10.07.2015 Views

GEdraGskodE - Colgate

GEdraGskodE - Colgate

GEdraGskodE - Colgate

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

ONS VERHOUDING METDIE OMGEWINGColgate heg nie net waarde aan ’n skoner, gesonder omgewing omdat dit die regte ding is om tedoen nie, maar ook omdat dit sake-gewys sin maak. Ons behoefte om ons deel vir die beskermingvan ons planeet te doen fokus daarop om sake te doen op ’n wyse wat veilig is vir die omgewing, enwat ons wêreld vir toekomstige geslagte bewaar.Ons is verbind tot volhoubaarheid.Volhoubaarheid is gebiedend noodsaaklik vir Colgate se langtermyn-sake. Dit is bepalend virdie Maatskappy se sukses. Dit rus op ons Colgate-waardes van Omgee, Wêreldwye Spanwerk enVoortdurende Verbetering. Ons fokus is op Mense, Prestasie en Planeet.Verder is ons daartoe verbind om ons wêreldwye volhoubaarheidsdoelwit te bereik, naamlik om teverseker dat Colgate se besigheid konsekwent en op ’n verantwoordelike manier groei, sodat die mensewat ons dien – insluitende werknemers, ons aandeelhouers en ander belanghebbers – wêreldwydvoordeel sal trek en dat die welstand van toekomstige geslagte terselfdertyd bevorder sal word.U kan die opsomming van ons volhoubaarheidsbeleidsrigtings en -programme sien in die “Uitleef VanOns Waardes”-afdeling van die Colgate.com-webwerf.Ons bewaak en beskerm die omgewing.Die Maatskappy is verbind tot die bewaring van die omgewing. Elkeen van ons moet derhalwe dieletter en die gees van toepaslike omgewingswette en regulasies en die openbare beleidsrigtings wathulle verteenwoordig, nakom. Geen individu of bestuurder in die Maatskappy het die outoriteit omteenstrydig met hierdie beleid op te tree, of om sodanige optrede deur enige ander persoon te magtig,te koördineer, goed te keur of oor die hoof te sien nie.Ons sal oop kommunikasie met die publiek voorstaan en ’n aktiewe, produktiewe vennootskap nastreefmet die gemeenskappe waar ons sake doen. Ons sal voortgaan om inligting oor ons omgewingsbeleiden -programme met verbruikers te deel en om saam te werk met gemeenskapsleiers en alle anderpartye wat ons verbintenis deel om ons omgewing vir toekomstige geslagte te bewaar.Colgate verleen hoë prioriteit daaraan om in ons immer veranderende wêreld op ’n verantwoordelikeen ontsagvolle wyse sake te doen. Hierdie pogings het gelei tot verhoogde doeltreffendheid enfinansiële voordele vir die Maatskappy. Ons weet daar lê nog baie werk voor. Ons volgehoue strategieom ons omgewingsafdruk te verklein sal ’n integrale deel bly van hoe ons ons produkte vervaardig,verpak, versprei en bemark.Vir meer inligting oor die omgewingswette wat op die Maatskappy van toepassing is en dieMaatskappy se verwante beleidsrigtings en -prosedures, verwys asseblief na die “Colgate-PalmoliveOmgewings-, Beroepsgesondheid- en -veiligheidsverklaring”, wat gevind kan word in die Maatskappyse Sakepraktyk-riglyne.22 GEDRAGSKODE

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!