10.07.2015 Views

GEdraGskodE - Colgate

GEdraGskodE - Colgate

GEdraGskodE - Colgate

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Ons kom beleid oor pers- en mediaversoeke na.Versoeke deur die media, pers, die finansiële gemeenskap of die publiek om finansiële of sake-inligtingoor Colgate te verkry, moet verwys word na die Visepresident: Korporatiewe Kommunikasie of dieVisepresident: Beleggersbetrekkinge. Versoeke vir inligting of ander kontak deur die Effekte- enBeurskommissie, die New York Aandelebeurs of ander reguleerders en owerhede in die wêreld moetna die Regsafdeling verwys word. Dit is absoluut noodsaaklik dat niemand self op enige sodanigenavraag of kontak reageer nie, aangesien enige ongepaste of onakkurate reaksie, selfs ’n weiering ofontkenning van inligting, tot negatiewe publisiteit kan lei en ook die Maatskappy se regsposisie ernstigkan beïnvloed.Hierdie beleid geld nie vir versoeke om finansiële inligting wat aan die publiek beskikbaar is, soosJaar- en Kwartaalverslae, of vir die Maatskappy se promosie- en publisiteitsbedrywighede nie.Versoeke vir onderhoude met enige Colgate-individu wat verband hou met die Maatskappy, sy sakeen/of die uitreiking van enige Maatskappypersvrystellings en/of -verklarings moet vooraf deur dieVisepresident: Korporatiewe Kommunikasie of die Visepresident: Beleggersbetrekkinge nagegaanen goedgekeur word. Onderhoude wat deur die Maatskappy geïnisieer is, moet op dieselfde wysegoedgekeur word voor dit met die media geskeduleer kan word.Vir verdere inligting oor die Maatskappy se riglyne vir die beskerming van vertroulike inligting,verwys asseblief na die “Colgate-Palmolive Riglyne oor Effekteverhandeling en Vertroulikheidvan Inligting” en die “Colgate-Palmolive Riglyne oor die Beskerming van Vertroulike Maatskappyinligtingen Respek vir Ander se Vertroulike Inligting”, wat gevind kan word in die Maatskappyse Sakepraktyk-riglyne.Ons stel betroubare rekords en verslae op.Ons Maatskappy se finansiële posisie en die resultate van sy bedrywighede moet aangeteken wordin ooreenstemming met wetlike vereistes en algemeen aanvaarde rekeningkundige praktyk (AARP).Maatskappybeleid, asook die wet, vereis dat Colgate boeke, rekords en rekeninge moet opstelwat die aard van die saketransaksie en die gesteldheid van die Maatskappy se bates akkuraaten billik weerspieël.Die integriteit van die Maatskappy se rekeningkundige en finansiële rekords hang af van dieakkuraatheid en volledigheid van die basiese inligting wat inskrywing in die Maatskappy se boekeof rekenings rugsteun. Almal wat betrokke is by die skep, verwerking en aantekening van sodanigeinligting word verantwoordelik gehou vir die integriteit daarvan. Elke rekeningkundige of finansiëleinskrywing moet presies weerspieël wat die ondersteunende inligting beskryf. Geen inligting moetvan (of deur) die bestuur weerhou word nie, of van die Maatskappy se interne of onafhanklikeouditeure nie.Geen betaling sal namens die Maatskappy goedgekeur of gedoen word met die bedoeling ofverstandhouding dat enige deel van die betrokke betaling aangewend sal word vir enige anderdoel as dié wat in die ondersteunende dokumente beskryf word nie. Geen vals of misleidendeinskrywings moet om enige rede in enige Maatskappyboeke of -rekords ingeskryf word nie, en geenMaatskappyfonds, -bate of -rekening mag tot stand gebring, aangeskaf of gehou word vir sodanigedoel nie, tensy die betrokke fonds, bate of rekening behoorlik in die Maatskappyboeke en -rekordsweergegee word. Geen korporatiewe fondse of bates moet vir enige onwettige of ongepaste doelgebruik word nie. Bestuurders en ander partye wat verantwoordelik is vir die voorbereiding vanfinansiële inligting moet verseker dat Colgate se finansiële beleidsrigtings gevolg word. Inkomsteen uitgawes moet tydig na behore aangedui word.GEDRAGSKODE

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!