11.07.2015 Views

Jakobus 1:5-8 - Die Gereformeerde Kerk Bellville

Jakobus 1:5-8 - Die Gereformeerde Kerk Bellville

Jakobus 1:5-8 - Die Gereformeerde Kerk Bellville

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Sing vooraf staande: Skrifberyming 17-1:1, 6 (17:1, 6)1 Wees nie besorgd nie oor jul lewe, / oor wat die harte neerwaarts trek:“Wat sal ons eet, waar vind ons laafnis? / Wie skaf die kleed wat ons moet dek?”Is lewe ∩ en liggaam dan nie meer nie / as alles wat net kommer wek?6 Soek eers die koninkryk der heemle / en Gods geregtigheid; dan laatHy seën druppel uit die hemel – / vir elke dag die dag se maat.Want elke dag dra self die sorge / vir elke dag se nuwe kwaad.Ek slaan my oë op na die berge: waar sal my hulp vandaan kom? My hulp is van die HERE wat hemelen aarde gemaak het.Genade en vrede vir julle van Hom wat is en wat was en wat kom, en van die sewe Geeste voor sytroon, en van Jesus Christus, die geloofwaardige getuie, die eerste wat uit die dood opgestaan het,die heerser oor die konings van die aarde.Amen.Loflied: Psalm 33:1, 2 (p. 157)1 Sing vrolik, hef die stem na bowe; / regverdiges, verhef die HEER!Dit pas opregtes God te lowe / en uit te jubel tot sy eer.Laat die psalmgesange – / stem van sterk verlange / om die HEER te dank –by die smeltendskone / harp- en sitertone, / liefde ∩ en lof verklank!2 Sing nuwe sange, nuutgebore / uit aandrif van die skoonste kuns;trompetgeklank deur tempelkore / moet danksê vir Gods nuwe guns.Wat ons toegeseg is / in Gods Woord wat reg is, / het ons hart verbly;en Gods almagsmerke / sien ons op sy werke – / waar en reg soos Hy.Geloofsbelydenis: NiceaWetPsalm 25:2, 3 (p. 115)2 Leer my, HEER, u regte weë, / wys die regte pad my aan;maak my hart daartoe geneë, / om met lus daarop te gaan.Wil my deur u waarheid leer, / lei my dwalende gedagte;want u is my heil, o HEER! / U is ek altyd te wagte.3 Dink aan my in mededoë / as ek biddend voor u pleit;milde hande, vriend’like ∩ oë / is by U van ewigheid.Dink nie aan die sondes meer / van ’n yd’le jonkheidslewe;wil tog, om u goedheid, HEER, / ál my sondes my vergewe!GebedSkrifberyming 2-2:1, 3 (34:1, 2)1 Die HEER is God, ’n eenge HEER; / die HEER is God, en niemand meer. / Erken dit, alle volke,van waar die sonlig smôrens blink / tot waar dit in die purper sink / van sagdeurglansde wolke.Die HEER is God, want Hy formeer / die dag en nag wat wend en keer / na sy verordeninge.Hy bring die heil en onheil voort, / hul luister na sy almagswoord – / die HEER doen al die dinge.3 Wee hom wat met sy Maker twis, / wat, waar hy net ’n potskerf is, / Gods weg met hom gewraak het!'n Erdewerk, ’n nietigheid, / kan dit sy Maker ooit verwyt / dat Hy hom so gemaak het?Maar nee, ons buig ootmoedig neer; / ons wil die hoë hande eer / wat ons so toeberei het,ons in die hande altyd stel, / as kinders, HEER, die werk vertel / waardeur U ons verbly het.Skriflesing: Jakobus 1:1-18Kernverse: Jakobus 1:5-81

ons agter dat die wysheid waarin Moses onderrig is nie dieselfde is as die wysheid van Jesus nie.Wysheid is nie om maar net baie slim te wees, soos Moses nie.Wanneer ʼn mens deur die Bybel blaai, kom ʼn mens agter dat wysheid die volgende verskillendedinge kan beteken:• Salomo het die wysheid gehad om tussen die waarheid en die leuen te onderskei toe tweeprostitute oor een lewendige babatjie gestry het (1 Kon 3:16-28).• Jesus het aan sy dissipels woorde van wysheid belowe wanneer hulle vervolg en voor howegedaag word oor hulle geloof; dit is die vermoë om die regte woord in die situasie te kan sê(Luk 21:15).• Die Here het aan Stefanus woorde van wysheid gegee sodat niemand hom kon weerspreektoe hy oor die waarheid van Jesus getuig het nie (Hand 6:10).• In 1 Korintiërs 1 sien ons dat wysheid ook beteken om die ware betekenis van die kruisdooden opstanding van Jesus in te sien.Wanneer ʼn mens nou terugkom na dit wat die Here deur Jakobus aan ons openbaar, kan ons sê datons ook al iets weet. Ons weet dat God ons Vader is. Ons weet dat Hy alles in die skepping bestier.En ons sal seker ook ʼn hele klomp verse kan opnoem waar ons hierdie dinge in die Bybel lees. Asons so ʼn klomp verse kan opnoem, sal mense van ons kan sê dat ons slim is met die Bybel. Maarwanneer ons onder leiding van die Heilige Gees sover kan kom om die Bybel te gebruik om die leween die wêreld rondom ons te verstaan, en om ons lewens tussen al die verleidings en versoekingsheen te lei sodat ons gehoorsaam kan bly aan die Here, dan het slim na wysheid oorgegaan. Hierdiewysheid, skryf Jakobus later in die brief, kom van Bo. Hierdie wysheid bring jou in die regteverhouding met God,... (Jak 3:17). Dit gaan mos juis in hierdie eerste hoofstuk van Jakobus se briefoor jou en my eie persoonlike verhouding met die Here. Ons wil regtig so naby aan die Here leef datons ook ons geloof so eenvoudig en prakties kan uitleef soos wat Jakobus dit duidelik maak.Die wysheid waarvan Jakobus dan hier in vers 5 praat, het alles te doen met dit wat in vers 2 tot 4geskryf staan. Ons sê dit weer ʼn keer. Ons het wysheid nodig om raak te sien dat hierdie beproewingwaarin ek en jy nou is regtig daartoe bydra dat ons meer volwasse word in ons verhouding met dieHere. Ons het ook wysheid nodig om die regte keuses tydens beproewings te maak sodat ons dievreugde van ʼn volwasse verhouding met die Here voluit kan geniet. Hierdie wysheid, sê Jakobus,kom van God af.Daarom sê Jakobus: As iemand van julle wysheid kortkom, laat hom dit van God bid, wat aanalmal eenvoudig gee sonder om te verwyt, en dit sal aan hom gegee word. So maklik soos dit!Nou kan ʼn mens weer vra: Maar is dit nie onrealisties nie? Kan dit regtig so eenvoudig wees, soosom maar net te vra en dan kry jy dit? Broers, susters en kinders, dit is so eenvoudig, as ons sien watdie Here van Homself in hierdie paar woorde sê.Die eerste wat die Here van Homself bekend maak, is dat dit in sy geaardheid is om te gee.Wanneer ʼn mens die Griekse sin direk vertaal, sal dit soos volg lees: As iemand van julle wysheidkortkom, laat hom dit van God wat gee bid. En die wyse waarop dit in die Grieks geskryf staan,kan ons aflei dat dit ʼn altyd geldende waarheid van die Here is. God is altyd die God wat gee. Dit is ʼneienskap van die Here, net soos wat barmhartigheid ʼn eienskap van die Here is. As ons sê die Hereis barmhartig, het ons inderdaad nie alles van die Here gesê nie, want Hy is ook regverdig. Maardaar is nooit een oomblik wat ons sal kan sê dat die Here nie barmhartig is nie. Hy is altydbarmhartig.Net so is Hy altyd die God wat gee. Wanneer ons in gebed tot Hom nader, sal Hy nooit sê:“Kom môre weer terug. Miskien sal Ek môre weer die God wees wat gee, want vandag is ek besigmet ander dinge.”3

soos om ʼn baie groot skat te ontvang. Dit moet, naas jou verlossing, die grootste geskenk wees watjy graag wil hê.Die hartseer is egter dat hierdie mens wat twyfel onbestendig in al sy weë sal wees. Hy isdubbelhartig. Hy is nie seker of hy die Here kan vertrou nie. En as jy onseker oor die Here is, sal jyonseker wees in alles wat jy aanpak. So iemand voel nooit geborge en veilig nie. Dit voel vir homaltyd asof alles om hom storm en woed. Dit jaag en blaas in sy gemoed. En selfs die eenvoudigedinge in die lewe word naderhand vir hom te veel om te hanteer. En die rede? Sy hart is nie meer indie Here geanker nie omdat hy die Here nie vertrou nie.Broer, suster, kind, dit gebeur nie net met mense wat nie die Here vertrou nie. Ons ken ook die drukvan hierdie lewe. Dit gebeur dat ek en jy wat glo dat God ons Vader is, Jesus ons Verlosser en dieHeilige Gees ons Trooster, ook voel of die lewe ons onderkry. Die vermoë om die dinge te hanteer,gly stadig maar seker uit ons hande uit. Dan is daar ʼn kardinale vraag wat ons onsself moet afvra: Ismy hart nog een met God? Vertrou ek Hom ten volle? En die volgende vraag: Leef hierdie vertroue inmy hart daar in my binnekamer waar ek en die Here alleen is? Dit is immers uit daardiealleengesprek met die Here in my binnekamer waaruit die wysheid na vore sal kom omdat die Heredit gee vir die wat Hom ten volle vertrou. En so ʼn mens sal ʼn bestendige koers in sy lewe kry. DieHere sal aan hom wysheid skenk in oorvloed en sonder om te verwyt, want Hy is die God wat gee.Hy is altyd die God wat gee, want Hy begeer dat ons deur elke beproewing heen nog meer volwasseword in ons verhouding met Hom.Amen!GebedSlotpsalm Psalm 33:11 (p. 161)11 In God, dié God wat ons beveilig, / voel nou ons hart opnuut verblyd;en op sy Naam, ontsaglik heilig, / vertrou ons tot in ewigheid.Goedertieren Vader, / hoor ons as ons nader / met ’n diep ontsag;slaan ons gunstig gade, / skenk ons u genade / as ons op U wag!Die genade van die Here Jesus Christus en die liefde van God en die gemeenskap van die HeiligeGees bly by u almal.Amen.Ds Coenraad VreyGereformeerde Kerk Bellville2 Oktober 20115

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!