11.07.2015 Views

Aansoekvorm 2 Applikante buite wet.pdf

Aansoekvorm 2 Applikante buite wet.pdf

Aansoekvorm 2 Applikante buite wet.pdf

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

1.14.6 Die Arbitrasie-<strong>wet</strong>gewing wat van tyd tot tyd in die Republiek van Suid-Afrika geld, sal van toepassing wees.1.14.7 Tensy ek en die maatskappy anders ooreenkom, sal die arbitrasie gevoer word ooreenkomstig die dan geldende reëls van dieVereniging van Arbiters van Suid-Afrika.1.15 In enige regsgeding of arbitrasieverrigtinge tussen my en die maatskappy, aanvaar ek aanspreeklikheid vir die betaling vankoste op die skaal soos tussen prokureur en eie kliënt, insluitende invorderingskommissie, opsporingsfooie, krediet- of anderversekeringspremies wat die maatskappy mag betaal ten einde sy regte teen my te beskerm en, in geval die geding in dieLanddroshof plaasvind, die fooie van n advokaat op verhoogde skaal, welke fooie, in geval van n geskil oor die omvangdaarvan, getakseer moet word deur die voorsiter van die Vrystaatse Vereniging van Advokate. Ek onderneem verder omrente op sodanige koste te betaal vanaf die datum waarop dit getakseer of op die bedrag daarvan ooreengekom is teen diedan geldende rentekoers wat vasgestel is ooreenkomstig klousule 1.5. hierbo.1.16 'n Sertifikaat onderteken deur enigeen van die maatskappy se direkteure, hoofbestuurslede, sekretaris, bestuurder:kliëntefinansiering of kliëntefinansieringsbestuurder, waarop die bedrag, insluitende rente, rentekoerse, addisionelefinansieringskoste, addisionele finansieringskostekoerse sowel as premies verskuldig in terme van enigeskuldversekeringskema, wat volgens die maatskappy deur my op ‘n gegewe tyd as verskuldig en betaalbaar aangetoon word,sal vir die doeleindes van alle geregtelike verrigtinge teen my vir die verhaal van sodanige bedrag, prima facie bewys weesvan die feite in daardie sertifikaat vermeld en van die bedrag deur my aan die maatskappy verskuldig, sonder bewys van dieaanstelling van die betrokke ondertekenaar van sodanige sertifikaat.1.17 Indien die naam of eienaarsbelang van die regspersoon aan wie kredietfasiliteite hierkragtens toegestaan word op enigetydstip sou verander, onderneem ek hiermee om die maatskappy skriftelik per geregistreerde pos te die maatskappy sehoofkantoor, dienooreenkomstig daarvan in kennis te stel binne sewe dae vanaf die datum waarop die veranderingplaasgevind het. Nieteenstaande enige van die veranderinge voormeld bly ek steeds persoonlik teenoor die maatskappyaanspreeklik vir enige bedrag wat die kredietopnemer voor of na die verandering voormeld, aan die maatskappy verskuldigmag wees. Voorts vrywaar ek die maatskappy hiermee teen enige verlies of skade wat mag voortspruit uit sodanigeveranderings of as gevolg van versuim aan my kant om die maatskappy in kennis te stel van die verandering.1.18 Ek bevestig hiermee dat ek getroud is binne/<strong>buite</strong> gemeenskap van goedere met............................................................................................................................................... (volle name) wie seidentiteitsnommer ................................................................................ is.Indien getroud <strong>buite</strong> gemeenskap van goed, sal ek op aanvraag sodanige skriftelike bewys wat die maatskappy mag verlang,ter bewys van die huwelik <strong>buite</strong> gemeenskap van goedere, aan die maatskappy lewer.2. Die eiendomsreg in alle roerende goed van watter aard ook al wat deur my aangekoop word met gebruikmaking van enigekredietfasiliteite wat aan my toegestaan is, hetsy dit gekoop word van die maatskappy of van 'n derde, met die tussenkomsvan die maatskappy, vestig en bly, ondanks lewering van die goedere aan my, gevestig in die maatskappy totdat alle bedraedeur my aan die maatskappy verskuldig, ten opsigte van gemelde roerende goedere, betaal is.'n Verteenwoordiger van die maatskappy sal te alle tye geregtig wees om:2.1 alle eiendom waarop ek boer of besigheid beoefen of woonagtig is, te betree en om al my aktiwiteite te inspekteer en om vanmy te verg om goedere, soos hierin bedoel, aan hom uit te wys;2.2 sodanige identifikasiemerke op die bedoelde goedere aan te bring as wat die maatskappy in sy diskresie verlang, vir welkedoel ek die maatskappy kosteloos daarmee behulpsaam sal wees en sodanige fasiliteite, as wat die maatskappy vir die doelmag benodig, kosteloos aan die maatskappy beskikbaar sal stel. Indien ek sou weier of versuim om aan hierdie voorwaardete voldoen en die maatskappy gevolglik enige handeling moet verrig om aan voormelde te voldoen, sal ek aanspreeklikwees vir enige kostes aangegaan in hierdie verband deur die maatskappy.3. Behalwe in gevalle waar ek, by die maak van 'n betaling, skriftelik aandui teen welke rekening 'n betaling aangewend moetword, sal alle betalings wat deur my aan die maatskappy gemaak word, deur die maatskappy aangewend word vir diebetaling van sodanige skuld (insluitende skuldversekeringspremies, rente en addisionele finansieringskoste) as wat diemaatskappy in sy diskresie mag bepaal. Alle betalings of krediete op enige rekening van my sal verder eerstens aangewendword ter delging van koste daarna rente en laastens kapitaal.Geen betaling sal aanvaar word "in volle en finale vereffening" van enige rekening van my by die maatskappy tensysodanige aanvaarding vooraf ooreengekom is met 'n bestuurder: kliëntefinansiering, kliëntefinansieringbestuurder ofhoofbestuurslid van die maatskappy en by aanvaarding geboekstaaf word deur 'n skriftelike bevestiging van die maatskappydat sodanige betaling in volle en finale vereffening aanvaar word. Enige betaling wat nie aldus in volle en finale vereffeningaanvaar is nie, sal ontvang word sonder benadeling van enige van die maatskappy se regte ongeag die voorwaardewaaronder sodanige betaling aangebied is.7

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!