13.07.2015 Views

REEKS OOR GEREFORMEERD WEES: PREEK 5 Skriflesing: 2 ...

REEKS OOR GEREFORMEERD WEES: PREEK 5 Skriflesing: 2 ...

REEKS OOR GEREFORMEERD WEES: PREEK 5 Skriflesing: 2 ...

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Vers 3 – dra ontberings: Timoteus het deur ’n moeilike tyd in sy bediening gegaan: syentoesiasme het afgeneem (1:6) en hy was skaam oor die evangelie wat hy moesverkondig en oor sy mentor, Paulus, wat in die tronk was (1:8). Maar Paulus sê hymoet onthou dat alle gelowiges hulle deel van die ontberings moet dra ter wille vanJesus en sy evangelie. Om die evangelie uit te dra, is nie glansryke en roemrykewerk nie – al lyk dit soms so as mens na predikers op televisie kyk. Dit is moeilikewerk wat jou kontak bring met die donker put van swaarkry en sonde in mense selewens. Dit is ’n ontbering want jy dra die swaar laste van jou medemens ter willedaarvan dat hy die verlossing kan ontvang (v.10). Daarom moet jy bereid wees omwanneer jy uitreik met die evangelie, jou deel van die ontberings te dra.Vers 7 – oordink, oorweeg: Miskien sou Paulus se boodskap nie dadelik vir Timoteusduidelik gewees het nie, en daarom sê Paulus dat Timoteus sy woorde moet oordink– die Here sal vir hom insig gee om alles te verstaan. Timoteus moenie sommer nethals oor kop iets aanpak bloot ter wille van doen nie. Dit moet beplan wees, weldeurdag, altyd luisterend na die stem van God deur sy Woord en Gees engehoorsaam aan Hom. So moet ons uitreik ook wees.Vers 8 – onthou: Vers 8 bevat ’n geloofsbelydenis: Jesus Christus, ’n nakomeling vanDawid, is uit die dood opgewek. Paulus roep vir Timoteus op om by die kern van dieevangelie te bly – ons het dit vroeër uit 1 Korintiërs 15 ook gehoor en bely. Wantsodra ons meer as die evangelie wil verkondig, word uitreik al hoe moeiliker. Dangaan dit al meer en meer oor ons gebruike en tradisies en oortuigings oor randsakeas oor Jesus Christus as die Gekruisigde en Opgestane!Paulus beeld hierdie werkwoorde op ’n praktiese manier met drie beelde uit. Timoteus moetsoos ’n soldaat, ’n atleet en ’n boer aanhou om ter wille van die uitverkorenes uit te reik: Timoteus moet so doelgerig soos ’n goeie soldaat wees. ’n Goeie soldaat fokus netop wat sy bevelvoerder van hom verwag, en laat nie sy aandag deur bysake aftreknie. Hy bemoei hom nie met die beslommernis van die lewe nie. Hy hou sy oë gerigop sy bevelvoerder en sy taak. So moet ons ook ons oë op Jesus Christus hou enHom met toewyding volg, soos ons visie sê. Ons moet gefokus wees. Ons prys is datons vir Jesus tevrede stel. Timoteus moet soos ’n goeie atleet volgens die reëls meeding. ’n Atleet wat nie bydie reëls hou nie, word gediskwalifiseer en kan nie die prys wen nie – dink aan ’nnaelloper wat te vroeg wegspring of ’n fietsryer wat verbode middels gebruik om syprestasie te verbeter. Ons moet by die reëls van Jesus Christus hou. Ons uitreikmoet getuig van liefde teenoor ons Here omdat ons sy opdrag gehoorsaam en liefde

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!