13.07.2015 Views

REEKS OOR GEREFORMEERD WEES: PREEK 5 Skriflesing: 2 ...

REEKS OOR GEREFORMEERD WEES: PREEK 5 Skriflesing: 2 ...

REEKS OOR GEREFORMEERD WEES: PREEK 5 Skriflesing: 2 ...

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Volgens ons gereformeerde leer bely ons dat God mense uitgekies het om sy volk, sy kerk,te wees. Ons glo en bely dat ons deel van hierdie getal is. Maar ons bely ook dat die getalvan die uitverkorenes nog nie vol is nie, soos Paulus in ons teksvers stel. As kerk vanChristus het ons die opdrag om die evangelie uit te dra juis sodat die getal kan vol word.Jesus sê self dat die evangelie in die hele wêreld verkondig sal word sodat al die nasies diegetuienis kan hoor. En eers dan sal die einde kom (Mat 24:14). Die roepstem van God deursy Woord moet na alle mense toe uitgaan sodat almal wat Hy gekies het, tot geloof kan kom.En die instrument wat God hiervoor gekies het, is die kerk. Ons ken almal Jesus se opdrag:“Gaan dan na al die nasies toe en maak die mense my dissipels...” (Mat 28:19). As ons ditalles bely, broers en susters, hoekom sukkel ons dan so om gehoorsaam aan Jesus seopdrag te wees? Ons gereformeerd wees, is soms ’n hindernis in die uitleef van hierdieopdrag. Ons bedink allerlei redes hoekom ons nié moet uitreik nie: Dié wat uitverkies is, sal mos in elk geval die evangelie hoor en gered word – onshoef niks te doen nie! Net nie buitestaanders in ons kerk nie! Netnou moet ons verander om hulle tegemoette kom. Wat as ons uitreik en ’n anderskleurige persoon of ’n arm mens of ’n HIV-positiewemens of ’n homoseksuele mens kom tot bekering? Hoe dan gemaak?! Wat as ons uitreik en niks gebeur nie? Dan is ons ’n mislukking! Kom ons los maareerder. Ek klou aan my gereformeerd wees, my gereformeerde erfenis, vas. My geloof enkerk is al wat nog vir identiteit gee in ’n wêreld wat ek nie meer ken nie. Ek deel ditmet niemand nie!Ter wille van die uitverkorenesPaulus het baie dinge verduur ter wille van Christus en sy evangelie. Hy het meer as sy deelvan ontberings gedra (v.3). Die pad van gelowige wees, van dienaar van Christus wees, isnie een van maanskyn en rose nie, maar eerder een van verdrukking en swaarkry. Dieapostels en hulle opvolgers het onder die konstante wolk van doodsgevaar gewerk engeleef. Paulus was trouens self in die tronk toe hy hierdie brief skryf (v.9) en bewus daarvandat die tyd van sy dood voor die deur was (4:6). Daarom spoor Paulus vir Timoteus aan omin sy bedieningswerk, in die verkondiging van die evangelie van Christus, te volhard. Paulusse motivering om te volhard in sy werk word in ons teksvers saamgevat: “Daarom verdra ekalles ter wille van die uitverkorenes sodat ook hulle die verlossing, wat daar in ChristusJesus is, en die ewige heerlikheid kan ontvang.” Paulus het ten spyte van ontberings en

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!