10.07.2015 Views

GEdraGskodE - Colgate

GEdraGskodE - Colgate

GEdraGskodE - Colgate

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

ONS VERHOUDING METDIE REGERING EN DIE WETOns gehoorsaam alle wette waaraan Colgate se sakebedrywighede moet voldoen. Trouens, onsbeleid is om die gees van die wet te eerbiedig, nie net die letter nie. Maak dit ’n gewoonte om dieRegsafdeling te raadpleeg wanneer u ook al twyfel.Ons voldoen aan alle mededingingswette/antitrustwette.Colgate se beleid is dat alle werknemers ten volle aan elke land, deelstaat en plek waar Colgatesake doen se mededingingswette (bekend as antitrustwette in die VSA) moet voldoen. Die doelvan mededingingswette is om die mededingingsproses tot voordeel van verbruikers te beskerm.Mededingingswette verseker dat maatskappye meeding om besigheid te kry deur laer pryse,innoverende produkte en beter diens te bied, nie deur in te meng met markkragte soos vraag enaanbod nie. Mededingingswette beskerm maatskappye ook teen roofsugtige of onbillike optrede deurdominante maatskappye, en maak die mededinging-speelveld vir almal toeganklik en regverdig.Colgate ondersteun die oogmerke van mededingingswette. Ons glo dat ons Maatskappy op sy bestevaar in ’n mededingende mark.Byna elke land het mededingingswette deurgevoer. Dit is u verantwoordelikheid om die wette waar usake doen te verstaan en om, waar nodig, leiding van u eenheid se regsadviseur of die KorporatieweRegsdepartement te bekom. U moet die letter sowel as die gees van die toepaslike wette nakom.Mededingingswette oral in die wêreld verbied ooreenkomste tussen bestaande of potensiëlemededingers wat mededinging benadeel. Onafhanklikheid is die sleutel tot nakoming. Colgatemoet onafhanklik optree in sy sakebedrywighede – prysvasstelling, afslag, promosies, koop- enverkoopvoorwaardes; keuse van kliënte, verspreiders en verskaffers; en die keuse van produk om tevervaardig en hoeveel om te verkoop. Dit is belangrik om te onthou dat ’n onwettige ooreenkoms nieformeel op skrif hoef te wees, of selfs hoegenaamd op skrif nie. Dit kan ’n verbale ooreenkoms wees, ofafgelei uit ’n sakerigting wat ingeslaan word of uit opmerkings in dokumente. ’n Ooreenkoms hoef ooknie suksesvol in werking gestel te word om onwettig te wees nie.Die mededingingswette stel ook sekere perke aan verhoudings met kliënte en verspreiders. Enigepoging om kliënte of verspreiders die vryheid te ontsê om pryse vas te stel, bepalings en voorwaardesvan kooptransaksies te bepaal of om onregmatige perke op hul reg om onafhanklik sake te doen teplaas, is in die meeste lande ’n oortreding van die mededingingswette.Die gevolge van nie-nakoming van mededingingswette is geweldig verreikend vir Colgate en symense. Oortreding van sommige mededingingswette kan lei tot boetes en tronkstraf vir die betrokkeindividue, en tot selfs groter boetes vir die Maatskappy. Boonop kan siviele gedinge aanhangig gemaakword om skadevergoeding en regskoste te eis, selfs al word die saak nie krimineel vervolg nie.U moet die Regsafdeling raadpleeg indien u te enige tyd hoegenaamd twyfel of optrede wat u oorweeg’n kwessie kan raak kragtens die mededingingswette.Vir verdere inligting oor mededinging-/antitrustkwessies, verwys asseblief na die “Colgate-PalmoliveRiglyne oor Internasionale Mededinging”, wat gevind kan word in die Maatskappy se Sakepraktykriglyne.16 GEDRAGSKODE

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!