11.07.2015 Views

Aansoekvorm 2 Applikante buite wet.pdf

Aansoekvorm 2 Applikante buite wet.pdf

Aansoekvorm 2 Applikante buite wet.pdf

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

1.9 Die Produsent sedeer hiermee onherroeplik aan en ten gunste van die maatskappy alle vorderingsregte van watteraard ook alwat hy tans het of in die toekoms mag verkry, ten opsigte van die produk (wat insluit enige versekeringseise ten opsigte vandie produk), sowel as die vervreemding daarvan deur hom, tot die bedrag wat hy aan die maatskappy verskuldig is,voortspruitend uit welke skuld oorsaak ook al. Die Produsent gee hiermee aan CMW die alleenreg tot uitsluiting van dieProdusent in rem suam om in te win, te eis, in te vorder, as ook oorbetaling van enige gelde gerealiseer uit bovermeldeopbrengs van die verkoop van die produk te reël en om enige sulke gelde aan te wend as skuldvergelyking van die Produsentse aanspreeklikheid / verskuldigheid teenoor CMW.1.9.1 Ten einde die maatskappy in staat te stel om die regte waarna in die voorafgaande subparagraaf verwys word doeltreffend uitte oefen, magtig die kliënt die maatskappy hiermee onherroeplik en in rem suam om enige prestasie waarop hy uit hoofdevan die voormelde gesedeerde vorderingsregte geregtig sou wees, te laat aanteken in die boeke van enige persoon en om dieopbrengs daarvan in te vorder by enige persoon hoegenaamd teen wie sodanige vorderingsreg geld.Kennis geskied hiermee aan sodanige persoon dat voldoening van die vorderingsreg aan die maatskappy vir alle doeleindesbeskou sal word as voldoening asof die vorderingsreg steeds in die kliënt gesetel het. Die kliënt erken dat die maatskappyteenoor hom onderneem om, indien 'n persoon teen wie 'n gesedeerde vorderingsreg afgedwing word, daarvoor vra, diemaatskappy sodanige persoon sal vrywaar teen enige eis wat hy teen daardie persoon mag instel vir verhaal van enige bedragvoortspruitend uit dieselfde skuldoorsaak.1.9.2 Indien die vorderingsreg betrekking het op enigiets anders as geld, magtig die kliënt die maatskappy hiermee om in sydiskresie dit wat gevorder word, in geld te omskep.1.9.3 Alles deur die maatskappy gevorder uit hoofde van die voorgaande, kan deur die maatskappy aangewend word tervereffening of vermindering van die kliënt se skuld aan die maatskappy, ongeag of daardie skuld opeisbaar en betaalbaar is.1.9.4 Sodra enige bedrag wat deur die kliënt aan die maatskappy verskuldig is vir watter rede ook al, opeisbaar word, verkry diemaatskappy die reg om op die kliënt se koste en vir die kliënt se uitsluitlike risiko alle stappe te neem wat nodig mag weesom enige produk wat deur hom verbou en / of geproduseer word, (ongeag of dit verbou / geproduseer word metgebruikmaking van finansiering deur die maatskappy verskaf), te versorg, die vrugte daarvan in te samel, dit te bemark endie netto opbrengs daarvan aan te wend ter delging of gedeeltelike delging van sy skuld aan die maatskappy. Ten einde diemaatskappy in staat te stel om hierdie regte doeltreffend uit te oefen, kom hy en die maatskappy ooreen dat die maatskappy:1.9.4.1 alle handelinge wat verrig moet word om die voormelde te bereik, sal verrig na eie oordeel, maar met inagneming van goeieboerdery, boerderyfinansieringsmetodes en -praktyk;1.9.4.2 te alle tye toegang sal geniet tot die eiendom waarop die produk verbou / geproduseer word, of wat met die verbouing /produksie in verband staan, sowel as tot alle finansiële- en ander rekords wat op sodanige verbouing betrekking het. Verderonderneem hy om alle inligting wat die maatskappy nodig het ten einde sy regte doeltreffend uit te oefen, op aanvraag teverstrek en om die maatskappy toe te laat om alle implemente, toerusting en gereedskap wat in die kliënt se besit is, tegebruik soos dit benodig word vir doeleindes van en uitvoering van hierdie ooreenkoms.1.9.5 Die Produsent verklaar en waarborg hiermee dat hy nie voorheen 'n soortgelyke sessie voortspruitend uit die verkoop van dieProduk aangegaan het nie. Indien dit op enige stadium aan CMW bekend sou word dat die Produsent teenstrydig met dievoorgemelde waarborg opgetree het en 'n soortgelyke sessie ten gunste van 'n derde party aangegaan het, dan word hierdieSessie geag om 'n sessie van die Produsent se terugvallende reg, titel en belang en aanspraak op die balans van die opbrengsvan die verkoop van die Produk te wees. Ingevolge hierdie Ooreenkoms onderneem die Produsent om nie die opbrengs vandie verkoop van die Produk te beswaar deur enige verdere sessie, pand of ander hipoteek nie.1.9.6 Die bepalings van klousule 1.9 en gepaardgaande subklousules, is van toepassing vir solank as die kliënt enige geldvoortspruitend uit welke skuldoorsaak ook al, aan die maatskappy verskuldig is.1.10 Ek doen hiermee onherroeplik afstand van die spesiale verwere:1.10.1 non causa debiti (dat daar geen behoorlike skuldoorsaak is nie);1.10.2 beneficium ordinis seu excussionis (dat iemand anders eers uitgewin moet word) ;1.10.3 beneficium divisionis (dat die skuld onder medeskuldenaars verdeel moet word) ;1.10.4 errori calculi (dat die skuld verkeerd bereken is);1.10.5 non numeratae pecuniae (dat die fasiliteit nie ten volle uitbetaal is nie);1.10.6 beneficium de duobus vel pluribus reis debendi (dat die rekenings gedebatteer of reggestel moet word); en5

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!