13.07.2015 Views

1. Poësie - Christelike Biblioteek

1. Poësie - Christelike Biblioteek

1. Poësie - Christelike Biblioteek

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Die Engelse sonnet bestaan ook uit 14 vyfvoetige versreëls, maar met die rymskema:abab, cdcd, efef, gg.Let op die verskil in rymskema, waardeur hierdie twee tipes sonnette onderskei word.Die Italiaanse sonnet toon altyd ‘n duidelike tweeledigheid wat die beeld en toepassingverteenwoordig. Die oktaaf (agt reëls) bevat gewoonlik ‘n beeld, uiteensetting,natuurbeskrywing, verskynsel of gebeurtenis wat die gevoel na die hoogte stoot en ‘nmusikale geheel vorm. Die sekstet bevat dan die digterlike toepassing en veroorsaak‘n daling van die gevoel.By die Engelse sonnet kry ons gewoonlik nie hierdie tweeledigheid van beeld en toepassingof verdieping nie, maar een gevoelens- en gedagtestroom wat deur die driekwatryne heen geleidelik na ‘n hoogtepunt gevoer word. In die rymende koeplet aandie einde kry ons dan ‘n wending, ‘n samevatting van die geheel, die kerngedagte.Skematiese opsomming••Twee soorte sonnette:Italiaanse sonnetUiterlike bou}abba-kwatrynabbaoktaaf (8)cde - tersinecde}sekstet (6)Innerlike bouOktaaf - natuurbeeldSekstet - keer / wendingToepassing<strong>1.</strong>2.3.Bestaan uit twee kwatryne (van vier reëls elk) elk in twee tersines (van drie reëlselk).Die twee kwatryne saam vorm die oktaaf (2x4=8 reëls) en die twee tersines saamdie sekstet (2x3=6 reëls).In die oktaaf word ‘n waarneming beskryf, met die sekstet waar ‘n wending plaasvindin die vorm van ‘n toepassing.9


4. Die rymskema is gewoonlik “omarmde rym” in die oktaaf, byvoorbeeld:a}bb Omarmde rym Eerste kwatrynaOktaafabb Omarmde rym Tweede kwatrynacdcdcd}]]]]}}}}Eerste tersineTweede tersineSekstetEngelse sonnetUiterlike bouababcdcdefef}Drie kwatryneInnerlike bouggKoeplet<strong>1.</strong>2.3.4.5.Bestaan uit drie kwatryne‘n Verspaar wat op mekaar rym, genoem ‘n rymende eindkoeplet (2 reëls).Geoordeel na sy uiterlike vorm, het die sonnet kruisrym in die kwatryne en paarrymin die koeplet.Die hele gedig bevat een deurlopende gedagtegang wat geleidelik dwarsdeur diedrie kwatryne loop.Die wending of hoogtepunt word in die rymende eindkoeplet bereik.aba Kruisrym Eerste kwatrynb] ] }cdc Kruisrym Tweede kwatrynd] ] }10


] ] }efe Kruisrym Derde kwatrynf] }gg Paarrym Vierde kwatrynRymende eindkoeplet KLIMAKSEerste 8 reëls natuurbeskrywingLaaste 6 reëls toepassingWending na reël 8 Alliterasie(Medeklinkerrym – halfrympatroon). Waar medeklinkers aan die begin van woordooreenstem, bv. die wind wat waai. (Wenk: wanneer dit in ‘n antwoord aangeduiword, moet die klanke onderstreep word.)Antitese(Teenstelling/kontras). Twee teenoorgestelde dinge word langs mekaar geplaas omby wyse van kontras die uitwerking op die leser te verstrek. Daar bestaan talle sulketeenstellings in die spreektaal, naamlik, lief en leed, erns en luim. Nog ‘n voorbeeld: indie songloed van ons somer in ons winternag se kou. Dit kan ook aangewend word om diewoordorde uit te hef en staan ook bekend as kontraswerking.Antonomasia(Naamsverwisseling). Dit is verwant aan die metafoor, maar ons gebruik in plaas vandie beeld ‘n eienaam, byvoorbeeld ‘n sterk man sal ‘n Simson genoem word en iemandwat baie kla ‘n Jeremia, omdat daardie persone bekend is vir daardie kenmerkendeeienskappe.AnafoorDit is die herhaling van dieselfde woord aan die begin van sinne.Argaïsme(Veroudering). Dit is die gebruik van ‘n verouderde woord in ‘n uitdrukking, bv.“Die skip word uitgesleep om gekalfateer te word”, of “Pa verskyn in sy nagkabaai”.11


Assonansie(Klinkerrym/halfrympatroon). Die herhaling van dieselfde vokaal, byvoorbeeld: “Diemaan gaan staan.”Allegorie‘n Allegoriese gedig het net soos ‘n simboliese gedig twee vlakke, naamlik die konkreteen die abstrakte. In ‘n allegorie het ons egter ‘n volgehoue parallelisme tussendie konkrete en die abstrakte. Elke saak op die konkrete vlak het dus ‘n simboliesebetekenis op die abstrakte vlak. Die allegoris wil ‘n waarheid verkondig en maakdaarvoor gebruik van die werklikheid. Agter dit wat oppervlakkig gegee word, moetdus die eintlike betekenis gelees word. Die fabel (‘n vertelling waarin diere in plaasvan mense sprekend en/of handelend optree) en die gelykenis (‘n verhaal wat op ‘nernstige toon ‘n godsdienstige waardheid illustreer) is allegoriese voorbeelde.Asteriks (*)Waar ‘n asterisk in poësie gebruik word dui dit gewoonlik ‘n tydverloop of wendingaan.AsindetonTeenoorgestelde van polisindeton. Voegwoorde word weggelaat waar ons dit normaalwegsou verwag. Dus onderdele of woordorde van ‘n sin (of vers) word sondervoegwoorde aaneengeskakel, byvoorbeeld. “My hart bloei oor die stad: glas, sink, beton.”“Honde, katte, hoenders, varke: alles peul by die kombuisdeur uit”.ApostroofIs die aanroep van ‘n persoon wat nie teenwoordig is, of God, binne die gedig. “Oskoonheid van die lyf, jy slaat ...”. Die woordjie “O” lei gewoonlik die apostroof in.BeeldspraakDit is beeldryke uitdrukking van taal en kom baie in poësie voor. Alle beeldspraakberus op vergelyking.Voorstellingmeisievroulikpraatmooiens.meisieblomplantblareblommemooiens.raakpuntMOOI12


Die beeld berus dikwels op sintuiglike indrukke:oë - gesigsuitdrukkings (sy lyk soos ‘n spook)ore - gehoorsintuig (dit klink soos klokke)vel - tassintuig (die kussing is soos dons)neus - reuksintuig (die gras se geur is soos naeltjies)tong - smaaksintuig (dit is so bitter soos gal)• Die skepping van ‘n digterlike beeldWanneer die digter die verband tussen twee sake raaksien, ontstaan ‘n beeld, bv. Diemeisie is mooi. Die roos is mooi.• VergelykingDit ontstaan wanneer ‘n spreker of skrywer twee sake wat in talle opsigte van mekaarverskil, op grond van enkele ooreenkoms met mekaar gelykstel. Die vergelykingopenbaar hom in talle vorme: die bewuste gelykstelling met behulp van “soos”, “netsoos”, “net”, byvoorbeeld: “Tot een vir een die vrees soos ‘n karos laat val” (N.P. vanWyk Louw)• MetafoorOp grond van die ooreenkoms tussen twee dinge van verkillende aard kan ‘n mens,sonder om ‘n vergelyking te maak, sommer direk een ding in die plek van die anderstel. Een saak word gelykgestel aan ‘n ander saak sonder die gebruik van soos, nes ofnet soos.Die meisie is ‘n roos (vergelykingswoord is weggelaat)Daar stap ‘n roos (bedoelende die meisie)Daar word aan lewelose dinge, natuurverskynsels, abstrakte begrippe, ensovoorts,die eienskappe van lewende diere of mense toegeskryf, bv. “Wat sing die see?” – “Watkla die wind?” – “Wat roep die meeu?” Dit kan die vorm aanneem van ‘n vergelyking ofmetafoor.Wat wil die gedig met beeldspraak wen?Rykdom aan informasie, gevoelsassosiasie, konkreetheid en bondigheid.Binnerym/MiddelrymWanneer ‘n woord in die reël met ‘n woord aan die einde van die reël rym, bv. “Ekslaap in die rus van die eeue gesus” (Jan Celliers).Blanke versreëls (rymlose versreëls/vrye vers)Wanneer daar geen rym voorkom nie.13


3.4.5.Bevorder vloeiendheidBindmiddels by versreëls en strofesHef woorde in die enjambementsposisie uitBv. Ek moet keer dat nog ‘n hartverskink om grondelose smart. S.J. Pretorius6. Suggereer bewegingHerhaling (repetisie)Wanneer woorde, versreëls of strofes herhaal word om ‘n bepaalde gedagte te beklemtoon.Die son bak neer op die vlaktes, vlaktes gras,‘n windmeul, stasie en drie peperbome;op vlaktes gras, klipkoppies, vlaktes gras;‘n windmeul, stasie en twee peperbomeD.J. OppermanFunksies<strong>1.</strong> Belangrike woorde, reëls of sinsnedes word uitgehef.2. Die eenheid van die gedig word daardeur versterk, want herhaling bind versreëls.3. Dit verleen aan die gedig ‘n vaste patroon.4. Dit verleen ‘n bepaalde musikaliteit of sangerigheid aan die verse.Hiperbool (oordrywing of vergroting)Dit is om woorde te oordryf, erger te maak as wat dit is om ‘n saak te beklemtoon, bv.“hemelhoë” golwe, “duisendmale gesê”. Om ‘n bewering indrukwekkend te maak,word dit heeltemal oordryf. Die doel is nie om opsetlik ‘n onwaarheid te verkondignie, maar om ‘n saak te beklemtoon.HumorLuimigheid met eers as grondtoon opgewekte geestigheid. ‘n Sin vir humor is dievermoë om die lagwekkende in iets te sien. Die lagwekkende word egter met meegevoelen begrip benader. (Daar word soms na humor verwys as “lag met ‘n traan”.)Inlassing (parentese)Hier word gebruik gemaak van die aandagstreep aan weerskante van die inlassing,bv. “Die nag daar in die stad – geen een om in jou nood jou by te staan nie – het jy geweetdat Hy alleen in Getsemané sou binnegaan”.IronieDie teenoorgestelde van wat bedoel word, word spottend gesê, bv. Lag met ‘n traan(bedekte spot); Jy is nou ‘n troue vriend om my so in die steek te laat.16


Inversie(omgekeerde woordorde). Die skrywer of digter wil sekere gedagtes beklemtoon ofdie rympatroon behou en verander die normale woordorde om dit te bereik, bv. “Enhy het hulle liefgehad, die mense van die stadsdorpie en die veld digby en die geurende blommeen die see.”Illusie van die werklikheidBeeld van die werklikheid.JambeDit is die metriese maat waarin lettergrepe in ‘n versreël verdeel word. Die jambieseKlanknabootsing (onomatopee)Dit is ‘n verskynsel in die poësie, maar ook in die prosa, waar ‘n klank of klankherhalingdie beskrywing klankmatig ondersteun, die natuurgeluid naboots . . . die klankvan die woord stem ooreen met die geluid wat dit wil beskryf, bv.:Dit kraak deur die brekende blokke;Met dof-sware plof, soos koeëls in die stof, kom die eerste druppels neer.Met ander woorde dit is wanneer woorde gevorm is na aanleiding van ‘n klank.In die geval van klankmetafoor boots die klank nie slegs die geluid na nie, maar suggereerdit ook beweging:Vinnig langs die paadjie trippel Mabalel;Vrolik klink die liedjieWat die klingelinge van haar enkelringe vergeselEugène MaraisIn die geval van klanksimboliek dra die klank of klankherhaling by tot die opwek van‘n bepaalde stemming.Kontras (teenstelling)Situasie en gedagte-inhoude kom voor in woordgebruik, sintuiglike indrukke. ‘nSkerp kontras word byvoorbeeld gemaak in “die dae kom en die nagte gaan”; “dieskadus word lank en weer kort.”Klimaks en anti-klimaks‘n Reeks feite of mededelings word in stygende lyn van belangrikheid genoem, of indie omgekeerde orde ten opsigte van betekenis, byvoorbeeld:“waar die newelstelsels wêrelde word,waar keisers en kwepers ryp en val.”17


Liriek‘n Liriese gedig is ‘n sangerige gedig. (Die lier is ‘n musiekinstrument - die gedig isgewoonlik met musikale begeleiding gesing). Die gedig kry ‘n liriese inslag deur dieteenwoordigheid van rym, herhalings, enjambemente, patroonmatigheid, asook dieteenwoordigheid van ‘n refrein (versreël of versreëls wat telkens herhaal word soos‘n koor). ‘n Gedig is liries van aard as dit die digter se persoonlike gevoel of sieningdeurgee.Legendein die Bybel voorkom nie. Dit het sy ontstaan te danke aan die vrome fantasie vanlatere gelowiges. (‘n Godsdienstige verhaal wat nie op historiese gronde nie, maar opvolksoorlewing berus.)LeestekengebruikDie gebruik van kommas, stippels, aandagstrepe, ens. is met ‘n doel; daarom sê onsdit is funksioneel. Soms word leestekens totaal weggelaat – ook om ‘n besondererede. ‘n Ruspunt voor of na ‘n woord kan die woord uithef.• Aandagstreep••••Dit word veral gebruik om die woord of gedagte wat volg te beklemtoon.Dit dui gewoonlik ‘n kontras aan, bv: “maar die tarenaal sit stom op haar nesvol eiers – my hart broei oor die stad; glas; sink; beton.”Dit word gebruik om parenteses (inlassinne) aan te dui.Dit word gebruik om by distansiëring (uitsteltegniek) die aandag op die klimakste vestig.• Dubbelpunt‘n Verdere verduideliking volg gewoonlik na die dubbelpunt.• WeglatingspuntjiesDit dui dikwels ‘n wending in ‘n versreël aan. Die woorde vóór en na die stippels hetnie met dieselfde onderwerp te make nie, byvoorbeeld:“terwyl ons, soos twee kinders opgetoëmekaar toelag met glinsterende oë . . .asof hul jammerlik hul lot kan raaisit hul sif, met monde moeg gesluit.”Dit stippel dui dikwels ‘n onderbreking van ‘n gedagte aan, dit wil sê ’n huiwering.• KommapuntDie ruspunt word gebruik om elke keer ‘n nuwe gedagte aan te toon, bv:18


“‘n Skurwe huisie uit ysterklip gekerf;‘n slap draadheining; op die stoep lê rond‘n vark, vier hoenders en ‘n hond;‘n stowwerige kind kruip oor die werf.”• Komma••••Kommas kan voor en na ‘n bystelling kom, wat dan die gedeelte uithef (parentese).Dit dui op afsonderlike gedagtes, kenmerke.Dit hou die aandag gevange en verleen sodoende aan sekere woorde of sinsnedesgroter prominensie.Baie kommas vertraag die tempo en dit beïnvloed weer die toonaard.• Uitroepteken•••Verleen forsheid, kragtigheid en beklemtoon dringendheid van verse.Word gebruik om ‘n gedagte of woord te beklemtoon.Dit word gebruik om ‘n sekere gevoel te versterk.• Hakies••Verdere toeligting word tussen hakies geplaas.Dit word gebruik om ‘n parentese aan te dui.• Vraagteken••Dit word aan die einde van ‘n regstreekse vraag gebruik.Dit word aan die einde van ‘n retoriese vraag gebruik.Parentese is ‘n ingelaste gedagte in ‘n sin ter verklaring of verduideliking en wordaangedui deur kommas, aandagstrepe of hakies.Litotes (verkleinings)Dit is dikwels ‘n geval van skynnederigheid. Iets wat werklik groter betekenis vir dieskrywer het, word voorgestel asof dit van minder belang is, byvoorbeeld:Hierdie werkie van my word nogal baie gelees.Hierdie geskenkie is ‘n blyk van waardering (groot geskenk).Metrum en ritmeOnder metrum verstaan ons die patroonmatige opeenvolging van beklemtoonde enonbeklemtoonde lettergrepe in ‘n vers. Die metrum mag nooit so ‘n belangrike faktorin die digter se werk word dat dit sekere gedwonge woordverskuiwings of –toevoegingsversoorsaak of lettergrepe se byvoeging of weglating noodsaaklik maak net omdie metrum “reg te kry” nie.19


Funksies<strong>1.</strong>2.3.Bring afwisselingHef belangrike woorde uit.Verleen ‘n bepaalde nadruklikheid aan woorde en frases.VersvoeteWanneer woorde so agter mekaar gerangskik word dat die beklemtoonde lettergrepeop gereelde afstande van mekaar staan, ontstaan metriese patrone, bv: “Dit is/diewin/terwind/wat waai/ - so ‘n metriese patroon noem ons ‘n versvoet, en maat ofmetrum is dan die vaste skema waarvolgens hierdie versvoete (metriese patrone) mekaaropvolg om ‘n reël te vorm. Op grond daarvan praat ons van ‘n viervoetige (soosin die voorbeeld hierbo) ‘n vyfvoetige vers, ensovoorts.(Dus: die beklemtoonde en onbeklemtoonde lettergreep vorm saam ‘n versvoet. Dievasstelling van die bepaalde versvoet in ‘n reël noem ons skandering.)•••••••Die jambe (v/) (Tweede lettergreep dra die aksent)Die trogee (/v) (Eerste lettergreep dra die aksent)Trogeïse inversie - Kom voor wanneer die vers deurgaans jambies is en daar vind‘n omruiling in die begin van die versreël plaas. Die funksie hiervan is die uithef-Daktiel (Daktilus ( / v v )) - Kan vergelyk word met die walsmaat in musiek waareen beklemtoonde lettergreep gevolg word deur twee onbeklemtoondes.Anapes ( v v / )Spondee ( / / ) Dit is wanneer twee beklemtoonde lettergrepe op mekaar volg.Die spondee kan nie alleen in ‘n hele versreël voorkom nie. Dit vorm ‘n onderdeelvan ‘n versreël saam met ander versvoete.WenkAs jy skandeer, moet jy die hele versreël op een reël skryf. Maak seker dat jy die reëlkorrek oorgeskryf het en moenie ‘n lettergreep byvoeg of weglaat nie.Die wisseling van versvoete kan die volgende funksies hê:<strong>1.</strong>2.3.4.Dit kan belangrike woorde, sinsdele of sinne uithef.Dit bring afwisseling - verbreek eentonigheid.Dit kan die tempo versnel (as daar meer onbeklemtoonde lettergrepe voorkom).20


RitmeDit is meer natuurlik as metrum en word bepaal deur aksente, intonasie, tempo,ruspunte en enjambemente. Dit word nie metries bepaal nie, met ander woorde: ditbestaan nie uit afgebakende beklemtoonde en onbeklemtoonde lettergrepe wat in ‘nvaste patroon herhaal word nie. Aksentuering speel ‘n belangrike rol in die bepalingvan ritme in ‘n versreël. Hier onderskei ons tussen woordaksent en sinsaksent of ‘nversreëlaksent.Faktore wat ritme beïnvloed•••••••WoordaksentSinsaksentTempoIntonasieNatuurlike ruspunteEnjambementeElisieDie wisselwerking tussen metrum en ritme<strong>1.</strong>2.3.4.Soms val die metrum en ritme saam.Waar die ritme teen die versmaat (metrum) indruis kan dit juis ‘n besondere effekverkry.Herhaling van woorde, frases, sinskonstruksies en die funksie daarvan in ‘nHerhaling van verse en van strofes en die funksies daarvan in ‘n bepaalde teks,MonoloogDit is ‘n alleenspraak.Metonimia (oornoeming)Twee sake of begrippe wat nou met mekaar in verband staan, word in verband metmekaar gebring, bv: “Die pen is magtiger as die swaard,” beteken die skrywer hetmeer mag as die vegter. Die pen = die skrywer en die swaard = die soldaat/vegter.Nog ‘n voorbeeld: “Die hakekruis is nie meer die gevaar nie, maar nou bedreig diehamer-en-sekel die Westerse wêreld.” Die hakekruis = Duitsers onder Hitler se bewinden hamer-en-sekel = Rusland.Die ketel kook; die kraan lek (die water); die bad loop in (water); hy het die bottel lief(dronk); die huis is gesluit (deur); die dam loop oor (water).Naïewe toonaardDit is ‘n toonaard sonder aanstellery, ongekunsteld, natuurlik.21


Neologisme (Natuurskepping)‘n Taal is dinamies en beweeglik - dit staan nooit stil nie. Daarom kom daar gedurignuwe woorde en uitdrukkinge by (terwyl oueres ook weer afsterf). Nuwe woorde isbv. televisie, straallaagbande, veiligheidsgordels, ensovoorts.Oksimoronbeeld:“die bergstilte suis”, onder “wit duisternis”.“O” – Die woordjie dui dikwels in poësie op ‘n bepaalde emosie. Dit versterk diegevoel van die versreël, byvoorbeeld: weemoedigheid, vreugde.Onomatopee (sien klanknabootsing)OmwisselingWoorde wat omgeruil word. Funksie: beklemtoning.Paradoks (skynbare teenstrydigheid/‘n skreiende, skerp kontras) - byvoorbeeld:“Om die waarheid te sê moet ek lieg”.Dit is enige stelling wat op die oog af absurd/teenstrydig voorkom, maar wat welgeldig is en die kern van die waarheid bevat. Paradokse word dikwels gebruik omverkwikkende waarhede of idees uit te druk, byvoorbeeld: “my vreugde was ‘n helderhel.” Die vreugde word gesien as aangenaam, maar ook onaangenaam.Pousering Daar word ‘n oomblik gestop of gewag.Funksie:<strong>1.</strong>2.3.GedagteskeidingOm belangrike gelese woorde te laat insink.Om die leser in te stel op belangrike woorde wat gaan volg.ProgressieDit dui op ‘n duidelike ontwikkeling in ‘n bepaalde rigting, dit kan ook ontwikkelingvan ‘n gedagtegang wees. ‘n Geleidelike verandering of vordering tot die hoogtepunt(klimaks), byvoorbeeld Die reën van Eugene Marais.PolisindetonHerhaling van voegwoord “en” en “of” wat ons normaalweg kan weglaat, bv. “Afsonderliken trots en vry”.“Jy mag nie jou naaste se vrou begeer nie, of sy dienskneg, of sy diensmaagd, of sy osof sy esel of iets wat van jou naaste is nie.”22


ParallelismeIs die herhaling van dieselfde gedagte in ‘n ander bewoording. Dit skakel dus die herhalingvan dieselfde woorde en sinne uit, byvoorbeeld: “Here, maak U weë bekend;leer my U paaie ken.” “Ons loop en word nie moeg nie; ons wandel en word nie matnie.”RefreinKom gewoonlik voor by ballades. Dit is woorde, versreëls wat aan die end van opeenvolgendekoeplette van ‘n lied of gedig telkens herhaal word.Retoriese vraag (interrogasie/interrogatief)Is ‘n vraag waarop geen antwoord verwag word nie, en wat aangewend word om‘n bepaalde gedagte uit te hef. Dit word gebruik wanneer die sin in die vorm van ‘nvraag gestel word met die doel om aandag te trek.Voorbeeld:“ Vergewe en vergeet? Hoe kan ons vergewe? Hoe kan ons vergeet?”“Maar wat van die mens?”“Die held wat sterf, wat wen hy.”C.Louis LeipoldtRymIs die herhaling, gereeld of ongereeld, van woorde of klanke. Rym is ‘n belangrikevormelement, daarby ‘n middel om klankbinding in ‘n gedig te bewerkstellig, ook isdit vir baie digters ‘n soort gids wat die gang van die gedig bepaal, bowenal is dit ‘ndissipline wat die digter dwing om die moontlikhede van sy taal deeglik te verken.Funksies:<strong>1.</strong>2.3.4.5.6.7.Rond versreëls af.Gee patroonmatigheid aan reëls en strofes - is ‘n dissiplinemiddel, die digteronderwerp hom aan rymdissipline.Beklemtoon sekere woorde.Wek afwagting.Het ook ‘n klankfunksie - omdat die rymwoord gewoonlik aan die einde van dieversreël staan, kan dit klankwaardes beklemtoon en die stemming van die gedighelp bepaal.Bind die versreëls en strofes tot eenheid.Verskaf vaste steunpunte aan die verse.• VolrymDit kom voor wanneer woorde met mekaar rym.23


• Volrympatronea.Beginrym - beginwoorde en versreëls rym met mekaarbv. “My vuurtjie en ek is op wag-My vuurtjie en ek alleen”Jan F.E. Celliersb.Binnerym - ‘n woord binne ‘n versreël rym met ‘n woord aan die einde van dieselfde versreël, bv: “Ek slaap in die rus van die eeue gesus.”J.F.E. Celliersc. Eindrym - woorde wat aan die einde van versreëls rym, byvoorbeeld:“En kyk maar goed, want as jy hom vind,vertel ek vir jou ‘n sprokie my kind,”Koos du Plessis• Eindrymverbindingsa. Paarrym aabbb. Kruisrym ababc. Omarmde rym abbad. Gebroke rym abace. Vrye vers geen vaste rympatroonf. Rymdwang as die digter ter wille van die rym die taal opongemotiveerde en op merkbare wyse geweld aandoen.• HalfrymAlliterasie en assosiasie.• RymelaryHier het ons te doen met oordrewe rym, byvoorbeeld:• RepetisieDit kraak deur die brekende brokkedit knars in die knakende knokkeHerhaling van woorde, bv. “Dis heuwels, heuwels, heuwels sover ‘n mens se oog kansien.”SimboliekIn letterkundige werke kry woorde dikwels simboliese waarde. ‘n Simbool is dus ‘nsaak/voorwerp wat iets anders verteenwoordig. In A.G. Visser se werke word dieroos die simbool van die vrou. In “Skoppensboer” van Eugene Marais word hierdietroefkaart simbool van die dood.24


Sinestesie (omruiling van sintuie)Twee sintuie word in een beeld betrek, byvoorbeeld: “Die borrigeur van die son”. Ditwat deur die visuele sintuig gesien word, naamlik die son, word deur die reuksintuig(borriegeur) ervaar.‘‘n Sterk sintuiglike prikkel wat vir een sintuig bedoel is, word deur ‘n ander sintuigwaargeneem, byvoorbeeld:“Die sterre sing” (die visuele word gehoor).“Ons proe die melodie” (klank word deur die smaaksintuig waargeneem).Sinekdogee (Gedeeltelike herhaling)Die geheel word deur dele daarvan aangedui, byvoorbeeld: haar “blou-beaarde hand”dui op ouderdom.Nog voorbeelde: “Gee ons vandag ons daaglikse brood.” Hier word van al onsliggaamlike behoeftes gepraat. “Die jongman vra die nooi om haar hand.” Hier wordmeer as net haar hand bedoel.Iets word aangedui deur slegs ‘n gedeelte daarvan te noem (gewoonlik die kenmerkendstegedeelte).SuggestieDie oproep van ‘n denkbeeld; ‘n saak word nie direk gestel nie.Stoplap‘n Oorbodige woord of uidrukking as aanvulsel in ‘n sin of in ‘n versreël ter wille vanrym of ritme.Satire (spotvers, skimping of hekeldig)In ‘n satire word menslike swakhede, dwaashede, ondeugde, wantoestande oftekortkomings bespotlik voorgestel, soms met die bedoeling om tot verbetering aan tespoor. Daar word dus gehekel, skerp berispe, afkeurend bespreek.SesureDit is natuurlike ruspunte binne ‘n versreël en het die voordeel dat dit die voorafgaandewoord laat uitstaan en ook die betekenis van die woord wat volg verhoog,byvoorbeeld: “Halfskaam, verleë, het sy opgekyk.”SarkasmeDie spreker sê wat hy bedoel, maar op ‘n spottende manier, byvoorbeeld:“Jy is nie juis die slimste man wat ek al ooit ontmoet het nie.”“Jy is nie eintlik in die wieg gelê om ‘n kunstenaar te word nie.”25


SubtitelVan ‘n verhaal of gedig is die ondertitel wat gewoonlik iets meer sê as die titel self.StylDit is die trant of wyse van skryf, skilder, bou, ensovoorts. Elke digter of skrywer hetsy eie styl en elke kunswerk is ‘n stuk lewe soos gesien deur ‘n persoonlikheid, ‘n temperamentwat die styl bepaal. Daarom “gebruik” ‘n skrywer nie ‘n styl soos ‘n graafof pik nie.Byvoorbeeld: as julle as klas dieselfde gebeurtenis of natuurtoneel moet beskryf, salelkeen se beskrywing van die ander s’n verskil, want dit het op elkeen ‘n eiesoortigeindruk gemaak en elkeen het sy eie uitdrukkingswyse.StyleienskappeHelderheid of duidelikheid (teenoor duisterheid, vaagheid of dubbelsinnigheid);eenvoud; omslagtigheid; krag; saaklikheid; kernagtigheid; pittigheid; verhewenheid(teenoor verspottigheid en platvloersheid); oorspronklikheid en vindingrykheid;geestigheid (humor, grappigheid, luimigheid, komiek, skerts, satire); welluidenheid,plastiek; tragiek.Die skrywer maak bewus en minder bewus van allerlei stylmiddele gebruik, byvoorbeeld:woordkeuse, beeldspraak, en andere.SpanningWord in ‘n gedig verkry deur:• uitsteltegniek (distansïering)• herhaling van ‘n kernwoord• woordkeuse• leestekens wat die tempo beïnvloed. Die tempo beïnvloed weer die toonaard• kort klanke, staccato-effek (afgemetenheid)TempoDit is ‘n baie belangrike element van ‘n gedig, want tempo suggereer of skep altyd ‘nbepaalde atmosfeer. Betekenis en tempo is ook ten nouste met mekaar verbonde. Kykna die volgende voorbeelde:“By staande waatre klaag my siellewe”Die tempo in hierdie versreël is stadig. Dit gevoel van verlatenheid en droefheidword deur hierdie stadige tempo versterk. Kyk na die volgende versreëls:“En o, met my is die windjies bly:hul spring uit die stof orenten wals en draai in dwarrelswaai26


oor my vloer, van ent tot ent:”Hier is die tempo vinnig om ‘n atmosfeer van vrolikheid en opgewektheid te skep enook die gevoel van die haastige windjies word versterk.Faktore wat tempo beïnvloed:••••Leestekens - baie leestekens vertraag die tempo, terwyl min leestekens die tempoversnel.Enjambemente - versnel die tempo.Verslengtes - kort versreëls vertraag die tempo.Dui op die uiterlike bou van ‘n gedig. Die manier waarop die gedig gedruk is. Voorbeelde:• lettertipe• lengtes van reëls• skuinsdruk (kursief/italics)• hoof- en kleinletters• leestekens• wyse waarop reëls geplaas isToonaard (atmosfeer)Kan weemoedig, opgewek, ernstig, hartseer, ensovoorts, wees.Die volgende faktore beïnvloed die toonaard van die gedig•••••••••Woordkeuse - woorde kan ‘n sekere stemming skepKlanksuggestie - kort en lang klankeVerkleinwoorde - deur verkleinwoorde kan toegeneentheid, minagting en andergevoelswaardes uitgebeeld wordDie tema van die gedig bepaal die atmosfeerEnjambement verleen ‘n soepele gang wat die toonaard bepaal‘n Snelle of langsame tempo beïnvloed die toonaardKort versreëls beïnvloed die tempo. Kort versreëls gee ‘n besliste, afgemete ofdringende toonaardDeur woorde, frases of versreëls te herhaal, kan ‘n sekere toonaard bepaal wordProgressie - ontwikkelingsgroei vind plaasDie volgende tegnieke kan aangewend word om woorde uit te hef••••Alleenplasing van woorde of sinsnedes, byvoorbeeld een of twee woorde per reëlBelangrike woorde staan gewoonlik aan die begin of einde van versreëlsVeranderde woordorde (omgekeerde woordorde/inversie)Veranderde woorde of sinsnedes27


••••••Wisseling in (verbreking van) metrumWoorde in rymposisiesHerhaling van woorde, sinsnedes en sinneKontrasteringVerkleiningFunksies:<strong>1.</strong>2.3.Dit dui op werlike verkleiningDit dui op die digter se persoonlike betrokkenheid en sy emosionele belewenisDit beïnvloed die toonaard van die gedig - dui op vertedering, liefdevolheid, minagting,ens.VoorplasingWending‘n Wending is waar daar ‘n verandering of ommekeer in die gedig is.28

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!