12.07.2015 Views

Hupstoot vir maatskaplik verantwoordelike beleggings

Hupstoot vir maatskaplik verantwoordelike beleggings

Hupstoot vir maatskaplik verantwoordelike beleggings

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Hupstoot vir maatskaplik verantwoordelike beleggingsRowan Burger: Hoof van Strategie, LibFin‘n Nuwe beleggingskode vereis van institusionele beleggers om wyer te kyk asonmiddellike finansiële winste na langtermyn volhoubaarheid.Volhoubaarheid en goeie besigheidMaatskaplik verantwoordelike beleggings is in die verlede deur beleggers geïgnoreer wat glo datmaatskappye wat ‘sagte’ kwessies, soos omgewings- en maatskaplike kwessies, op dieselfde vlak asfinansiële winste beskou, noodwendig sal onderpresteer.Verlede jaar se oliestortingsramp in die Golf van Mexiko, wat daartoe gelei het dat BP se beleggers oornagdie helfte van die waarde van hul beleggings verloor het, het egter beklemtoon dat die manier waarop ‘nmaatskappy homself vandag handhaaf, op die lang duur sy winsgewendheid van more sal beïnvloed.‘n Maatskappy wat ‘n verantwoordelike benadering tot sy besigheid het, het ‘n groter kans om oor‘n tydperk kapitaal op te bou as een wat dit nie het nie.Energieverbruik het reeds ‘n uitwerking op die slotreël namate elektrisiteitskoste die hoogte inskiet. ‘nMaatskappy wat hom daarop toespits om sy energieverbruik te verminder, doen dit om te oorleef en nie netom ‘groen’ te wees nie.Maatskappy wat nie verantwoordelik optree nie, sal ook die prys moet betaal in die vorm van boetes,belasting, regulerende optrede of verbruikersdruk.Byvoorbeeld mag oliemaatskappye miskien ‘n omgewingsbelasting betaal as bydrae tot ‘n fonds vir dieopruiming van oliestortings, op dieselfde manier as waarop Amerikaanse en Britse banke belas word metdie doel om toekomstige reddingsaksies te finansier.Volhoubaarheid en beleggingMet dié dat die wêreld deur ernstige volhoubaarheids-uitdagings in die gesig gestaar word weens verskeieoorsake, van klimaatsverandering tot wanbalanse in rykdom, kan beleggers nie die noodsaaklikheidignoreer om hierdie kwessies te oorweeg as deel van hul langtermyn beleggingstrategie nie.Nuwe kode geloodsDie Kode vir Verantwoordelike Belegging in Suid-Afrika (‘CRISA’), wat in Julie geloods is, het ten doel ominstitusionele beleggers soos pensioenfondse en effektetrusts aan te moedig om omgewings-, maatskaplikeen regeringskwessies (OMR-kwessies) in hul beleggingsbesluite in te sluit.Maatskappye wat vandag hul OMR-kwessies doeltreffend bestuur, het die potensiaal om ander oor die langtermyn stof in die oë te skop.Pensioenfondse moet die toekoms in gedagte houDie kode is in hierdie stadium vrywillig, maar CRISA sal pensioenfondse bemagtig om aanfondsbestuurders die regte vrae te vra, ten einde te verseker dat hulle ‘verantwoordelike belegging’ deel vanhul mandaat maak.Dit het nou nog belangriker geword in die lig van die hersiene Regulasie 28 van die Wet opPensioenfondse, wat vereis dat pensioenfondse kwessies in ag moet neem wat die volhoubare langtermynvertoning van ‘n fonds se bates kan beïnvloed. Institusionele beleggers moet, buiten maatskaplike enomgewingsbelange, ook die korporatiewe regering en internasionale beste praktyke van die maatskappyewaarin hulle belê, in ag neem.

Liberty het nog altyd daarin geglo om die beste beleggingspraktyke na te streef en ons glo dat OMR-faktorekritiek is vir die lewering van ‘n volhoubare beleggingsprestasie.Vir meer inligting: http://www.asisa.org.za/index.php/info-centre/responsible-investment.htmlLiberty Groep is „n Gemagtigde Finansiële Diensverskaffer in terme van die Finansiële Advies- enTussentydse Dienstewet van 2002 (“FATD”) (Lisensie no. 2409). Die inligting vervat in hierdiekommunikasie, aanhangsels inkluis, moet nie as advies beskou word in terme van die FATD-wet nie,aangesien die skrywer nòg „n aangestelde verteenwoordiger van Liberty, nòg „n gelisensieerdediensteverskaffer is soos beskryf in die FATD. Raadpleeg asseblief u finansiële adviseur indien u adviesvan „n finansiële aard en/of tussentydse dienste verlang.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!