11.07.2015 Views

Aansoekvorm 2 Applikante buite wet.pdf

Aansoekvorm 2 Applikante buite wet.pdf

Aansoekvorm 2 Applikante buite wet.pdf

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

12. Hierdie ooreenkoms is die volle ooreenkoms tussen die partye en geen wysiging hiervan, toevoegings hiertoe, weglatingshieruit of ooreengekome kansellasie hiervan sal op die partye bindend wees nie, tensy dit op skrif gestel en deur alle partyehiertoe onderteken is nie. Geen afstanddoening van die bepalings van hierdie klousule is bindend tensy sodanigeafstanddoening op skrif gestel is en deur beide partye onderteken is nie.13. Die partye plaas op rekord en kom ooreen dat dit nie nodig is vir die geldigheid en afdwingbaarheid van hierdie ooreenkomsdat die persone wat hierdie ooreenkoms namens die partye onderteken elke bladsy moet parafeer nie.14. Die kliënt onderneem om op aanvraag sodanige sekuriteite soos deur die maatskappy in sy diskresie bepaal, aan diemaatskappy te verskaf vir enige kredietfasiliteite aan die kliënt toegestaan. Die kliënt onderneem om alle dokumente, watnodig is vir die verskaffing van enige sekuriteit wat op enige stadium deur die maatskappy vereis word, te onderteken en omalle koste verbonde aan die verskaffing van sodanige sekuriteit stiptelik op aanvraag aan die maatskappy of syregsverteenwoordigers te betaal.Die sekuriteite hierin vervat sal as deurlopende dekkingsekuriteit geld, nieteenstaande:14.1 enige verandering van die Produsent se skuldaanspreeklikheid teenoor CMW;14.2 enige verandering of regstelling van enige ooreenkoms of ander onderneming wat huidiglik mag bestaan of geld tussen dieProdusent, CMW en / of enige ander persoon;14.3 enige vergunning verleen of toegestaan deur CMW aan die Produsent;14.4 CMW se ontvangs van enige dividend of ander voordeel uit hoofde van enige likwidasie, geregtelike bestuur, kompromie ofsamestelling; of14.5 CMW se vrystelling in geheel of gedeeltelik van 'n ander sekuriteit en / of 'n ander persoon tot 'n borgstelling of anderonderneming.15. As sekuriteit vir die behoorlike nakoming deur die Produsent van al sy verpligtinge wat hy nou of in die toekoms magaangaan ten opsigte van enige lenings, voorskotte of krediete toegestaan deur CMW aan die Produsent of enige ander skuldvan watter aard ook al wat die Produsent aan CMW verskuldig mag wees, verpand die Produsent aan CMW die produksowel al sy regte, titel en belang van watter aard ook al, waaroor die Produsent mag beskik ten opsigte van die Produk.15.1 Ten einde die verpanding van die Produk te voltooi, sal die Produsent aan CMW, onmiddellik na ondertekening hiervan ofop die vroegste moontlike datum daarna, die Produk aan CMW lewer, welke lewering sal geskied by CMW se adres geleë teBurmanweg 123, Deal Party, Port Elizabeth en sal hy voortgaan om die voormelde Produk te lewer vir solank as wat dieProdusent verskuldig bly aan CMW uit hoogde van die Produsent se verpligtinge.15.2 Indien al die Produk ten tyde van die ondertekening van hierdie Ooreenkoms nie aan CMW gelewer is nie, magtig dieProdusent CMW hiermee onherroeplik om besit van die Produk te neem.15.3 Indien die produsent sou versuim om enige van sy verpligtinge ingevolge hierdie Ooreenkoms na te kom of indien CMWgeregtig sou wees om betaling van die Produsent ooreenkomstig sy verpligtinge ten opsigte waarvan hierdie pand gegee is teeis, kom die partye ooreen dat CMW in so 'n geval geregtig sal wees om (sonder 'n voorafgaande Hofbevel):a) enige of al die produk te verkoop by wyse van 'n publieke veiling of onderhandse verkoping, soos wat CMW in syeie diskresie mag goeddunk; ofb) enige of al die produk te bekom (sonder benadeling van CMW se regte om die gemelde produk by so 'n publiekeveiling aan te koop) teen 'n prys gelykstaande aan die markverwante waarde daarvan, welke waarde in dieafwesigheid van 'n Ooreenkoms vasgestel sal word deur 'n amptenaar / amptenare aangestel deur CMW, wie saloptree as deskundiges en nie as arbiters nie, en wie se besluit finaal en bindend sal wees op die Produsent; en / ofc) regmatige titel in die produk aan enige koper, insluitende CMW, daarvan oor te dra.15.4 CMW mag, in sy eie diskresie, die netto opbrengs van die verkoop of die koopprys betaalbaar deur CMW, wat ook al diegeval mag wees, na aftrekking daarvan van alle koste en uitgawes aangegaan met betrekking tot die ter geldemaking van dieProduk in verrekening bring ten opsigte van enige skuld wat die Produsent aan CMW verskuldig mag wees voortspruitenduit hierdie Ooreenkoms.15.5 Die Produsent stel hiermee onherroeplik en in rem suam CMW aan om as volmagtigde van die Produsent in sy naam en in syplek alle dokumente te teken en uit te voer en om alles wat nodig mag wees te doen, wat CMW in sy eie diskresie mag nodigof wesenlik ag, ten einde effek te gee aan die bepalings van klousules 15 en al die gepaardgaande subklousules.16. Alle bergings- en stoorkostes ten opsigte van die Produk, bereken in gevolge die standaard koerse soos gehef deur CMW vantyd tot tyd, sal op aanvraag deur die Produsent aan CMW betaalbaar wees.10

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!