ONS VERHOUDINGMET MEKAAROns omgang met mekaar moet gebaseer wees op onderlinge vertroue en toewyding. Ons isverantwoordelik om mekaar met respek en waardigheid te hanteer.Ons streef daarna om suksesvolle werksverhoudings te hê.Ons by Colgate is trots op ons mense se sterk persoonlike verbintenis en op die uitstekende prestasieswat uit daardie verbintenis spruit. Hierdie vlak van samewerking kan egter slegs bereik word in ’natmosfeer van vertroue, oop en eerlike kommunikasie en respek. Al u omgang met u eweknieë, uondergeskiktes en u toesighouers moet soos ’n vennootskap aangepak word, waar elke individu segedrag bepaal word deur ’n allesoorheersende verbintenis tot etiese optrede en Colgate se sukses.U verhouding met dié wat saam met u werk, moet wees soos iemand in ’n wenspan. Die grootdryfkrag agter ons onderneming is mense wat in harmonie saamwerk en fokus op ’n gemeenskaplikedoelwit. Elke individu moet sy of haar verantwoordelikheid nakom – en rus in die wete dat anderdieselfde sal doen – om hierdie dinamiese spanverhouding te laat werk. Dit impliseer om op elke vlakaan ander die nodige steun te verleen om die werk gedoen te kry. Geen individu of sake-eenheid kansy eie prioriteite voor die Maatskappy s’n stel nie.U verhouding met die mense saam met wie u werk of oor wie u toesig hou, moet etiek en nakomingbevorder deur te dien as voorbeeld van ordentlikheid, billikheid en integriteit in omgang met ander.U verantwoordelikheid as leier is om prestasiestandaarde duidelik te definieer en om ’n omgewing teskep wat spanwerk bevorder.Ons bevorder oop en eerlike kommunikasie.Moedig kreatiewe en innoverende denke aan; indien u ’n toesighouer is, behandel u ondergeskiktessoos individue en gee hulle die nodige vryheid om hul werk te doen. Maak voorstelle virprestasieverbetering.U verhouding met u toesighouer moet gekenmerk word deur onderlinge respek en vertroue. U enu toesighouer is ’n span met die gesamentlike doel om die doelwitte te bereik wat die Maatskappyvir u sake-eenheid gestel het. U is net so verantwoordelik soos u toesighouer om te verseker dat diekommunikasie tussen u oop en eerlik is. Neem so dikwels as wat u kan inisiatief. Wees innoverend omprobleme op te los. U samewerking en kreatiwiteit is noodsaaklik om u eenheid en die Maatskappy sedoelwitte te bereik.Ons ag Colgate-mense as ons belangrikste hulpbron.Colgate se verbintenis om na mense om te sien vind uitdrukking in die werkplek deur ’nverskeidenheid programme wat ten doel het om individuele en spanprestasie te beloon. U wordaangemoedig om so ver soos wat u kan te vorder en om ’n sinvolle bydrae tot die Maatskappy seGEDRAGSKODE
sukses te maak. Op die ou end is dit die inspanning van ons talentvolle, vaardige mense wêreldwydwat ons onderneming se sukses moontlik maak. Wat indiensneming betref, is ons beleid spesifiek:• Om alle Colgate-mense te kies, te plaas en te vergoed volgens hul kwalifikasies vir die werk watgedoen moet word, sonder diskriminasie op grond van ras, geloof, nasionale herkoms, etnisiteit,kleur, geslag, geslagsidentiteit, ouderdom, burgerskap, seksuele oriëntasie, veteraanstatus,huwelikstatus, ongeskiktheid of enige ander kenmerk wat kragtens wet beskerm word.• Om nie kinderarbeid te gebruik nie. Kinderarbeid word gedefinieer as die indiensneming vanenige persoon jonger as die minimum ouderdom wat in die betrokke jurisdiksie toegelaat word;ons sal egter onder geen omstandighede bewustelik enigiemand jonger as sestien (16) jaar oud indiens neem nie.• Om ’n inklusiewe werksomgewing te handhaaf en uitnemendheid te bereik deur mense metuiteenlopende agtergronde na ons werksmag te lok en hulle te behou.• Om opleiding, onderwys en bevorderingsgeleenthede te voorsien wat ontwikkeling enloopbaanvordering vir alle Colgate-mense moontlik maak.• Om prestasiemetings te doen wat openhartige, akkurate terugvoer verskaf. Omtweerigtingkommentaar en -gesprek, en oorsig van metings deur hoër bestuursvlakke aante moedig.• Om prestasie finansieel te beloon en om individue en spanne wie se bydrae hul normale pligteoorskry raak te sien en te beloon met programme soos die Voorsitter se Jy-Kan-’n-Verskil-Maak-Toekenningsprogram.• Om te verhoed dat enigiemand Colgate-mense seksueel of andersins teister in die werkplek ofterwyl hulle Maatskappypligte uitvoer.• Om partydigheid of die skyn van partydigheid in die werkplek te verhoed, ooreenkomstig diebeleidstukke en prosedures wat deur die Maatskappy aanvaar is.• Om individue se privaatheid te respekteer en om slegs individue se persoonlike inligting te verkry,verwerk, gebruik en behou namate dit nodig is en dit binne die wette val van die lande waar onssake doen.• Om daarna te streef om potensiële gevare in die werkplek te elimineer, om ’n veilige, gesondewerksomgewing vir Colgate-mense daar te stel en om daarna te streef om te voldoen aan al dietoepaslike wette en standaarde oor beroepsveiligheid en -gesondheid.• Om ’n veilige, gesonde en produktiewe werksomgewing vir alle Colgate-mense en ander te helphandhaaf deur die volgende te verbied:– die besit, gebruik, verkoop of oordrag van onwettige dwelms of dwelmverwante toebehore opMaatskappy-eiendom of in Maatskappytyd– om Maatskappypligte onder die invloed van alkohol uit te voer– die besit of gebruik van wapens/vuurwapens of ammunisie op die Maatskappyperseel of tydensdie uitvoering van Colgate-pligte, onderhewig aan plaaslike wetgewing Die besit van ’n wapenkan gemagtig word vir veiligheidspersoneel waar sodanige besit nodig geag word om dieveiligheid en sekuriteit van Maatskappywerknemers te verseker; en– om enige voorval van dwelm- of alkoholmisbruik of wapenbesit onmiddellik by die bestuuraan te meld.Colgate-palmolive MAATSKAPPY