13.07.2015 Views

REEKS OOR GEREFORMEERD WEES: PREEK 5 Skriflesing: 2 ...

REEKS OOR GEREFORMEERD WEES: PREEK 5 Skriflesing: 2 ...

REEKS OOR GEREFORMEERD WEES: PREEK 5 Skriflesing: 2 ...

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

REEKS OOR GEREFORMEERD WEES: PREEK 5Skriflesing: 2 Timoteus 2:1-13Teksvers: 2 Timoteus 2:10HOE MEER GEREFORMEERD, HOE MEER UITREIK!InleidingHoekom, broers en susters, sukkel ons so as gereformeerdes om uit te reik, omongelowiges met die evangelie te bereik, om werklik dissipels van alle volke, tale en nasieste maak? Natuurlik veralgemeen ek – baie gereformeerdes het deur die eeue effektiefuitgereik. Maar kom ons wees eerlik: die krisis in ons kerke van dalende getalle enverouderende gemeentes is deels – miskien selfs grotendeels – toe te skryf aan onsonvermoë – of onwilligheid – om met die Woord na mense buite ons gemeentes uit te reik.Tog behoort ons gereformeerd wees ons juis tot evangelisasie en uitreik te dwing! Ons gloen bely tog saam met Paulus dat die getal van die uitverkorenes nog nie vol is nie, endaarom moet ons alle mense met die evangelie bereik, selfs al moet ons ly ter wille vanhulle. Hoe meer gereformeerd ons is, hoe meer behoort ons uit te reik – nie minder nie!Net nie evangeliseer nie!Ons gereformeerde erfenis, broers en susters, is vir ons kosbaar. Paulus skryf in albeibriewe aan Timoteus en sy brief aan Titus oor die gesonde leer (1 Tim 1:10; Tit 1:9) watdeur die apostels aan hulle opvolgers en deur die eeue aan ons oorgelewer is. Paulusverwys daarna in vers 2: “Wat jy my voor baie getuies hoor verkondig het...” Hiermee verwysPaulus na dit wat Timoteus saam met ander gelowiges in die apostel se prediking gehoorhet, maar moontlik ook na die besondere gebeurtenis in Timoteus se lewe toe Paulus hom indie teenwoordigheid van ander gelowiges die hande opgelê het (1:6). So het die jongTimoteus sy opdrag en gesag verkry om die evangelie te verkondig en die gemeente vanChristus te versorg. En nou moes hy toesien dat hierdie gesonde leer wat hy van Paulus endie ander apostels ontvang het, aan betroubare manne toevertrou word wat dit weer aanander kan leer. Omdat Timoteus en baie ander gelowiges deur die eeue getrou was aanhierdie opdrag, het ons vandag die skat van gereformeerde leer, van gesonde leer, wat onshet. En ons moet dit koester en bewaar sodat ons dit weer aan die volgende geslag kanoordra.

Volgens ons gereformeerde leer bely ons dat God mense uitgekies het om sy volk, sy kerk,te wees. Ons glo en bely dat ons deel van hierdie getal is. Maar ons bely ook dat die getalvan die uitverkorenes nog nie vol is nie, soos Paulus in ons teksvers stel. As kerk vanChristus het ons die opdrag om die evangelie uit te dra juis sodat die getal kan vol word.Jesus sê self dat die evangelie in die hele wêreld verkondig sal word sodat al die nasies diegetuienis kan hoor. En eers dan sal die einde kom (Mat 24:14). Die roepstem van God deursy Woord moet na alle mense toe uitgaan sodat almal wat Hy gekies het, tot geloof kan kom.En die instrument wat God hiervoor gekies het, is die kerk. Ons ken almal Jesus se opdrag:“Gaan dan na al die nasies toe en maak die mense my dissipels...” (Mat 28:19). As ons ditalles bely, broers en susters, hoekom sukkel ons dan so om gehoorsaam aan Jesus seopdrag te wees? Ons gereformeerd wees, is soms ’n hindernis in die uitleef van hierdieopdrag. Ons bedink allerlei redes hoekom ons nié moet uitreik nie: Dié wat uitverkies is, sal mos in elk geval die evangelie hoor en gered word – onshoef niks te doen nie! Net nie buitestaanders in ons kerk nie! Netnou moet ons verander om hulle tegemoette kom. Wat as ons uitreik en ’n anderskleurige persoon of ’n arm mens of ’n HIV-positiewemens of ’n homoseksuele mens kom tot bekering? Hoe dan gemaak?! Wat as ons uitreik en niks gebeur nie? Dan is ons ’n mislukking! Kom ons los maareerder. Ek klou aan my gereformeerd wees, my gereformeerde erfenis, vas. My geloof enkerk is al wat nog vir identiteit gee in ’n wêreld wat ek nie meer ken nie. Ek deel ditmet niemand nie!Ter wille van die uitverkorenesPaulus het baie dinge verduur ter wille van Christus en sy evangelie. Hy het meer as sy deelvan ontberings gedra (v.3). Die pad van gelowige wees, van dienaar van Christus wees, isnie een van maanskyn en rose nie, maar eerder een van verdrukking en swaarkry. Dieapostels en hulle opvolgers het onder die konstante wolk van doodsgevaar gewerk engeleef. Paulus was trouens self in die tronk toe hy hierdie brief skryf (v.9) en bewus daarvandat die tyd van sy dood voor die deur was (4:6). Daarom spoor Paulus vir Timoteus aan omin sy bedieningswerk, in die verkondiging van die evangelie van Christus, te volhard. Paulusse motivering om te volhard in sy werk word in ons teksvers saamgevat: “Daarom verdra ekalles ter wille van die uitverkorenes sodat ook hulle die verlossing, wat daar in ChristusJesus is, en die ewige heerlikheid kan ontvang.” Paulus het ten spyte van ontberings en

vervolging en swaarkry en selfs dreigende dood steeds die evangelie verkondig, uitgereik,sodat die getal van die uitverkorenes kon vol word!Die uitverkorenes verwys terug na die Ou Testament waar die volk Israel aangedui word asdie uitverkorenes van God (Ps 135:4), en ook individue soos Moses (Ps 106:23) en Dawid(Ps 89:3) as uitverkorenes van die Here beskryf word. Ook die Kneg van die Here, dieMessias wat sou kom, Jesus Christus wat gekom het, word as die uitverkorene van Godbeskryf (Jes 42:1; Luk 9:35, 23:35). Tog was die begrip in die Ou Testament beperk totIsrael. Maar in die Nuwe Testament word die gemeente van Christus die nuwe uitverkorevolk van God, gekies uit alle volke, tale en nasies (Rom 8:33; Kol 3:12; Tit 1:1). God kies uit,Hy laat sy Woord verkondig en hulle wat Hy gekies het neem die Woord in die geloof aan.Hulle word gered en verkry so die heerlikheid van Christus (Rom 8:29-30). Dít, broer ensuster, motiveer vir Paulus om aan te hou om die Woord te verkondig aan almal wat op sypad kom – Jood en nie-Jood; gereformeerde en nie-gereformeerde; gelowige enongelowige. Dié wat reeds die evangelie gehoor en aangeneem het, moet opgebou word totdie volle heerlikheid van Christus, en dié wat dit nog nie gehoor het nie, moet op die aanhoordaarvan reageer. Dít dryf vir Paulus vorentoe, en behoort ook vir Timoteus én vir ons te dryftot uitreik, tot uitdra van die evangelie, tot dissipels maak. Ons gereformeerd wees – dit wasons op grond van die Skrif bely – moet ons juis dryf tot meer uitreik, nie minder nie!Soos ’n soldaat, atleet, boerOm aan te hou uitreik ter wille van die uitverkorenes wat nog vir God in Christus en deur syGees moet vind, gee Paulus vir Timoteus vyf opdragte. Vers 1 – wees sterk: Timoteus moet gedurig, daagliks, vasstaan in die geloof maarhy hoef dit nie in eie krag te doen nie. Die genade wat die gelowiges in JesusChristus het sal vir Timoteus laat vasstaan. Ons moet ook sterk staan in wat ons glosonder om op eie krag en eie vermoëns en eie programme en strukture en idees tevertrou. Ons moet vertrou op Jesus Christus wat belowe het: “Aan Aan My is allemag gegee in die hemel en op die aarde... En onthou: Ek is by julle al die dae tot dievoleinding van die wêreld.” (Mat 28:18, 20). Vers 2 – toevertrou aan: Timoteus moet die evangelie aan betroubare gelowigestoevertrou wat dit weer aan ander kan leer. Hierin sien ons die taak van diepredikante en ouderlinge en diakens as toerusters eerder as alles-doeners (Ef 4:12).Hulle moet elke gelowige toerus om sy of haar gawes effektief te gebruik – dan salons makliker en meer effektief uitreik. Anders verwag ons van ’n paar lidmate wat nienoodwendig die regte gawes het nie om dit te doen.

Vers 3 – dra ontberings: Timoteus het deur ’n moeilike tyd in sy bediening gegaan: syentoesiasme het afgeneem (1:6) en hy was skaam oor die evangelie wat hy moesverkondig en oor sy mentor, Paulus, wat in die tronk was (1:8). Maar Paulus sê hymoet onthou dat alle gelowiges hulle deel van die ontberings moet dra ter wille vanJesus en sy evangelie. Om die evangelie uit te dra, is nie glansryke en roemrykewerk nie – al lyk dit soms so as mens na predikers op televisie kyk. Dit is moeilikewerk wat jou kontak bring met die donker put van swaarkry en sonde in mense selewens. Dit is ’n ontbering want jy dra die swaar laste van jou medemens ter willedaarvan dat hy die verlossing kan ontvang (v.10). Daarom moet jy bereid wees omwanneer jy uitreik met die evangelie, jou deel van die ontberings te dra.Vers 7 – oordink, oorweeg: Miskien sou Paulus se boodskap nie dadelik vir Timoteusduidelik gewees het nie, en daarom sê Paulus dat Timoteus sy woorde moet oordink– die Here sal vir hom insig gee om alles te verstaan. Timoteus moenie sommer nethals oor kop iets aanpak bloot ter wille van doen nie. Dit moet beplan wees, weldeurdag, altyd luisterend na die stem van God deur sy Woord en Gees engehoorsaam aan Hom. So moet ons uitreik ook wees.Vers 8 – onthou: Vers 8 bevat ’n geloofsbelydenis: Jesus Christus, ’n nakomeling vanDawid, is uit die dood opgewek. Paulus roep vir Timoteus op om by die kern van dieevangelie te bly – ons het dit vroeër uit 1 Korintiërs 15 ook gehoor en bely. Wantsodra ons meer as die evangelie wil verkondig, word uitreik al hoe moeiliker. Dangaan dit al meer en meer oor ons gebruike en tradisies en oortuigings oor randsakeas oor Jesus Christus as die Gekruisigde en Opgestane!Paulus beeld hierdie werkwoorde op ’n praktiese manier met drie beelde uit. Timoteus moetsoos ’n soldaat, ’n atleet en ’n boer aanhou om ter wille van die uitverkorenes uit te reik: Timoteus moet so doelgerig soos ’n goeie soldaat wees. ’n Goeie soldaat fokus netop wat sy bevelvoerder van hom verwag, en laat nie sy aandag deur bysake aftreknie. Hy bemoei hom nie met die beslommernis van die lewe nie. Hy hou sy oë gerigop sy bevelvoerder en sy taak. So moet ons ook ons oë op Jesus Christus hou enHom met toewyding volg, soos ons visie sê. Ons moet gefokus wees. Ons prys is datons vir Jesus tevrede stel. Timoteus moet soos ’n goeie atleet volgens die reëls meeding. ’n Atleet wat nie bydie reëls hou nie, word gediskwalifiseer en kan nie die prys wen nie – dink aan ’nnaelloper wat te vroeg wegspring of ’n fietsryer wat verbode middels gebruik om syprestasie te verbeter. Ons moet by die reëls van Jesus Christus hou. Ons uitreikmoet getuig van liefde teenoor ons Here omdat ons sy opdrag gehoorsaam en liefde

teenoor ons medemens omdat ons onselfsugtig wil deel wat ons van Jesus ontvanghet. Ons prys is dat ons die oorwinnaarskroon behaal. Timoteus moet soos ’n goeie boer die harde werk doen om ’n deel van die oes te kry.Uitreik ís soos boerdery harde werk – miskien die hardste van alles wat in en deurdie kerk gedoen word. Maar die beloning is ook groot. Ons kry eerste ’n deel van dieoes wat sigbaar word wanneer bekeerdes by die gemeente aansluit. Maar ons kryook deel aan die geloofsgroei wat uit uitreik met die evangelie voortspruit.Om werklik uit te reik ter wille van die uitverkorenes, verg doelgerigtheid, gehoorsaamheidaan die reëls van Christus en harde werk. Maar die beloning is ook groot: Christus setevredenheid, die oorwinnaarskroon en eerste deel van die oes. Daarom moet ons uitreikmet die evangelie met alles in ons nastreef!OpsommingOm as gelowiges en as gemeente uit te reik, broers en susters, is nie ’n selfgerigte aktiwiteitnie maar juis bediening van die evangelie ter wille van hulle wat uitverkies is maar nog nietot bekering gekom het nie. Dit is by uitstek ’n liefdesdaad! En terwyl ons glo en bely dat Godons uitverkies het en sy Woord tot ons laat kom het sodat ons Hom in die geloof kon vind,moet ons deur uit te reik ook daardie geleentheid aan ander gee. So beskou, hou al onsargumente teen evangelisasie niks water nie. Kom, laat ons as kinders van God maar ookas gemeente sterk wees, ons gereformeerde erfenis toevertrou sodat dit geleer kan word,ons deel van die ontberings dra ter wille van Christus, dit goed oordink en beplan en die kernvan alles onthou: Jesus die Gekruisigde en Opgestane. As ons soos goeie soldate, atlete enboere fokus, gehoorsaam is en hard werk, sal ons die vrug daarvan ervaar: Christus setevredenheid, sy oorwinnaarskroon en die eerste deel van die oes. Ons sal sien hoe dieHere ons seën met groeiende getalle maar ook groeiende geloof totdat ons die volleheerlikheid van Christus sal ontvang!AMEN.–––oOo–––

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!