23.03.2016 Views

OVIE DRAFNUUS APRIL 2016

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

MNR.GEYER AAN DIE WOORD

2

Met die afloop van die

atletiekseisoen en die begin van

die landloopseisoen gee dit vir my kans om so bietjie oor

die verlede te besin en om aan die toekoms te dink.

Onwillekeurig dink ek aan die 21 x 200m’s, 7 x 300m’s,

10 x 400m’s, nuwe gr8-atlete, kenmekaar oefensessie en

die Interhoër. Sjoe, ek kan nie glo dat ons dit alles in

sowat 5 weke ingepas het nie! Dat ons dit kon vermag is die

bonus.

‘n

LEEFWYSE

Die kersie op die koek was dat die oefengroep met 'n 80%

sukseskoers kan spog. Dit wil sê 80% van die wat saam geoefen het,

het hul persoonlike beste tye tydens Interhoër verbeter. Dit wil gedoen word! Nou is

die standaard vir die volgende seisoen gestel om te verbeter, en hoekom nie?

Een wyse om te toets of die oefenprogram op standaard was, is om die volgende

evalering te maak: Hardloop die 800m, 1500m en 3000m in dieselfde byeenkoms en

probeer al 3 tye beter as jou vorige beste tyd te hardloop. Baie geluk aan Kelvin : hy

het die 800m onder 2 minute (1:59.9), 1500m in 4:16 en die 3000m in 10:02

gehardloop. Trevor het nie vir Kelvin teruggestaan nie en het ook in al 3 sy wedlope sy

persoonlike tye verbeter. En dan was daar Kyla met haar 3 silwer medaljes. Sonder

haar toewyding en veggees sou sy dit ook nie kon vermag nie. Baie geluk aan al die

Interhoër spanlede. Julle het die Ovies trots gemaak.

Ons seniors was ons rolmodelle. Nou is dit die juniors se beurt om in hulle voetspore te

volg. Wie gaan sy hand opsteek en hulle prestasies oortref ?

Die landloopseisoen het aangebreek, 'n volle twee kwartale lank. Gedurende kwartaal 2

neem ons aan die AGN-liga deel en volg dit op met die skoleliga wat in die derde

kwartaal plaasvind. Ons het hierdie jaar hoë verwagtinge van ons landloopspan. Ons

seuns en dogters het gedurende 2015 in die top 16 skolegroep geëindig. Die doelwit is

om hierdie jaar in die Top 10 te eindig. Die doelwit vir 2017 is om as een van die top 6

– 8 skole gekroon te word. Dit beteken dat ons 2019 een van die top 3 landloopskole in

Gauteng gaan wees. Met die nuwe landloop atlete, juniors en seniors, wat by ons

aangesluit het, gaan niemand ons keer nie.

Wat wag vir ons in die volgende twee kwartale? Oefenkamp, Toer, AGN ligas,

skoleligas, padwedlope, ontbytoefensessies, Ontspanningsessies en funksies. Moet ook

nie van die volgende uitgawe van die Drafnuus vergeet nie. Die landloopoefengroep het

van 'n volle 3 atlete per oefening (2014) tot 'n gemiddelde groep van 25 en meer

gegroei - uitgesluit die wat by ander wintersport betrokke is. Jy kan trots wees om te

kan sê dat jy deel is van 'n besonderse groep atlete. Ek wens elkeen sterkte toe vir

die uitdagende maar opwindende landloopseisoen wat voorlê. Sien julle by die oefening.

PITKOS vir die SIEL

3

Langpad is die regte pad

deur Stephan Joubert

Ons soek graag die kortste pad as ons iewers heen moet ry. Maar die

kortste pad is nie aldag die beste pad nie. Dalk het jy dit ook al

agtergekom as jy net op jou GPS-aanwysings moet staatmaak. Partykeer is

die langste pad die beste een. Wag, soms is dit die enigste regte pad. Vra

vir Jesus. Sy pad aarde toe was die langste en verste reis ooit in die

heelal. Ook die heel duurste! Die prys was hemelhoog- Jesus se eie lewe

was op die spel! Sy lewe is wat sy aardse reis Hom sou kos. Nogtans het

Hy gekom. Die rede? Biljoene mense se lewens was op die altaar - vir

ewig! Almal op aarde was op die verkeerde pad . Die doderyk was ons

almal se voorland, asook ’n lewe hier en nou sonder God. Jesus wou dit

beter hê. Sy Vader se kosbare handewerke kon nie vir ewig in die

verdoemenis eindig nie. Toe besluit Hy om hierdie lang en gevaarlike reis

aarde toe aan te pak om ’n einde aan die werke van die duisternis te

bring. God se verlore eiendom moes gesoek en gevind word.

Jesus se koms aarde toe is die grootste reis wat ooit wat in geskiedenis

van die aarde plaasgevind het. Die feit dat die Seun van God bereid was

om sy voetspore hier tussen ons agter te laat, en sy bloed te laat drup by

’n houtkruis net buitekant Jerusalem, is die grootste enkele bewys dat God

vir ons ‘n beter toekoms beoog het. Ons is in die visier van die hemel. Jy

en ek is die rede dat Jesus die kloof tussen hemel en aarde oorgesteek

het. Sy nederige aardse reis is die gevolg van sy eindelose liefde vir ons.

Nee, Hy wou nie maar net nog ’n profeet stuur om ons terug te roep na

God toe nie. Hy moes hierdie keer self kom. Sy kruis moes die enigste

nuwe brug terug na God vorm. Sy leë graf moes die bewys wees dat God

oor en voor met ons almal begin.

Terwyl jy op jou eie kronkelende lewenspaaie stap, moet jy asseblief vir ’n

oomblik tot stilstand kom en jouself daaraan herinner wat dit Jesus gekos

het om hier op aarde te kom loop. O ja, en om ook raak te sien dat Hy

steeds vandag nog bereid is om tussen ons te loop. Immers, sy laaste

aardse woorde voor sy terugkeer na God was dat Hy by ons is al die dae,

tot aan die einde (Matteus 28:20). Goeie nuus, of hoe!

TONG IN DIE KIES....

4

13 FEITE OOR HARDLOOP

5

Dis is nou Landloopseisoen en mag die volgende 13 feite jou inspireer om jou

hardloopskoene aan te trek. Of minstens daaroor na te dink ...

Feit # 1

Selfs al is jy 'n super-stadige drawwer, sal jy ten minste 10 kalorieë per minuut

tydens die drafsessie verbrand. Dit beteken dat jy 'n halwe blok van Lindt Donker

Sjokolade afloop in minder as 23 minute sal “afloop”!

Feit # 2

Die rekord vir die meeste marathons op agtereenvolgende dae gehardloop is 365! 'n

Belgiese atleet, Stefaan Engels ook bekend as die "Marathon Man", stel die rekord

in 2011 op. Hy was toe 49 jaar oud!

Feit # 3

Atlete geklee in rooi is meer geneig om te wen as atlete wat in ander kleure geklee

is.

Feit # 4

Die vinnigste myl (ongeveer. 1,6km) ooit gehardloop was deur 'n Marokkaan, Hitcham

El Guerrouj in 'n tyd van 3:43.3 (1999)

Feit # 5

Die vinnigste myl vir 'n vrou is deur Rusland se Svetlana Masterkova opgestel. Haar

tyd was 4:12.56

Feit # 6

'n Gemiddelde persoon het genoeg energie in sy gestoorde vetreserwes om vir 3 dae

teen 24km/h te hardloop. (+- 2.3min per km) Moet dit asseblief nie probeer nie !!

Feit # 7

Die oudste persoon wat 'n marathon (42,2km) voltooi het is in 1911 gebore. Hy was

100 jaar oud. Hy is 'n Indiër met die naam Fauja Singh. En raai wat? Fauja het

eers op 89 begin hardloop. Dit is nooit te laat is!

Feit # 8

Vroue was tot 1972 nie toegelaat om aan die Boston-marathon deel te neem nie.

Maar dit het nie die vroue gekeer nie. In 1966 het Roberta Gibbs agter 'n bos

weggekruip om daar weg te spring en het wedloop voltooi in 'n "nie-amptelike" tyd van

3:21:25! Sy was die eerste vrou wat die wedloop voltooi het.

Feit # 9

Meer as 1 miljard pare hardloopskoene word elke jaar wêreldwyd verkoop

Feit # 10

12 van die wêreld se top-20 langafstandatlete is lede van die Kalenjin-stam, Noordwes

van Kenia.

Feit # 11

Fisies aktiewe mense het 'n 60 % kleiner risiko om Alzheimers te kry bo die van

onaktiewe persone (The Lancet Neurology - Swede)

Feit # 12

Om te kan hardloop is daar 26 bene, 33 gewrigte, 112 ligamente en 'n netwerk van

senuwees, tendons en bloedvate wat moet saamwerk.!

Feit # 13

In 'n onlangse studie is daar gevind dat die meeste hardlopers nie sonder piesangs

wedlope kan aanpak nie.!

WAT IS LANDLOOP ?

6

Landloop is 'n sportsoort waarin spanne en individue aan 'n wedloop

in die opelug deelneem. Die wedlooproetes vind gewoonlik op 'n

natuurlike terrein plaas. Die wedlooproetes, gewoonlik tussen

4 – 12km lank, vind op oppervlaktes van gras, bosbou en oop velde

plaas. Hierdie roetes sluit gewoonlik heuwels , grasvlaktes en soms

’n grondpad in.

Landloop is beide 'n individuele en spansport. Hardlopers word

beoordeel volgens hulle individuele tye en spanne se punte word

volgens hul finale plek bereken. Beide mans en vroue van alle

ouderdomme neem aan landloop deel en dit vind gedurende herfs en

winter plaas. Landloop kan in alle weersomstandighede beoefen word.

( Reën , ysreën ,reën, sneeu, hael en wisselende temperature. )

Overkruin Landloopvereniging bied verskeie prestasietoekennings.

Hierdie toekennings is om erkenning te gee aan die atlete wat gedurende

die seisoen vordering toon. 'n Standaard 4 km afstand word

as standaardafstand gebruik. Hierdie roetes moes amptelik deur die

skool se afrigters met die hulp van 'n "GPS" bevestig word en kan

slegs gedurende 'n amptelike oefensessie of, wedloop gebruik word

vir die bepaling van die atleet se tyd.

Die volgende tye word as aansporing gebruik :

KLEUR SEUNS DOGTERS VERWYSING

Goud < 14min:30sek

LEKKER VERJAAR

7

BAIE GELUK AL DIE VERJAARSDAG

MAATS, MAG 2016 EN DIE JAAR WAT

VOLG NET VOL VREUGDE WEES.

2002/01/03 BROODRYK Kyla

1998/01/14 MAHLATJE Trevor

2002/01/18 STRYDOM Bianca

2002/01/19 DEMPERS Wilhelm

2002/01/20 SMIT Dane

2002/01/21 VAN DER VYVER TINIEKE

2001/01/27 VORSTER Lize

2001/01/27 VORSTER Anze

2002/02/04 PRINSLOO Miquette

2006/02/12 SCHOOMBIE Gordon

1999/02/20 NEL Charmain

2002/02/20 OTTO Julian

2002/02/22 ROUX Jessica

2001/02/25 DU BRUTO Dries

2003/02/28 NEL Anze

2002/03/06 YEDWA Thato

2002/03/07 ERASMUS Ryno

2002/03/19 KOEKEMOER GJ

2000/03/19 ODENDAAL Stefani

2002/03/24 MAMAKOKO Tshimologo

2002/03/28 DE BEER Paarl

1998/04/01 DE WAAL Kyla

2002/04/05 HITCHINSON Megan

2002/04/06 VILJOEN Ilani

2001/04/09 PELZER Mekaela

2000/04/11 VAN DER MERWE Waldo

2000/04/11 VAN DER MERWE Johan

2002/04/18 FERREIRA Fernando

2001/04/18 SCHOEMAN Maryke

1999/04/28 DEGENAAR DIAN

2002/04/29 LOUBSER Mia-Leigh

AFWARMING ? REGTIG……….?

8

Hoekom is afwarming na ʼn intense aktiwiteit belangrik?

Die hoofdoel van afwarming is om die herstelproses te versnel en die liggaam weer

gereed te kry vir die volgende aktiwiteit. Tydens intense en strawwe oefeninge

gaan die spierstelsel deur 'n aantal stresvolle prosesse. Spiervesels, tendons en

ligamente word beskadig en afvalprodukte bou in jou liggaam op.

Deur om deeglik af te warm, verseker jy dat die herstelproses in jou liggaam

versnel. Die spierpyn/ongemak wat gewoonlik die opvolgende dag ervaar word, is

aansienlik minder indien ʼn afwarmingsprogram gevolg word.

Dit ongemak word veroorsaak deur oa:

Die spierweefsels ontwikkel mikroskeure. Hierdie mikroskeure veroorsaak

swelling van die spierweefsel wat op sy beurt druk op die senuwee-eindpunte

plaas en die gevolg is gewoonlik pyn.

Tydens die oefening pomp jou hart ʼn groot hoeveelheid bloed na die werkende

spiere. Hierdie bloed dra beide suurstof en voedingstowwe wat die werkende

spiere benodig. Wanneer die bloed hierdie spiere bereik, sal die betrokke

spiere die beskikbare suurstof en voedingstowwe opgebruik. Die krag van die

sametrekkende spiere forseer die bloed dan terug na die hart waar dit weer

suurstof ontvang.

Maar wanneer die oefening gestaak word, hou die spiere op om die bloed (nou

sonder suurstof) terug na die hart toe te forseer om weer suurstof te ontvang.

Hierdie bloed asook afvalprodukte soos melksuur, bly in die spiere, wat dan op sy

beurt swelling en pyn veroorsaak. Hierna word ook as "Blood Pooling” verwys.

Dus, om af te warm help om die sirkulasie van bloed te verseker, wat op sy beurt

help om “Blood Pooling” te voorkom en om afvalprodukte in die spiere te verwyder.

Die sirkulasie van die bloed verseker dus dat die suurstof en voedingstowwe wat

deur die spiere benodig word vir die vinnige herstel van spiere, tendons en

ligament bereik

Die vraag is : Hoe graag wil jy herstel na ʼn oefening / wedloop ?

DUS : Hoe vinniger jy herstel, hoe vinniger kan jy die volgende oefening / wedloop

aanpak en hoe vinniger kan jy jou persoonlike doelwitte bereik.

STREKOEFENINGE...

9

Aan my liefste ATLETE

10

HOE HARDLOOP MY LEWE VERANDER HET……….

I run because I can. Because when I do, there's always the chance to be

extraordinary. A chance to start unknown and to finish unforgettable. A

chance to overcome all obstacles, to fight through pain and suffering to test

your emotional limits and boundaries, to

experiment with the

potential of the human body and discover just how far you can push yourself.

And a chance to feel like a completely

different person, a person who inspires

others, and who they strive to be

Hoekom hardloop ? Hoekom elke dag?

Hoekom in die vakansie? Hoekom so ver?

Mense wonder graag hoekom ons

hardloop… Kom ek vertel julle waar my

liefde vir hardloop begin het…

Op skool het ek ‘n stewige 102 kg geweeg

en saam met my gewigs probleme het ‘n

magdom ander moeilikheid gekom...

Insluitend hartkwale en rugprobleme saam

met al die tienernukke en -grille

In graad 9 was my rugprobleme gevorder tot op ‘n punt dat ek ‘n massiewe

rugoperasie moes ondergaan en ek sou vir die res van my lewe slegs

wateroefeninge kon doen. Ek moes dringend ‘n besluit neem: of

wateraërobies of ek maak ‘n drastiese lewensverandering.

Ek wou met my hele hart begin oefen, maar het nog nooit aan enige sport

deelgeneem nie. SO wat nou, hoe en waar? My pa sê eendag vir my… “gaan

draf, enige iemand kan”. My eerste poging was 35 min om 2.5 km te stap.

(loop). Maar toe ek daar klaar was en ek het uiteindelik herstel het, het ek

‘n interessante gevoel van vervulling in my hart gehad. Ek het iets bereik wat

ek nooit gedink het ek kan nie. Ek het elke dag weer gaan stap en elke week

bietjie verder, elke dag was ‘n geleentheid om beter, verder en vinniger as

gister te wees. Na 2 jaar was my rug en gewigsprobleem iets van die

verlede en ek was ‘n nuwe mens.

If you run, you are a runner. It doesn't matter how fast or how

far. It doesn't matter if today is your first day or if you've been

running for twenty years. There is no test to pass, no license to

Earn, no membership card to get. YOU JUST RUN.

‘n BIETJIE WISKUNDE

11

IF :

A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z

IS EQUAL TO :

1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13 14 15 16 17 18 19 20 21 22

23 24 25 26

Then,:

KNOWLEDGE is equal to

11+14+15+23+12+5+4+7+5 = 96 % Only

And

HARDWORK is equal to

8+1+18+4+23+15+18+11 = 98% only

But,

ATTITUDE is equal to

1+20+20+9+20+21+4+5 =100 %

Stof tot nadenke !

WIE IS : “Mattheus van die Bybel”

12

Ons hoor van die Bybelse tye, Holland, Pêrels of is dit nou Paarl ? Dan word daar gepraat

van Klerksdorp, Pretoria en in dieselfde asem die woord Knysna geopper. Sjoe, dit blyk

dat daar wêreldreisigers in ons midde is. ( ʼn Reis om die wêreld in 10 jaar.)

Twee vreemdelinge daag by die oefeninge op: een in graad 8 en een in graad 9. Wie is

hulle, waar kom hulle vandaan ? Nie van Wonderboom nie!

Ons verwys na Mattheus en Paarl de Beer. Twee sprankelende atlete, vol lewensvreugde

wat so 'n stukkie van hul lewensreis met ons deel.

As Mattheus homself voorstel, weet jy dadelik hy is die "Mattheus van die Bybel". Op 'n

stil manier sal Paarl (spreek dit uit soos jy dit spel) haarself voorstel. Haar oë blink en

praat met jou sonder dat sy 'n woord verder sê. Tog weet jy dadelik dat sy deel van die

"Familie" is.

Hul lewensreis begin hier in Pretoria, vandaar is hulle vir 5 jaar na Holland. Holland word

te klein vir die De Beer -gesin en hulle vestig hulself in Klerksdorp maar Knysna is die

eindbestemming.

Wie wil nou nie in Knysna bly nie ? Ons in Pretoria kan nie wag om daar te gaan vakansie

hou nie. Maar Pretoria is nou maar net "anders" en baie makliker om vriende te maak. So

is hulle deel van ons PRETORIA-groep.

Sport was nou maar nie een van Knysna se hoofaktiwiteit nie. Hier by Ovies is Landloop

deel van 'n Familie, 'n GROOT familie wat saam SWAARKRY met lekkerkry klaarkry.

Soos die meeste van die ander landloopfamilielede is akademie baie belangrik vir die

twee. Saam geniet hulle al die skoolaktiwiteite wat die Ovies hulle bied. Swem, tennis,

hokkie en natuurlik hardloop is deel van die twee se lewe.

Paarl en Mattheus ... Dit is 'n voorreg om julle as deel van ons landloopgroep te hê. Ons

glo dat julle nog 'n lang tyd saam met ons sal wees

voordat julle lewensreis julle terug na Knysna toe

neem.

Dit is PAARL en MATTHEUS

HET JY GEWEET ?

13

COMRADES MARATHON : Het jy geweet?

Die 2016 Comrades Marathon vind op 29 Mei 2016 plaas. Hierdie jaar is die wedloop van

Pietermaritzburg na Durban.

Die eerste Comrades is op 24 Mei 1921 op Statebonddag gehardloop. 34 hardlopers het

van Pietermaritzburg se stadsaal na Durban gehardloop. Die wedloop is gehou om die

kamaradie wat tussen die soldate wat in die Groot Oorlog geveg het, te gedenk.

Vic Clapham het hom onverpoos beywer om van die Comrades 'n sukses te maak. Hy

wou 'n lewende gedenkteken ter gedagtenis aan die "comrades" wat in die oorlog gely

het, daarstel.

Die Comrades is op grondpaaie gehardloop en atlete moes deur talle plaashekkies

hardloop en oor minstens een stroom hul pad vind.

Die uiteindelike wenner was Bill Rowan in 'n tyd van 8:59. Die stadigste wentyd ooit. 15

atlete het die wedloop voltooi.

In die eerste padwedlope is die afsnytyd op 12 uur gestel.

verkort. Dit was vir 70 jaar die standaard.

Later is dit na 11 uur

In 2000 toe die 75ste wedloop gehardloop is, is die afsnytyd na 12 uur verleng. Dit het

tot gevolg gehad dat 24 500 deelnemers weggespring het waarvan 20 024 die wedloop

voltooi het.

In 2001 en 2002 is die tyd na 11 uur ingekort, maar vanaf 2003 is dit weer na 12 uur verleng.

Die volgende medaljes word tydens die Comrades toegeken:

Goud:

Wally Hayward:

Silwer:

Bill Rowan

Brons:

Vic Clapham:

Eerste 10 mans en eerste 10 dames

11de plek en almal vinniger as 6 ure

Hardlopers vinniger as 7 uur 30 min

Hardlopers tussen 7 uur 30 min en 9 uur

Hardlopers tussen 9 uur en 11 uur

Hardlopers tussen 11 uur en 12 uur

Rug aan Rug : Beginners wat die “OP” en “AF” wedloop in 2 opeenvolgende jare na

mekaar voltooi het

MANS AF Leonid Shvetsov Rusland 2007 5:20:49

OP Leonid Shvetsov Rusland 2008 5:24:49

VROUE AF Frith van der Merwe RSA 1989 5:54:43

OP Elena Nurgalieva Rusland 2006 6:09:23

Die eerste prysgeld is in 1995 betaal - R90 000. In 2016 is die prysgeld R1 700 000

Die volgende rekords geld huidig:

Bruce Fordyce het die Comrades 9 keer gewen.

Barry Holland en Louis Massyn het die wedloop reeds 43 keer voltooi

Hoewel Pietermaritzburg na Durban as 'n afwedloop bekendstaan, is net meer as 30 km

van die 89 km opdraend.

14

15

ATLETIEK : 800m tye

16

BESTE VAN NAAM 2016 BRITS ZK DrMAL MS WI ISKOLE

02:57.2 BROODRYK Kyla 02:57.2 03:08.8 03:05.6 03:07.9 02:59.8 02:57.2 03:01.7

03:15.8 PAWROZWIK Francelle 03:15.8 03:29.3 ------ 03:15.8 03:22.8 ------ ------

02:53.3 PRINSLOO Miquette 02:53.3 03:06.4 03:12.2 ------ 02:56.6 02:53.7 02:53.3

03:26.2 SMIT Dane 03:26.2 ------ 03:26.2 ------ ------ ------ ------

03:05.2 VILJOEN Anja 03:05.2 03:09.9 03:26.2 03:05.2 03:06.9 ------ ------

02:53.6 COETZEE Micarli 02:54.4 ------ 02:54.4 02:59.8 Versk ------ ------

02:46.3 DE CLERQUE Carmen 02:46.3 02:46.3 ------ ------ ------ ------ ------

03:07.2 MAKUA Mercy 02:56.3 ------ 03:09.1 03:13.7 ------ 02:58.1 02:56.3

02:52.3 PELZER Mekaela 02:52.3 03:06.2 ------ 03:02.7 03:01.7 02:53.1 02:52.3

02:39.7 SCHOEMAN Maryke 02:40.5 02:42.4 Beseer Beseer 02:45.8 02:44.6 02:40.5

02:45.4 TSELANA Annie 02:45.4 03:08.8 02:50.8 02:57.7 02:46.9 02:45.6 02:45.4

03:01.3 VORSTER Lize 03:01.3 03:11.2 ------ ------ 03:16.6 03:01.3 03:05.8

03:13.5 VORSTER Anze 03:13.5 ------ 03:13.5 ------ 03:15.1 ------ ------

02:35.3 ODENDAAL Stefani 02:35.9 02:54.7 02:43.9 02:50.1 02:46.3 ------- 02:35.9

03:31.9 NEL Charmain 03:31.9 ------ ------ 03:37.9 03:39.2 ------- 03:31.9

03:34.3 BRINK Megan 03:34.3 ------ ------ 03:34.3 ------ 03:36.7 ------

02:30.9 DE WAAL Kyla 02:27.2 Siek 02:36.4 ------ 02:36.1 02:33.7 02:27.2

02:47.2 DEMPERS Wilhelm 02:47.2 ------ 02:47.2 02:54.5 02:47.8 ------ ------

02:32.2 FERREIRA Fernando 02:32.2 ------ ------ 02:39.9 02:32.2 02:32.2 ------

02:49.9 GREYLING Braam 02:49.9 02:51.7 02:49.9 ------ ------ ------ ------

02:19.1 KOEKEMOER GJ 02:19.1 02:37.9 02:25.9 02:29.9 ------ 02:19.1 02:29.8

02:29.3 OTTO Julian 02:29.3 02:39.2 02:37.8 02:33.7 02:29.3 02:29.3 02:36.1

02:28.3 YEDWO Thato 02:28.3 ------ ------ 02:47.8 02:37.9 02:32.6 02:28.3

02:28.7 DE BRUTO Dries 02:28.7 02:29.2 02:32.7 ------ 02:28.7 ------ ------

02:18.7 DU PLESSIS Edward 02:12.5 02:29.3 02:28.7 02:20.7 02:21.1 02:17.9 02:12.5

02:27.2 FABER Martin 02:25.8 02:33.9 02:34.3 ------ 02:25.8 ------ ------

02:30.5 VUMA Tsutsumani 02:30.5 02:42.4 02:40.7 02:30.5 ------ ------ ------

02:27.4 DAVEL Wian 02:41.9 ------ ------ 02:45.7 02:41.9 ------ ------

02:27.5 DE BEER Matteus 02:27.5 02:39.2 02:34.9 02:33.9 02:28.2 02:27.5 02:28.4

02:43.1 SMITH Estewan 02:43.1 ------ 03:17.4 02:47.5 02:43.1 ------ ------

02:25.5 VAN DER VYFER Daniel 02:16.7 ------ ------ ------ ------ 02:17.8 02:16.7

02:15.2 DEGENAAR Dian 02:14.2 ------ ------ ------ 02:20.9 ------ 02:14.2

02:33.1 PIENNAAR Zander 02:33.1 02:59.1 02:47.8 02:47.8 02:40.4 ------ 02:33.1

02:53.2 SANDERS Reinhardt 02:53.2 02:53.2 ------ 02:57.9 ------ ------ ------

02:14.5 BEUKES Dihan 02:14.5 02:20.5 02:15.2 02:18.6 02:14.9 02:14.5 ------

02:10.3 MAHLATJE Trevor 02:08.6 02:15.1 02:12.1 ------ 02:14.3 ------ 02:08.6

01:59.9 VAN WYK Kelvin 01:59.9 02:11.8 02:03.4 02:06.5 02:00.5 02:02.5 01:59.9

ATLETIEK : 1500m tye

17

BESTE VAN NAAM 2016 BRITS ZK DrMAL MS WI ISKOLE

06:00.3 BROODRYK Kyla 06:00.3 06:38.8 06:31.0 06:24.6 06:14.9 06:12.3 06:00.3

07:15.8 PAWROZWIK Francelle 07:15.8 ------ ------ 07:15.8 ------ ------ ------

06:18.1 PRINSLOO Miquette 06:18.1 06:26.9 06:27.1 ------ 06:18.1 ------ ------

07:14.8 SMIT Dane 07:14.8 07:16.3 07:14.8 ------ ------ ------ ------

06:12.1 VILJOEN Anja 06:12.1 06:41.8 06:34.9 06:35.7 06:18.7 06:12.1 06:13.2

05:53.9 COETZEE Micarli 05:45.7 05:56.5 05:55.3 06:01.6 05:45.7 06:05.3 05:48.9

05:29.3 DE CLERQ Carmen 05:29.3 05:36.7 05:36.4 ------ ------ 05:29.3 05:36.1

06:03.5 MAKUA Mercy 06:03.5 06:11.2 06:19.6 06:11.2 06:03.5 06:11.4 06:06.1

06:16.6 PELZER Mekaela 06:03.6 06:23.3 06:20.9 ------ 06:16.3 06:09.6 06:03.6

06:16.4 TSELANA Annie 06:16.4 06:28.3 06:18.9 06:20.6 06:16.4 ------ ------

06:40.9 VORSTER Anze 06:36.1 xxx 06:52.7 06:53.1 07:00.5 06:44.5 06:36.1

06:37.8 VORSTER Lize 06:27.7 06:47.1 06:49.9 06:53.1 07:03.9 ------ 06:27.7

06:14.3 ODENDAAL Stefani 06:05.3 ------ ------ ------- ------- 06:05.3 ------

07:34.3 BRINK Megan 07:34.3 ------ ------ 07:59.9 ------ ------ 07:34.3

06:08.8 DE KOCK Elrise 06:14.3 ------ ------ ------ 06:28.9 ------ 06:14.3

05:50.0 DE WAAL Kyla 05:50.0 ------ ------ 05:50.0 ------ ------ ------

05:48.3 GREYLING Braam 05:48.3 06:15.5 05:48.3 ------ ------ ------ ------

05:20.9 KOEKEMOER GJ 05:20.9 ------ ------ ------ ------ 05:20.9 ------

05:04.8 MAMAKOKO Tshimalogo 05:04.8 ------ 05:29.2 ------ 05:23.5 05:12.6 05:04.8

05:18.9 OTTO Julian 05:18.9 ------ 05:20.2 05:30.2 ------ ------ 05:18.9

VAN DER

05:51.6 Juan 05:51.6 ------ ------ ------ 05:51.6 ------ ------

WESTHUIZEN

05:30.7 YEDWA Thato 05:30.7 ------ 05:35.5 05:35.9 05:30.7 ------ ------

05:19.7 DE BRUTO Dries 04:59.5 05:23.1 05:29.4 05:24.8 05:19.5 ------ 04:59.5

05:07.6 DU PLESSIS Edward 04:47.4 05:23.1 05:34.5 05:15.9 05:24.5 05:04.7 04:47.4

05:36.1 KURTZ Adriaan 05:54.6 05:54.6 05:59.9 ------ ------ ------ ------

05:38.8 VUMA Tsutsumani 05:38.8 05:49.6 05:38.8 ------ ------ ------ ------

04:52.1 DE BEER Matteus 04:52.1 05:23.8 05:25.6 05:28.4 05:09.7 05:00.0 04:52.1

06:03.3 SMIT Estewan 06:03.3 06:03.3 06:29.6 ------ ------ ------ ------

04:57.6 VAN DER MERWE Michal 06:14.1 Beseer Beseer 06:14.1 06:18.5 ------ ------

04:57.6 VAN DER VYFER Daniel 04:43.9 ------ ------ 05:11.2 05:03.5 04:52.9 04:43.9

04:50.0 DEGENAAR Dian 05:37.9 ------ 05:37.9 Beseer ------ ------ ------

04:40.8 JOUBERT Jay jay 04:42.5 04:57.2 04:57.1 04:59.1 04:47.6 04:43.1 04:42.5

04:44.9 KENNY Orion 04:44.9 04:57.4 04:55.1 Beseer Beseer 04:45.3 04:44.9

05:18.2 MASHIBO Mipho 05:18.2 05:35.3 05:27.2 05:18.2 ------ ------ ------

05:27.0 VAN DER MERWE Johan 05:53.2 ------ ------ ------ 05:53.2 ------ ------

04:32.3 MAHLATJE Trevor 04:27.6 04:43.8 04:46.9 04:44.7 04:43.4 04:44.7 04:27.6

04:27.4 VAN WYK Kelvin 04:16.5 04:39.6 04:53.6 ------ 04:38.4 04:32.9 04:16.5

ATLETIEK : 3000m tye

18

BESTE VAN NAAM 2016 BRITS ZK DrMAL MS WI ISKOLE

14:57.1 BRINK Megan 14:57.1 ------ ------ ------ ------ 14:57.1 17:22.6

12:51.4 COETZEE Micarli 12:51.4 12:53.3 12:56.9 13:05.7 ------ 12:58.6 12:51.4

12:15.1 DE CLERQ Carmen 12:15.1 ------ 12:36.7 ------ ------ 12:15.1 12:24.9

13:07.4 MAKAU Mercy 13:07.4 13:37.8 ------ ------ 13:07.4 ------ ------

16:23.1 MARAIS Sky 16:23.1 ------ ------ ------ ------ ------ 16:23.1

16:30.6 ODENDAAL Stefani 16:30.6 16:30.6 ------ ------ ------ ------ ------

13:17.7 PELZER Mekaela 13:17.7 ------ 13:34.6 13:17.7 ------ ------ ------

14:35.7 VORSTER Lize 14:35.7 ------ 14:35.7 15:35.6 ------ ------ ------

15:35.6 VORSTER Anze 15:35.6 16:30.6 ------ 15:35.6 ------ ------ ------

11:18.2 DE BRUTO Dries 11:18.2 ------ ------ 12:24.7 ------ 11:18.2 ------

11:05.8 KENNEDY ORION 11:05.8 XXX 11:18.6 12:42.2 ------ ------ 11:05.8

10:26.9 MAHLATJE Trevor 10:12.9 11:34.7 ------- 10:34.1 11:30.4 10:39.1 10:12.9

13:02.7 MASHIBO Mpho 13:02.7 ------ ------ 13:02.7 ------ ------ ------

11:36.7 VAN DER MERWE Johan 12:41.9 ------ ------ ------ 12:41.9 ------ ------

11:12.3 VAN DER VYVER Daniel 10:57.6 Beseer Beseer ------ 10:57.6 ------ 11:00.0

12:41.8

VAN DER

WESTHUIZEN

Juan 12:41.8 ------ ------ ------ 12:41.8 ------ ------

10:02.9 VAN WYK Kelvin 10:02.9 ------ ------ 10:25.0 10:15.8 ------ 10:02.9

11:30.4 YEDWA Thato 11:30.4 ------ ------ ------ 11:30.4 11:42.9 ------

DIE SKAAKSPEL

19

SPELERS VAN DIE SKAAKBORD

Mengelmoes van stryders op die veld –

Torings, Biskoppe en Pionne.

Konings en Koninginne

Elkeen wil sy mag laat geld…

"Oorwin die Koning! Wen die stryd"

Die opdrag klop in stydersoor.

Perde spring, Biskoppe skuins na voor,

Almal in wedloop teen die tyd...

Skote klap, pistole vuur.

Pionne tree na voor, Perde skiet weg.

Koningin wat wagtend oor die slagveld tuur,

In reguit lyn sal die Torings veg…

Koningin is dapper en vol lof,

Perde en Pionne fel neer.

Torings verval in gryse stof,

Biskoppe tree terug, sonder verweer…

Die stryd is byna verby

Die wenstreep wink, die witvlag waai

Aanvalle word op die Vors gelaai

Vyandkoning val, die stryd is verby…

En jy, Atleet, wie is jy?

Bang Pion, springend Perd of Biskop,

Wankelende Toring met fondament van klei,

Koning sterk, met mag en wil in die hand?

Sterkte Koning, of slagoffer

Van lang, eindelose stryd –

Staan op, Jy! Oorwin die Pion

Jy is koning, Jy het oorwin!!

Geskryf vir die Landloop deur

Herma Schalekamp (2001)

WAT HET GEWORD VAN ?

20

Wat het geword van……

HANRI VAN SCHALKWYK.

Hanri was een van die Ovie - staatmakers.

Hanri en ‘n sprakelatleet. Ons sal Hanri ook

onthou vir die vinnige tye wat sy in atletiek en

landloop kon opstel. Een van haar rekords wag

nog om gebreek te word! Op 15 Februarie 1999

hardloop sy die droom 4km in ’n tyd van 15min.

19.3sek. Selfs die seuns sukkel om hierdie tyd vir die 4km te hardloop!

Sy vertel die volgende: “Ek het die voorreg gehad om van graad 4 tot graad

12, deel te wees van die SA-Landloopspan. Dit was te danke aan mnr Rian

Geyer se oefenprogram. Terwyl ek hier oorsee is, dink ek baie terug aan al

die harde en lekker en kosbare tye van landloop.

Ek het na matriek eers vir twee jaar in Engeland gaan werk. Ek het

teruggekom en Somatologie gaan studeer. (Health and Beauty) Aan die einde

van my finale jaar, het ons hoof my ingeskryf vir ʼn groot kompetisie in

Vanderbijl, “Year of the Model” wat ek toe gewen het. Daarna het sy my

ingeskryf vir “Miss Million Dollar” by Sun City in November wat ek toe ook

gewen het asook “Miss Tourism, Model of the World” in Suid Afrika. Nadat

ek dit gewen het, het ek die ongelooflike voorreg gehad om Suid Afrika te

gaan verteenwoordig teen 79 ander lande. Een van die groot oomblikke in my

lewe was toe ek aan die einde hoor, “and the winner is. . . . South Africa”.

Daar het my lewe in ʼn ommeswaai verander en het my loopbaan as

internasionale model begin en kan julle glo, op 31 is ek steeds baie besig. Ek

reis die hele wereld vol: van SA tot lande soos Switzerland, Duitsland,

Frankryk, Griekeland, Turkye, Spanje, Guatemala, Colombia, Maldives en

Seychelles.

Een ding weet ek vandag, as dit nie vir landloop was nie, en natuurlik krag en

genade van ons Hemelse Vader nie sou ek nie soveel hoogtes kon bereik nie.

WAT HET GEWORD VAN ?

21

Landloop het my geleer, wat

deursettingsvermoë is. Niks kom vanself

nie maar gaan met harde werk gepaard.

As jy bereid is om hard te werk en op

te offer, gaan jy beslis die vrugte van

jou harde werk pluk .

Landloop het my geleer, om in moeilike

omstandighede te oorleef en om te

aanvaar dat mens nie net altyd kan

wen nie, maar ook moet kan verloor.

Wen is nie noodwendig om die eerste

plek te behaal nie maar as jy jou eie

tyd kan verbeter en jy jou beste gegee

het, is jy ook ʼn wenner.

Landloop het my geleer wat uithouvermoë is. As ek soms so baie vlieg of lang

ure werk en altyd op my beste moet lyk, (al voel ek nie altyd so nie), sê ek

net vir myself, ek is tot alles in staat deur Christus wat my Krag gee.

Landloop het my geleer, om tyd te maak vir oefen. Nie omdat my beroep dit

van my eis nie, maar omdat ek glo ’n gesonde liggaam huisves ʼn gesonde

gees “

Onthou altyd . . . . .

# Wees doelgerig. Stel vir jouself ʼn doelwit en moenie ophou voor jy dit

bereik het nie.

# Dit is nie die “wil” om te wen wat saak maak nie, dit het ons almal. Dit

is die “wil” om voor te berei vir daardie wen, wat saak maak.

# Ken Doherty sê: “The five S’s of sports training are: Stamina, Speed,

Strength, Skill and Spirit, but the greatest of these, is Spirit!”

Hanri van Schalkwyk

HET JY GEWEET ?

22

Calvin Coolidge

Gedagtes vir oorweging

Niks in die wêreld kan die plek van VOLHARDING inneem nie.

TALENT : Niks is meer algemeen as ‘n onsuksesvolle persone met hope talent nie.

OPLEIDING is nie alles nie : Die wêreld is vol opgeleide mislukkings.

VOLHARDING en VASBeradenheid maak die mens alvermoënd.

Lirieke Raai:

Hoe goed ken jy jou mede landlopers? Elkeen van die volgende QR kodes

bevat ‘n liedjie wat een van jou maats se gunsteling liedjies is. Kan jy al

die lirieke raai?

Gewilde hardloopskoene gebruik tydens die Twee Oseane Marathon (56km) :

Asics 4 329 30

Nike 4 198 29

New Balance 2 110 15

Adidas 1 882 13

Reebok 689 5

Brooks 236 2

Sancony 162 1

Puma 59 1

Ander 562 4

14 227 100

PROGRAM: (Maart tot Junie 2016)

23

IF IT DOESN’T CHALLENGE YOU, IT DOESN’T CHANGE YOU !

MAART

SATERDAG 12 PADWEDLOOP HARTBEESPOORTDAM

VRYDAG 18 SKOLE SLUIT GEEN VAKANSIEOEFENINGE

SATERDAG 19 WATERPUNT, 3 IN 1 PADWEDLOOP MONTANAPARK

APRIL

DINSDAG 05 SKOLE OPEN

VRYDAG 08 LANDLOOP DERBY vs MONTANA MONTANA - VERPLIGTEND

WOENSDAG 13 4 KM TYDTOETS VERPLIGTING

SATERDAG 16 AGN LIGA 1 (4/6/8KM LANDLOOP) BRONKHORSTSPRUIT

SATERDAG 23 8 KM LYNNWOOD

MEI

MAANDAG 02 5/10KM PADWEDLOOP ZWARKOP, VERPLIGTEND

VRYDAG 06 AGN LIGA 2 (4/6/8KM LANDLOOP) TUT HOOFKAMPUS (AAND)

WOENSDAG 11 4KM TYDTOETS VERPLIGTEND

SATERDAG 21 AGN LIGA 3 (4/6/8KM LANDLOOP) KILNER PARK

JUNIE

SATERDAG 4 8KM LSD OEFEN SKOOL

SATERDAG 11 8KM LSD + INTERPROVINSIAAL SKOOL + MIDDELBURG

SATERDAG 18 8KM LSD ONTBYT KOLONADE RETAIL

VRYDAG 24 SKOOL SLUIT GEEN OEFENINGE

SATERDAG 25 GEEN OEFENINGE

MAANDAG 29 VAKANSIE OEFENPROGRAM BEGIN

OEFENTYE :

15:00 - 16:00

OEFENDAE :

Maandae tot Donderdae

Vrydae direk na skool tot 14:45

PLEK :

Saterdae volgens die program.

Aantreeblad

KONTAK :

012—567 5115,

sport@overkruin.com

REMIND APP kode : lloop

KEN—MEKAAR

24

30 JANUARIE 2016

Hoe leer jy mekaar ken terwyl jy oefen ? Is dit moontlik ? Wel, ons het dit reggekry.

Teen ongeveer 08:00 daag ‘n klomp vreemdelinge by die oefening op. Wat gaan

nou gebeur ? Wat gaan ons met onsself aanvang ? Eers word almal in twee groepe

verdeel. Kelvin en Kyla is die onderskeie groepleiers.

PAVILJOEN

Gou vergader die groepe om 'n kreet en naam te bepaal. Die twee groepe is beide

baie kreatief. Gebruik die volgende “URL” om die video te sien :

https://youtu.be/yjcDLcQ0rn0

Twee roetes, onbekend aan die lede word gevolg, mnr Geyer vergesel die een groep

en mej. Swanepoel draf saam met die ander groep. Al die nuwe lede moes 'n

veiligheidsfrokkie aantrek en elke groep ontvang 'n vlag wat saam met hulle gedra

moet word.

ROETE 1.

ʼn Totaal van 3km heen en weer volg ons die agterpaaie van Zambesi tot ons onsself

by Sinoville Corner bevind. Is ons hier vir inkopies ? NEEEEE…. Of JAAAAA…… 'n Onverwagte

verrassing, roomys. Die moeilike gedeelte is om daarmee te draf want

ons het beperkte tyd om weer terug te wees by die skool. Beide groepe moes almal

se name, Laerskool en verjaarsdae leer ken terwyl daar gedraf word.

ATLETIEKVELD

Terug by die skool wag die volgende vir die twee groepe : Landloopnaam en

Wisselsprong oefeninge.

Na die “speeltyd” is beide groepe is weer op die pad vir die volgende 3 km roete.

ROETE 2

Hier draf ons die pad na die parkie in Ray straat, Annlin. By die parkie gekom moes

almal 5 keer swaai en 5 keer die glyplank aandurf. Na die pret is ons eers op die

rondomtalie voordat ons die pad terug skool toe kafdraf

Terug by die skool kry beide groepe 'n lappie aarde van 60 x 60 cm om in te staan.

Dis reg ja, almal in die groep moes in die klein stukkie aarde staanplek kry. Binne 'n

paar minute is ons suksesvol met die poging.

KOELDRANK

Om af te koel is ons vinnig personeelkamer toe waar die yskoue Oros en smulhappies

op ons wag. Toe ons weer sien was die 10:30 en met 'n swaar hart is almal huis

toe.

25

BRIEWEBUS…...

26

BRIEWEBUS…...

27

28

Om ‘n fout te begaan is

net ‘n bewys dat jy wel

PROBEER het !

VIDEO : HALLELUJAH

https://goo.gl/1aRgLE

Dankie vir ‘n suksesvolle atletiekseisoen. Ons het ons gesamentlike

doelwit van 80% Persoonlike Beste (PB) tye behaal. Dit was nie

maklik nie maar die vreugde van sukses is onbeskryflik groot. Geniet

hierdie ruskansie, spandeer kwaliteit tyd saam met die familie

en kom uitgerus, met nuwe durf terug na die skoolvakansie terug.

……. Geseënde paastyd!!!!

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!