10.07.2015 Views

GEdraGskodE - Colgate

GEdraGskodE - Colgate

GEdraGskodE - Colgate

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Enige werkplek-optrede wat spruit uit ’n romantiese of vriendskapsverhouding tussen werknemers kanonvanpas wees as die gedrag ’n ongemaklike werksomgewing vir ander skep. Partydigheid of die neemvan sakebesluite wat op emosie, verbintenisse of vriendskappe gegrond is en nie op Maatskappybelangnie, is verbode. Individue wat in ’n persoonlike verhouding of vriendskap betrokke is, moet takt, goeieoordeel en sensitiwiteit aan die dag lê.Onthou dat ’n ander lid van u huishouding dalk in ’n hoedanigheid mag werk wat botsende belange ofdie skyn van botsende belange kan veroorsaak. Indien so ’n situasie ontstaan, raadpleeg u bestuurder ofu eenheid se regsadviseur vir leiding.DireksiesKry goedkeuring van die President en HUB en die Hoof- Regsadviseur voor u instem om in ’n Direksieof soortgelyke struktuur vir ’n onderneming van buite of ’n regeringsagentskap te dien. U Afdelingsoffunksiehoof moet vooraf goedkeuring verleen indien u in die Direksie van ’n professionele ofwerkverwante organisasie sonder winsbejag wil dien.Ons beskerm die Maatskappy se vertroulike inligting.Colgate se handelsgeheime, ander vertroulike inligting en baie van sy interne data is waardevollebates. Die beskerming van hierdie bates, insluitende die handhawing van hul geheimhouding, speel ’nonontbeerlike rol in ons volgehoue groei en mededingingsvermoë. ’n Handelsgeheim is inligting wat inColgate se sakebedrywighede gebruik word wat nie algemeen bekend is of maklik ontdek kan word nie,en waarvoor moeite gedoen is om die vertroulikheid daarvan te beskerm. Ander vertroulike inligting,soos praktiese sakekennis, moet egter ook beskerm word.Colgate se handelsgeheime en ander vertroulike inligting kan bestaan uit enige formule, ontwerp,embleem, toestel of inligting wat in ons sakebedrywighede gebruik word wat Colgate die geleentheidbied om ’n voorsprong bo ons mededingers te verkry. Colgate se handelsgeheime en ander vertroulikeinligting is nie altyd tegnies van aard nie. Dit kan ook die volgende insluit: sakenavorsing; nuweprodukplanne; strategiese doelwitte; enige ongepubliseerde finansiële of prysinligting; werknemer-,klant- en verkoperlyste, en inligting oor klantvereistes, -voorkeure, -sakegewoontes en -planne.Hoewel dit nie volledig is nie, dui die lys op die wye verskeidenheid inligting wat beskerm moet word.Handelsgeheime en ander vertroulike inligting hoef nie patenteerbaar te wees nie, maarkan nie algemeen of openbaar bekend wees nie.U pligte ten opsigte van Colgate se handelsgeheime en vertroulike inligting is:• Om nie hierdie inligting aan ander Colgate-mense bekend te maak nie, behalwe op ’n“moet-weet”- of “moet-gebruik”-grondslag.• Om nie hierdie inligting aan persone buite Colgate bekend te maak nie.• Om nie hierdie inligting vir u eie gewin of vir die gewin van persone buite Colgate te gebruik nie.Indien u Colgate verlaat, het u steeds ’n plig om Colgate se handelsgeheime en ander vertroulikeinligting te bewaar, tot die inligting openbaar gemaak word of tot Colgate dit nie meer as ’nhandelsgeheim of vertroulik beskou nie. U moet ook in gedagte hou dat alle korrespondensie, gedruktemateriaal, elektroniese inligting, dokumente of enige tipe rekords, asook kennis van spesifieke prosesse,prosedures en Colgate-handelswyses – hetsy vertroulik of nie – aan die Maatskappy behoort en binneColgate moet bly. Persoonlike vaardighede wat in die gang van u werk aangekweek of geslyp is, blynatuurlik die persoonlike bates van die persoon wat weggaan. Indien u wonder of inligting vertroulikis of ’n handelsgeheim is, moet u die Regsafdeling kontak.Colgate-palmolive MAATSKAPPY

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!