13.07.2015 Views

Februarie - Kleuters

Februarie - Kleuters

Februarie - Kleuters

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Uitgawe 22 <strong>Februarie</strong> 2013Lekkerbekkie.TVse gratis e-tydskrif vir ouers en kleutersInhoud<strong>Februarie</strong> TV-gids ...................................................................... 1ArtikelsHierdie oulike mamma kan boer ook!............................................ 4Ilse van der Linde: “Ek onthou my ma” .................................... 6“Potty-training Tips” ................................................................. 10Vir die kleingoedStorietyd: Prinses Mientjie verdwaal ....................................... 2Kleur in .................................................................................... 3Maak dit self: Valentynsdag-geskenkie .................................... 5Ons kykers: Lekkerbekkie van die maand ............................... 7Ons kykers: Ontmoet ons jongste agent .................................. 7Ons kykers: Oulike foto’s ......................................................... 8EkstraNuut in ons winkel: Speurder Morris Muis 3 ............................. 9Verbind die kolle....................................................................... 10Storieklub-vorm ....................................................................... 11Model: Regan Truter Foto: Sharon TruterDis die maand van die liefde!<strong>Februarie</strong>LekkerbekkiesEn in hierdie uitgawe van Lekkerbekkie vier ons meer as een aspek van die liefde. Ons gesels metmamma en boer, Rianie Oelofse, oor die plaas en die boerbokke wat haar so na aan die hart lê.Een van ons lesers, Ilse van der Linde, dink met liefde en dankbaarheid terug aan haar eie ma, enherinner ons daaraan hoe kosbaar die tyd saam met ons geliefdes is. Ons maak spesiale geskenkiesvir Valentynsdag, en vertel meer oor een van ons mees geliefde karaktertjies, Speurder Morris Muis, wathierdie maand weer in ‘n paar splinternuwe stories op CD verskyn.En wat het ek op die hart oor die liefde? Net dat ek alle mammas en pappas daarbuite wil aanmoedig omdaai ding te gaan soek wat jou hart laat sing, en om dit te doen. Die lewe is kort. Te kort om nie daaraandeel te neem nie. Die dinge wat ons liefhet, is die dinge wat ons vól maak en ons inspireer, sodat onsweer kan huis toe gaan en ons kinders kan inspireer. Want my wens vir my eie kinders, en vir alle kindersoral, is dat hulle nie sal ophou soek tot hulle weet wat dit is wat hulle lewendig maak nie. En dis netdeur ons voorbeeld dat ons ons kinders kan toestemming gee om hulle drome uit te leef. Net as óns ditdoen, dan sal hulle ook. “The heart loves what the heart loves. And the heart will never be satisfied withanother.” Lank lewe die liefde!bl.7<strong>Februarie</strong>TV Gidsbl.1ArtikelGroete uit die kantoorAnna EmmLekkerbekkie is GRATIS! Stuur ‘n epos na lekkerbekkie@annaemm.co.za en ontvang elke maand ‘n nuwe uitgawe.© Anna Emm Productions 2013bl.4


Lekkerbekkie TVTV-gidsNuut!Kyk Die Land van TakopLekkerbekkie.TV!<strong>Februarie</strong>Vanaf Januarie 2013sal daar 7 verskillendestrome op Lekkerbekkie.TV speel - een vir elkedag van die week.Elke dag se episodesword herhaal vir 24 uurlank. Ons beplan ommaandeliks ‘n nuwereeks by te voeg omdie strome uit te brei.Al hierdie storiesis gratiste sien bywww.lekkerbekkie.tvMaandagLekkerbekkie MuisLekkerbekkie se nuwe huisProfessor PomBek die grootpraterStorietydJakkals en die kraaiSussie en JakobBaie en minDie Land van TakTwee sussiesOeps-e-DaisiesEpisode 5DinsdagLekkerbekkie MuisLekkerbekkie en die diereProfessor PomKleinjan maak ‘n planStorietydSalome SpinnekopSussie en JakobOud en jonkDie Land van Tak‘n LugballonOeps-e-DaisiesEpisode 6WoensdagLekkerbekkie MuisLekkerbekkie verjaarProfessor PomLinks en Regs verdwaalStorietydDie koning se nuwe klereSussie en JakobGroot en kleinDie Land van TakDaar’s ‘n boelieOeps-e-DaisiesEpisode 7DonderdagVrydagSaterdagSondagLekkerbekkie MuisLekkerbekkie se skoeneLekkerbekkie MuisLekkerbekkie en die windLekkerbekkie MuisLekkerbekkie gaan kuierLekkerbekkie MuisLekkerbekkie se maatjiesProfessor PomPetunia kry verkoueProfessor PomBek en die kompetisieProfessor PomDingetjie raak wegProfessor PomWat is fout met Prof Pom?StorietydStadsmuis en veldmuisStorietydTrompie die olifantjieStorietydDie leeu en die muisStorietydZander se boomhuisSussie en JakobVer en nabySussie en JakobLeeg en volSussie en JakobLank en kortSussie en JakobHard en sagDie Land van TakDie varkieDie Land van TakSnaakse geluideDie Land van TakVyftien ballonneDie Land van TakDie burgemeesterOeps-e-DaisiesEpisode 1Oeps-e-DaisiesEpisode 2Oeps-e-DaisiesEpisode 3Oeps-e-DaisiesEpisode 4Wat is Lekkerbekkie.TV?Lekkerbekkie.TV is ‘n gratisinternet tv-kanaal vir Afrikaansekinders. Ons probeerom ‘n groot verskeidenheidkinderstories daagliks uitte saai na kinders regoordie wêreld. Op die oomblikis daar 42 episodes tesien op Lekkerbekkie.TV.Die episodes is in 7 stromeverdeel wat roteer sodatdaar elke dag nuwe episodesvan jou kind se gunstelingprogram te sien is.Ons wil graag maandeliksnuwe episodes en reekse byvoeg,en beoog om teen middel2013 sewe verskillendestrome uit te saai sodat daarelke dag van die week ‘n anderstroom te sien is.Kyk Lekkerbekkie.TV bywww.lekkerbekkie.tvWaar kom die stories vandaan?Lekkerbekkie.TV is ‘n produkvan Anna Emm Productions(sien www.AnnaEmm.co.za), ‘nproduksiemaatskappy wat deurskrywer Anna Emm gestig isin 2004 met die doel om goeiekwaliteit kinderstories te vervaardig.Die afgelope 8 jaar hetAnna Emm Productions meeras 800 nuwe stories op CD enDVD vervaardig en versprei.Wat maak die stories so uniek?Al die stories op Lekkerbekkie.TV is spesiaal geskryf en vervaardigvir kinders wat in diehedendaagse wêreld grootwordtussen selfone, rekenaars,werkende mammas en pappas,en al die wrede realiteite watons elke dag in die media sien.Die taal is kindervriendelik enmodern, die temas vol verbeeldingen humor, en daar is geenplek vir towenaars en drakeen hekse in ons stories nie!Anna Emm het ‘n unieke slagmet kinders, en haar stories iswerklik “verslawend”. Sy het dievermoë om hulle aandag tot bydie laaste woord vas te vang, endeur haar karakters en gebeurevir kinders hulle onskuld terugte gee. Dis “skoon” stories watdie verbeelding aanwakker,woordeskat uitbrei, inspireer,en kindermagies vol skoenlappersmaak!Hoe kyk ek Lekkerbekkie.TV?Lekkerbekkie.TV is ‘n internetstroom,wat beteken jy kan ditop enigiets kyk wat ‘n internet-konneksiehet. Alhoeweldie kwaliteit goed is, probeerons om die “grootte” van dieepisodes so laag moontlik tehou dat dit vinnig en makliklaai op rekenaars, selfone,en “tablets”. Lekkerbekkie.TVgratis en beskikbaar 24 uurper dag.Lekkerbekkie is GRATIS! Stuur ‘n epos na lekkerbekkie@annaemm.co.za en ontvang elke maand ‘n nuwe uitgawe.© Anna Emm Productions 20131


StorieStorietydPrinses Mientjie verdwaal deur Anna EmmDis Saterdag en Prinses Mientjie moet saam met die koningin gaan inkopies doen.Die koningin sê sy moet naby haar bly. Daar is baie mense in die dorp. Daar is baiewinkels en die koningin wil by al die winkels ingaan. Maar Prinses Mientjie is verveeld.Sy hou nie van inkopies nie.By die groentewinkel koop die koningin slaai en aartappels. Sy gesels baie lank met‘n man wat in die winkel werk. Prinses Mientjie raak moeg vir die wag. Sy kruip onderdie rakke met groente in. Sy kyk na die mense se voete. Nou kan niemand haar siennie. Niemand weet waar Prinses Mientjie is nie.Toe Prinses Mientjie onder die rak uitkruip, is die koningin weg. Prinses Mientjie kykoral in die groentewinkel rond, maar sy kry haar nie. O aarde!“Die koningin het jou gaan soek in die straat,” sê die man wat in die groentewinkelwerk. “Sy het gedink jy het verdwaal.”Prinses Mientjie gaan by die winkel uit. Sy kyk op en af in die straat. Daar is ‘n manmet ‘n grys pak klere aan, ‘n vrou met rooi hare, ‘n seuntjie op ‘n fiets en twee meisieswat spookasem eet. Maar die koningin is nie daar nie. Waar kan sy wees?Prinses Mientjie soek by die slaghuis, by die biblioteek, en by die videowinkel, maarnêrens sien sy die koningin nie. Sy loop om ‘n hoek en af met ‘n straat. Sommer gouhet Prinses Mientjie heeltemal verdwaal. Hoe gaan sy nou by die huis kom? Waar isdie koningin dan?Prinses Mientjie gaan sit op die sypaadjie. Sy maak haar oë toe en begin hard huil.Skielik skud iemand aan haar. Sy maak haar oë oop en sit regop. Sy is nie op diesypaadjie nie! Sy is onder die rakke in die groentewinkel! Dis die koningin wat aanhaar skud, want sy het sowaar hier aan die slaap geraak! Nou is Prinses Mientjie baiebly!Vragies oor die storie:“Stout klein dogtertjie,” fluister die koninginkwaai toe hulle huis toe stap. Maar PrinsesMientjie gee glad nie om nie. Sy glimlagbaie breed en druk die koningin se handstyf vas.Kyk Storietyd elke dag op www.lekkerbekkie.tv1. Op watter dag gaan Prinses Mientjieen die koningin inkopies doen?2. Na watter winkel het die koningingegaan?3. Waar het Prinses Mientjie weggekruip?4. Hoekom het Prinses Mientjieweggekruip?5. Watter kleur pak het die man in diestraat aangehad?Lekkerbekkie is GRATIS! Stuur ‘n epos na lekkerbekkie@annaemm.co.za en ontvang elke maand ‘n nuwe uitgawe.© Anna Emm Productions 20122


AktiwiteitKleur InLekkerbekkie is GRATIS! Stuur ‘n epos na lekkerbekkie@annaemm.co.za en ontvang elke maand ‘n nuwe uitgawe.© Anna Emm Productions 20123


ArtikelsHierdie oulike mamma kan boer ook!Rianie Oelofse is ‘n mammawat boer op die plaas Kelandrain Boekenhoutkloofnet buite Hartbeespoort.Ons het met haar gaan geselsom uit te vind van hulleinteressante lewe op dieplaas!Vertel bietjie meer van julleplaas en boerdery?Ja, hier aan die voete vandie Magaliesberge het ons ‘nBoerbokstoet! Dis daardie witbokke met die rooi koppe watmens maar sukkel om van joubuurman se grond af te hou…Ek het grootgeword as plaasmeisieop ‘n Brahmaanplaas, so mens kan maar sêboerdery is in my bloed. Onshet eendag ‘n geleentheidbygewoon van boerbokkeen die gogga het gebyt! Dissoos Smarties: as jy eenbok het, wil jy net nog hê!Ek is ‘n professionele rekenmeestermet ‘n Meestersgraadin Belasting met my eiepraktyk – uiteenlopende velde!Een voordeel hiervan is dat ekten minste my eie boeke van dieboerdery kan doen!Wat sal jy sê is vir jou persoonlikdie lekkerste deel vanboer? En wat is die grootsteuitdagings?Die lekkerste deel van boer isom in die middae tussen jou dierete sit en hulle elkeen kom virhulle bietjie aandag vir die dag.Ek het ook verlede jaar (2012)die toekenning vir die “Beste OpkomendeNuwe Teler” ontvangvan die Bosveld Boerbokklub.Volgens wet moet alle bokkegetatoëer word met jou registrasienommerin hulle oorom veediefstal te bekamp.Dis baie seer vir die diere, enek wil dit nie graag doen nie,maar dit is tog noodsaaklik.My grootste uitdaging is om ‘ngebalanseerde lewe te vind tussendie boerdery, praktyk, onsnuwe partytjieplaas, Bokkie-Paradys, en ma-wees. Jy kannie een afskeep nie. Dis soos ‘nnar wat balle “juggle”: as jy dieeen misvat, gaan almal val…My grootste steunpilaar is myman. Die boerdery is nou welmy passie, maar sonder homsou dit moeilik gewees het.Op watter interessante plekkehet jy al gekom waar ditmet die boeregemeenskap tedoen het?Die boerbokbedryf is regoor dieland en die geleenthede soosskoue en veilings is volop. Sohet hierdie bedryf ons al gevatvan Polokwane tot in Upington.Die boere wat ons ontmoet het,se gasvryheid is verstommend.Daar gaan redelike tye tussensulke ontmoetings verby, maarmet die weersiens is dit asofons mekaar gister gesien het.Wat is dit wat elke dag sefisiese harde werk die moeitewerd maak?Na ‘n harde dag is dit wonderlikom tussen die diere te gaan sit.Meeste van my diere het nameen elke naam pas by sy persoonlikheid.So het ons vir MolligeMolly wat lekker vet was toeons haar gekoop het. Sy komgroet altyd met so ‘n skewe kyk.Soetdoring se nek moet altydgekrap word. Abby en Cutie-Pie (2 hanslammers) groet altydmet ‘n sagte blêr as hulle jousien en sal aanhou tot jy hulleantwoord. Bruno sal teen jouopspring en jou klere kou totdatjy aandag gee. Stefaans sal sykop kom skuur teen jou beneom net te sê hy hou nog van jou.So kan ek staaltjies vertel vanelke bok…Hoe verloop ‘n dag t.o.v.roetine en take? Word diekinders ook ingespan?Soggens om 08h00 worddie diere oopgemaak om tegaan wei. Die diere word ookdeurgekyk vir enige probleme.Enige siek diere word behandelsoos nodig. Diere wat binnebly, kry ekstra kos en enigehanslammers kry vier keerop ‘n dag melk met ‘n bottel.16h00 in die middae kom diebokke terug huis toe. Bokkeis ongelooflike slim diere endit neem drie dae om ‘n nuweroetine te leer. Met anderwoorde,16h00 sal die bokkeby die hek vir jou wag…jymag nie laat wees nie! Hullekry hulle daaglikse rantsoen(bietjie “pudding”) en slaapdan snoesig in hulle beskuttekampe vir die nag. My seunvan 4 help graag hier met kosingooi, waterbakke was envolmaak, asook help dat diebokke in die regte hokke ingaan.Ek glo dit ontwikkel syempatie met diere en andermense. Hy sal die hanslammersvertroetel en troos asdaar ‘n doring in die voet was.Dit gebeur ook dikwels dat,wanneer my seun ‘n appel ofietsie eet, dit ‘n happie vir homen dan ‘n happie vir bokkie is!Jy het ‘n opwindende nuweafdeling op julle plaasbegin, ‘n partytjieplaas!Vertel ons bietjie meerhiervan?Ek was geseënd om groot teword op ‘n plaas en tussendiere en ek kan dit vir my seunook bied. Daar is baie kinderswat nooit daardie voorreg salhê nie en dis hier waar myBokkieparadys Partytjieplaasontstaan het. Om vir kindersblootstelling aan die plaasomgewingen diere te geeterwyl hulle hulle verjaardagvier. Hier kry hulle ‘n kans omal die diere te voer, ‘n ponie tery en die dag af te sluit met ‘ntrekker-sleepwa-rit. Ons houook gereeld Familie Pretdaeen die volgende een is op 21Maart 2013.Kontak ons gerus bybokkieparadys@gmail.com of 083 451 9619.Soek ons op Facebookonder “Bokkieparadys”.Lekkerbekkie is GRATIS! Stuur ‘n epos na lekkerbekkie@annaemm.co.za en ontvang elke maand ‘n nuwe uitgawe.© Anna Emm Productions 20134


Maak dit selfSussie en JakobValentynsdag-geskenkieHierdie stokkielekker-koevertjiesis ‘n goedkoop en oulikemanier om ‘n Valentynsdaggeskenkieaan iemand spesiaalste gee ... soos jou juffrou,jou maatjies of ‘n spesialemaatjie. Gee sommer een virdie posman ook!help met die uitknip!3. Vou dan die koevertjie op diestippellyne. Maak seker jy vouversigting en reguit!Wat jy nodig het:• Karton met ‘n prentjie ofpatroon op.• Lint• Plat stokkielekkers• Skêr• Gom• Pen• Koevertjie-patroonWat jy moet doen:1. Trek die koevertjie-patroonop die agterkant van die kleurvollekarton af.2. Knip versigtig al om die buitekantvan die patroon om diekoevertjie uit te knip. Vra virmamma, of ouboet om jou te4. Gebruik ‘n skêr om ‘n gaatjiete maak in die koevertjie waar diesirkeltjie dit aandui. Vra vir Mammaom te help, dan vou julle diteers op die stippellyn om maklikdie sirkel uit te knip.5. Vou die koevertjie toe sodat jykan sien hoe dit gaan lyk. Jy kannou ook die bo-kant in die vormvan ‘n hartjie sny!6. Wanneer jy tevrede is met hoejou koevertjie lyk, gebruik jou penom ‘n mooi boodskappie binne-indie koevertjie te skryf.7. Steek die stokkielekker deurdie gaatjie. Maak seker dat joustokkielekker aan die binnekantvan die koevertjie is en mooi pas.8. Vou nou die boonste flappiebo-oor die stokkielekker en drukdit by die onderste flappie in.9. Gebruik ‘n bietjie gom om ditvas te plak. Moet nie te veel gomgebruik nie! Ons wil nie dat diestokkielekker vol gom raak nie!10. Nou kan jy vir Mamma ofOusus vra om vir jou ‘n strikkiete maak van die lint, en jy kandit ook op die stokkielekker-koevertjieplak om dit mooi af te rond!Kyk Sussie en Jakob elke dag op www.lekkerbekkie.tvLekkerbekkie is GRATIS! Stuur ‘n epos na lekkerbekkie@annaemm.co.za en ontvang elke maand ‘n nuwe uitgawe.© Anna Emm Productions 20135


ArtikelsIlse van der Linde: Ek onthou my maIlse van der Linde het ‘nspesiale boodskappieaan haar ma op Facebookgeplaas met die 20-jarigeherdenking van haar dood.Dit het my (Anna Emm) diepgeraak, en net weer laatbesef hoe belangrik dit isdat ons elke oomblik watons ouers nog met ons is,sal waardeer en aangryp. Ekhet vir Ilse gevra om haargedagtes met ons lesers tedeel…My ma is vanjaar 20 jaarlank nie meer met onsnie. Het nooit gedink dismoontlik om na soveeltyd nog so te verlang nie.Ek dink ‘n mens mis jou madie heel meeste met die komsvan jou eie kinders. Met elkeswangerskap was daar ‘n intensebehoefte om die vreugdemet háár te deel, om haar tepeper met vrae: Hoe het sygevoel toe sy jou verwag het?Was sy opgewonde, bang...?Is dit wat jy ervaar normaal?Ewe skielik is jou eie mediesegeskiedenis belangrik: Waarvooris jy ingeënt? Is daar siektesin die familie waarvan ekmoet weet? Ongelukkig weet ‘nmens se pa nie al die goed nie.Soos die kinders groter word,mis ek dit om ook my kinders tekan gaan aflaai by ‘n ouma. Myskoonma help baie, maar woonop die plaas. Die kinders het,voordat hulle kleuterskool toegegaan het, een maal ‘n weekby haar op die plaas gaan kuieren hulle het ook nou en dan vir‘n aand of twee oorgeslaap.Maar nou met die rondryery indie middae sou dit darem lekkergewees het as daar ‘n ouma opdie dorp was wat die een kon oppasterwyl ek die ander een vanaktiwiteit na aktiwiteit rondry.Ek mis my ma baie wanneer eksiek is, of wanneer een van diekinders siek is. Dan wens eksy kon my gou kom help en net‘n bietjie bederf. Ek raak maarlekker jaloers as ek sien hoe myvriendinne se ma’s inspring enhelp. Ek moes baie vroeg al leerom myself nie te bejammer nie.Ek wil altyd daar wees vir mykinders, en nie vasgevang weesin spyt oor die verlede of oor ditwat nie vir my beskore was nie.Omdat my ma nie meer daar isnie, het mooi herinneringe baiebelangrik geraak vir my. Hoegaan my kinders my eendagonthou as ék nie meer daar isnie? Ek wens hulle het my mageken, dat hulle ook herinneringeaan haar gehad het. Mykinders is nou op die stadiumwaar ek hulle kan begin vertelvan die ouma wat hulle gehadhet. Ek wil so graag my herinneringeaan hierdie wonderlikevrou met hulle deel. ‘n Vrouwat hulle nie die voorreg gehadhet om te leer ken nie, maarwat deel van hulle is vir altyd.Wie was my ma? By haar hetek my liefde en waardering virmusiek geleer, van Queen totklassieke musiek. Ek onthounog hoe sy een Desember virPatsy Cline oor en oor geluisterhet. Ek sukkel nog om sondertrane na ‘n mooi klavieruitvoeringte luister. Sy het my bekendgestelaan opera – ons hetdit altyd in die Sand du Plessisteater gaan kyk. Sy wasbaie lief vir fliek – goeie kunsflieksen lekkerkyk-flieks…Ek onthou een naweek hetsy die hele naweek gefliek,so asof sy geweet het dit souhaar laaste flieknaweek wees.Ek onthou nog watter flieksons saam gaan kyk het... Ekonthou hoe sy dit geniet hetom in haar tuin te werk – ‘nliefde wat ek en my oudstegeërf het… As ek nou in diemiddae probeer dut vir ‘n halfuuren daar staan een by diedeur en loer, dan dink ek: Ja,jy wou mos nie toe jy kleinwas jou ma rus gun nie! Ekhet ook altyd so om die deurgeloer! En boeke… haar liefdevir boeke het al haar kleinkindersook gekry, en dit is solekker om te sien hoe elkeenmet ‘n boek sit en “lees”…Kan nie dink dat ‘n mens iemandna 20 jaar nog so kanmis nie. Ek wens ek kon myma as ouma sien. Sy sou so‘n goeie ouma gewees het virhaar vier kleinseuns. En elkekeer besef ek dan net weerons het net vandag om herinneringein ander se lewens temaak. Die persoon mag môrenie meer daar wees nie, maardie herinneringe is vir altyddaar. Dis wat oobly en watniks of niemand ooit kan wegvatnie. Dis wat ek van my mahet. Dis wat my kinders vanmy gaan hê.Ek is dankbaar vir herinneringeaan my ma, en vir diegenade en die liefde wat ek dieafgelope 20 jaar ervaar het.Dit kon so anders gewees het.Lekkerbekkie is GRATIS! Stuur ‘n epos na lekkerbekkie@annaemm.co.za en ontvang elke maand ‘n nuwe uitgawe.© Anna Emm Productions 20136


Ons kykersLekkerbekkiesLekkerbekkie van die MaandHallo daar, Lekkerbekkies!My naam is Kara, en op hierdie bladsy gesels ek graag metjulle almal. Vra vir jou mamma om al jou oulike sêgoed enfoto’s vir my te stuur na lekkerbekkie@annaemm.co.za –en dalk kan jy ‘n lekker geskenkbewys wen! Onthou omjouself mooi op te pas, jou tandjies te borsel en genoegwater te drink. En vra vir jou mamma en pappa om vir joubaie stories te lees. Stories maak mens slim! Tata!Regan Truter(ons voorbladgesiggie)Regan is 7 jaar oud en inWorcester-Noord Laerskool.Sy gunsteling TV-programme isPink Panther and Pals,Garfield en Tom and Jerry.Hy hou van kaasworsies enbraaibroodjies, en wanneerhy groot is will hy klimramebou en stockcars ryby Kleinplasie soos sy pa.(Of dalk word hy nog ’n brandweerman.)Hierdie is ’n foto van hom ensy hond, Coco.Ontmoet ons jongste agent!Hugo de Wet is ‘n baie spesialeLekkerbekkie, want hy isook ons jongste storie-agent!Sy mamma het gehoor dat onsagente soek om ons storie-CD’s,DVD’s en boekies te verkoop,en sy het gevra of sy maar virHugo kan laat aansluit. Hy hetreeds van ons stories gehad enwou dit graag onder sy maatjiesverkoop vir bietjie sakgeld. Endaar word klein Hugo toe sommereen van ons topverkopersin die land!Hugo. hoe oud is jy en in watterskool is jy?Ek is 6 jaar oud en ek is inGraad 1 in Garsfontein Laerskoolin Pretoria.Wat is jou gunsteling AnnaEmm storie-produkte?Die Afrikaanse KinderstoriereeksCD’s met die boeke is mygunsteling. Ek hou baie vandie storie oor “Die vyftiendeseuntjie”! Dis ‘n cool storie!Hoeveel kommissie het jynou al verdien deur onsstories te verkoop?Ek het R844.00 binne dieeerste week verdien! Ek issooo bly oor my spaargeld!Watter oulike idees (tips)het jy vir ander mense watook graag die produkte wilverkoop?Ek sal vir hulle sê hulle moetbaie hard werk om goed uitte deel - hulle moet pamfletteuitdeel en met die juffrouensgaan praat oor dieCD’s. Hulle moet “sample”CD’s maak en vir die kindersgee sodat hulle kan gaanluister na watse stories daaris.Lekkerbekkie is GRATIS! Stuur ‘n epos na lekkerbekkie@annaemm.co.za en ontvang elke maand ‘n nuwe uitgawe.© Anna Emm Productions 2013Om ’n agent teword kontaklekkerbekkie@annaemm.co.za7


ProdukteWat’s nuut?Nuut in ons winkel:Speurder Morris Muis nr 3!Die kleingoed wat reeds vanons gewilde Speurder MorrisMuis stories op CD het, salbaie bly wees om te hoor datdaar hierdie maand ‘n paarnuwe stories oor hierdie oulikespeurdertjie verskyn!En maatjies wat nog nooit vanhom gehoor het, het nou diekans om sommer al 3 SpeurderMorris Muis CD’s met een slagaan te koop vir net R200!Want almal weet daar is niemandin die hele wêreld wat só goed isdaarmee om gesteelde goed, enverlore goed, en goed wat wegis, op te spoor, soos SpeurderMorris Muis nie!Bestel jou Speurder Morris MuisCD 3 vóór 25 Feb @ R80 en jouposgeld is gratis. Of bestel al3 CD’s @ R200 en spaar R40!Die stories is deur Anna Emmgeskryf en word voorgeleesdeur bekende aktrise,Antoinette Louw.Bestel bywww.AnnaEmm.co.za021 911 5618lekkerbekkie@annaemm.co.za,of maak ‘n draai by ons winkelin Panorama, Kaapstad.Stories op die DVD:1. Die raaisel van die appels2. Die raaisel van dievoetstappe3. Die raaisel van diestukkende potlode4. Die raaisel van rooi hartjieLekkerbekkie is GRATIS! Stuur ‘n epos na lekkerbekkie@annaemm.co.za en ontvang elke maand ‘n nuwe uitgawe.© Anna Emm Productions 20139


Ekstraekstra“Potty-training Tips”Hierdie maand het ‘n klompiemammas vir ons die ouliksteen snaaksste idees gegeeoor hoe jy moet maak om die“potty-training” fase maklikerte laat verloop!Anri van Vuuren: My seuntjieis baie erg oor sy niggie ennefie. Ek het hulle gevra om‘n “voice recording” te maakwat iets sê soos: “Boeta, jymoet gaan piepie…” Ek het mywekker op my foon vir elke halfuurgestel en die “voice note” asdie “ring tone” gestel. Hy wasbaie verbaas en opgewondeelke keer as sy niggie en nefiemet hom praat en het dadelikgaan piepie. Ek het die wekkerdan elke keer ‘n bietjie langergestel. Boeta was in 4 dae ge-“potty-train” en ek dink tog hierdiewekker het ‘n invloed gehad!Annelie Oosthuizen: Iemandhet vir my gesê om ‘n balletjiein die toilet te sit en dit help dieseuntjies mik! Wel, my seuntjiewil nie naby die toilet of potjienie. Sover “veltie” hy maar asdie doek af is.Ilonka van Zyl: ‘n Vriendin hetvertel sy gee ‘n “jelly-baby” virelke nr. 1 en twee vir elke nr.2. Dit werk tot op ‘n punt, maarwag tot jy ouer boeties of sussieshet, dan gee jy net vir hulleook “sweeties” as kleinsus/boet die potjie gebruik. Dansit jy terug en kyk hoeveel keerjaag hulle hom/haar potjie toe!Carla Geldenhuys: My dogtertjiewas bang vir die gaatjievan die toilet en wou net op diepotjie sit. Toe verel ons vir haardie water gaan met die pyp afna die riviertjie waar die vissiesswem. Nou is sy baie opgewondeom die toilet te trek sodatdit na die vissies toe kan gaan.Petro Ferreira Potgieter: Ditklink seker “weird”, maar ek hetmy dogtertjie van 6 maande elkekeer op die potjie gesit as ektoilet toe gegaan het. Dan hetons daar gesit en sing en storiesvertel (ek is ‘n huisvrou). Sy hetvan 7 maande af nooit weer in‘n doek gepoef nie, net op diepotjie. Die potjie het ook oralssaam met ons ge”travel”. Vanso 18 maande af het ek virhaar ‘n “pull-up” angesit endie potjie voor die tv gesit.Met ‘n plastiektafel voor haar,het sy soggens op die potjiegesit, tv gekyk en haar papgeëet. Later het sy sommerself die “pull-up” afgetrek enop die potjie gaan sit as sywou tv kyk. Daar is oulikestorie-boeke vir kinders, soos“Tatta Doeke”. En gebruik ‘n“sticker chart” vir elke keer ashulle die potjie gebruik. Sywas heeltemal droog, dag ennag, op 2 jaar.Charlene du Plessis: Ek hetvir sussa se teddiebeer ook‘n speelpotjie gekry en sussagaan as teddie ook gaan.Werk soos ‘n bom!Lekkerbekkie is GRATIS! Stuur ‘n epos na lekkerbekkie@annaemm.co.za en ontvang elke maand ‘n nuwe uitgawe.© Anna Emm Productions 201310


STORIEKLUB Lidmaatskap-vorm:Kliek op die “fields” om jou inligting inte vul. Kliek dan “stuur” om die vormaan ons te stuur.Naam van Rekeninghouer: _________________________________________________________________________________Posadres vir pakkies:_______________________________________________________________________________________Huis nr: __________________________Sell: __________________________ Epos: ___________________________________Ek wil aansluit by die STORIEKLUB vir 6 maande en kies die volgende pakket:NB: Alle pryse sluit posgeld in vir ‘n verwysingsnommer-pakkie, behalwe die eerste opsie (R79) wat met gewone pos gestuur word.Pakket Maandelikse fooi Maandelikse pakkie sluit in□ STORIEKLUB BASIES R79 per maand 1 x CD (4 stories) per maand - waarde R80□ STORIEKLUB BASIESmet “tracking nr□ STORIEKLUB BASIES -100□ STORIEKLUB BOEK&CD□ STORIEKLUB DVDR99 per maandNamibië = R105R119 per maandNamibië = R125R130 per maandNamibië = R150R130 per maandNamibië = R1501 x CD (4 stories) per maand - waarde R801 x CD (6 stories) per maand – waarde R1001 x Afrikaanse Kinderstories boek + CD(4 stories) - waarde R1201 x storie-DVD per maand – waarde R120NB: Indien jy graag spesifieke CDs of DVDs wil ontvang, noem hulle titels hier. Ander stuur ons virjou ons eie seleksie uit ons katalogus. Produkte mag ongelukkig nie na ontvangs omgeruil wordvir ander produkte nie. (Vir meer besonderhede oor ons produkte besoek www.AnnaEmm.co.za):______________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________Debiteer my rekening op die 1ste werksdag van elke maand oor ‘n periode van 6 maande:Bank: _______________________ Tak: _______________________ Takkode: ________________ Rek.tipe: ____________________Naamhouer van rekening: _____________________________________ Rekeningnommer: ______________________________This signed Authority and Mandate refers to our contract as dated as on signature hereof ("the Agreement"). I / We hereby authorise you to issue and deliver payment instructionsto the bank for collection against my / our abovementioned account at my / our above mentioned bank (or any other bank or branch to which I / We may transfer my / ouraccount) on condition that the sum of such payment instructions will never exceed my / our obligations as agreed to in the Agreement, and commencing on the commencementdate and continuing until this Authority and Mandate is terminated by me / us by giving you notice in writing of no less than 20 ordinary working days, and sent by prepaidregistered post or delivered to your address indicated above. The individual payment instructions so authorised to be issued must be issued and delivered as follows i. On the 1steworking day (“payment day”) of each and every month commencing on the first date applicable following the date on this agreement. In the event that the payment day falls ona Saturday, Sunday or recognized South African public holiday, the payment day will automatically be the very next ordinary business day. Further, if there are insufficient funds inthe nominated account to meet the obligation, you are entitled to track my account and re-present the instruction for payment as soon as sufficient funds are available in myaccount; ii. Monthly; on or after the dates when the obligation in terms of the Agreement is due and the amount of each individual payment instruction may not be more or lessthat the obligation due; I / We understand that the withdrawals hereby authorised will be processed through a computerized system provided by the South African Banks and I alsounderstand that details of each withdrawal will be printed on my bank statement. Each transaction will contain a number, which must be included in the said payment instructionand if provided to you should enable you to identify the Agreement. A payment reference is added to this form before the issuing of any payment instruction. I / We shall not beentitled to any refund of amounts which you have withdrawn while this authority was in force, if such amounts were legally owing to you. I / We acknowledge that all paymentinstructions issued by you shall be treated by my/our above mentioned bank as if the instructions had been issued by me/us personally. I / We agree that although this Authorityand Mandate may be cancelled by me / us, such cancellation will not cancel the Agreement. I / We shall not be entitled to any refund of amounts which you have withdrawnwhile this authority was in force, if such amounts were legally owing to you. I / We acknowledge that this Authority and Mandate has been ceded to Netcash (Pty) Ltd as per youragreement with Netcash (Pty) Ltd, but in the absence of such assignment of the Agreement, this Authority and Mandate will be null and void.________________________________Handtekening_________________________Datum

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!