11.07.2015 Views

Aansoekvorm 2 Applikante buite wet.pdf

Aansoekvorm 2 Applikante buite wet.pdf

Aansoekvorm 2 Applikante buite wet.pdf

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

4. Enige persoon wat krediet by die maatskappy opneem sal nie geregtig wees om skuldvergelyking toe te pas tussen enigebedrag wat die maatskappy vir welke rede ook al aan hom verskuldig mag wees en sy skuld aan die maatskappy nie. Dieopbrengs van alle produkte en/of goedere en/of dienste, wat sodanige kredietopnemer aan die maatskappy lewer, sal in diediskresie van die maatskappy aangewend kan word ter vermindering van enige bedrag wat hy aan die maatskappyverskuldig is, ongeag of daardie bedrag, op die stadium waarop die produkte en/of goedere en/of dienste gelewer word,opeisbaar en betaalbaar is.5. Die volgende terme en bedinge is op die aankoop van goedere en verskaffing van dienste van toepassing:5.1 Geen bestelvoorwaardes wat verskyn op 'n bestelvorm, wat enige kredietopnemer gebruik, vir die aankoop of bestel vangoedere en dienste by die maatskappy, is bindend op die maatskappy nie.5.2 Dit is die koper se verantwoordelikheid om hom te vergewis dat die korrekte hoeveelheid of getal van artikels, wat op dieverkoopsfaktuur aangeteken word, deur hom ontvang is.5.3 By die aankoop van goedere en dienste verskaf deur die maatskappy, sal die maatskappy 'n oorspronklike verkoopsfaktuuraan 'n koper voorsien en daarna is die maatskappy nie verplig om hom van 'n afskrif of duplikaatfaktuur te voorsien nie,behalwe waar dit spesifiek vereis word deur 'n <strong>wet</strong>.5.4 Indien die maatskappy in die uitoefening van sy diskresie sou instem om goedere wat aangekoop is terug te neem vir kredietvan die koper sal hy teenoor die maatskappy aanspreeklik wees vir die betaling van 'n hanteringsfooi wat deur diemaatskappy, in sy diskresie, bepaal sal word.5.5 Onmiddellik nadat goedere en/of dienste aangekoop is en 'n faktuur daarvoor uitgemaak is, word dit geag dat die goedere endienste aan die koper gelewer is en gaan alle risiko van wins en verlies op hom oor. Lewering vind plaas by die plek waardie aankope gedoen word. Indien lewering op enige ander plek moet geskied en die maatskappy, verskaffer of koper dievervoer van die goedere na daardie plek onderneem, geskied sodanige vervoer sowel as die lewering op die aankoper seuitsluitlike risiko.5.6 Indien 'n koper goedere van watter aard ook al aankoop wat nie deur die maatskappy self vervaardig word nie, is diemaatskappy nie verplig om aanwysings te gee met betrekking tot die gebruik of benutting van daardie goedere nie. Dit is diekoper se plig om die goedere te gebruik of te benut ooreenkomstig die vervaardiger se voorskrifte en/of spesifikasies. Diemaatskappy sal onder geen omstandighede verantwoordelik gehou kan word vir enige foute en/of weglatings in sodanigevoorskrifte en/of spesifikasies en ook nie ten opsigte van enige aanwysings en/of advies verstrek deur die maatskappy sepersoneel met betrekking tot sodanige gebruik en/of aanwending nie.5.7 Die maatskappy aanvaar geen verantwoordelikheid vir en verskaf geen waarborg met betrekking tot die kwaliteit ofgeskiktheid van enige goedere of dienste vir 'n spesifieke doel nie en sal nie gebonde wees aan enige voorstellings ofaanbiedinge gemaak deur sy personeel in hierdie opsig, behalwe waar sodanige voorstellings en/of aanbiedinge opskrifgemaak is. Die vervaardiger se spesifikasies sal te alle tye die gebruik en/of aanwending van enige goedere en dienste aldusverkoop bepaal. Die maatskappy aanvaar ook geen verantwoordelikheid vir enige skade en/of verlies veroorsaak deur enigefoute en/of weglatings in enige sodanige voorskrifte en/of spesifikasies nie.5.8 Die maatskappy is nie aanspreeklik vir enige gebreke, hetsy sigbaar of onsigbaar, in enige goedere wat deur enige persoonaangekoop word nie.5.9 Die maatskappy is nooit aanspreeklik vir gevolgskade wat enige persoon mag ly, voortspruitend uit die aankoop van goedereby die maatskappy, die lewering van dienste deur die maatskappy, of uit welke skuldoorsaak hoegenaamd nie.5.10 Die koper erken dat indien die maatskappy n foutiewe prys op n artikel aanbring, die maatskappy nie gebonde sal weesaan sodanige prys nie, maar dat die maatskappy op n latere stadium geregtig sal wees om n regstelling te maak.6. Geen uitstel van betaling, tegemoetkoming van die maatskappy, of 'n versuim om enige van die bedinge van hierdieooreenkoms af te dwing, sal 'n novasie daarstel nie en sal nie beskou word as 'n afstanddoening van enige van diemaatskappy se regte nie, welke regte die maatskappy te alle tye en ongeag die voorgaande kan afdwing.7. Goedere, dienste en / of bedrae wat CMW aan 'n kredietopnemer verskaf of voorgeskiet het, enige krediete wat in verbanddaarmee aan die kredietopnemer toekom, versekeringspremies en enige ander koste wat gedebiteer word, word uiteengesitin 'n rekeningstaat wat die maatskappy aan die kredietopnemer na sy posadres, soos hierin vermeld, pos.8

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!