Bou jy jou eie tempel Rig 17

Bou jy jou eie tempel Rig 17 Bou jy jou eie tempel Rig 17

12.07.2015 Views

Skriflesing: Rigters 17Teksverse: Rigters 17:13BOU JY JOU EIE TEMPEL?InleidingOns teksgedeelte skets vir ons die afvalligheid onder Israel in die Rigterstydperk. Een tekenhiervan was eiewillige godsdiens en die bou van persoonlike tempels. Op Miga was dit letterlikvan toepassing – hy het sy eie huistempel en stel sy eie priester aan en dink dat die Here homdaaroor sal seën; dat die vloek wat sy ma onwetend oor hom uitgespreek het, uitgekanselleersal wees. Daarom sy selftevredenheid in ons teksvers. Maar dit is eintlik maar net eiewilligegodsdiens en daarom kom die oordeel van die Here oor hom in hoofstuk 18. Ons moet oppasom nie ons eie geestelike tempels te bou en so eiewillig ons godsdiens te beoefen nie.Miga se eie tempelOns ontmoet in ons teksgedeelte vir Miga, ’n man uit die hoë bergwêreld van Samaria waar diestam Efraim hulle woongebied gekry het (Jos 16:5-10). Miga se mooi naam – dit beteken “wie issoos die Here?” – dui aan dat hy uit ’n vroom familie gekom het, en dit is ook duidelik dat sy mawelgesteld was. Sy pa word nie genoem nie, wat moontlik aandui dat sy ma ’n weduwee was.Verder hoor ons dat Miga besluit om dertien kilogram silwer van sy ma te steel. Toe sy agterkomdat dit weg is, vervloek sy die silwer en die dief, soos die gebruik was. Om iets of iemand tevloek, was ’n baie ernstige saak vir mense in die outyd. Spreuke 29:24 sê: “Iemand watgesteelde goed ontvang, gee nie om vir sy lewe nie; hy weet die vloek sal hom tref, maar hy wilnie praat nie.” En daarom bieg Miga dadelik. Mense het ook geglo dat so vloek uitgekanselleerkon word, en sy ma probeer dit doen deur haar seun te spyte van sy diefstal te seën. En sy wydie silwer plegtig aan die Here. Tot mens se verbasing gaan sy egter ’n stap verder en sê virMiga hy moet ’n afgodsbeeld van die silwer maak. Sy probeer die Here op ’n heidense maniermet afgodsbeelde dien, soos Israel vroeër met die goue kalf (Eks 32:4) en later met dieafgodsbeelde van koning Jerobeam (1 Kon 12:28-29).Miga se ma vat toe sowat twee en ’n half kilogram silwer en gee dit vir ’n silwersmid om ’nafgodsbeeld te maak. Hy maak ’n efodbeeld en kleiner afgodsbeeldjies. Die woord efod verwys

na ’n gewyde kledingstuk wat deur die priesters in die tabernakeldiens gedra is (Eks 28). Maardit word ook in verband gebring met ander persone wat met die aanbidding van Israel gemoeidwas: Gideon (Rig 8:27), Eli (1 Sam 14:3), Samuel (1 Sam 2:18, 28), David of sy priesters (1 Sam21:9; 22:18; 23:16; 30:7; 2 Sam 6:14; 1 Kron 15:27). En natuurlik verwys ons teksgedeelte ookdaarna. Hier dui dit waarskynlik aan dat Miga en sy ma se afgodsdiens ’n poging was om dietempeldiens van Israel na te boots en so die guns van die Here te wen. Dit blyk ook uit die feitdat Miga een van sy seuns as priester wy. Maar toe kom daar ’n Leviet uit Betlehem. Betlehemwas nie een van die 48 stede toegewys aan die Leviete nie. Hierdie Leviet was moontlik Jonatanuit die geslag van Moses, van wie ons in 18:30-31 lees, en hy was op soek na beterwerksomstandighede. Dadelik sien Miga ’n geleentheid om sy tempeldiens nog meergeloofwaardigheid te gee, en hy bekom die dienste van die Leviet teen vergoeding omleermeester en priester te wees. Miga se seun word stilweg van sy amp onthef en die Levietword plegtig as priester gewy en woon soos ’n seun in Miga se huis.Miga se selftevredenheidOns teksvers getuig van Miga se selftevredenheid met sy eie tempeldiens: “Nou weet ek dieHere sal vir my goed wees, want die Leviet het my priester geword!” Eintlik was dit alles nogsteeds pogings om die vloek wat sy ma oor die silwer en oor Miga as die silwerdief uitgespreekhet, uit te kanselleer. Selftevredenheid is een manier hoe die sonde van Israel voor dieballingskap beskryf word: Israel en Juda het selftevrede en rustig in hoogmoed geleef (Eseg16:49). Selftevredenheid beteken dat jy dink die Here doen nie goed of kwaad nie, Hy seën ofoordeel nie; Hy reageer bloot op wat jy reeds gedoen het (Sef 1:12). Miga het gedink dat hygenoeg gedoen het met sy selfgemaakte tempeldiens – die Here sal daarop reageer deur sy mase vloek te ignoreer en sy ma se seën uit te voer. En daarom was hy tevrede met homself.Maar Miga misgis hom met die Here. Vloeke en seëninge se krag lê in die een wat hulleuitspraak of as waarborg van hulle effektiwiteit instaan. ’n Vloek of seën in die naam van diealmagtige God het krag omdat God self daarvoor instaan. Jesaja 45:7 sê: “Ek maak die lig enskep die donker; Ek gee voorspoed en skep rampspoed. Ek is die Here, Ek doen al hierdiedinge.” Hy maak en verander alle dinge na sy wil, ook die valse en bose motiewe vir mense sevloeke en seëninge (Job 12:13-25). En hierin het Miga kort gekom. Sy geloof was niks andersas bygeloof nie, en sy tempeldiens met sy afgodsbeelde mensgemaakte godsdiens (Jes 45:6-7).Sy priesters was nie priesters volgens die Here se bepalings nie: sy seun was nie ’n2

afstammeling van Aäron óf Levi nie, en sy huispriester was deur Moses wel afstammeling vanLevi maar nie van Aäron nie (Num 18:1-2). Trouens, met die inrigting van sy eie tempel het Migateen die bevele van God opgetree eerder as in gehoorsaamheid daaraan (Eks 20:23-24; Deut4:16-18, 25). En daarom die skrywer se kommentaar in vers 6: “Elkeen het gedoen wat reg is insy eie oë.” Miga was ’n getroue voorbeeld van hoe die meerderheid Israeliete in die rigterstydgeleef het: gerig op selftevredenheid, eiewilligheid, mensgemaakte godsdiens en reëls in dievalse verwagting dat hulle God se wil daarmee kon manipuleer.Bou jy jou eie tempel?Die versoeking om jou godsdiensbeoefening na eie smaak en voorkeur in te rig, bestaan maaraltyd. Dit is maklik om, soos Miga, voor te gee dat jy nog steeds vir God in opregtheid dienterwyl jy eintlik besig is om jou eie tempel te bou en jou eie tempeldiens in te rig: Ek hoef nie so gereeld kerk toe te gaan nie – ek kyk sommer kerk op televisie, al is ekheeltemal in staat om eredienste by te woon; My kinders se verbondsonderrig is ook nie so belangrik nie – as hulle af en toe in diekatkisasieklas kom is dit meer as genoeg – ek sal dit ernstig opneem as hulle nabybelydenisaflegging kom; Ek soek vir my ’n prediker wat sê wat ek graag wil hoor, wat my gemaksone voed en wiese prediking niks van my verwag nie (2 Tim 4:3); Ek bou my tempeldiens rondom my afgode: my sport en ontspanning, my werk, my gesinen familie, my geld en goed – al hierdie dinge is belangriker as om God opreg te dien; Ek bou my eie godsdiens op menslike oorlewering en gebruike en tradisies, al stry ditteen die gesonde woorde van Jesus Christus – dit het die skyn van vroomheid maar isleeg en betekenisloos (Gal 2:20-23); Ek bou my eie godsdiens op die jongste giere in die kerkmark: dan by hierdie kerk, danby daardie bediening, dan agter daardie prediker aan, dan by ’n ander kerk as dieaansprake op my te veel word en my selfgemaakte tempeldiens in gedrang kom; Ek gebruik my selfgemaakte godsdiens om God my wil te laat doen – as ek net genoegdoen, al is dit nie heeltemal volgens sy reëls nie, sal Hy aan my goed doen en my seën –dan hou my eiewillige godsdiens mos vir my wins in; Ek is so selftevrede in my godsdiensbeoefening: gaan gereeld genoeg kerk toe, gee mydankoffer, gee vir die armes – alles meer as genoeg verdienste aan my kant om Godtevrede te stel en sy seën vir my te verseker.3

Miskien klink van hierdie voorbeelde bekend – jy sien dit by ander of miskien selfs by jouself.Mens voel soms asof selfgemaakte godsdiens die norm eerder as die uitsondering in onssamelewing geword het. Maar deur Miga waarsku die Here ons, want in hoofstuk 18 val Miga seeie tempeldiens in mekaar en verkry hy geen wins daaruit nie, al het hy so baie daarin belê. Diestam Dan kom by sy huis verby en neem sy afgodsbeelde vir hulself. En hulle koop sy priesterby hom wat eerder oor ’n stam wil priester wees as Miga se enkele huisgesin. Wanneer Miga ditagterkom roep hy uit: “Maar julle het my god wat ek gemaak het, gevat en ook my priester, ennou gaan julle weg. Wat het ek nou oor?” (18:24). Gou besef hy dat die Daniete sterkter as hyis, en hy gaan terug huis toe – sonder sy afgodsbeeldjies en sy priester, sonder sy eietempeldiens, sonder die goedheid van God waarop Miga gehoop het, gestroop van al syselftevredenheid. Eiewillige godsdiens, selftevrede tempeldiens, loop uit op die oordeel van Godeerder as sy seën. As jy besig is, broer en suster, met selfgemaakte tempeldiens, as jy virjouself ’n tempel bou waarin jy eintlik die god is, as jy eiewillig is in jou diens aan die Here, moetjy jou bekeer! Dan is jou hart nie naby die Here nie want jy dien hom soos jy, of ander mense,wil eerder soos Hy wil (Jes 29:13). En jou selfgemaakte, selftevrede godsdiens sal op niksuitloop nie – jy sal God se oordeel eerder as sy seën ervaar. Om God opreg te dien, is om agterJesus aan te loop, en om Hom te dien is juis om jouself te verloën eerder as te verhef. Moenie indie strik van selfgemaakte, selftevrede tempeldiens trap nie!OpsommingMiga het in die strik van selfgemaakte godsdiens getrap en ’n duur prys daarvoor betaal. Sy eiehuistempel en sy afgodsbeelde en sy priester kon nie God se seën vir hom verseker nie en hetin mislukking geëindig. Sy selftevredenheid was misplaas. Ons moet versigtig wees om nie indieselfde strik te trap nie maar eerder vir God in opregtheid volgens sy voorskrifte te dien. Onsmoet oppas om nie ons eie geestelike tempels te bou en ons godsdiens eiewillig te beoefen nie.Laat ons eerder die Psalmdigter nasê: “Om u wil te doen, my God, is my een begeerte, u woordis my hele lewe.” (Ps 40:9). Mag dit ook waar wees van ons godsdiensbeoefening. En mag Godons seën wanneer ons Hom in opregtheid dien (Ps 115:13).AMEN.–––oOo–––4

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!