11.07.2015 Views

Preek 3 Reeks oor Genesis 1-11 Gen 3 Sondeval

Preek 3 Reeks oor Genesis 1-11 Gen 3 Sondeval

Preek 3 Reeks oor Genesis 1-11 Gen 3 Sondeval

SHOW MORE
SHOW LESS
• No tags were found...

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

REEKS OOR GENESIS 1-11: PREEK 3Skriflesing: Genesis 3Teksvers: Genesis 3:9InleidingSIEN TE MIDDE VAN DIE SONDE GOD SE UITREIKRAAK!Genesis 3, broers en susters, bied vir ons ’n raamwerk om die feit van sonde in die wêrelden die gevolge daarvan te verstaan. Die slang – of dan Satan, gelees saam met die res vandie Skrif – bring verleiding vir Adam en Eva, maar uiteindelik is dit hulle wat sondig deur Godse gebod te oortree. Die mens self dra verantwoordelikheid vir die sonde en ook die gevolgedaarvan – in hulle geval God se straf wat vir ons deur Christus gedra is. En die mens kan nieself sy plek in die tuin herwin nie. Daarvoor moet God sorg, en ons sien die begin van syverlossingswerk in ons teksvers as Hy die mens wat wegkruip, opsoek. Ons situasie is nieveel anders as Adam en Eva s’n nie – ons sondig ook en moet met die gevolge daarvansaamleef. Ons kan onsself nie red nie. Maar tog is dit totaal anders: ons ken God severlossende genade en liefde deur sy Seun. Ons is deur sy bloed verseker dat ons God seheerlike teenwoordigheid nou reeds ervaar en dit eendag volmaak sal ervaar.Die slangSoos met Genesis 1 en 2, en trouens die eerste elf hoofstukke van Genesis, word ons weermet gekonfronteer met ’n basiese vraag: lees ons hierdie hoofstuk letterlik of figuurlik? Moetons dit as geskiedenis beskou – dus dat dit feitelik so gebeur het? Of moet ons verby dieletterlike kyk na ’n dieper boodskap? Die video-uittreksel het aangedui dat dit nie heeltemalso eenvoudige saak is nie. ’n Streng letterlike lees van Genesis 3 skep allerlei probleme:Watter tipe slang was dit? Hoe kon ’n slang gepraat het? Het God die slang dan sleg enboos gemaak, en is God dan die oorsaak van sonde en dood in die wêreld? En nog baieander vrae. Die verskillende interpretasies van Genesis 3 is baie uiteenlopend: van baiestreng letterlik tot ’n uitgebreide metafoor of selfs gelykenis. Tog meen ek dat ons in dieBybel self ’n aanduiding kry dat ons Genesis 3 nie letterlik moet lees nie. Openbaring 12:7-9sê: “Daar het toe oorlog gekom in die hemel: Migael en sy engele moes oorlog voer teen diedraak. Die draak en sy engele het oorlog gevoer, maar hulle is verslaan. In die hemel wasdaar geen spoor meer van hulle te vind nie, want die groot draak, die slang van ouds, watdie duiwel en die Satan genoem word en wat die hele wêreld verlei, is uit die hemel uit

gegooi. Hy is op die aarde gegooi en sy engele saam met hom.” Hier word die draak, diesatan en die slang met mekaar vereenselwig. Tog sal geen gelowige dit oorweeg om diedraak letterlik te verstaan, asof die satan werklik ’n draak is nie. Net so, glo ek, moet ons dieslang in Genesis 3 ook simbolies verstaan as ’n uitbeelding van die satan en die bose,eerder as om letterlik daarvan te probeer sin maak. So beskou, bevat Genesis 3, en eintlikook 1-2 en 4-11 iets van die simboliese taal van Openbaring. Genesis 1-11 skets vir ons ’nsimboliese beeld in die verlede, soos Openbaring met die toekoms doen. Genesis 1-11 isdus net so waar en relevant vir ons vandag soos Openbaring is.Die slang is dus ’n uitbeelding van die satan, die bose. Hy word beskryf as listiger, ’n woordwat positief slim en vindingryk kan beteken, maar hierdie duidelik negatief gebruik word. Dieslang het ook sekere ooreenkomste met verhale in ander kulture wat oor onsterflikheidhandel, en wat moontlik aan die Israeliete bekend was. Die slang sou ook later deur die wetvan Moses as ’n onrein dier beskou word (Lev 11:41-42). Die slang se vraag aan Eva lyk opdie oog af onskuldig, maar is duidelik bedoel om haar uit te lok: “Het God werklik gesê jullemag van geen boom in die tuin eet nie?” Eva se antwoord is nie heeltemal getrou aan watGod in 2:16-17 gesê het nie, en daarom is die slang gereed om God se woord in sy listigheidnog verder te verdraai. Sy listigheid kom duidelik na vore want sy woorde word klaarblyklikvervul wanneer Adam en Eva nie sterf nadat hulle geëet het nie (v.7). Hy gee nie ’n opdragdat hulle moet eet nie, maar laat die opsie oop. Hy sê hulle oë sal oopgaan maar verswygdie verbrokkeling van hulle verhouding – hulle besef hulle is kaal. Hulle ken alles soos Godmaar word in die proses van Hom vervreem. Hulle is vir Hom dood want Hy verdryf hulle uitdie tuin, uit sy heerlike teenwoordigheid.Die mens se skuldEva en Adam staan natuurlik volgens Genesis 3 in die beskuldigdebank. Die Here kla hulleaan van ongehoorsaamheid aan sy gebod. Soos mense maar doen, word dit ’n speletjie vanvingerwys – Adam sê Eva het vir hom van die vrug gegee, en Eva sê die slang het haarmislei. Maar albei moet erken dat hulle self die eetwerk gedoen het. Ja, Satan het hulleverlei – vir hulle ’n aanloklike alternatief gestel tot God se gebod – Johannes getuig ookdaarvan soos ons vroeër gehoor het. Maar Satan het beslis nie in hulle plek gesondig nie.Adam en Eva moet die verantwoordelikheid vir hulle sonde, vir hulle ongehoorsaamheidteenoor God, dra. Hulle kan ook nie vir God blameer nie – sy gebod was duidelik en tog hethulle willens en wetens gekies om dit te oortree. Jakobus sê: “Iemand wat in versoekingkom, moet nooit sê: “Ek word deur God versoek” nie; want God kan nie verlei word nie, enself verlei Hy niemand nie. Maar ’n mens word verlei deur sy eie begeertes wat hom aanlok

en saamsleep.” (1:13-14). Dit is presies wat met Adam en Eva gebeur het. Satan het ietsaangebied wat tot hulle eie begeertes gespreek het – om iets te kry wat iemand anders jouontsê en om te glo dat die straf nie sal intree nie. Die feit dat hulle vir die Here wegkruip is alreeds ’n skulderkenning. Hulle naaktheid kan hulle nog bedek, maar beslis nie hulle skuldnie! Hierdie gedeelte, broers en susters, herinner ons aan ons sondeskuld voor die Here.Ons kan net so min onskuld pleit soos Adam en Eva, en ons kan net so min vir Satanblameer. Om die skuld op God te pak, is ook nie ’n opsie nie. Ons moet pa staan vir onssonde én vir die gevolge daarvan, vir onsself en vir ander mense.God se strafDie derde deel van Genesis 4 handel oor God se straf vir die slang, vir Eva en vir Adam. Evahet probeer om die slang te blameer, en daarom begin die Here in sy uitspreek met dieslang. Die slang word nie geleentheid gegee om homself te verdedig nie – die Here spreekdadelik sy straf uit. Hy vervloek die slang vir sy leuens en misleiding. Mense het mekaar ookvervloek, soos Noag vir Gam (9:25), maar dan moes God nog steeds die vloek effektiefmaak. Maar nou is dit God self wat die slang vervloek, en daarom is die vloek dadelikeffektief. En ons sien die effek daarvan vandag nog: seil op sy maag, eet stof, vyandskapmet die mens. Omdat ons die teks nie streng letterlik lees nie, sou mens nie hieruit kon afleidat slange voor die sondeval pote gehad het nie.Nou fokus die Here op Eva en haar straf. Anders as die slang vervloek die Here nie virAdam en Eva nie. Hulle straf dui eerder op ’n ommekeer van hulle Godgegewe rolle. Dievrou is gemaak as helper vir die man en die ma van kinders – ’n groot gesin is gesien as ’nseën van die Here (Ps 127-128). Maar nou sal haar swangerskappe pynlik en moeilik wees,natuurlik sonder die voordeel van moderne medisyne. Eva is reeds in die skeppingsordeonder Adam gestel, maar nou sal haar verlange na onafhanklikheid nie vervul word nie. Sysal in sekere sin aan haar man oorgelewer wees.En laaste kom die Here by Adam, die mens as verteenwoordiger van die mensdom. Syverantwoordelikheid was die grootste want as die hoof van die vrou moes hy haar reggehelphet eerder as om saam te eet. As geestelike hoof moes hy die bewaker van God se gebodgewees het, maar hy word die grootste verraaier. Die Here fokus op die feit dat Adam aanEva gehoorsaam was eerder as aan die Here. En so maklik soos Adam van die vrug geëethet, so moeilik sal hy in die toekoms kos op die tafel bring. Hy sal ’n konstante stryd teen dienatuur voer in sy arbeid om te kan eet – dorings en dissels, maar ook droogte en vloed,brand en hael, weerlig en aardbewing. En Adam se lewe sal op die dood uitloop – hy sal

weer stof word. Hiermee doen die Here die straf op sy gebod gestand. Hoewel die doodstrafuitgestel word, tree dit aan die einde van die mens se lewe in werking. Deur die sonde vanAdam het die dood dus in die wêreld gekom – en omdat hy die mensdom verteenwoordig,lewe die mensdom tot vandag toe met die dood en die vrees vir die dood saam. Satan sevalse belofte dat Adam en Eva nie sal sterf nie, was toe al die tyd nie waar nie!Maar die swaarste straf vir Adam en Eva kom nog. Die Here maak vir die mense velklere omaan te trek eerder as hulle klere van vyeblare. Want Hy gaan hulle uit die tuin in die wêreldin stuur waar hulle in swaarkry en nood ’n bestaan sal maak. Hy verwyder hulle uit sy heiligeteenwoordigheid omdat hulle teen sy gebod gesondig het. Hulle sal nie meer toegang tot dieboom van die lewe hê nie. Die taak wat die Here vir die mens gegee het – om te bewoon ente bewerk – moes aanbidding voor God gewees het, maar nou is dit net harde werk en ’ngeswoeg. Die mens kon nou alles ken, soos God wat hierdie een aspek betref, maar hy wasnog nie onsterflik nie, en om dit te verhoed, stuur die Here hulle uit die tuin uit weg – verdryfHy hulle – en laat Hy sy tuin deur engele met vlammende swaarde bewaak wat getrou is inhulle gehoorsaamheid aan Hom. Die vlammende swaarde is teken van sy teenwoordigheiden sy oordeel oor die mens se sonde.Heenwysing na ChristusUiteindelik, broers en susters, moet ons vra hoe ons Genesis 3 in die lig van die koms vanons Here Jesus Christus verstaan. Die konvensionele standpunt is dat die lig van God sereddingswerk in vers 15 deurskyn – die moederbelofte of dan, die eerste belofte in die Skrifwaaruit die ander voortvloei. Maar God se ingryping in hierdie aangrypende en hartseerverhaal kom nog vroeër. Nadat Adam en Eva vir God weggekruip het, sê ons teksvers:“Maar die Here God het na die mens geroep en vir hom gevra: “Waar is jy?” Natuurlik roepGod vir die mens tot verantwoording: hy moet kom verduidelik wat gebeur het. Maar onssien reeds iets van die lig van God se verlossing daarin dat Hy na die mens uitreik selfs toedie mens van Hom probeer wegvlug het. Hy kon Adam en Eva sekerlik met reg maar net indie tuin laat vergaan het; Hy kon hulle eenvoudig sonder verdere ondervraging met ’nvuurstraal uit die hemel vernietig het. Maar dit is nie wat die Here doen nie – Hy gee ’ntweede kans. Hy gee geleentheid vir Adam en Eva om hulle skuld te bely en Hom omvergewing te smeek. Hy gee vir hulle ’n blik op sy genade en liefde wat groter as die sondevan mense is.En in vers 15 verwoord die Here sy genade en liefde. Hy stel vyandskap tussen die slang enEva, tussen die bose en die mensdom. Dit sal ’n voortdurende stryd word waarin daar

aanval en teenaanval en desperate verdediging sal wees: die mens sal die slang se kopvermorsel en die slang sal die mens in sy hakskeen byt. Van hierdie stryd lees ons deur diehele Bybel, met sy hoogtepunt in Jesus se versoeking in die woestyn, sy lyding tot aan diekruis en in die dood. En die uitslag word bepaal wanneer Christus lewend uit die graf kom.So vervul God sy belofte in ons teksgedeelte. En tog is die stryd nog nie verby nie – onselkeen ervaar daardie stryd in ons – ons sondige natuur teen die Gees van God. Dit is alleenverby wees wanneer Christus weer kom en ons terugkeer na die tuin, na die paradys toe;wanneer ons weer die boom van die lewe sal sien en niks meer deur God vervloek sal weesnie (Open 22:2-3). Christus is vir ons die tweede Adam. Paulus skryf: “Deur die oortredingvan die een mens het die dood begin heerskappy voer deur hierdie een mens, maar deur dieEen, Jesus Christus, is veel meer bereik: dié wat die oorvloed van genade en die vryspraakas gawe ontvang het, sal lewe en heerskappy voer.” (Rom 5:17). Jesus, God self, dra diestraf op ons sonde! Binne die raamwerk van Genesis 3 sien ons ons eie sondige bestaan insy skrille werklikheid – dit bring net dood. Maar ons sien ook die genadige en liefdevolleverlossing wat God vir ons in Christus ons nuwe, heerlike werklikheid gemaak het!OpsommingGenesis 3 letterlik lees of nie? Ek dink ons bekommer ons verniet as ons Genesis 3 strengletterlik lees. Ons moet eerder aan Genesis 1-11 dink as Openbaring in trurat – God wat metsimboliese taal vir ons iets oor die oergeskiedenis – en oor ons eie situasie – leer. God doendit immers aan die einde van die Bybel met Openbaring wat die toekoms betref! Dit betekennie dat dit vals is of ongeldig nie – dit is juis waar en geldig vir ons bestaan as kinders vanGod en sy kerk vandag! So leer Genesis 3 ons dat die slang die satan is wat ons verlei enmislei; dat ons verantwoordelikheid vir ons sondes en die gevolge daarvan moet aanvaar;dat ons nog met die gevolge van sonde in die wêreld saamleef – gebroke verhoudings endie dood; maar dat ons ook in Genesis 3 die begin van God se verlossende hand gee aandie mens, en daarom ook aan ons, sien. Wat ’n voorreg! Wat ’n heerlike troos enbemoediging! Prys die Here!AMEN.–––oOo–––

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!