13.07.2015 Views

17 Sarel Jacob Venter.pdf - familiestories.co.za

17 Sarel Jacob Venter.pdf - familiestories.co.za

17 Sarel Jacob Venter.pdf - familiestories.co.za

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

WoonplekkeSarel en Hannie het blykbaar vir die hele duur van hul getroude lewe in die Distrik Bethulie op Broekpoort enlater Kleinfontein gewoon. Hannie het steeds op Kleinfontein gebly na Sarel se dood.EiendomSarel se pa sny ‘n gedeelte van Broekpoort af en op 23.10.1880 verkoop sy pa die deel, genaamd KleinfonteinNo. 151, wat 802 morge groot is, aan Sarel vir £300 9 . Soos bepaal deur die testament, is die plaas na Hannie sedood verkoop per openbare veiling op 30 Maart 1927 aan Max Gustaf Grunow vir £3251.2.9 10 .Kaart ???: Ligging van Kleinfontein 1511 =Kleinfontein2 =BroekpoortOnderverdeel inverskillendeplase3 =MoroccoOnderverdeel inverskillendeplase4 =ElimDeel vanBroekpoortSlykspruit loopdaardeurKerkSarel se pa was een van die stigters van die Gereformeerde Kerk in die Vrystaat. Op 10 Maart 1866 11 word die18-jarige Sarel belydende lidmaat van die GK Bethulie. Toe die Gereformeerde Kerk Bethulie in 1877 skeur,word Sarel en sy gesin lidmate van die afgeskeide sogenaamde SD-Venterkerk 12 . Op 16 September 1889 sluithulle weer aan by die GK Bethulie, nadat die SD-Venterkerk ontbind 13 .In Sarel se doodsberig op 19 September 1922 in ‘n koerant en in ‘n in memoriamberig, deur Izaak Kruger vanBloemfontein, wat in Die Kerkblad verskyn het, kom die volgende, onder andere, voor:Doodsberig:“... Sy kerk het hy gedien vanaf sy 18de jaar as voorsinger, en van sy 25ste jaar as ouderling en geruime tyd ookas Skriba. ... So het hy sy kerk minstens 36 jaar gedien, ook as Katkisasiemeester. Van sy jeug af tot laasteJanuarie (1921) het hy nog kinders voorberei vir aanneme. Dit was vir hom ‘n lus en genot om sy God en syGemeente te dien. Niks kon hom terughou van sy werk en plig.”© A. M. Martin, J. J. Martin en R. J. du Preez Sarel Jacob VenterTweede konsep

“By die geopende graf sal sy ernstige en belangstellende stem nie meer spreek nie, want as Koster kon hy somet erns wys op die kortstondigheid van die lewe, en met ‘n medelydende hart kon hy die treurende troosbreng. Ja hy was ‘n voorbeeld nie alleen in sy gesin maar ook in die Kerk en omgewing het sy lig geskyn.” “Waarsy woord van vermaning skerp was, was dit ook weer as balsem op die vermoeide siel. Hy was een van diegetroues. ....”In memoriam-berig:“... Dis vir my al, as ek my die verlede voor die gees roep, of ek hom sien rondwandel van sy huis af tuin toe metsy kierie. Ook vir my was hy ‘n waardige oue vader. Ek het, kan ek sê, my eerste pakkende indrukke enbegrippe van Godsdiens te danke aan Oom Sarel: want ‘n stille maar tewens heilsame invloed het hy van homlaat uitgaan.”“’n Reus op Godsdienstige gebied! Hy was een van die tiepiese voorbeelde van ‘n regskape, GodsvrugtigeAfrikaner vir wie Gods Woord die maatstaf was waarmee hy alles gemeet het. .... Nougeset in lewenswandel enGodsdienstige opvatting, was hy ‘n streng Kalvinistiese ou Kerkvader by uitnemendheid!”“... Hy sal gemis word deur die omgewing van Kleinfontein op wie hy ‘n heilsame invloed as ouderling vir soveeljare laat uitgaan het. Te vergeefs sal so menigeen van sy vele bekendes op Kleinfontein aangaan om by homtroos te soek vir sy ‘beklemd gemoed’”.Die Anglo-BoereoorlogFoto van die Kerkraad van die Gereformeerde Kerk Bethulie c. 1894Sarel Venter is regs voor 14Sarel was ‘n burger van die Vrystaat en was op kommando in die Anglo-Boereoorlog van 1899 tot Maart 1900.Hy het te Bethulie sy wapens neergelê, maar meld dat hy nie die eed van neutraliteit afgelê nie. Hy is toe na syplaas waar hy vertoef het totdat hy op 8 Desember 1900 weggeneem is. Hy is eers na Bloemfontein gestuur entoe na die kamp te Groenpunt. Hy verklaar dat hy daarvandaan terugkeer op 13 Julie 1901. Hy word eers na© A. M. Martin, J. J. Martin en R. J. du Preez Sarel Jacob VenterTweede konsep

die konsentrasiekamp te Bethulie gestuur en toe na die kamp te Springfontein 15 . Volgens die register vanSpringfontein Konsentrasiekamp is hy reeds daar opgeneem op 11 Julie 1901.Hannie bly aan op die plaas toe Sarel weggeneem is. Op 17 Januarie 1901 word sy gevange geneem. Sy is op 23Maart 1901 opgeneem in die Konsentrasiekamp te Springfontein. Waar sy intussen was is nie bekend nie. Saammet Hannie was haar kinders Anna Catharina (21 jr), Johanna Maria (18 jr), Daniel Jacobus (16 jr), FrederikJacobus (13 jr), Maria Cornelia (10 jr), Jan Albert (8 jr) en Hester Hendrina (7 jr). In die kamp is Anna Catharinaop 10 Oktober 1901 en Jan Albert op 4 November 1901 oorlede. 16 Daniel Jacobus het later ook geveg.Die oorlewendes van die gesin word op 9 Julie 1902 oorgeplaas na die Konsentrasiekamp in Bethulie en vertrekvandaar na die plaas op 24 Julie 1902.Sarel dien ‘n eis om skadevergoeding tydens die oorlog in 17 . Die eis sluit, onder andere, skadevergoeding vir dieverlies van ‘n ossewa, ‘n viersitplek perdekar, 25 perde, 23 beeste, 324 skape en graan, skade aan meubels endie skade aan ‘n kamer se dak as gevolg van ‘n brand, in.Die gesinSarel en Hannie het 14 18 kinders gehad. Die eerste kind is gebore toe Hannie 15 jaar en Sarel 21 jaar oud was endie laaste kind toe hulle 41 en 47 jaar oud was, onderskeidelik. Toe die jongste kind gebore is, was die oudstekind reeds 25 jaar oud.Twee van die kinders is in die konsentrasiekamp oorlede, nl. Anna Catharina (20 jr) en Jan Albert (bykans 9 jr).Hulle seun, Jan Adriaan is oorlede as krygsgevangene op pad na Indië. Die eerste Andries Johannes Harm enStephanus Petrus is moontlik vroeg oorlede. Nege van die kinders is getroud en het hul eie gesinne gehad.Die kinders was soos volg:ooooooooooooooJacobus Johannes, getroud agtereenvolgens met Anna Catharina Jansen van Vuuren, Anna Maria vanZyl en Aletta Susanna Catharina Schoeman.Andries Johannes Harm. Vroeg oorlede.Sarel Jacob, getroud met Anna Maria Venter.Anna Maria, getroud met Jacobus Johannes van der Walt.Andries Johannes Harm, agtereenvolgens getroud met Anna Maria van der Walt en Maria ElizabethVenter.Jan Adriaan, oorlede as Krygsgevangene gedurende die Anglo-Boereoorlog.Anna Catharina, oorlede in die konsentrasiekamp.Johanna Maria, getroud met Jan Adriaan van der Walt.Daniel Jacobus, getroud met Martha Maria Elizabeth Kruger.Stephanus Petrus. Moontlik vroeg oorlede.Frederik Jacobus, getroud met Elizabeth Maria Kruger.Maria Cornelia, getroud met Stephanus Tjaart van der Walt.Jan Albert, oorlede in die konsentrasiekamp.Hester Hendrina, getroud met Johannes Anthonie Venter.Die Anglo-Boereoorlog het nie die gesin onaangeraak gelaat nie. Drie van Sarel en Annie se eie kinders isoorlede en een skoondogter. Van die gesin self was Sarel, Annie en sewe kinders in die konsentrasiekamp. Eenvan hulle kinders is krygsgevangene geneem en twee seuns en ’n skoonseun het geveg en die wapens neergelê.Sewentien van hulle kleinkinders was in konsentrasiekampe en agt of nege is daar oorlede.In 1918 het ‘n griepepidemie – die “Groot Griep” - deur die land getrek en baie mense is oorlede. In ‘n brief van19 Oktober 1918, wat deur Sarel geskryf is, deel hy mee dat Hannie en hul seun Danie ook die griep (“deinfluenza”) opgedoen het, maar dat dit beter gaan met hulle.© A. M. Martin, J. J. Martin en R. J. du Preez Sarel Jacob VenterTweede konsep

Uittreksel uit ’n brief van 29 Oktober 1918 geskryf deur Sarel:“… uwe moeder en Daniel heef ook de influenza gehad en zij was ernstig ziek en is ook nog niet geheelhersteld doch het gaat toch door de goedheid des Heren langzamerhan beter mooge de Heere tog verder demiddelen zegenen ter herstelling de ziekte is hier maar ernstig hier is al veele gevallen met den doodgeeïndigd en wij weten niet hoe het verder zal aflopen onze familie is nog tamelijk …”Laaste lewensjareSarel is op op 11 Augustus 1922 in Bethulie oorlede. Hannievertel oor sy sterfte in ‘n brief van 19 Augustus 1922 aan haardogter Annie daarvan:Hannie skryf dat Sarel drie dae voor hy siek geword het, ophaar 69ste verjaardag (17 Julie 1922) met haar gepraat het. Hyhet gepraat oor hoe hulle geseënd was om so lank saam tekan leef. Hy het ook daarna verwys dat hulle ‘n groot gesin heten dat nie een van die kinders ‘n gebrek het nie: “... of blind isof sonder Verstand ...” Hy was ook so dankbaar vir hoe sy homversorg. Toe sy sê dat sy te swak is om dit goed te doen het hygesê dat sy steeds sy koffie aandra “... met de ou beewendehankies.”Daar was drie dae voor sy dood aansienlike beterskap, maar syhart het ingegee. Hy het gesê dat hy wens om ontbonde tewees en met Christus te wees. Tog kon hy hom nie van Annieloskry nie. Die aand voor sy dood het hy en Annie saam ge-eet.Hy het baie gepraat en wanneer Annie sê dat hy nie so baiemoet praat nie omdat dit sleg vir hom is “... seg hy moet wantdie tong sal haas zwyg”. Annie en die drie seuns Jacobus, Sareljr. en Danie was teenwoordig toe hy sterf. Die predikant hetSarel se hand vasgehou “... tot de asem uit was ...”.Hulle het Sarel in die begraafplaas op die dorp begrawe “...Sarel se graf in die Bethulie Begraafplaas want daar word de grafte tog altyd in orde gehou ik het toeook voor my laans sy graf een gekoop ...”. Daar was 350 mense by die begrafnis. Psalms 145:6, 68:2 en 146:3 isgesing.© A. M. Martin, J. J. Martin en R. J. du Preez Sarel Jacob VenterTweede konsep

Met die bereddering van Sarel se boedel is die grootte daarvan waardeer op £1718.6.6. In die boedel wasKleinfontein en, onder andere, 66 skape, 40 bokke, 4 perde, 7 beeste, ‘n kapkar en ‘n bokkiekar 19 . Uit diedokumente blyk dat Sarel ‘n eerste, tweede en derde verband op die plaas uitgeneem het wat £500 bedra het.Kleinfontein het in Hannie se besit gebly volgens hulle testament. Sy het egter in September 1922 problemegehad om die boedelbelasting by te bring en het daaraan gedink om ‘n klein verband op die plaas te neem. Syhet ook besluit om ‘n gedeelte van die plaas te verhuur vir inkomste. Dit het daardie tyd nie goed gegaan nie: “... het gaat met de groot vee niet goed hier is al 6 beeste dood in die hings paart van u overleden Vader is ookaan de zweer siekte dood ...”. 20In ‘n brief van 15 November 1922 vertel Hannie dat haar seun Danie nou by haar op Kleinfontein is en dat hulle‘n kamer vir haar ingerig het waar sy naby hulle kan slaap. Haar kleinkind, Danie, slaap by haar in die kamer.Uit die briewe van Hannie blyk dit dat sy sieklik was. Die laaste van die briewe wat behoue gebly het is gedateer1 Februarie 1926. Daarin meld sy dat hulle die 24ste Januarie nagmaal gevier het en dat Ds. Yssel twee pragtigepreke gelewer het. Sy meld dat 52 kinders belydenis van geloof afgelê het. In die groep was Lettie van Jacobus(g1) en Sarel van Danie (g8).Uittreksel uit Hannie se brief van 1 Februarie 1926:“… Dierbare kinders met die gezontheit nog bietje aan net die pyne in my arms plaag in ik wens het allenbeste dat jullie dese in goede gezontheit mog ontvang Annie ik het hede u wilkomende brief met grotedank ontvang ik het soo verlangent uitgesien …”Hannie is op 5 Desember 1926 te Kleinfontein oorlede. Volgens die doodsberig sterf sy as gevolg van “...buikwater ... na ‘n smartvolle lyding van vyf weke wat sy met geduld gedra het altyd gelowig, die oog gevestigop die aflossing van Jesus, haar Verlosser ...” In die begrafnisbrief word gemeld: “Kort voor haar dood het synog laat sing, en met gebroke stem mee gesing Psalm 118:9”. Alhoewel sy ‘n graf in die begraafplaas teBethulie gekoop het, is sy nie daar begrawe nie.© A. M. Martin, J. J. Martin en R. J. du Preez Sarel Jacob VenterTweede konsep

Sketse oor Sarel enHannie se kinders© A. M. Martin, J. J. Martin en R. J. du Preez Sarel Jacob VenterTweede konsep

Jacobus Johannes Venter (g1) (1868 – 1947)OriëntasieJacobus 21 is gebore in 1868 en oorlede in 1947 in die ouderdom van 78 jaar. Hy was ‘nboer te Bethulie en woon teen sy dood in die Distrik Schweizer Reneke.Hy was drie keer getroud. Hy trou in 1888 met Anna 22 van Vuuren. Hulle het een kindgehad en sy is ‘n dag na haar kind se geboorte oorlede in 1889. Daarna trou Jacobusmet Anna Maria van Zyl. Hulle het vyf kinders gehad, waarvan een volwassenheidbereik. Anna Maria is oorlede in 1901. Jacobus se derde huwelik is met Aletta 23Schoeman. Aletta was ‘n weduwee Olivier en het twee kinders gehad. Jacobus enAletta het ook twee kinders gehad. Sy is oorlede in 1950 in die ouderdom van 81 jaar.Jacobus neem deel aan die Anglo-Boereoorlog, word krygsgevange geneem en naDiyatalawa in Ceylon gestuur op die Bavarian 24 . Hy keer terug op 27.12.1902 25 . Sy vrouAnna Maria en die ses kinders was in die konsentrasiekamp te Springfontein. Daar isAnna Maria en vier van haar kinders oorlede met die gevolg dat net een van haar eiekinders oorleef 26 .Aletta SchoemanToe die Anglo-Boere-oorlog plaasvind, was Jacobus ’n bywoner wat boer opKleinfontein naby Bethulie. Teen 1927 het Jacobus op die plaas Remhoogte in dieBethulie Distrik gewoon. Kort voor sy dood het hy grond verkoop, vermoedelik in dieSchweizer Reneke Distrik. Volgens sy boedel was die gesin, wat ookouderdomspensioen ontvang het, redelik arm.Genealogiese gegewensg1 VENTER, Jacobus Johannes: *Bethulie Distr., Ongeluksfontein 6.11.1868 27 ; ≈Bethulie GK 29.11.1868 28 ;†Schweizer Reneke 14.4.1947 29 .x Bethulie Distr. 23.7.1888 30 : VAN VUUREN, Anna Catharina Jansen: *c. 3.8.1871 31 ; ≈Bethulie 29.11.1868 32 ;†Bethulie Distr., Klipfontein 8.10.1889 33 . Dogter van Stephanus Petrus JANSE VAN VUUREN en Maria ElizabethCOETZEE.xx Plek Datum VAN ZYL, Anna Maria: *Molteno Januarie 1870 34 ; †Springfontein Konsentrasiekamp 24.7.1901 35 .Dogter van Daniel Petrus van Zyl en Anna Sophia de Kock 36 .xxx Plek Datum c. 1905 37 : SCHOEMAN, Aletta Susanna Catharina: *Plek 27.11.1868 38 ; †Schweizer Reneke22.7.1950 39 . Dogter van Philippus Cornelius Schoeman en Helena Hendrina Catharina Michau.[Sy x OLIVIER, Jan Daniel OLIVIER 40 .]VENTER, Jacobus JohannesTweede huwelik: Plek en DatumDerde huwelik: Plek en datum c1905SCHOEMAN, Aletta Susanna CatharinaGeboorteplek (27.11.1868)© A. M. Martin, J. J. Martin en R. J. du Preez Sarel Jacob VenterTweede konsep

Andries Johannes Harm Venter (g2)Oriëntasie(c. 1871 – ?)Andries Johannes Harm is gebore in 1871 en gedoop te Bethulie in dieselfde jaar. Hy dra die name van sy oupaDe Kock aan moederskant. Hy is waarskynlik jonk oorlede na Mei 1872 toe sy jonger broer vernoem is na dié sepa, en voor April 1876 toe die naam weer gebruik is vir sy broer (g5).Genealogiese gegewensg2 VENTER, Andries Johannes Harm: *Smithfield Distr., Truidjiesfontein 41 c. 1871 42 ; ≈Bethulie 13.3.1871 43 .© A. M. Martin, J. J. Martin en R. J. du Preez Sarel Jacob VenterTweede konsep

Sarel Jacob Venter (g3) (1872 – 1939)OriëntasieGenealogiese gegewensSarel 44 is gebore in 1872 en is oorlede in 1939 in die ouderdom van 67 jaar. Hy was ‘nboer. Teen die Anglo-Boere-oorlog word aangedui dat hy ’n bywoner te Kleinfonteinnaby Bethulie is. Later woon die egpaar te Springfontein.Hy trou toe hy 21 jaar oud is in 1894 met die 18-jarige Anna Maria Venter. Sy is geboreomstreeks 1876 en oorlede toe sy 63 jaar oud was in 1939. Sover vasgestel kon wordhet hulle agt kinders gehad, waarvan twee voor hul ouers oorlede is.Sarel neem deel aan die Anglo-Boere-Oorlog en lê sy wapens neer in 1901. Hy wordgevange geneem en in Groenpunt en later in die Springfontein Konsentrasiekamp 45 ,saam met sy gesin, aangehou. Anna Maria kom in die Springfontein Konsentrasiekampaan op 23 Maart 1901 met haar kinders Sarel Jacob (5 jaar), Johanna Maria SophiaDorothea (3 jaar) en Anna Maria (7 maande) 46 .Sarel is net meer as ’n maand na Anna Maria oorlede in 1939. Hulle het drie erwe teSpringfontein besit, met ’n huis op een van die erwe. Volgens die boedel was hulle arm.g3 VENTER, Sarel Jacob: *Bethulie Distr. 26.5.1872 47 ; ≈Bethulie GK 7.7.1872 48 ; †Springfontein 25.8.1939 49 ,ΩSpringfontein Begraafplaas.x Bethulie 18.3.1894 50 : VENTER, Anna Maria: *Boshof Dist. c. 1876 51 ; †Springfontein 22.7.1939 52 .ΩSpringfontein Begraafplaas. Dogter van Jan Adriaan Venter en Magdalena Catharina Cornelia De Kock 53 .VENTER, Anna MariaGeboortedatum (Boshofdistrik)© A. M. Martin, J. J. Martin en R. J. du Preez Sarel Jacob VenterTweede konsep

Anna Maria Venter (g4) (1874 –1939)OriëntasieGenealogiese gegewensAnnie Venter is gebore in 1874 en oorlede in 1939 toe sy 64 jaar oud was.Sy trou toe sy 17 jaar oud is met Koos van der Walt wat toe 18 jaar oud was. Hy isgebore in 1874 en is oorlede in 1946 in die ouderdom van 72 jaar. Hy was ‘n boer indie Boshof Distrik en op Christiana.Hulle huwelik duur meer as 46 jaar en hulle het 15 kinders gehad, waarvan vier vroegoorlede is. Na Annie se dood in 1939 trou Koos met Anna Fourie, ‘n weduwee DuPlessis. Hulle woon op De Aar.Koos neem deel aan die Anglo-Boere-Oorlog. Hy lê die wapen neer in Mei 1900 enneem die eed van neutraliteit. Hy word gevange geneem en na Bermuda gestuur.Annie is aangehou in die Bloemfontein Konsentrasiekamp en drie van hulle kleinkindertjies is daar oorlede.Koos en Annie se storie en gegewens verskyn in Hoofstuk 16.g5 VAN DER WALT, Jacobus Johannes: * Boshof 25.2.1874; ≈ Bethulie GK 15.3.1874; † De Aar 5.10.1946; ΩChristiana ou begraafplaas.x Bethulie GK 30.5.1892: Anna Maria VENTER: * Bethulie 13.7.1874; ≈ Bethulie GK 16.8.1874; † Christiana25.2.1839; Ω Christiana ou begraafplaas. Dogter van Sarel Jacob Venter en Johanna Maria Sophia Dorothea deKock.Xx Jacobsdal Datum: Anna Fourie: * Plek Datum; ≈ Plek Datum; † Plek Datum. Dogter van naam en naam.Voorheen getroud met Charl du Plessis.© A. M. Martin, J. J. Martin en R. J. du Preez Sarel Jacob VenterTweede konsep

Andries Johannes Harm Venter (g5)Oriëntasie(1876 – 1950)Andries 54 is gebore in 1876 en in die ouderdom van 74 jaar oorlede in 1950. Hy was ‘nblykbaar ’n boer. Teen 1900 woon hulle op die plaas van Rondefontein van syskoonouers naby Jagersfontein. Hy woon later in ’n spoorweghuis naby Jagersfontein.Teen sy afsterwe woon hy in Bloemfontein.Andries trou in 1879 met sy niggie Anna Maria van der Walt. Anna Maria is gebore in1876 en sy is in 1919 oorlede in die ouderdom van 43 jaar. Hulle het vier of vyf kindersgehad. Andries trou daarna met Maria Elizabeth Venter. Sy is gebore in 1887. Hulle hettwee kinders gehad.Met die uitbreek van die Anglo-Boereoorlog in 1899 was Andries op kommando. Hyhet wapens neergelê en is op 13 Julie 1901 in die Konsentrasiekamp Norvalspontopgeneem 55 . Anna Maria is in die Konsentrasiekamp opgeneem met drie kinders. Eenof twee van die kinders is oorlede op 6 Augustus 1901 56 . Hulle is blykbaar op 2September 1902 vanaf die konsentrasiekamp terug plaas toe.Genealogiese gegewensg5 VENTER, Andries Johannes Harm: *Bethulie 28.4.1876 57 : ≈Bethulie GK 3.6.1877 58 ; †Bloemfontein15.7.1950 59 .x Fauresmith (Jagersfontein) 60 17.5.1897 61 : VAN DER WALT, Anna Maria: *Edenburg Distr., April 1876 62 ;†Phillipolis 2.12.1919 63 . Dogter van Charl (Sarel) Jacobus VAN DER WALT en Maria Francina Johanna DE KOCK .xx Petrusburg 64 : VENTER, Maria Elizabeth: *9.6.1887 65 ; ≈Petrusburg 66 . Dogter van Jan Frederik Venter enLevina Cecilia Erasmus. Sy was voorheen met ’n Viljoen getroud.VENTER, Andries Johannes HarmTweede huwelik: Datum: PetrusburgVENTER, Maria ElizabethGeboortplek (9.6.1887)Doopdatum (Petrusburg)Sterfdatum en -plek© A. M. Martin, J. J. Martin en R. J. du Preez Sarel Jacob VenterTweede konsep

Jan Adriaan Venter (g6) (1879 – ?)OriëntasieJan Adriaan het nie in die geslagsregisters voorgekom nie. Sy doop is egter aangeteken in die doopregister vandie Gereformeerde Kerk, Bethulie. Daar is aangedui dat hy op Cyferfontein gebore is op 11 Maart 1879. Hy isgedoop op 6 April 1879 as die kind van S J Venter JJsn en J M S D de Cock AJH docht. Hy het dieselfde name assy Oupagrootjie Venter. Volgens die eis om oorlogskadevergoeding van sy pa, was Jan Adriaan gedurende dieAnglo-Boere-oorlog op Kommando 67 . Hy was nagenoeg 20 jaar oud toe die oorlog uitbreek. Hy sterf op pad naIndië. (Daar kon nie op die krygsgevangene databasis so iemand opgespoor word nie.)Genealogiese gegewensg6 VENTER, Jan Adriaan: *Cyferfontein Distr. 68 Bethulie 11.3.1879; ≈Bethulie GK 6.4.1879 69 ; †Plek DatumVENTER, Jan AdriaanKrygsgevangene rekord sterfte op pad na Indië.Sterfplek en -datum© A. M. Martin, J. J. Martin en R. J. du Preez Sarel Jacob VenterTweede konsep

Anna Catharina Venter (g7) (1881 – 1901)OriëntasieAnna Catharina is gebore in 1881 en is oorlede toe sy 20 jaar oud was in 1901 in die hospitaal van dieSpringfontein Konsentrasiekamp aan longontsteking. In daardie stadium het sy nog by haar ouers gewoon. Sy isop 23 Maart 1901 saam met haar ma opgeneem in die Konsentrasiekamp te Springfontein.Daar word in die stamregisters oor die Venters 70 aangedui dat Anna Catharina getroud was met JohannesJacobus van der Walt. Haar sterfkennisgewing dui aan dat sy nie getroud was nie en die Johannes Jacobus vander Walt kon nie tussen die Van der Walts in SAG 14 opgespoor word nie. Die huwelik word gevolglik nie hieraangedui nie.Genealogiese gegewensg7 VENTER, Anna Catharina: *Bethulie Distr., Morocco 20.2.1881 71 ; ≈Bethulie GK 20.3.1881 72 ; †SpringfonteinKonsentrasiekamp 10.10.1901 73 .© A. M. Martin, J. J. Martin en R. J. du Preez Sarel Jacob VenterTweede konsep

Johanna Maria Venter (g8) (1883 – ?)OriëntasieJohanna 74 is gebore op 18 Januarie 1883 en gedoop in dieGereformeerde Kerk Bethulie. Sy is oorlede in in 1946 toe sy 62 jaaroud was.Toe sy byna 20 jaar oud is, trou sy met die 21-jarige Jan 75 van der Waltwat toe ’n skrynwerker was. Hy is gebore in 1881 en oorlede in 1948op 66-jarige ouderdom. Vir hulle is vier kinders aangeteken. Teen die einde van hul lewens was hulle woonagtigin Machadodorp en omgewing.Johanna is op 23 Maart 1901 saam met haar moeder opgeneem in die Konsentrasiekamp te Springfontein. Dieoorlewendes van die gesin word op 9 Julie 1902 oorgeplaas na die Konsentrasiekamp in Bethulie en vertrekvandaar na die plaas op 24 Julie 1902.Genealogiese gegewensg8 VENTER, Johanna Maria: *Bethulie 18.1.1883 76 ; ≈Bethulie GK 18.2.1883 77 : †Belfast Distrik, Machadodorp,Rietfontein 18.7.1945 78 .x Bethulie GK 5.1.1903 79 : VAN DER WALT, Jan Adriaan: *Bethulie 5.9.1881 80 ; ≈ Bethulie GK 2.10.1881 81 ; †Machadodorp 29.2.1948 82 . Seun van Johannes Jacobus Petrus Van der Walt en Anna Catharina Venter.[Jan Adriaanxx Pretoria: KRAAYENBURG, Susanna Jacoba Gertruida. Weduwee Korff.]VAN DER WALT, Jan AdriaanJan, Johanna en die ABO© A. M. Martin, J. J. Martin en R. J. du Preez Sarel Jacob VenterTweede konsep

Daniel Jacobus Venter (g9) (1884 – ?)OriëntasieDaniel 83 is gebore in 1884. Hy was ’n onderwyser en boer.Hy boer tot na 1926 op sy ouers se plaas Kleinfontein 84 .In 1906 trou die 21-jarige Daniel met Martie Kruger wat 17jaar oud was. Martie is gebore in 1888.Danie en Martie met twee van die kindersGenealogiese gegewensDaniel was net jonger as 15 jaar toe die Anglo-Boere-oorloguitbreek. Nadat hy aanvanklik in die Konsentrasiekampsaam met sy moeder was, was hy op Kommando. Wat toe?Martie ??g9 VENTER, Daniel Jacobus: *Bethulie 17.11.1884 85 ; ≈21.12.1884 86 ; †Plek Datum.x Bethulie GK 7.5.1906 87 : KRUGER, Martha Maria Elizabeth Jacoba: *Plek 7.10.1888 88 ; ≈Dordrecht GK11.11.1888 89 ; †Plek Datum. Dogter van Izak Jacobus Kruger en Martha Elizabeth De Bruin.VENTER, Daniel JacobusSterfplek DatumDanie en ABOABO – Kyk weer vir detail op Sarel se eis CJC 1321 Verw. 619KRUGER, Martha Maria Elizabeth JacobaGeboorteplek 7.10.1888Sterfplek DatumMartie en die ABO – konsentrasiekamp saam met ouers?Danie en Martie© A. M. Martin, J. J. Martin en R. J. du Preez Sarel Jacob VenterTweede konsep

Stephanus Petrus Venter (g10) (1886 – ?)OriëntasieStephanus Petrus is gebore op 19 November 1886 en hy is gedoop in die Gereformeerde Kerk Bethulie op 2Januarie 1887. By sy doop word die ouers aangegee as Sarel Jacob Venter en J S M D de Cock. 90Stephanus Petrus se naam kom nie voor in die Springfontein Konsentrasiekamp se register waar sy ma en diekinders wat saam met haar in die kamp was, aangeteken is nie. Sy naam kom ook nie op die sterfkennisgewingsvan Sarel en Hannie voor nie. Dit is dus heelwaarskynlik dat hy vroeg oorlede is.Genealogiese gegewensg10 VENTER, Stephanus Petrus: *Plek 19.11.1886 91 ; ≈Bethulie 2.1.1887 92 ; †Plek Datum.VENTER, Stephanus PetrusSterfplek en -datum© A. M. Martin, J. J. Martin en R. J. du Preez Sarel Jacob VenterTweede konsep

Frederick Jacobus Venter (g11) (1888 – ?)OriëntasieDrikkie (Friedruk 93 ) (Vadertjie) is gebore in 1888. Toe hy getroud is,was hy ’n polisieman. Hy woon op 13.1.1927 te Petrus Steyn 94 .Ander beroepe?Toe hy 27 jaar oud was, trou hy te Bethulie met die 19-jarige BettieKruger. Bettie 95 was van Broekpoort in die Bethulie Distrik. Sy isgebore in 1895 en sterf in jaar op ??-jarige ouderdom. Sy was ’nsuster van Daniel (g9) se vrou Martie. Hulle het ?? kinders gehad.Drikkie en Bettie Venter met kindersDrikkie is op 23 Maart 1901 opgeneem in die Konsentrasiekamp teSpringfontein saam met sy moeder en van haar jonger kinders. Dieoorlewendes van die gesin word op 9 Julie 1902 oorgeplaas na dieKonsentrasiekamp in Bethulie en vertrek vandaar na die plaas op 24Julie 1902.Bettie konsentrasiekamp?Genealogiese gegewensg11 VENTER, Frederik Jacobus: *Bethulie 19.5.1888 96 ; ≈Bethulie GK1.7.1888 97 ; †Plek Datum.x Bethulie GK 1.6.1915 98 : KRUGER, Elizabeth Maria: *Plek10.11.1895 99 ; ≈Bethulie GK 29.12.1895 100 : †Plek Datum. Dogter vanIzak Jacobus Kruger en Martha Elizabeth De Bruin.VENTER, Frederik JacobusSterfplek DatumKRUGER, Elizabeth MariaSterfplek DatumBettie konsentrasiekamp?© A. M. Martin, J. J. Martin en R. J. du Preez Sarel Jacob VenterTweede konsep

Maria Cornelia Venter (g12) (1890 – ?)OriëntasieMaria 101 is gebore in 1890 en gedoop te Bethulie op 2 November1890.Die ??-jarige Maria trou in jaar met die ??-jarige Faan (Vaan 102 ) vander Walt wat gebore in jaar en oorlede in jaar toe hy ?? jaar oud was. Hulle woon in 1922 in Bethulie, waarFaan blykbaar poog om ’n lewe te maak met transportry 103 . Hulle het ?? kinders gehad.Maria is op 23 Maart 1901 opgeneem in die Konsentrasiekamp te Springfontein saam met haar moeder. Sy wastoe 10 jaar oud. Die oorlewendes van die gesin word op 9 Julie 1902 oorgeplaas na die Konsentrasiekamp inBethulie en vertrek vandaar na die plaas op 24 Julie 1902. Faan Konsentrasiekamp?Genealogiese gegewensg12 VENTER, Maria Cornelia: *Bethulie 5.10.1890 104 ; ≈Bethulie GK 9.11.1890 105 :†Plek Datum.x Plek Datum: VAN DER WALT, Stephanus Tjaart 106 : *Plek Datum; ≈Plek Datum;†Plek Datum. Seun van naam en naam.VENTER, Maria CorneliaSterfplek DatumHuweliksplek en -datumGetal kindersVAN DER WALT, Stephanus TjaartGeboorteplek DatumDoopplek DatumSterfplek DatumOuers se nameKonsentrasiekamp?© A. M. Martin, J. J. Martin en R. J. du Preez Sarel Jacob VenterTweede konsep

Jan Albert Venter (g13) (1892 – 1901)OriëntasieJan Albert is gebore in 1892 en gedoop te Bethulie op 8 Januarie 1893. Hy is op 23 Maart 1901 opgeneem in dieKonsentrasiekamp te Springfontein toe hy 8 jaar oud is, saam met sy moeder en van haar jonger kinders. Hy isin die kamp oorlede op 4 November 1901 toe hy bykans nege jaar oud was.Genealogiese gegewensg13 VENTER, Jan Albert: *Bethulie Distr., Kleinfontein 19.11.1892 107 ; ≈Bethulie GK 8.1.1993 108 ; †SpringfonteinKonsentrasiekamp 4.11.1901 109 .© A. M. Martin, J. J. Martin en R. J. du Preez Sarel Jacob VenterTweede konsep

Hester Hendrina Venter (g14) (1894 – ?)OriëntasieHester 110 is gebore in 1894 en te Bethulie gedoop op 18 November1894. Hester is gebore in 1894 en was ?? jaar oud toe sy in jaar oorledeis.Hester trou toe sy 17 jaar oud is met die 20-jarige Johannes 111 Venterwat gebore in 1891 en oorlede is in 19?? Hy was ‘n beroep. Hulle het?? kinders gehad.Sy is op 23 Maart 1901 opgeneem in die Konsentrasiekamp teSpringfontein saam met haar moeder en die jonger kinders in die gesin.Sy was toe 6½ jaar oud. Die oorlewendes van die gesin word op 9 Julie1902 oorgeplaas na die Konsentrasiekamp in Bethulie en vertrekvandaar na die plaas op 24 Julie 1902.Genealogiese gegewensg14 VENTER, Hester Hendrina: *Bethulie 1.10.1894 112 ; ≈Bethulie GK 18.11.1894 113 ; †Plek Datum.x Plek 18.12.1911 114 : VENTER, Johannes Anthonie: *Plek 22.9.1891 115 ; ≈Bethulie 4.10.1891 116 ; †Plek Datum.Seun van Jan Adriaan VENTER en Susanna Johanna DU PLESSISVENTER, Hester HendrinaSterfplek en –datumGetal kindersHuweliksplek (18.12.1911)VENTER, Johannes AnthonieGeboorteplek (22.9.1891)Sterfplek en –datumJohannes Konsentrasiekamp.1 Venter, B. J.; Venter J. A.; Venter M. A. : Die Venter familie van Suid-Afrika: Uittreksel uit ongeredigeerde databasis, e-pos11 Oktober 2004. Uittreksel voorberei vir Roelf du Preez. Volgens Sterfkennis VAB MHG 15632 is die geboortedatum23.4.1847. In SAG 14, bl. 61 word ook 26.4.1847 aanvaar.2 Venter, B. J.; Venter J. A.; Venter M. A. : Die Venter familie van Suid-Afrika.3 VAB MHG 15632.4 GKSA Argief: Huweliksregister Bethulie 5.1.1.5 SAG 4, bl. 374.6 VAB MHG 19175.7 SAG 4, bl.374.8 De Kock a5b4c4d5e3 en e4, SAG 4, bl. 374.9 VAB AKT 2/1/1/32.10 VAB MHG 15632.11 GKSA Argief: Lidmaatregister Bethulie: 3.1.1.12 GKSA Argief: Lidmaatregister Bethulie: SD Venter-Kerk: 3.1.2.© A. M. Martin, J. J. Martin en R. J. du Preez Sarel Jacob VenterTweede konsep

13 GKSA Argief: Lidmaatregister Bethulie: 3.1.1.14 Krüger, B. R. 1959. Historiese Foto’s Versamel en van byskrifte voorsien deur Dr. B. R.Krüger. Gepubliseer in: Du Toit, S.(Voorsitter van Eindredaksie). 1959. Die Gereformeerde Kerk in Suid-Afrika 1859 – 1959. Gedenkboek by geleentheid van dieeeufees. Versprei deur Die Kerkblad. Noordbrug, Potchefstroom. Bl. 406.15 TAB CJC 1321 Verw. 619.16 Konsentrasiekamp Springfontein: Register.17 TAB CJC 1321 verw. 619.18 SAG 14, Bl. 62 dui aan dat daar ’n kind Jan Antonie (b5c2d10e8f6g6) is. Dit was ’n fout van hierdie skrywer tydens dieverstrekking van gegewens aan Prof. Barend Venter, wat die gegewens weer vir die samestelling van SAG 14 se Ventersbeskikbaar gestel het.19 VAB MHG 15632.20 Brief van 21 September 1922 aanhaar dogter Anna Maria. In skrywers se besit.21 So genoem in brief van sy moeder van 19 Augustus 1922 aan Annie (g4).22 Noemnaam onbekend. Gebruik Anna.23 Noemnaam onbekend. Gebruik Aletta.24 Museum van die Anglo-Boereoorlog. Webwerf. Databasis oor Krygsgevangenes. http://www.anglo-boer.co.za/25 VAB SRC 74.26 VAB SRC 87 en VAB MHG V 1179.27 GKSA Argief: Doopregister Bethulie: 4.1.2. Doopregister dui plaas aan as in Smithfield Distrik.28 GKSA Argief: Doopregister Bethulie: 4.1.2.29 TAB MHG 1937/47.30 GKSA Argief Huweliksrtegister Bethulie 5.1.2.31 Venter, B. J.; Venter J. A.; Venter M. A. : Die Venter familie van Suid-Afrika. Bl. 59.32 GKSA Argief: Doopregister Bethulie: 4.1.2..33 VAB MHG V462.34 SAG 14, bl. 61.35 SAG 14, bl. 61 en VAB SRC 87, bl 27.36 SAG 14, bl. 61.37 SAG 14, bl. 61.38 SAG 11, bl. 39.39 Venter, B. J.; Venter J. A.; Venter M. A. : Die Venter familie van Suid-Afrika. Bl. 59.40 SAG 11, Bl. 39.41 GKSA Argief: Doopregister Bethulie: 4.1.2.42 Afgelei van doopdatum.43 GKSA Argief: Doopregister Bethulie: 4.1.2.44 So genoem in briewe van sy moeder aan Annie (g4).45 TAB CJC 1321 Verw. 616.46 VAB SRC 87.47 GKSA Argief: Doopregister Bethulie: 4.1.2 en VAB MHG 31175.48 GKSA Argief: Doopregister Bethulie: 4.1.2.49 VAB MHG 31175.50 Argief GKSA: Huweliksregister Bethulie 5.1.1.51 SAG 14, Ble. 62 en 103.52 VAB MHG 31088.53 SAG 14, bl.62.54 So genoem in twee briewe van sy moeder aan Annie (g4).55 Van Heyningen, Elizabeth en navorsingsassistente. Brittish Concentration Camps of the South African War. Webwerfhttp://www.lib.uct.ac.za/mss/bccd/. Geraadpleeg 25.5.2011. Verwysing SRC 85 Norvals Pont CR en Unieke ID 43812.56 Van Heyningen, Elizabeth en navorsingsassistente. Brittish Concentration Camps of the South African War. Webwerfhttp://www.lib.uct.ac.za/mss/bccd/. Geraadpleeg 25.5.2011. Verwysing RS 30 ORC DL en Unieke ID 43814 en SRC 85 NorvalPont CR en Unieke ID 43813.57 GKSA Argief: Doopregister Bethulie: 4.1.2.58 GKSA Argief: Doopregister Bethulie: 4.1.2.59 VAB MHG 878/50.60 Venter, B. J.; Venter J. A.; Venter M. A. : Die Venter familie van Suid-Afrika dui aan dat hulle op Jagersfontein getroud is.Haar Sterfkennis dui aan dat hulle op Rondefontein in die Distrik Fauresmith getroud is.61 Venter, B. J.; Venter J. A.; Venter M. A. : Die Venter familie van Suid-Afrika. Bl. 60.62 Venter, B. J.; Venter J. A.; Venter M. A. : Die Venter familie van Suid-Afrika. Bl. 60.63 VAB MHG V2197.64 VAB MHG V2197.65 Venter, B. J.; Venter J. A.; Venter M. A. : Die Venter familie van Suid-Afrika.66 Venter, B. J.; Venter J. A.; Venter M. A. : Die Venter familie van Suid-Afrika. Bl. 60.© A. M. Martin, J. J. Martin en R. J. du Preez Sarel Jacob VenterTweede konsep

67 TAB CJC 1321 Verw. 619.68 GKSA Argief: Doopregister Bethulie: 4.1.3.69 GKSA Argief: Doopregister Bethulie: 4.1.3.70 Venter, B. J.; Venter J. A.; Venter M. A. : Die Venter familie van Suid-Afrika.Bl. 70 en SAG 14, Bl. 62.71 GKSA Argief: Doopregister Bethulie: 4.1.3.72 GKSA Argief: Doopregister Bethulie: 4.1.3.73 VAB MHG V1139.74 Noemnaam onbekend. Gebruik Johanna.75 Noemnaam onbekend. Gebruik Jan.76 GKSA Argief: Doopregister Bethulie: 4.1.3.77 GKSA Argief: Doopregister Bethulie: 4.1.3.78 TAB MHG 3999/45.79 Venter, B. J.; Venter J. A.; Venter M. A. : Die Venter familie van Suid-Afrika. Bl. 61.80 GKSA Argief: Doopregister Bethulie: 4.1.3.81 GKSA Argief: Doopregister Bethulie: 4.1.3.82 TAB MHG 1357/1948.83 So genoem in verskeie briewe van sy moeder aan Annie (g4).84 VAB MHG 19175.85 GKSA Argief: Doopregister Bethulie: 4.1.3.86 GKSA Argief: Doopregister Bethulie: 4.1.3.87 Venter, B. J.; Venter J. A.; Venter M. A. : Die Venter familie van Suid-Afrika. Bl. 61.88 Venter, B. J.; Venter J. A.; Venter M. A. : Die Venter familie van Suid-Afrika. Bl. 61.89 Venter, B. J.; Venter J. A.; Venter M. A. : Die Venter familie van Suid-Afrika. Bl. 61.90 GKSA Argief: Doopregister Bethulie: 4.1.3.91 GKSA Argief: Doopregister Bethulie: 4.1.3.92 GKSA Argief: Doopregister Bethulie: 4.1.3.93 So genoem deur sy moeder in ‘n brief van 2 April 1923 aan Annie (g4).94 VAB MHG 15632.95 So genoem deur sy moeder in ‘n brief van 2 April 1923 aan Annie (g4).96 GKSA Argief: Doopregister Bethulie: 4.1.3.97 GKSA Argief: Doopregister Bethulie: 4.1.3.98 Venter, B. J.; Venter J. A.; Venter M. A. : Die Venter familie van Suid-Afrika. Bl. 62.99 Venter, B. J.; Venter J. A.; Venter M. A. : Die Venter familie van Suid-Afrika. Bl. 62.100 Venter, B. J.; Venter J. A.; Venter M. A. : Die Venter familie van Suid-Afrika. Bl. 62.101 So genoem deur haar moeder in briewe van 19 Augustus en 15 November 1922 aan Annie (g4).102 So genoem deur sy skoonmoeder in briewe van 19 Augustus en 15 November 1922 aan Annie (g4).103 Brief van haar moeder van 15 November 1992 aan Annie (g4).104 GKSA Argief: Doopregister Bethulie: 4.1.2.105 GKSA Argief: Doopregister Bethulie: 4.1.2.106 VAB MHG 15632.107 GKSA Argief: Doopregister Bethulie: 4.1.2.108 GKSA Argief: Doopregister Bethulie: 4.1.2.109 VAB MHG V1199.110 So genoem in briewe van haar moeder van 21 September 1922 en 2 April 1923 aan Annie (g4).111 Noemnaam onbekend. Gebruik Johannes.112 GKSA Argief: Doopregister Bethulie: 4.1.2.113 GKSA Argief: Doopregister Bethulie: 4.1.2.114 Venter, B. J.; Venter J. A.; Venter M. A. : Die Venter familie van Suid-Afrika. Bl. 62.115 GKSA Argief: Doopregister Bethulie: 4.1.2.116 GKSA Argief: Doopregister Bethulie: 4.1.2.© A. M. Martin, J. J. Martin en R. J. du Preez Sarel Jacob VenterTweede konsep

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!