10.07.2015 Views

GEdraGskodE - Colgate

GEdraGskodE - Colgate

GEdraGskodE - Colgate

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

ONS VERHOUDINGMET ONS DIREKSIEOns is bevoorreg om ’n groep uitstaande individue te hê wat in die Maatskappy se Direksie dien enwat advies, leiding en leierskap verskaf wat onontbeerlik is vir ons volgehoue sukses. Danksy hulgesamentlike ondervinding in sake, onderwys en openbare diens, internasionale ervaring, akademieseprestasie, morele en etiese karakter en diversiteit, verskaf ons Direksie doeltreffende oorsig oor dieMaatskappy se sake.Ons het ’n onafhanklike Direksie.Onafhanklikheid kweek integriteit en toerekenbaarheid. Colgate se beleid is om ’n Direksie te hêwat hoofsaaklik uit onafhanklike direkteure van buite bestaan. Alle direkteure wat op die Direksiese komitees dien wat oorsig bied oor oudit-, vergoeding- en bestuursgedrag-aangeleenthede, isonafhanklik. Daar is geen oorvleuelende direkteurskappe nie; dit is die Maatskappy se beleid dat geenvan die onafhanklike direkteure enige konsult-, regs- of ander fooie buiten direkteursfooie van dieMaatskappy ontvang nie.Ons bevorder direkte, oop kommunikasie met die Direksie.Colgate se direkteure het gereelde, direkte kontak met die Maatskappy se bestuur, binne sowel asbuite die raadsaal. Senior sleutelbestuurders vergader gereeld tydens Direksievergaderings en meerinformele sessies met die direkteure, en saam neem hulle aktief deel aan openhartige gesprekke oorverskeie sake-aangeleenthede. Direkteure word genooi om senior bestuurders tussen geskeduleerdedireksievergaderings met vrae en voorstelle te kontak, en maak gereeld daarvan gebruik. Die oop,eerlike atmosfeer wat daaruit spruit, weerspieël Colgate se oorkoepelende korporatiewe kultuur,en help die Direksie om ’n aktiewe rol te speel in die ontwikkeling en leiding van die Maatskappyse sake-strategie.Ons is verbind tot uitstekende korporatiewe bestuursgedrag.Colgate se Direksie het leiding geneem wat steun aan korporatiewe bestuursgedrag-inisiatiewebetref. Colgate was een van die eerste van sy tydgenote om ’n formele gedragskode te aanvaar wat allesakebedrywighede reguleer, en om ’n handves vir die Direksie en sy komitees te ontwikkel. Colgatehet die laaste twee dekades uitstekende korporatiewe bestuursgedragpraktyke geïmplementeer wataanhoudend verbeter en verfyn word. Colgate se Direksie staan sentraal in hierdie beleidsrigtings englo sterk dat goeie korporatiewe bestuursgedrag hand-aan-hand gaan met ons langtermyn-sakesuksesen dit trouens aanhelp.Vir ’n meer gedetailleerde bespreking van Colgate se korporatiewe bestuursgedragprogram,verwys asseblief na die “Colgate-Palmolive Maatskappydireksie Riglyne oor BelangrikeKorporatiewe Bestuursgedrag-aangeleenthede” wat beskikbaar is op die Maatskappy se webwerf.Colgate-palmolive MAATSKAPPY 11

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!