die skoolaktiwiteite wat die Ovies hulle bied. Swem, tennis,

hokkie en natuurlik hardloop is deel van die twee se lewe.

Paarl en Mattheus ... Dit is 'n voorreg om julle as deel van ons landloopgroep te hê. Ons

glo dat julle nog 'n lang tyd saam met ons sal wees

voordat julle lewensreis julle terug na Knysna toe

neem.

Dit is PAARL en MATTHEUS

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!