10.07.2015 Views

GEdraGskodE - Colgate

GEdraGskodE - Colgate

GEdraGskodE - Colgate

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

nie. ’n Persoonlike bydrae sal voorts ook nie gemaak word met die doel om Colgate of een van sybedryfsmaatskappye te help om besigheid te verkry of te behou nie.Ons gaan eties om met regerings.U moenie probeer om enige regeringsamptenaar se oordeel of gedrag te beïnvloed deur beloftes,geskenke of ander voordele, of deur enige ander onwettige aansporing nie. Dit is dus belangrik dat unie enige geskenk, vermaak of ander waardevolle item aan ’n regeringsamptenaar gee nie, tensy u ditvooraf met die Regsafdeling uitgeklaar het.Boonop kan sekere wette oor stemmemakery vereis dat die Maatskappy en/of sy mense as ’nstemmemaker registreer en aanmeld indien ’n Colgate-persoon met ’n regeringsamptenaarkommunikeer met die doel om wetgewing of sekere ander amptelike handelinge te beïnvloed.Indien u by sulke optrede betrokke is, moet u die Regsafdeling in kennis stel.Colgate se verbintenis om wettig en eties met regerings om te gaan, geld wêreldwyd.Maatskappybeleid, die VSA se Wet op Korrupte Buitelandse Praktyke en soortgelyke teenkorrupsiewetgewingoral in die wêreld verbied ons mense of hul agente om geld of enigiets van waarde – hetsykontant of nie, of hetsy direk of indirek deur ander – aan enige buitelandse amptenaar (d.w.s.buitelandse staatsamptenaar, buitelandse politieke party of partybeampte of kandidaat vir buitelandsepolitieke pos) te gee of aan te bied om daardie amptenaar oor te haal om enige regeringshandeling of-besluit te beïnvloed, of om die Maatskappy te help om sakegeleenthede te kry of dit te behou.Om seker te maak dat u nie hierdie reël breek nie, is dit Maatskappybeleid dat, met die uitsonderingvan wetlik vereiste fooie (byvoorbeeld, die vereiste permit- of lisensiefooie), geen betalings of geskenkewat met die Maatskappy se sakebedrywighede verband hou, direk of indirek aan buitelandse beamptesgemaak sal word nie, tensy dit vooraf deur die Regsafdeling as wettig goedgekeur is kragtens VSA- enander toepaslike wette.Wees altyd direk en eerlik in u omgang en kommunikasie met regeringsamptenare. Enige bewustelikeof opsetlik verkeerde stellings teenoor regeringsamptenare (mondeling of skriftelik), veral enige valsverklaring onder eed, kan die Maatskappy en sy mense blootstel aan aansienlike boetes.Vir meer gedetailleerde leiding oor die Maatskappy se beleidsrigtings in hierdie verband, sien“Colgate-Palmolive Riglyne oor die VSA Wet op Korrupte Buitelandse Praktyke” en “Colgate-PalmoliveRiglyne oor Sakeverhoudings met Regeringsliggame”, wat in die Maatskappy se Sakepraktyk-riglynegevind kan word.Ons bewaar rekords ooreenkomstig die wet.Ons kom alle wette en regulasies oor die behoud van Maatskappyrekords na (insluitende fisiesedokumente en elektroniese data). Die Maatskappy se Rekordhoudingsprogram omskryf dieMaatskappy se beleidsrigtings en prosedures in verband met die bewaring van rekords waaraanalmal moet voldoen. ’n Afskrif van die Maatskappy se Rekordhoudingsprogram kan verkry word vandie Wêreldwye Regsorganisasie. Skakel met die Regsafdeling of die finansiële departement vir meergedetailleerde rekordhoudingsriglyne wat van toepassing is op u sake-eenheid.Indien u weet van ’n lasbrief, gedingvoering of ’n hangende regeringsondersoek, of as so iets aan ugerapporteer word, kontak onmiddellik die Regsafdeling. In so ’n geval moet u alle rekords behouwaarmee daar op die lasbrief gereageer kan word, wat betrekking het op die gedingvoering of watverband mag hou met die ondersoek, ongeag die vereistes van die Rekordhoudingsprogram. Umag nie sodanige rekords vernietig of wysig nie, aangesien die onvanpaste vernietiging van rekords18 GEDRAGSKODE

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!