10.07.2015 Views

GEdraGskodE - Colgate

GEdraGskodE - Colgate

GEdraGskodE - Colgate

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

maatSKaPPYGEdraGskodEKom oNS leeF oNS WaaRDeSWÊRelDWYD Uit

COLGATE-PALMOLIVE GEDRAGSKODE-KITSLYN1-800-778-6080 (Noord-Amerika)001-212-310-2330 (kollekteeroproepvanaf alle ander lande)ethics@colpal.com001-212-310-3745 (faks)

’ n B o o d s k a p va n o n s P r e s i d e n t e n H U BElkeen van ons is elke dag deur ons optrede verantwoordelik virdie manier waarop die wêreld Colgate sien. Ons bou Colgatese reputasie as ’n maatskappy met die hoogste integriteit,’n maatskappy wat omgee deur die manier waarop ons mekaarbehandel, met ons kliënte en verbruikers omgaan en ons respekvir wette en regulasies toon. Ons maatskappy se reputasie virintegriteit is ’n onontbeerlike sakebate wat afhang van Colgatemenseoral se verbintenis om in ooreenstemming met Colgate seGedragskode op te tree en om alle wette na te kom.Ons Gedragskode het ons sedert 1987 gelei met ’n stel beginselswat Colgate se waardes en die gevestigde standaarde weerspieëlwat ons etiese optrede rig. Die Gedragskode word gereeldbygewerk en heruitgereik om te verseker dat dit omvattend is.Sedert die laaste bywerking het gebeure in die sakewêreld onsherinner hoe dringend noodsaaklik dit is om op ’n etiese enwetsgehoorsame wyse sake te doen. Ons moet almal verseker datons optrede en besluite voldoen aan ons ideale en waardes watin ons Gedragskode vervat is.Dit is belangrik dat u, as ’n lid van die Colgate-familie, onsGedragskode lees, verstaan en dit heeltemal nakom. As uenige rede het om te glo dat enige situasie strydig is met dieGedragskode, is dit u verantwoordelikheid om dit onder ubestuurder se aandag te bring.Colgate se reputasie word aan elkeen van ons toevertrou. Byvoorbaat dankie vir u volgehoue verbintenis tot ons gedeeldewaardes en u etiese leierskap, wat onontbeerlik is vir onsvolgehoue sukses.Ian CookPresident enHoof- Uitvoerende Beampte

COLGATE-PALMOLIVE GEDRAGSKODEINHOUDSOPGAWEOor die Gedragskode. . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . 3Ons Verhouding met Mekaar . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . 4Ons Verhouding met die Maatskappy . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . 6Ons Verhouding met ons Direksie . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . 11Ons Verhouding met Eksterne Sake-ondernemings . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . 12Ons Verhouding met Verbruikers . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . 14Ons Verhouding met die Regering en die Wet . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . 16Ons Verhouding met die Gemeenskap . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . 20Ons Verhouding met die Omgewing . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . 22Ons Verhouding met Aandeelhouers . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . 23Verantwoordelikheid vir Nakoming . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . 24Soek Leiding en Rapporteer Kwellinge . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . 25Onderwerp-indeks . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . 28

OOR DIEGEDRAGSKODEOns Colgate-Gedragskode dien as ’n riglyn vir ons daaglikse sake-omgang en weerspieël onsstandaard vir gepaste gedrag en ons korporatiewe waardes. Die Kode laat ons elkeen duidelikverstaan dat die manier waarop ons bedryfsresultate bereik net so belangrik is soos die bereikingdaarvan. Die Colgate-Gedragskode geld vir alle Colgate-mense – insluitende Direkteure, Beamptesen al die Maatskappy en sy filiaalmaatskappye se werknemers wêreldwyd. Hierdie vereistes geld ookvir Verkopers en Verskaffers, aangesien nakoming van die Kode ’n voorwaarde is om sake te doenmet Colgate.Die belangrikste is dat elke werknemer verantwoordelik is om integriteit en leierskap te toon deur tevoldoen aan die vereistes van die Gedragskode, Wêreldwye Sakepraktyk-riglyne, Maatskappybeleiden alle toepaslike wette. Deur etiek en integriteit ten volle deel te maak van ons volgehouesakeverhoudings en besluitneming, toon ons ’n verbintenis tot ’n samelewing wat die hoogste etiesestandaarde vooropstel.Die maklikste om nakoming van die Gedragskode te verseker, is om gesonde oordeel te gebruik enleiding te soek as daar vrae opduik. Indien u onseker is, vra uself die volgende af voor u op ’n spesifiekemanier optree:• Het ek magtiging om dit te doen?• Is die optrede die regte ding om te doen?• Is die optrede wettig en strook dit met die Gedragskode of ander beleidstukke?• Sal ek hierdie optrede met trots kan rapporteer aan iemand wat ek respekteer?• Sal die optrede Colgate se reputasie as ’n etiese Maatskappy versterk?Indien die antwoord op enige van hierdie vrae NEE is, of indien u enige vrae of kwellinge het oordie vertolking van die Gedragskode of enige verwante Colgate-standaard, -beleid of -prosedure,moet u die situasie met die bestuurder van u Menslike Hulpbron-, Regs- of Wêreldwye Etiek- enNakomingsafdeling bespreek.Geen strafmaatreël sal teen enigiemand geneem word wat oor ’n vermoedelike oortreding van dieGedragskode kla, dit rapporteer, dit ondersoek of help ondersoek nie, tensy daar gevind word dat daarmet opset vals bewerings gemaak word of vals inligting verskaf word. Colgate sal die vertroulikheidvan alle klagtes so ver moontlik handhaaf.Die Kode is aanlyn beskikbaar en is in verskeie plaaslike tale vertaal. Indien u bykomende inligting oorenige van die onderwerpe wat in die Kode genoem word, verlang, verwys asseblief na die Sakepraktykriglyne.Hulle het ten doel om die Maatskappy se Gedragskode aan te vul en meer spesifieke leidingte gee oor die toepassing daarvan. Besoek die afdeling oor Etiek en Waardes onder U en MenslikeHulpbronne by OurColgate.com of die afdeling oor Bestuursgedrag op die Colgate.com-webwerf omdie Sakepraktyk-riglyne te lees.Colgate-palmolive MAATSKAPPY

ONS VERHOUDINGMET MEKAAROns omgang met mekaar moet gebaseer wees op onderlinge vertroue en toewyding. Ons isverantwoordelik om mekaar met respek en waardigheid te hanteer.Ons streef daarna om suksesvolle werksverhoudings te hê.Ons by Colgate is trots op ons mense se sterk persoonlike verbintenis en op die uitstekende prestasieswat uit daardie verbintenis spruit. Hierdie vlak van samewerking kan egter slegs bereik word in ’natmosfeer van vertroue, oop en eerlike kommunikasie en respek. Al u omgang met u eweknieë, uondergeskiktes en u toesighouers moet soos ’n vennootskap aangepak word, waar elke individu segedrag bepaal word deur ’n allesoorheersende verbintenis tot etiese optrede en Colgate se sukses.U verhouding met dié wat saam met u werk, moet wees soos iemand in ’n wenspan. Die grootdryfkrag agter ons onderneming is mense wat in harmonie saamwerk en fokus op ’n gemeenskaplikedoelwit. Elke individu moet sy of haar verantwoordelikheid nakom – en rus in die wete dat anderdieselfde sal doen – om hierdie dinamiese spanverhouding te laat werk. Dit impliseer om op elke vlakaan ander die nodige steun te verleen om die werk gedoen te kry. Geen individu of sake-eenheid kansy eie prioriteite voor die Maatskappy s’n stel nie.U verhouding met die mense saam met wie u werk of oor wie u toesig hou, moet etiek en nakomingbevorder deur te dien as voorbeeld van ordentlikheid, billikheid en integriteit in omgang met ander.U verantwoordelikheid as leier is om prestasiestandaarde duidelik te definieer en om ’n omgewing teskep wat spanwerk bevorder.Ons bevorder oop en eerlike kommunikasie.Moedig kreatiewe en innoverende denke aan; indien u ’n toesighouer is, behandel u ondergeskiktessoos individue en gee hulle die nodige vryheid om hul werk te doen. Maak voorstelle virprestasieverbetering.U verhouding met u toesighouer moet gekenmerk word deur onderlinge respek en vertroue. U enu toesighouer is ’n span met die gesamentlike doel om die doelwitte te bereik wat die Maatskappyvir u sake-eenheid gestel het. U is net so verantwoordelik soos u toesighouer om te verseker dat diekommunikasie tussen u oop en eerlik is. Neem so dikwels as wat u kan inisiatief. Wees innoverend omprobleme op te los. U samewerking en kreatiwiteit is noodsaaklik om u eenheid en die Maatskappy sedoelwitte te bereik.Ons ag Colgate-mense as ons belangrikste hulpbron.Colgate se verbintenis om na mense om te sien vind uitdrukking in die werkplek deur ’nverskeidenheid programme wat ten doel het om individuele en spanprestasie te beloon. U wordaangemoedig om so ver soos wat u kan te vorder en om ’n sinvolle bydrae tot die Maatskappy seGEDRAGSKODE

sukses te maak. Op die ou end is dit die inspanning van ons talentvolle, vaardige mense wêreldwydwat ons onderneming se sukses moontlik maak. Wat indiensneming betref, is ons beleid spesifiek:• Om alle Colgate-mense te kies, te plaas en te vergoed volgens hul kwalifikasies vir die werk watgedoen moet word, sonder diskriminasie op grond van ras, geloof, nasionale herkoms, etnisiteit,kleur, geslag, geslagsidentiteit, ouderdom, burgerskap, seksuele oriëntasie, veteraanstatus,huwelikstatus, ongeskiktheid of enige ander kenmerk wat kragtens wet beskerm word.• Om nie kinderarbeid te gebruik nie. Kinderarbeid word gedefinieer as die indiensneming vanenige persoon jonger as die minimum ouderdom wat in die betrokke jurisdiksie toegelaat word;ons sal egter onder geen omstandighede bewustelik enigiemand jonger as sestien (16) jaar oud indiens neem nie.• Om ’n inklusiewe werksomgewing te handhaaf en uitnemendheid te bereik deur mense metuiteenlopende agtergronde na ons werksmag te lok en hulle te behou.• Om opleiding, onderwys en bevorderingsgeleenthede te voorsien wat ontwikkeling enloopbaanvordering vir alle Colgate-mense moontlik maak.• Om prestasiemetings te doen wat openhartige, akkurate terugvoer verskaf. Omtweerigtingkommentaar en -gesprek, en oorsig van metings deur hoër bestuursvlakke aante moedig.• Om prestasie finansieel te beloon en om individue en spanne wie se bydrae hul normale pligteoorskry raak te sien en te beloon met programme soos die Voorsitter se Jy-Kan-’n-Verskil-Maak-Toekenningsprogram.• Om te verhoed dat enigiemand Colgate-mense seksueel of andersins teister in die werkplek ofterwyl hulle Maatskappypligte uitvoer.• Om partydigheid of die skyn van partydigheid in die werkplek te verhoed, ooreenkomstig diebeleidstukke en prosedures wat deur die Maatskappy aanvaar is.• Om individue se privaatheid te respekteer en om slegs individue se persoonlike inligting te verkry,verwerk, gebruik en behou namate dit nodig is en dit binne die wette val van die lande waar onssake doen.• Om daarna te streef om potensiële gevare in die werkplek te elimineer, om ’n veilige, gesondewerksomgewing vir Colgate-mense daar te stel en om daarna te streef om te voldoen aan al dietoepaslike wette en standaarde oor beroepsveiligheid en -gesondheid.• Om ’n veilige, gesonde en produktiewe werksomgewing vir alle Colgate-mense en ander te helphandhaaf deur die volgende te verbied:– die besit, gebruik, verkoop of oordrag van onwettige dwelms of dwelmverwante toebehore opMaatskappy-eiendom of in Maatskappytyd– om Maatskappypligte onder die invloed van alkohol uit te voer– die besit of gebruik van wapens/vuurwapens of ammunisie op die Maatskappyperseel of tydensdie uitvoering van Colgate-pligte, onderhewig aan plaaslike wetgewing Die besit van ’n wapenkan gemagtig word vir veiligheidspersoneel waar sodanige besit nodig geag word om dieveiligheid en sekuriteit van Maatskappywerknemers te verseker; en– om enige voorval van dwelm- of alkoholmisbruik of wapenbesit onmiddellik by die bestuuraan te meld.Colgate-palmolive MAATSKAPPY

ONS VERHOUDINGMET DIE MAATSKAPPYAs Colgate-mense streef ons daarna om Colgate se beleid na te kom en terselfdertyd ons bes te doenom die Maatskappy se prestasie te verbeter. Ons besef hoeveel geloof en vertroue in ons gestel worden tree in alle situasies met integriteit en eerlikheid op om daardie geloof en vertroue te behou. Onsvermy botsende belange en ander situasies wat die Maatskappy moontlik kan skaad.Ons vermy botsende belange.U oordeel is een van u belangrikste bates. U moet enige aktiwiteit of verbintenis vermy wat in strydis, of in stryd skyn te wees, met die uitoefening van u onafhanklike oordeel in die Maatskappy sebelang. Botsende belange kan in baie gevalle ontstaan. Dit is onmoontlik om almal hier te dek, en ditsal nie altyd maklik wees om te onderskei tussen gepaste en ongepaste aktiwiteit nie. Indien u twyfel,raadpleeg u bestuurder of u eenheid se regsadviseur voor u optree. Die volgende riglyne geld vir diealgemeenste situasies waar belange bots:BeleggingsMoenie enige belegging maak wat u sakebesluit kan beïnvloed nie. Maatskappybeleid verbied Colgatemenseom aandele te besit of eienaarsbelang te hê in maatskappye wat met Colgate meeding of metColgate sake doen. Hierdie verbod geld nie vir die besit van klein persentasies aandele (gewoonlikminder as 1%) in openbaar verhandelde maatskappye nie, mits die belegging nie finansieel soaansienlik is dat dit die skyn van botsende belange wek nie. Indien u potensieel verbode beleggingsgemaak het voor u by Colgate begin werk het, rapporteer die feite aan die Regsafdeling.FamilieStel u bestuurder in kennis en kry u Afdelings- of funksiehoof en die Regsafdeling se goedkeuring vooru namens Colgate sake doen met enige maatskappy waarin u of ’n naby familielid in só ’n mate belanghet dat u op enige wyse deur u of hul optrede daarby kan baat.Ander WerkMoenie vir ’n mededinger werk terwyl u vir Colgate werk of enige ander werk doen vir, of bystandverleen aan, enige derde party wat u werksprestasie of -oordeel nadelig kan beïnvloed nie. MoenieMaatskappytyd, -geriewe of -materiaal gebruik vir werk van buite wat nie verband hou met u werk byColgate sonder magtiging van u Afdelings- of funksiehoof nie.PersoonlikHoewel ons Colgate-mense se reg op vrye assosiasie met die mense wat hulle in die werksomgewingteëkom, erken en respekteer, moet ons ook gesonde oordeel gebruik om te verseker dat sodanigeverhoudings nie werksprestasie, toesighoudingsvermoë oor ander of die werksomgewing self negatiefbeïnvloed nie.GEDRAGSKODE

Enige werkplek-optrede wat spruit uit ’n romantiese of vriendskapsverhouding tussen werknemers kanonvanpas wees as die gedrag ’n ongemaklike werksomgewing vir ander skep. Partydigheid of die neemvan sakebesluite wat op emosie, verbintenisse of vriendskappe gegrond is en nie op Maatskappybelangnie, is verbode. Individue wat in ’n persoonlike verhouding of vriendskap betrokke is, moet takt, goeieoordeel en sensitiwiteit aan die dag lê.Onthou dat ’n ander lid van u huishouding dalk in ’n hoedanigheid mag werk wat botsende belange ofdie skyn van botsende belange kan veroorsaak. Indien so ’n situasie ontstaan, raadpleeg u bestuurder ofu eenheid se regsadviseur vir leiding.DireksiesKry goedkeuring van die President en HUB en die Hoof- Regsadviseur voor u instem om in ’n Direksieof soortgelyke struktuur vir ’n onderneming van buite of ’n regeringsagentskap te dien. U Afdelingsoffunksiehoof moet vooraf goedkeuring verleen indien u in die Direksie van ’n professionele ofwerkverwante organisasie sonder winsbejag wil dien.Ons beskerm die Maatskappy se vertroulike inligting.Colgate se handelsgeheime, ander vertroulike inligting en baie van sy interne data is waardevollebates. Die beskerming van hierdie bates, insluitende die handhawing van hul geheimhouding, speel ’nonontbeerlike rol in ons volgehoue groei en mededingingsvermoë. ’n Handelsgeheim is inligting wat inColgate se sakebedrywighede gebruik word wat nie algemeen bekend is of maklik ontdek kan word nie,en waarvoor moeite gedoen is om die vertroulikheid daarvan te beskerm. Ander vertroulike inligting,soos praktiese sakekennis, moet egter ook beskerm word.Colgate se handelsgeheime en ander vertroulike inligting kan bestaan uit enige formule, ontwerp,embleem, toestel of inligting wat in ons sakebedrywighede gebruik word wat Colgate die geleentheidbied om ’n voorsprong bo ons mededingers te verkry. Colgate se handelsgeheime en ander vertroulikeinligting is nie altyd tegnies van aard nie. Dit kan ook die volgende insluit: sakenavorsing; nuweprodukplanne; strategiese doelwitte; enige ongepubliseerde finansiële of prysinligting; werknemer-,klant- en verkoperlyste, en inligting oor klantvereistes, -voorkeure, -sakegewoontes en -planne.Hoewel dit nie volledig is nie, dui die lys op die wye verskeidenheid inligting wat beskerm moet word.Handelsgeheime en ander vertroulike inligting hoef nie patenteerbaar te wees nie, maarkan nie algemeen of openbaar bekend wees nie.U pligte ten opsigte van Colgate se handelsgeheime en vertroulike inligting is:• Om nie hierdie inligting aan ander Colgate-mense bekend te maak nie, behalwe op ’n“moet-weet”- of “moet-gebruik”-grondslag.• Om nie hierdie inligting aan persone buite Colgate bekend te maak nie.• Om nie hierdie inligting vir u eie gewin of vir die gewin van persone buite Colgate te gebruik nie.Indien u Colgate verlaat, het u steeds ’n plig om Colgate se handelsgeheime en ander vertroulikeinligting te bewaar, tot die inligting openbaar gemaak word of tot Colgate dit nie meer as ’nhandelsgeheim of vertroulik beskou nie. U moet ook in gedagte hou dat alle korrespondensie, gedruktemateriaal, elektroniese inligting, dokumente of enige tipe rekords, asook kennis van spesifieke prosesse,prosedures en Colgate-handelswyses – hetsy vertroulik of nie – aan die Maatskappy behoort en binneColgate moet bly. Persoonlike vaardighede wat in die gang van u werk aangekweek of geslyp is, blynatuurlik die persoonlike bates van die persoon wat weggaan. Indien u wonder of inligting vertroulikis of ’n handelsgeheim is, moet u die Regsafdeling kontak.Colgate-palmolive MAATSKAPPY

Ons kom beleid oor pers- en mediaversoeke na.Versoeke deur die media, pers, die finansiële gemeenskap of die publiek om finansiële of sake-inligtingoor Colgate te verkry, moet verwys word na die Visepresident: Korporatiewe Kommunikasie of dieVisepresident: Beleggersbetrekkinge. Versoeke vir inligting of ander kontak deur die Effekte- enBeurskommissie, die New York Aandelebeurs of ander reguleerders en owerhede in die wêreld moetna die Regsafdeling verwys word. Dit is absoluut noodsaaklik dat niemand self op enige sodanigenavraag of kontak reageer nie, aangesien enige ongepaste of onakkurate reaksie, selfs ’n weiering ofontkenning van inligting, tot negatiewe publisiteit kan lei en ook die Maatskappy se regsposisie ernstigkan beïnvloed.Hierdie beleid geld nie vir versoeke om finansiële inligting wat aan die publiek beskikbaar is, soosJaar- en Kwartaalverslae, of vir die Maatskappy se promosie- en publisiteitsbedrywighede nie.Versoeke vir onderhoude met enige Colgate-individu wat verband hou met die Maatskappy, sy sakeen/of die uitreiking van enige Maatskappypersvrystellings en/of -verklarings moet vooraf deur dieVisepresident: Korporatiewe Kommunikasie of die Visepresident: Beleggersbetrekkinge nagegaanen goedgekeur word. Onderhoude wat deur die Maatskappy geïnisieer is, moet op dieselfde wysegoedgekeur word voor dit met die media geskeduleer kan word.Vir verdere inligting oor die Maatskappy se riglyne vir die beskerming van vertroulike inligting,verwys asseblief na die “Colgate-Palmolive Riglyne oor Effekteverhandeling en Vertroulikheidvan Inligting” en die “Colgate-Palmolive Riglyne oor die Beskerming van Vertroulike Maatskappyinligtingen Respek vir Ander se Vertroulike Inligting”, wat gevind kan word in die Maatskappyse Sakepraktyk-riglyne.Ons stel betroubare rekords en verslae op.Ons Maatskappy se finansiële posisie en die resultate van sy bedrywighede moet aangeteken wordin ooreenstemming met wetlike vereistes en algemeen aanvaarde rekeningkundige praktyk (AARP).Maatskappybeleid, asook die wet, vereis dat Colgate boeke, rekords en rekeninge moet opstelwat die aard van die saketransaksie en die gesteldheid van die Maatskappy se bates akkuraaten billik weerspieël.Die integriteit van die Maatskappy se rekeningkundige en finansiële rekords hang af van dieakkuraatheid en volledigheid van die basiese inligting wat inskrywing in die Maatskappy se boekeof rekenings rugsteun. Almal wat betrokke is by die skep, verwerking en aantekening van sodanigeinligting word verantwoordelik gehou vir die integriteit daarvan. Elke rekeningkundige of finansiëleinskrywing moet presies weerspieël wat die ondersteunende inligting beskryf. Geen inligting moetvan (of deur) die bestuur weerhou word nie, of van die Maatskappy se interne of onafhanklikeouditeure nie.Geen betaling sal namens die Maatskappy goedgekeur of gedoen word met die bedoeling ofverstandhouding dat enige deel van die betrokke betaling aangewend sal word vir enige anderdoel as dié wat in die ondersteunende dokumente beskryf word nie. Geen vals of misleidendeinskrywings moet om enige rede in enige Maatskappyboeke of -rekords ingeskryf word nie, en geenMaatskappyfonds, -bate of -rekening mag tot stand gebring, aangeskaf of gehou word vir sodanigedoel nie, tensy die betrokke fonds, bate of rekening behoorlik in die Maatskappyboeke en -rekordsweergegee word. Geen korporatiewe fondse of bates moet vir enige onwettige of ongepaste doelgebruik word nie. Bestuurders en ander partye wat verantwoordelik is vir die voorbereiding vanfinansiële inligting moet verseker dat Colgate se finansiële beleidsrigtings gevolg word. Inkomsteen uitgawes moet tydig na behore aangedui word.GEDRAGSKODE

Bates en laste moet na behore aangeteken en op ’n gepaste wyse gewaardeer word. Daarbymoet diegene wat verantwoordelik of betrokke is om Colgate se opgawes aan die Effekte- enBeurskommissie en ander opgawes wat deur die betrokke wetgewing vereis word, in te dienen om ander korrespondensie met die sake- of finansiële gemeenskap te voer, verseker dat dieopenbaarmaking in sodanige opgawes en korrespondensie volledig, billik, akkuraat, tydig enverstaanbaar is. Indien u bewus word van ’n moontlike weglating, vervalsing of onakkuraatheid inrekeningkundige of finansiële inskrywings, in basiese data wat sodanige inskrywings ondersteunof in Colgate se Effekte- en Beurskommissieverslae of ander korrespondensie, of van enige gebrekin interne kontrolemaatreëls, moet u sulke inligting dadelik aan u bestuurder of aan u eenheid seregsadviseur rapporteer. U kan ook die Maatskappy se Wêreldwye Etiek- en Nakomingsdepartementop ’n anonieme en vertroulike grondslag oor hierdie aangeleenthede kontak, soos beskryf opbladsy 25.Ons beskerm Colgate se bates.Maatskappybates, -geriewe of -dienste moet slegs vir wettige, gepaste en gemagtigde doeleindes gebruikword. Die diefstal van geld, eiendom of dienste word streng verbied. Colgate-toerusting, -stelsels,-geriewe, korporatiewe kredietkaarte en voorrade moet slegs gebruik word om Colgate-sake te doenof vir doeleindes wat deur die bestuur gemagtig is. U is persoonlik verantwoordelik vir die beskermingvan Colgate-eiendom wat aan u toevertrou is, maar ook om te help dat die Maatskappy se bates in diealgemeen opgepas word. U moet bedag wees op enige situasie of insidente wat kan lei tot die verlies,misbruik of diefstal van Maatskappy-eiendom en u moet al sulke situasies aan u bestuurder of aan dieKorporatiewe Sekuriteitsdepartement rapporteer sodra dit onder u aandag kom.Slegs sekere beamptes en senior werknemers het magtiging om besluite te neem wat die Maatskappy sebates raak. U moenie besluite neem wat die Maatskappybates raak tensy u behoorlik gemagtig is nie.Indien u wil uitklaar of u of iemand anders by magte is om oor die Maatskappybates te besluit, moet uu eenheid of divisie se finansiële direkteur kontak.Ons gebruik inligtingstegnologie-hulpbronne op ’nverantwoordelike manier.Ons moet Colgate se Inligtingstegnologie-hulpbronne gebruik op ’n manier wat verantwoordelik isen wat strook met die Kode en alle ander Maatskappyriglyne, insluitende dié wat verband hou metspesifieke rekenaartegnologie, databeskerming, vertroulike inligting en intellektuele eiendomsregte.Colgate se Inligtingstegnologie-hulpbronne sluit alle rekenaartoerusting in wat deur Colgate besitof gehuur word, ongeag die fisiese ligging daarvan, insluitende – maar nie beperk tot – persoonlikerekenaars, draagbare rekenaarapparate, netwerkbedieners, Internettoegang, Colgate se Intranet ene-postoegang-apparate. Dit sluit ook die volgende in: stempos en ander stemstelsels, faksmasjiene,telefone, digitale assistente (bv. Blackberry), kitsboodskapdienste en inligting wat verkry is op, ofafgelaai is van, en/of versprei is deur die Internet en Colgate se Intranet. “Inligtingstegnologiehulpbronne”sluit ook toegang in tot Colgate se netwerk en e-pos van ’n rekenaar wat nie deurColgate besit of gehuur word nie (bv. tuisrekenaars).Al Colgate se Inligtingstegnologie-hulpbronne behoort aan Colgate, wat alle inligting insluit wat metColgate se Inligtingstegnologie-hulpbronne geskep, geberg of versend is. Die enigste inligting wat nieas Maatskappy-eiendom gereken word nie, is inligting wat verkry is tydens die beperkte persoonlikegebruik van Colgate Inligtingstegnologie-hulpbronne of inligting wat nie as Maatskappy-eiendomgeag word kragtens die betrokke wetgewing en regulasies nie.Colgate-palmolive MAATSKAPPY

Colgate Inligtingstegnologie-hulpbronne moet gebruik word vir Colgate se sake-doeleindes. Dievolgende gebruike word verbied:• Om teisterende, diskriminerende, lasterlike, bedrieglike of dreigende boodskappe te stuurwat aanstootlike inhoud bevat oor ras, seks, ouderdom, seksuele oriëntasie, geloof, politiekeoortuigings, nasionale herkoms, ongeskiktheid, etnisiteit, veteraanstatus, geslagsidentiteit ofenige ander kenmerk wat kragtens wet beskerm word.• Om enige aanstootlike of obsene korrespondensie of materiaal te stuur, te bekom of te berg.• Ongemagtigde verspreiding van Colgate se vertroulike of handelsgeheim-inligting.• Om sekuriteitsbreuke of -ontwrigtings van netwerkkommunikasie te veroorsaak of toe te laat,en/of u wagwoord op ’n onvanpaste wyse aan ander bekend te maak of om ander toe te laat om uwagwoord te gebruik.• Skending van die regte van enige persoon of maatskappy wat deur kopiereg-, handelsgeheim-,patentereg- of ander intellektuele eiendomsregwetgewing, of soortgelyke wette of regulasies,beskerm word.• Skending van enige persoon wat deur toepaslike wetgewing beskerm word se reg op privaatheid.• Werwing vir enige buite-organisasie, onderneming of saak wat nie verband hou met Colgate nie,insluitende byvoorbeeld enige kommersiële, godsdienstige of politieke organisasie, ondernemingof saak.Behalwe in soverre dit deur toepaslike wetgewing beperk word, behou Colgate die reg voor omtoerusting, stelsels en netwerkaktiwiteite te monitor, insluitende – maar nie beperk tot – e-pos,stempos, Internetgebruik en enige gebergde inligting, in gepaste omstandighede en voortspruitend uittoepaslike wette. Daarby kan gemagtigde personeel en derdeparty-diensverskaffers onbeperkte toegangtot inligting in Colgate se Inligtingstegnologie-hulpbronne hê, in die volle mate wat die wet toelaat, virbedryfs-, onderhoud-, sekuriteit-, sake-, regs- of regulatoriese vereistes.Colgate behou die reg voor om enige gebruiker se toegang tot Colgate se Inligtingstegnologiehulpbronnete enige tyd op te skort, met of sonder waarskuwing vooraf.Vir verdere gedetailleerde inligting oor hierdie en ander onderwerpe, verwys asseblief na dieMaatskappy se Sakepraktyk-riglyne.10 GEDRAGSKODE

ONS VERHOUDINGMET ONS DIREKSIEOns is bevoorreg om ’n groep uitstaande individue te hê wat in die Maatskappy se Direksie dien enwat advies, leiding en leierskap verskaf wat onontbeerlik is vir ons volgehoue sukses. Danksy hulgesamentlike ondervinding in sake, onderwys en openbare diens, internasionale ervaring, akademieseprestasie, morele en etiese karakter en diversiteit, verskaf ons Direksie doeltreffende oorsig oor dieMaatskappy se sake.Ons het ’n onafhanklike Direksie.Onafhanklikheid kweek integriteit en toerekenbaarheid. Colgate se beleid is om ’n Direksie te hêwat hoofsaaklik uit onafhanklike direkteure van buite bestaan. Alle direkteure wat op die Direksiese komitees dien wat oorsig bied oor oudit-, vergoeding- en bestuursgedrag-aangeleenthede, isonafhanklik. Daar is geen oorvleuelende direkteurskappe nie; dit is die Maatskappy se beleid dat geenvan die onafhanklike direkteure enige konsult-, regs- of ander fooie buiten direkteursfooie van dieMaatskappy ontvang nie.Ons bevorder direkte, oop kommunikasie met die Direksie.Colgate se direkteure het gereelde, direkte kontak met die Maatskappy se bestuur, binne sowel asbuite die raadsaal. Senior sleutelbestuurders vergader gereeld tydens Direksievergaderings en meerinformele sessies met die direkteure, en saam neem hulle aktief deel aan openhartige gesprekke oorverskeie sake-aangeleenthede. Direkteure word genooi om senior bestuurders tussen geskeduleerdedireksievergaderings met vrae en voorstelle te kontak, en maak gereeld daarvan gebruik. Die oop,eerlike atmosfeer wat daaruit spruit, weerspieël Colgate se oorkoepelende korporatiewe kultuur,en help die Direksie om ’n aktiewe rol te speel in die ontwikkeling en leiding van die Maatskappyse sake-strategie.Ons is verbind tot uitstekende korporatiewe bestuursgedrag.Colgate se Direksie het leiding geneem wat steun aan korporatiewe bestuursgedrag-inisiatiewebetref. Colgate was een van die eerste van sy tydgenote om ’n formele gedragskode te aanvaar wat allesakebedrywighede reguleer, en om ’n handves vir die Direksie en sy komitees te ontwikkel. Colgatehet die laaste twee dekades uitstekende korporatiewe bestuursgedragpraktyke geïmplementeer wataanhoudend verbeter en verfyn word. Colgate se Direksie staan sentraal in hierdie beleidsrigtings englo sterk dat goeie korporatiewe bestuursgedrag hand-aan-hand gaan met ons langtermyn-sakesuksesen dit trouens aanhelp.Vir ’n meer gedetailleerde bespreking van Colgate se korporatiewe bestuursgedragprogram,verwys asseblief na die “Colgate-Palmolive Maatskappydireksie Riglyne oor BelangrikeKorporatiewe Bestuursgedrag-aangeleenthede” wat beskikbaar is op die Maatskappy se webwerf.Colgate-palmolive MAATSKAPPY 11

ONS VERHOUDING METEKSTERNE SAKE-ONDERNEMINGSElkeen van ons is verantwoordelik vir die wyse waarop verskaffers en kliënte ons opsom. Dit isnoodsaaklik dat ons ons reputasie vir eerlikheid en billike onderhandeling by hierdie groepe behou.Ons gaan eties om met verskaffers en kliënte.Ons doel met ons aankoopbedrywighede is om volgehoue, betroubare voorsieningsbronne teverseker. Eerlike onderhandelings met kliënte en verskaffers is noodsaaklik vir gesonde, blywendeverhoudings. Ons beskou dus ons verskaffers as vennote en verwag dat hulle ’n billike wins moetmaak. Ons oorweeg alle voornemende verskaffers regverdig en op gelyke voet. Besluite berus opobjektiewe kriteria soos prys en gehalte, asook ’n verskaffer se betroubaarheid en integriteit. Die geeof ontvang van enige terugskotte, omkoopgeld of soortgelyke betalings van welke aard ook al wordstreng verbied.Ons doen geen persoonlike gunste vir kliënte ten opsigte van pryse, promosietoelae, bemarkings- ofsoortgelyke bystand nie; ons behandel alle kliënte op dieselfde sakegrondslag. Onderhandelinge metkliënte en verskaffers word bespreek in die afdeling van hierdie Kode wat ons verantwoordelikhedekragtens die mededingingswette aanspreek.Ons gee of ontvang nie onvanpaste geskenke nie.Dit is nie aanvaarbaar om enige geskenke, betalings of ander voordele te gee of te ontvang om enigesakebesluit te beïnvloed nie. U moet vooraf goedkeuring kry by die Regs- of Wêreldwye Etiek- enNakomingsafdeling indien u beoog om ’n geskenk te gee of te ontvang waarvan die waarde meer asnet nominaal is ($50 VSA-dollar). Hou ook in gedagte dat u slegs een geskenk met nominale waardeper kalenderjaar uit ’n enkele oord mag aanvaar. Indien dit die Maatskappy in die verleentheid kanstel indien u nie ’n spesifieke geskenk aanvaar nie, selfs al is die waarde meer as nominaal, moet u dieRegsafdeling in kennis stel dat u die geskenk aanvaar het. Die Regsadviseur sal help om die korrektetoewysing te maak. Daarby moet u nie reël om namens ’n nabye familielid ’n geskenk, betaling ofander voordeel wat nominale waarde oorskry te gee aan, of te ontvang van, enigiemand met wie dieMaatskappy ’n bestaande sakeverhouding het of met wie die Maatskappy ’n sakeverhouding wil vestignie. Volg die volgende reël: moet nooit ’n geskenk of diens aanvaar as dit u onder verdenking bringof dit kan laat lyk asof u onder verdenking is nie. Dit sluit nie sake-etes af en toe, of geskenke met ’nsuiwer nominale waarde in waarvoor ’n wederdiens bewys kan word nie.U moet weet dat spesiale reëls geld vir gepaste gedrag ten opsigte van optrede teenoor federale,deelstaat-, plaaslike of oorsese regerings wat verskil van die reëls vir optrede teenoor nieregeringsmaatskappye.Gewoonlik mag ’n mens nie enige geskenk, fooi of waardevolle artikel,insluitende etes of reise, aan regeringsamptenare bied, tensy dit vooraf met die Regsafdelinguitgeklaar is nie.Die Colgate Gedragskode word aan verskaffers en verkopers gestuur. Hulle word ingelig oor die vereisteom die Kode na te kom as hulle vir ons werk en die moontlikheid om hul sakegeleentheid by ons teverloor indien hulle dit nie doen nie.12 GEDRAGSKODE

Ons respekteer ander se handelsgeheime en vertroulike inligting.Colgate se beleid is om nie bewustelik inbreuk te maak op ander se intellektuele eiendomsregte nie.Dit is ook Maatskappybeleid om ander se handelsgeheime en ander vertroulike inligting te respekteer.Dit is veral belangrik indien u kennis dra van ’n vorige werkgewer se handelsgeheime en vertroulikeinligting. Indien enige vrae in hierdie verband opduik, moet u die Regsafdeling raadpleeg.Dit is belangrik om die Maatskappy te beskerm teen toekomstige eiendomsreg-skendings of geldelikeeise indien enigiemand buite die Maatskappy u nader met ’n uitvinding, ontdekking of idee, veralin gevalle waar ons eie werk of ons konsultante s’n voorheen tot dieselfde uitvinding, ontdekkingof idee gelei het en ons dit in ’n Maatskappyproduk wil implementeer. Moenie persone van buitetoelaat om enige besonderhede oor hul uitvinding, ontdekking of nuwe idee te onthul nie. Verwys alleongevraagde idees na die Verbruikersake-departement in u area sonder om dit te oorweeg, sodat ditvolgens die Maatskappy se prosedures hanteer kan word.Vir verdere inligting oor die beskerming van ander se inligting, verwys asseblief na die “Colgate-Palmolive Riglyne oor die Beskerming van Vertroulike Maatskappy-inligting en Respek vir Ander seVertroulike Inligting”, wat gevind kan word in die Maatskappy se Sakepraktyk-riglyne.Colgate-palmolive MAATSKAPPY 13

ONS VERHOUDINGMET VERBRUIKERSOns reputasie is gebou op die gehalte en veiligheid van ons produkte. Ons verbintenis tot gehalte enveiligheid is noodsaaklik vir ons Maatskappy se volgehoue groei en sukses.Ons stel die hoogste standaarde vir ons produkte.Ons is verbind daartoe om te verseker dat verbruikers peil kan trek op Colgate-produkte sebetroubaarheid, gehalte en uitmuntende werking. Buiten die feit dat ons miljarde mense dienin die markte waar ons sake doen, moet ons voortdurend daarna streef om ons produkte op diedoeltreffendste manier moontlik te vervaardig sodat die grootste getal verbruikers dit kan bekostig.Produkte wat deur Colgate verkoop word, moet nie net aan alle wetlike veiligheidstandaarde voldoennie, maar ook aan Maatskappystandaarde, wat dikwels strenger is. Ons neem deel aan programmeom vinnig bystand te verleen aan verbruikers indien produkte misbruik word of indien iemanddaarmee peuter. Verbruikersgesondheid, -veiligheid en -welstand is van uiterste belang vir ons.As ’n Colgate-werknemer is dit u verantwoordelikheid om onmiddellik enige kwessies wat verbandhou met produkgehalte of -veiligheid aan u sake-eenheidbestuurder te rapporteer as u dit teëkom.Ons gee gehoor aan verbruikers.Aangesien ons handel dryf met verbruikersprodukte, hang ons sukses af van verbruikerstevredenheid,-vertroue en -goedgesindheid. Die beste manier om ons doelwitte te bereik en aan verbruikers sebehoeftes te voldoen, is om ’n konsekwente, billike en sensitiewe verbruikerskommunikasieprogramte volg.Ons besef die belangrikheid daarvan om verbruikers se behoeftes en voorkeure ten opsigtevan ons produkte vooruit te skat en om te verseker dat ons daaraan gehoor gee. Ons glo ook datverbruikersmenings, -kwellinge en -navrae oor ons produkte wat aan die Maatskappy gerig word,’n belangrike bron van inligting is. Verbruikersbehoeftes verander voortdurend; ons moet dusvoortdurend luister wat mense soek en ons kreatiwiteit gebruik om daardie veranderende behoefteste bevredig.Wanneer ’n verbruiker sy ontevredenheid lug, hanteer ons die probleem spoedig, hoflik en billik,en wend alle redelike pogings aan om die verbruiker se goedgesindheid en aankope van Colgateproduktete behou of terug te wen.Ons advertensies is akkuraat.Advertensies is een van die belangrikste aspekte van ons besigheid. Advertensies moet kreatief enmededingend wees, maar terselfdertyd eerlik en akkuraat, nie misleidend nie en moet andersinsvoldoen aan die toepaslike wetgewing. Ons advertensies moet ook enige stereotipering van individueop grond van faktore soos die volgende vermy: ras, geloof, nasionale herkoms, etnisiteit, kleur,14 GEDRAGSKODE

geslag, geslagsidentiteit, ouderdom, burgerskap, seksuele oriëntasie, veteraanstatus, huwelikstatus,ongeskiktheid of enige ander kenmerk wat kragtens wet beskerm word. Advertensies skep meeras net ’n beeld van die produk. Dit bou ons reputasie vir betroubaarheid en geloofwaardigheid.Boonop lê ons sorg aan die dag om die media te kies waarin ons advertensieboodskappe verskyn.Ons laat nie toe dat ons advertensies op televisieprogramme of in ander media verskyn wat nodeloseof oormatige geweld of seks bevat, wat antisosiaal is of wat ons Maatskappy se reputasie of produktenegatief kan beïnvloed nie.Ons handhaaf handelsbillikheid ten opsigte van die uitdink, gebruik en keuse van advertensies,handelsmerke en ontwerpe, sodat ons produkte uit hoofde van hul eie gehalte en ons reputasiesukses kan behaal, nie deur nabootsing of deur te handel in ons mededingers se klandisiewaardenie. Handelsbillikheid vereis:• Streng nakoming van plaaslike wetlike vereistes ten opsigte van handelsmerkskending enonbillike mededinging.• Om nie bekende handelsmerke, slagspreuke, advertensietemas en grafika na te aap wat deurmultinasionale maatskappye en streeksgebonde mededingers buite u area gebruik word nie.Vir ’n vollediger bespreking van die Maatskappy se advertensieriglyne, verwys na die “Colgate-Palmolive Advertensieriglyne” en die “Colgate-Palmolive Advertensieplasing-beleidsverklaring”,wat gevind kan word in die Maatskappy se Sakepraktyk-riglyne.Ons respekteer verbruikerprivaatheid.Ons respekteer en eerbiedig ons verbruikers se reg op privaatheid. Colgate se beleid is om slegsverbruikers se persoonlike inligting te verkry, te verwerk, te gebruik en te behou binne die perke vantoepaslike wette, insluitende wette wat verband hou met die insameling en gebruik van minderjarigesse persoonlike inligting, en om alle redelike stappe te doen om sodanige inligting te beskerm.Verbruikers kan moontlik sekere persoonlike inligting soos name, straatadresse en e-posadresse aandie Maatskappy verskaf tydens hul kontak met Colgate, byvoorbeeld deur die rig van versoeke virprodukinligting of deelname aan kompetisies wat deur die Maatskappy geborg word. Ons gebruiksulke inligting slegs vir die doel waarvoor dit aan ons verskaf is, tensy ’n verbruiker instem tot andergebruike, en namate ons rekordhouding-doeleindes dit vereis.Ons beleid is om nie persoonlike inligting oor verbruikers met derde partye te deel nie, tensy ditnodig is om ’n diens aan ons verbruikers te lewer of andersins ter nakoming van toepaslike wetteen regulasies.Wette oor verbruikers se privaatheid word voortdurend ontwikkel en gewysig. Ons verbind ons daartoeom privaatheidswette en -standaarde wat ontwikkel word, te monitor en kan moontlik, van tyd tot tyd,spesifieke beleidsrigtings opstel in reaksie daarop.Colgate-palmolive MAATSKAPPY 15

ONS VERHOUDING METDIE REGERING EN DIE WETOns gehoorsaam alle wette waaraan Colgate se sakebedrywighede moet voldoen. Trouens, onsbeleid is om die gees van die wet te eerbiedig, nie net die letter nie. Maak dit ’n gewoonte om dieRegsafdeling te raadpleeg wanneer u ook al twyfel.Ons voldoen aan alle mededingingswette/antitrustwette.Colgate se beleid is dat alle werknemers ten volle aan elke land, deelstaat en plek waar Colgatesake doen se mededingingswette (bekend as antitrustwette in die VSA) moet voldoen. Die doelvan mededingingswette is om die mededingingsproses tot voordeel van verbruikers te beskerm.Mededingingswette verseker dat maatskappye meeding om besigheid te kry deur laer pryse,innoverende produkte en beter diens te bied, nie deur in te meng met markkragte soos vraag enaanbod nie. Mededingingswette beskerm maatskappye ook teen roofsugtige of onbillike optrede deurdominante maatskappye, en maak die mededinging-speelveld vir almal toeganklik en regverdig.Colgate ondersteun die oogmerke van mededingingswette. Ons glo dat ons Maatskappy op sy bestevaar in ’n mededingende mark.Byna elke land het mededingingswette deurgevoer. Dit is u verantwoordelikheid om die wette waar usake doen te verstaan en om, waar nodig, leiding van u eenheid se regsadviseur of die KorporatieweRegsdepartement te bekom. U moet die letter sowel as die gees van die toepaslike wette nakom.Mededingingswette oral in die wêreld verbied ooreenkomste tussen bestaande of potensiëlemededingers wat mededinging benadeel. Onafhanklikheid is die sleutel tot nakoming. Colgatemoet onafhanklik optree in sy sakebedrywighede – prysvasstelling, afslag, promosies, koop- enverkoopvoorwaardes; keuse van kliënte, verspreiders en verskaffers; en die keuse van produk om tevervaardig en hoeveel om te verkoop. Dit is belangrik om te onthou dat ’n onwettige ooreenkoms nieformeel op skrif hoef te wees, of selfs hoegenaamd op skrif nie. Dit kan ’n verbale ooreenkoms wees, ofafgelei uit ’n sakerigting wat ingeslaan word of uit opmerkings in dokumente. ’n Ooreenkoms hoef ooknie suksesvol in werking gestel te word om onwettig te wees nie.Die mededingingswette stel ook sekere perke aan verhoudings met kliënte en verspreiders. Enigepoging om kliënte of verspreiders die vryheid te ontsê om pryse vas te stel, bepalings en voorwaardesvan kooptransaksies te bepaal of om onregmatige perke op hul reg om onafhanklik sake te doen teplaas, is in die meeste lande ’n oortreding van die mededingingswette.Die gevolge van nie-nakoming van mededingingswette is geweldig verreikend vir Colgate en symense. Oortreding van sommige mededingingswette kan lei tot boetes en tronkstraf vir die betrokkeindividue, en tot selfs groter boetes vir die Maatskappy. Boonop kan siviele gedinge aanhangig gemaakword om skadevergoeding en regskoste te eis, selfs al word die saak nie krimineel vervolg nie.U moet die Regsafdeling raadpleeg indien u te enige tyd hoegenaamd twyfel of optrede wat u oorweeg’n kwessie kan raak kragtens die mededingingswette.Vir verdere inligting oor mededinging-/antitrustkwessies, verwys asseblief na die “Colgate-PalmoliveRiglyne oor Internasionale Mededinging”, wat gevind kan word in die Maatskappy se Sakepraktykriglyne.16 GEDRAGSKODE

Ons kom wette oor effekte na.Af en toe kan u dalk inligting hê oor Colgate, of oor ander openbaar verhandelde maatskappye metwie Colgate sake doen, wat “nie openbaar” is nie – dit wil sê, nie bekend aan die publiek nie – soostussentydse wins-en-verlies-syfers, moontlike verkrygings of afstanddoenings, bemarkingsplanne ofnuwe produkbekendstellings.Inligting word gereken as “nie openbaar” totdat dit behoorlik aan die publiek bekend gemaak is, d.w.s.die inligting is openbaar gemaak en genoeg tyd het verloop vir die effektemark om die inligting teverwerk. Indien hierdie “nie openbare” inligting beduidend is – m.a.w. inligting wat ’n oordeelkundigebelegger in ag sal neem wanneer hy ’n beleggingsbesluit neem – geld die volgende kragtens dietoepaslike effektewette en Maatskappybeleid:• U moenie vir u eie gewin of vir iemand anders se gewin aandele, skuldbriewe of effekte verhandelvan die maatskappy (Colgate of ’n ander) op wie die nie-openbare inligting betrekking het nie.• U moenie ander aanmoedig of oorhaal om op grond van sulke nie-openbare inligting aandele,skuldbriewe of ander effekte van sodanige maatskappye te verhandel nie.• U moet u daarvan weerhou om sulke nie-openbare inligting aan mense buite Colgate bekendte maak.• U moet u ook daarvan weerhou om sulke nie-openbare inligting sonder rede met mense binneColgate te bespreek.Colgate-mense wat kennis dra van nie-openbare inligting oor Colgate, moet uiterste sorg aan die daglê om dit vertroulik te hou. Hulle moenie Colgate-aandele, -skuldbriewe of ander -effekte verhandelnie, of die aandele, skuldbriewe of ander effekte van enige ander betrokke maatskappy, voor die nieopenbareinligting aan die publiek bekend gemaak is, en vir ’n redelike tyd daarna nie. Hierdie verbodgeld ook op die uitoefening van aandele-opsies.Indien u Colgate verlaat, het u steeds ’n plig om die vertroulikheid van sodanige nie-openbareinligting te handhaaf, tot daardie inligting genoegsaam aan die publiek bekend gemaak is.Indien u twyfel of sodanige nie-openbare inligting genoegsaam aan die publiek bekend gemaak is,moet u die Regsafdeling kontak en uself daarvan weerhou om die betrokke effekte te verhandel of omdie inligting bekend te maak, tot u in kennis gestel is dat die inligting nie beduidend is nie, of dat ditreeds openbaar gemaak en verwerk is.Ons maak nie politieke bydraes nie.Geen Maatskappyfondse of -bates mag gebruik word vir bydraes aan enige politieke party ofkandidaat op federale, deelstaat- of plaaslike vlak nie, hetsy in die Verenigde State of in die buiteland.’n Politieke bydrae sluit direkte (d.w.s. geld) sowel as indirekte bydraes in. Indirekte bydraes sluit dieaankoop van fondsinsamelingskaartjies, produkbydraes, vrywilligerwerk deur Colgate-mense binnenormale werksure en die gebruik van Colgate-geriewe vir fondsinsameling of politieke doeleindes in.Indien u ’n vraag het oor ’n indirekte bydrae, kontak asseblief die Regsafdeling.Die Maatskappy word verbied om enige Colgate-persoon of individu wat met die Maatskappygeassosieer word (stemmemakers van buite inkluis) direk of indirek in enige vorm te vergoed virpolitieke bydraes wat die persoon beoog om te maak of reeds gemaak het.Dit staan individuele Colgate-mense vry om persoonlike bydraes te maak vir die kandidate ofpartye van hul keuse. ’n Individuele bydrae is die verantwoordelikheid en las van die individuelepersoon. Colgate sal geen verantwoordelikheid of verpligting vir ’n persoonlike bydrae aanvaarColgate-palmolive MAATSKAPPY 17

nie. ’n Persoonlike bydrae sal voorts ook nie gemaak word met die doel om Colgate of een van sybedryfsmaatskappye te help om besigheid te verkry of te behou nie.Ons gaan eties om met regerings.U moenie probeer om enige regeringsamptenaar se oordeel of gedrag te beïnvloed deur beloftes,geskenke of ander voordele, of deur enige ander onwettige aansporing nie. Dit is dus belangrik dat unie enige geskenk, vermaak of ander waardevolle item aan ’n regeringsamptenaar gee nie, tensy u ditvooraf met die Regsafdeling uitgeklaar het.Boonop kan sekere wette oor stemmemakery vereis dat die Maatskappy en/of sy mense as ’nstemmemaker registreer en aanmeld indien ’n Colgate-persoon met ’n regeringsamptenaarkommunikeer met die doel om wetgewing of sekere ander amptelike handelinge te beïnvloed.Indien u by sulke optrede betrokke is, moet u die Regsafdeling in kennis stel.Colgate se verbintenis om wettig en eties met regerings om te gaan, geld wêreldwyd.Maatskappybeleid, die VSA se Wet op Korrupte Buitelandse Praktyke en soortgelyke teenkorrupsiewetgewingoral in die wêreld verbied ons mense of hul agente om geld of enigiets van waarde – hetsykontant of nie, of hetsy direk of indirek deur ander – aan enige buitelandse amptenaar (d.w.s.buitelandse staatsamptenaar, buitelandse politieke party of partybeampte of kandidaat vir buitelandsepolitieke pos) te gee of aan te bied om daardie amptenaar oor te haal om enige regeringshandeling of-besluit te beïnvloed, of om die Maatskappy te help om sakegeleenthede te kry of dit te behou.Om seker te maak dat u nie hierdie reël breek nie, is dit Maatskappybeleid dat, met die uitsonderingvan wetlik vereiste fooie (byvoorbeeld, die vereiste permit- of lisensiefooie), geen betalings of geskenkewat met die Maatskappy se sakebedrywighede verband hou, direk of indirek aan buitelandse beamptesgemaak sal word nie, tensy dit vooraf deur die Regsafdeling as wettig goedgekeur is kragtens VSA- enander toepaslike wette.Wees altyd direk en eerlik in u omgang en kommunikasie met regeringsamptenare. Enige bewustelikeof opsetlik verkeerde stellings teenoor regeringsamptenare (mondeling of skriftelik), veral enige valsverklaring onder eed, kan die Maatskappy en sy mense blootstel aan aansienlike boetes.Vir meer gedetailleerde leiding oor die Maatskappy se beleidsrigtings in hierdie verband, sien“Colgate-Palmolive Riglyne oor die VSA Wet op Korrupte Buitelandse Praktyke” en “Colgate-PalmoliveRiglyne oor Sakeverhoudings met Regeringsliggame”, wat in die Maatskappy se Sakepraktyk-riglynegevind kan word.Ons bewaar rekords ooreenkomstig die wet.Ons kom alle wette en regulasies oor die behoud van Maatskappyrekords na (insluitende fisiesedokumente en elektroniese data). Die Maatskappy se Rekordhoudingsprogram omskryf dieMaatskappy se beleidsrigtings en prosedures in verband met die bewaring van rekords waaraanalmal moet voldoen. ’n Afskrif van die Maatskappy se Rekordhoudingsprogram kan verkry word vandie Wêreldwye Regsorganisasie. Skakel met die Regsafdeling of die finansiële departement vir meergedetailleerde rekordhoudingsriglyne wat van toepassing is op u sake-eenheid.Indien u weet van ’n lasbrief, gedingvoering of ’n hangende regeringsondersoek, of as so iets aan ugerapporteer word, kontak onmiddellik die Regsafdeling. In so ’n geval moet u alle rekords behouwaarmee daar op die lasbrief gereageer kan word, wat betrekking het op die gedingvoering of watverband mag hou met die ondersoek, ongeag die vereistes van die Rekordhoudingsprogram. Umag nie sodanige rekords vernietig of wysig nie, aangesien die onvanpaste vernietiging van rekords18 GEDRAGSKODE

ernstige gevolge kan hê vir die Maatskappy en vir u persoonlik – insluitende siviele en/of kriminelestrawwe. Indien u wonder of ’n verslag verband hou met ’n ondersoek, gedingvoering of ’n lasbrief,kontak die Regsafdeling voordat u van die betrokke dokument ontslae raak.Ons kom internasionale handelsregulasies na.Die Maatskappy voldoen, in die uitvoering van sy binnelandse sowel as sy buitelandse bedrywighede,ten volle aan alle toepaslike wette – veral VSA-wette – wat invoere, uitvoere en sakebedrywighede metpartye buite die VSA reël. Hierdie wette stel perke aan die tipe produkte wat in die Verenigde Stateingevoer mag word, en die manier waarop dit ingevoer word. Dit verbied ook uitvoere na – en diemeeste ander transaksies met – sekere lande, asook samewerking met of deelname aan buitelandseboikotte teenoor lande wat nie deur die Verenigde State geboikot word nie. Colgate-mense moetMaatskappybedrywighede só beoefen dat hulle die wette van die lande waar hulle werksaam is, tenvolle nakom. Dit kan egter gebeur dat daar ’n verskil ontstaan tussen een land se wette en dié van dieVerenigde State of die Maatskappybeleid. Indien u bewus raak van so ’n verskil, moet u u bestuurderin kennis stel en die Regsafdeling raadpleeg.Vir meer gedetailleerde leiding oor hierdie wette en die lande waarop hulle betrekking het, verwysna “Colgate-Palmolive Riglyne oor Internasionale Sakebedrywighede”, wat in die Maatskappy seSakepraktyk-riglyne gevind kan word.Colgate-palmolive MAATSKAPPY 19

ONS VERHOUDING METDIE GEMEENSKAPDie Maatskappy streef daarna om ’n bydraende lid van die wêreldgemeenskap te wees. Ons isburgers van elke plek waar ons sake doen en, net soos individuele burgers, het ons ’n burgerlikeverantwoordelikheid om die gesondheid, onderwys en welstand van die gemeenskap te ondersteun.Ons neem deel aan plaaslike skenkings en vrywilligerwerk.Ons doel oral in die wêreld is om deel te neem aan projekte om die ontwikkeling en welstand van dieplaaslike gemeenskap te bevorder. Sulke projekte sluit deelname aan liefdadigheidspogings in, asookdie aanvaarding van verantwoordelikheid vir hulp aan armes, beseerdes en dakloses tydens nasionalerampe. Ons hooffokus is op jong mense, veral die onderwys van jong mense. Colgate glo dat vandagse beleggings in ons kinders in die toekoms tot ons almal se voordeel sal strek. Dit is hoekom dieMaatskappy oral in die wêreld leesprogramme, mentorskap-inisiatiewe, sportkompetisies en anderjeugaktiwiteite borg. Hierdie pogings kweek ’n gees van mededinging en prestasie in die jeug.Die Maatskappy moedig sy mense ook aan om in hul vrye tyd deel te neem aan plaaslikeliefdadigheidsaktiwiteite wat hulle verkies.Ons werk saam met regerings aan kwessies wat ons besigheid raak.Die Maatskappy het filiaalmaatskappye of takke in meer as 200 lande. Ons beleid is om saammet plaaslike en nasionale regerings te werk. Daar kan van tyd tot tyd kwessies ontstaan wat onsbedrywighede raak. Die Maatskappy sal, na deeglike oorweging, menings en aanbevelings oorspesifieke kwessies aan regerings bied om ons sakedoelwitte en -behoeftes te ondersteun.Ons staan uitbuitende, onmenslike arbeidspraktyke teen.Colgate staan die onwettige gebruik van kinderarbeid, die uitbuiting van kinders en alle ander vormevan onaanvaarbare hantering van werkers teen. Trouens, Colgate se beleid verbied samewerkingmet enige verskaffer of kontrakteur wat bekend is vir die onaanvaarbare behandeling van sywerkers, insluitende kinderuitbuiting, lyfstraf, vrouemishandeling, dwangarbeid of ander vorme vanmishandeling. Die Maatskappy aanvaar nie enige verbreking van kinder- of ander arbeidswette nie;indien die Maatskappy te wete kom van enige oortreding van ons beginsels, is dit voldoende rede omdie sakeverhouding onmiddellik te beëindig.20 GEDRAGSKODE

Ons toon ons verbintenis tot universele menseregte.Colgate is verbind tot respek vir menseregte oral in die wêreld. Daarom handhaaf Colgate die volgendestandaarde, en streef daarna om saam met sakevennote te werk wat dieselfde doen:• gelyke geleenthede vir werknemers op alle vlakke, ongeag kleur, ras, geslag, geslagsidentiteit,ouderdom, etnisiteit, nasionale herkoms, seksuele oriëntasie, huwelikstatus, veteraanstatus,ongeskiktheid of enige ander kenmerk wat kragtens wet beskerm word;• ’n veilige, gesonde werkplek wat mense se gesondheid en die omgewing beskerm;• betaling van ’n werknemersloon wat werknemers in staat stel om ten minste hul basiese behoefteste dek, en die voorsiening van geleenthede aan werknemers om hul vaardighede en vermoënste verbeter;• die respektering van werknemers se wetlike reg op vryheid van assosiasie; en• samewerking met regerings en gemeenskappe waar ons werksaam is om die onderwys-, kulturele,ekonomiese en maatskaplike peil van daardie gemeenskappe te verbeter.Ons volg ons krisisbestuursplan.Colgate is verbind daartoe om sy mense, asook die lede van die gemeenskappe waar ons sake doen, selewens en eiendom te beskerm. Die Maatskappy het ’n Krisisbestuursplan. Elke keer as daar ’n kwessiein die Colgate-wêreld ontstaan in verband met ’n krisis ten opsigte van die omgewing, ons produkte,of die lewe, gesondheid of veiligheid van Colgate-mense of ander, moet u u eenheids- of divisiehoofkontak, wat op sy beurt die lede van die Krisisbestuurspan moet kontak. Indien u meer oor dieKrisisbestuursplan wil weet, kontak gerus Wêreldwye Sekuriteit. Die Wêreldwye Sekuriteitsdepartementkan gekontak word deur 001-212-310-3333 te skakel. Hierdie nommer is 24/7 beskikbaar en word deur’n regte persoon beman.Colgate-palmolive MAATSKAPPY 21

ONS VERHOUDING METDIE OMGEWINGColgate heg nie net waarde aan ’n skoner, gesonder omgewing omdat dit die regte ding is om tedoen nie, maar ook omdat dit sake-gewys sin maak. Ons behoefte om ons deel vir die beskermingvan ons planeet te doen fokus daarop om sake te doen op ’n wyse wat veilig is vir die omgewing, enwat ons wêreld vir toekomstige geslagte bewaar.Ons is verbind tot volhoubaarheid.Volhoubaarheid is gebiedend noodsaaklik vir Colgate se langtermyn-sake. Dit is bepalend virdie Maatskappy se sukses. Dit rus op ons Colgate-waardes van Omgee, Wêreldwye Spanwerk enVoortdurende Verbetering. Ons fokus is op Mense, Prestasie en Planeet.Verder is ons daartoe verbind om ons wêreldwye volhoubaarheidsdoelwit te bereik, naamlik om teverseker dat Colgate se besigheid konsekwent en op ’n verantwoordelike manier groei, sodat die mensewat ons dien – insluitende werknemers, ons aandeelhouers en ander belanghebbers – wêreldwydvoordeel sal trek en dat die welstand van toekomstige geslagte terselfdertyd bevorder sal word.U kan die opsomming van ons volhoubaarheidsbeleidsrigtings en -programme sien in die “Uitleef VanOns Waardes”-afdeling van die Colgate.com-webwerf.Ons bewaak en beskerm die omgewing.Die Maatskappy is verbind tot die bewaring van die omgewing. Elkeen van ons moet derhalwe dieletter en die gees van toepaslike omgewingswette en regulasies en die openbare beleidsrigtings wathulle verteenwoordig, nakom. Geen individu of bestuurder in die Maatskappy het die outoriteit omteenstrydig met hierdie beleid op te tree, of om sodanige optrede deur enige ander persoon te magtig,te koördineer, goed te keur of oor die hoof te sien nie.Ons sal oop kommunikasie met die publiek voorstaan en ’n aktiewe, produktiewe vennootskap nastreefmet die gemeenskappe waar ons sake doen. Ons sal voortgaan om inligting oor ons omgewingsbeleiden -programme met verbruikers te deel en om saam te werk met gemeenskapsleiers en alle anderpartye wat ons verbintenis deel om ons omgewing vir toekomstige geslagte te bewaar.Colgate verleen hoë prioriteit daaraan om in ons immer veranderende wêreld op ’n verantwoordelikeen ontsagvolle wyse sake te doen. Hierdie pogings het gelei tot verhoogde doeltreffendheid enfinansiële voordele vir die Maatskappy. Ons weet daar lê nog baie werk voor. Ons volgehoue strategieom ons omgewingsafdruk te verklein sal ’n integrale deel bly van hoe ons ons produkte vervaardig,verpak, versprei en bemark.Vir meer inligting oor die omgewingswette wat op die Maatskappy van toepassing is en dieMaatskappy se verwante beleidsrigtings en -prosedures, verwys asseblief na die “Colgate-PalmoliveOmgewings-, Beroepsgesondheid- en -veiligheidsverklaring”, wat gevind kan word in die Maatskappyse Sakepraktyk-riglyne.22 GEDRAGSKODE

ONS VERHOUDINGMET AANDEELHOUERSOns streef daarna om die belange van ons aandeelhouers te dien en om aandeelhouerwaarde tehelp bou.Ons handhaaf goeie korporatiewe bestuursgedrag omaandeelhouerwaarde te beskerm.Die Maatskappy se beleidsrigtings en -programme oor korporatiewe bestuursgedrag, waarvan hierdieGedragskode ’n sleutelelement is, dien as ’n belangrike veiligheidsmeganisme vir aandeelhouers.Die Amerikaanse Kongres, die Effekte- en Beurskommissie, die New York Aandelebeurs en anderreguleerders en owerhede wêreldwyd het die afgelope paar jaar baie “wigte en teenwigte” deurgevoerten einde die etiese korporatiewe gedrag te bevorder wat al jare lank standaardpraktyk by Colgateis. ’n Onafhanklike direksie, wat bestaan uit ’n aansienlike meerderheid onafhanklike direkteure,en onafhanklike komitees wat opsig hou oor oudit-, vergoeding- en bestuursgedragsake, dienons aandeelhouers goed. Komiteehandveste en bestuursgedragriglyne wat voortdurend bygewerkword, omskryf die direkteure se rolle en verantwoordelikhede en die Maatskappy se korporatiewebestuursgedragbeginsels baie duidelik.Vir ’n meer gedetailleerde beskrywing van die Maatskappy se korporatiewe bestuursgedragprogram,verwys asseblief na die “Colgate-Palmolive Maatskappydireksie Riglyne oor Belangrike KorporatieweBestuursgedrag-aangeleenthede” en die handveste van die Maatskappy se Ouditkomitee, die NominasieenKorporatiewe Bestuursgedragkomitee, die Personeel- en Organisasiekomitee en die FinansiëleKomitee, wat almal beskikbaar is op die Maatskappy se webwerf.Ons handhaaf streng en deursigtige ouditprogramme ombeleggersvertroue te verhoog.Die Maatskappy is verbind tot die gehalte, integriteit en deursigtigheid van sy finansiële verslae.Hierdie verbintenis word weerspieël in die Maatskappy se ou, beproefde beleidsrigtings en prosedures,insluitende ’n interne ouditgroep wat finansiële beheermaatreëls wêreldwyd monitor, onafhanklikeouditeure met ’n breë mandaat en ’n onafhanklike Ouditkomitee wat opsig hou oor hierdie areas. Onsverwag van ons mense om oop en eerlike kommunikasie en ’n vrye vloei van inligting met die interneen eksterne ouditeure en die Ouditkomitee te handhaaf ten einde die doeltreffendheid van hierdiehulpbronne te optimaliseer.Verwys asseblief na die “Colgate-Palmolive Maatskappy Ouditkomitee-handves” wat beskikbaar is opdie Maatskappy se webwerf vir bykomende inligting oor die belangrike rolle van die Maatskappy seinterne ouditeure, onafhanklike ouditeure en die Ouditkomitee.Ons hou aandeelhouers ingelig oor die Maatskappy se vordering.Aandeelhouers word elke jaar uitgenooi na die Maatskappy se jaarvergadering, waar die Maatskappyse vordering die afgelope jaar in oënskou geneem word en waar aandeelhouers die geleentheidkry om vrae aan die Maatskappy se senior bestuurslede te rig. In die maande tussenin kanaandeelhouers die Maatskappy se webwerf, www.colgate.com, besoek vir meer inligting oor onlangseprodukbekendstellings, die jongste finansiële resultate en ander sake-verwikkelings.Colgate-palmolive MAATSKAPPY 23

VERANTWOORDELIKHEIDVIR NAKOMINGDit is nie voldoende om ’n geskrewe gedragskode te hê nie – gedragstandaarde moet oorgedra wordaan en nagekom word deur diegene wat gevra word om dit na te kom.Kommunikasie en openbaarmaking is noodsaaklik.Wanneer ons diens aanvaar by Colgate, word elkeen van ons aanspreeklik vir die nakoming van hierdiegedragstandaarde, asook alle wette en regulasies en die meer gedetailleerde riglyne wat vervat is in dieSakepraktyk-riglyne en in die ander beleidstukke, prosedures en riglyne wat deur ons Maatskappy, syfiliaalmaatskappye, bedryfseenhede en divisies voorberei is. Bestuurders is verantwoordelik om hierdiestandaarde oor te dra aan diegene wat saam met hulle werk, om seker te maak dat hulle dit verstaan endaarby hou, en om ’n klimaat te skep waarin mense etiese en wetlike kwessies vrymoedig kan bespreek.Colgate se Wêreldwye Etiek- en Nakomingsdepartement hou opsigoor nakoming.Die Wêreldwye Etiek- en Nakomingsdepartement sal nakoming van die Kode en die Sakepraktykriglynemonitor. Die Departement doen verslag aan die Hoof- Uitvoerende Beampte en die Voorsittervan die Ouditkomitee van Colgate se Direksie oor die vestiging, inwerkingstelling en afdwinging vandie Gedragskode en verwante programme.Inligting wat aan die Wêreldwye Etiek- en Nakomingsdepartement oorgedra word of wat deur anderkanale kom, word – waar nodig – vertroulik aan die Ouditkomitee oorgedra.‘GEEN VERGELDING’-BELEIDGeen strafmaatreël sal teen enigiemand geneem word wat oor ’n vermoedelikeoortreding van die Gedragskode kla, dit rapporteer, dit ondersoek of dit helpondersoek nie, tensy daar gevind word dat daar met opset vals beweringsgemaak word of vals inligting verskaf word. Colgate sal die vertroulikheid vanalle klagtes so ver moontlik handhaaf.24 GEDRAGSKODE

SOEK LEIDING EN RAPPORTEER KWELLINGEU word aangemoedig om leiding te soek.Hierdie Kode kan nie klinkklaar antwoorde op alle vrae verskaf nie. Duidelikheid hieroor hanguiteindelik af van elke persoon se begrip van wat nodig is om aan die Maatskappy se hoë standaarde tevoldoen, insluitende ’n begrip van wanneer dit goed is om leiding oor die regte pad vorentoe te soek.In die meeste gevalle, moet u vrae oor die riglyne wat in hierdie Kode beskryf word, onder udirekte bestuurder of die Regsafdeling se aandag bring, wat op hul beurt weer sulke sake met sy ofhaar toesighouer, ’n ander prokureur in die Wêreldwye Regsorganisasie, die Wêreldwye Etiek- enNakomingsafdeling of die Menslike Hulpbrondepartement vir die betrokke eenheid of divisie salbespreek. U kan self ook hoër bestuursvlakke of die Wêreldwye Etiek- en Nakomingsdepartementkontak – hetsy direk of via die Gedragskode-kitslyn, soos hieronder aangedui.U moet vermoedelike oortredings aanmeld.Indien u weet van ’n oortreding van die Kode of van ander Maatskappyriglyne, of rede het om dit tevermoed, moet u daardie inligting onmiddellik aan u bestuurder of aan die Regsafdeling rapporteer.So nie, kan u sonder vrees vir vergelding vrymoedigheid neem om hoër bestuursvlakke of dieWêreldwye Etiek- en Nakomingskomitee te nader. Colgate sal nie enige individu vergeld wat inligtingoor potensiële oortredings te goeder trou rapporteer nie, of wat deelneem aan enige ondersoek ofverrigting deur die Maatskappy of die regering, tensy daar gevind word dat daar opsetlik vals inligtingverskaf is. Die Maatskappy sal ook die nodige stappe neem om ’n individu se identiteit, en die inligtingwat hy of sy verskaf, vertroulik te hou, en sal inligting slegs op ’n “moet-weet”-grondslag bekend maak,waar sodanige bekendmaking:• onvermydelik is om ’n doeltreffende ondersoek te doen en gepaste stappe te doen, of• deur toepaslike wetgewing vereis word.U kan die Wêreldwye Etiek- en Nakomingsdepartement deur die 24-uurGedragskode-kitslyn kontak by 1-800-778-6080 (Verenigde State) of001-212-310-2330 (kollekteeroproep vanaf alle ander plekke).U kan ook Wêreldwye Etiek en Nakoming kontak via gewone pos, e-pos of faks.Die posadres is:Wêreldwye Etiek en NakomingColgate-Palmolive MaatskappyParklaan 300, 8ste VerdiepingNew York, NY 10022Die vertroulike e-posadres is: ethics@colpal.com.Die vertroulike fakstelefoonnommer is: 001-212-310-3745.Colgate-palmolive MAATSKAPPY 25

U kan die Wêreldwye Etiek en NakomingGedragskode-kitslyn kontak.Die doel van die Gedragskode-kitslyn is:• Om Colgate-mense van raad te bedien en om duidelikheid te help verkry oor hoe dieGedragskode in spesifieke situasies toegepas kan word; en• Om ’n alternatiewe kommunikasiemiddel te skep waardeur mense inligting oor verdagte gedrag,wetsoortredings of aktiwiteite wat in stryd is met die Gedragskode onder die Maatskappy seaandag kan bring.Ons moedig u aan om Wêreldwye Etiek en Nakoming te kontak en om vrae oor die Gedragskode tevra of om enige vermoedelike oortredings daarvan te rapporteer. Alle gerapporteerde oortredings salspoedig ondersoek word. Dit is gebiedend noodsaaklik dat persone wat sake rapporteer nie hul eieondersoeke probeer doen nie, aangesien komplekse regskwessies betrokke kan wees. As u op u eieoptree, kan u die geldigheid van ’n ondersoek op die spel plaas en uself en Colgate negatief beïnvloed.Ons moedig u aan om uself te identifiseer wanneer u die Gedragskode-kitslyn skakel ten eindeondersoek- en opvolgwerk te vergemaklik. U kan inligting anoniem voorlê waar plaaslike wetgewingdit toelaat. Sekere lande het wette wat die tipe inligting wat u deur ’n kitslyn kan bekend maak,beperk. Indien hierdie wette op u situasie van toepassing is, sal ’n verteenwoordiger van WêreldwyeEtiek en Nakoming u na iemand in u sake-eenheid verwys wat u met u vraag of kwelling kan bystaan.Die maatskappy doen alle nodige stappe om u identiteit en die inligting wat u indien, vertroulik tehou, en inligting slegs openbaar te maak indien dit van die volgende soort is:• Onvermydelik is om ’n doeltreffende ondersoek te doen en gepaste stappe te doen, of• Deur toepaslike wetgewing vereis word.Dit mag nodig wees om persoonlike data wat in een land verkry is, oor te dra na ’n ander landom ’n oortreding of vermoedelike oortreding van die Gedragskode of die Sakepraktyk-riglyne teondersoek. Verder kan enige werklike of vermoedelike oortreding van die Kode of Sakepraktykriglynedaartoe lei dat ’n verslag wat moontlik persoonlike data bevat by die Wêreldwye Etiek- enNakomingsdepartement ingedien word. In sulke gevalle kan Maatskappywerknemers en Colgateentiteitewat deelneem aan die Wêreldwye Etiek- en Nakomingsdepartement se werksaamhede,persoonlike data gebruik om die verslag te ondersoek, maar net so lank as wat redelikerwys nodig isom dit te doen (sodanige persoonlike data sal daarna vernietig word of behou word, afhangende vanwat Maatskappybeleid of die wet vereis).DISSIPLINÊRE stappe kan geneem word.Die Maatskappy volg ’n “geen verdraagsaamheid”-beleid ten opsigte van enige gedrag wat dieGedragskode of die Sakepraktyk-riglyne oortree. As sulks, is dit die Maatskappy se bedoeling om dievoorkoms van gedrag wat nie met die Kode of met Sakepraktyk-riglyne strook nie te voorkom, enom sulke gedrag wat wel voorkom, so vinnig as moontlik nadat dit ontdek is, in die kiem te smoor.Colgate-mense wat die Kode of Sakepraktyk-riglyne oortree, stel hulleself bloot aan dissiplinêreoptrede, wat diensbeëindiging kan insluit.26 GEDRAGSKODE

Die Kode het betrekking op al Colgate se bedrywighede.Die Kode geld vir almal wat vir die Colgate-Palmolive Maatskappy en sy filiaalmaatskappye werk,insluitende beamptes, en geld ook vir die Maatskappydirekteure en -agente, in ooreenstemmingmet toepaslike wetgewing. Afskrifte van die Kode, beskikbaar by die Wêreldwye Etiek- enNakomingsdepartement, moet aan persone en entiteite gegee word wat aangestel en gemagtig is omnamens die Maatskappy op te tree op gebiede waar die Kode van toepassing is. Beamptes, bestuurdersen direkteure sal jaarliks ’n nakomingsverklaring ten opsigte van die Gedragskode teken.Hierdie Kode is ook van toepassing op verkopers en verskaffers, en nakoming van die Kode is ’nvoorwaarde om sake te doen met Colgate-Palmolive.Colgate-palmolive MAATSKAPPY 27

ONDERWERP-INDEKSAandeelhouerbetrekkinge . . . . . . . . . . . . . . .23Advertensie-akkuraatheid . . . . . . . . . . . . . . .14Akkuraatheid van Maatskappyrekords. . . . . .8Ander Direksie . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . .7Ander Werk . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . .6Antitrust-/Mededingingswetgewing . . . . . .16Beleggingsbesluite . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . .17Beskerming van Maatskappybates . . . . . . . . .9Binnekringhandel . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . .17Botsende Belange . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . .6Colgate se Direksie . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . .11Die Omgewing/Volhoubaarheid . . . . . . . . . .22Diskriminasie . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . .5Dissiplinêre Optrede . . . . . . . . . . . . . . . . . . . .26Gebruik van Inligtingstegnologie . . . . . . . . . .9Gedragskode-kitslyn . . . . . . . . . . . . . . . . .25-26Geen vergelding . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . .24Gepaste Rekenaargebruik . . . . . . . . . . . . . . . . .9Geskenke . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . .12Handelsgeheime . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . 7,13Intellektuele Eiendom . . . . . . . . . . . . . . . . . .13Invoer-/Uitvoerbeheermaatreëls . . . . . . . . . .19Interne RekeningkundigeKontrolemaatreëls . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . .8Kinderarbeid . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . 5, 20Korporatiewe Bestuursgedrag . . . . . . . . . . . .23Krisisbestuursplan . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . .21Maatskappyrekords en -verslae . . . . . . . . . .8-9Medianavrae . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . .8Menseregte . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . .20Middelmisbruik . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . .5Nakoming van Gedragskode . . . . . . . . . . . .24Partydigheid . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . .5Persoonlike Botsende Belange . . . . . . . . . . .6-7Politieke Bydraes . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . .17Produkgehalte & -veiligheid . . . . . . . . . . . . .14Rapportering vanVermoedelike Oortredings . . . . . . . . . . . . .25Rekordbewaringsprogram . . . . . . . . . . . . . . .18Sake met Familielede . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . .6Teenboikot . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . .19Teen-omkopery/WKBP (FCPA) . . . . . . . . . .18Teistering . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . .5Veilige & Gesonde Werksomgewing . . . . . . .5Verbruikersprivaatheid . . . . . . . . . . . . . . . . . .15Verhoudings met Kliënte . . . . . . . . . . . . . . . .12Verhoudings met Verbruikers . . . . . . . . . . . .14Verkopers en Verskaffers . . . . . . . . . . . . 12, 27Vertroulike Inligting . . . . . . . . . . . . . . . . . . 7,13Vrywilligerwerk . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . .20Wapenbesit . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . .5Werknemerprivaatheid . . . . . . . . . . . . . . . . . . .528 GEDRAGSKODE

U kan Wêreldwye Etiek en Nakoming deur die24-uur Gedragskode-kitslyn kontak1-800-778-6080 (Verenigde State) of 001-212-310-2330kollekteeroproep (internasionaal),of via gewone pos, e-pos of faks:Global Ethics and ComplianceColgate-Palmolive Company300 Park Avenue, 8th FloorNew York, NY 10022ethics@colpal.com001-212-310-3745 (faks)MAATSKAPPYCorporate Communications300 Park AvenueNew York, NY 10022-7499DY-245 8/08

Gedragskode Algemene VraeDie volgende voorbeelde word slegs voorgehou om as voorbeeld te dien en kan nie elkemoontlike etiese situasie of scenario dek nie. Indien u vrae het oor ’n spesifieke situasie, geselsasseblief gerus met u Bestuurder, Menslike Hulpbronne, die Regsafdeling of Wêreldwye Etieken Nakoming, of stuur e-pos aan ethics@colpal.com.V. Indien ek ’n moontlike oortreding aanmeld, sal ek in die moeilikheid beland as mykommer ongegrond blyk te wees?Indien u iets sien wat u vermoed ’n oortreding is, sal u nie gestraf word of aanA.dissiplinêre optrede onderwerp word nie, mits u dit te goeder trou gerapporteer het.Indien u weet van ’n oortreding van die Kode, of rede het om dit te vermoed, moetu onmiddellik daardie inligting aan u bestuurder of aan die Regsafdeling rapporteer(bladsy 25).V. Indien ek ’n vraag het wat nie deur die Gedragskode aangespreek word nie, betekendit dat daar nie ’n probleem is nie?Nee. Die Gedragskode is veronderstel om leiding te gee, maar kan nie elke situasieA.dek nie. Indien u met ’n kwessie gekonfronteer word wat nie in die Gedragskodeaangespreek word nie, gesels asseblief met u bestuurder, Menslike Hulpbronne, dieRegsafdeling of Wêreldwye Etiek en Nakoming (bladsy 24).V. Ek vermoed my Toesighouer is betrokke by gedrag wat as ’n oortreding van dieGedragskode gesien kan word. Ek is egter bang dat my Toesighouer dit teen my kanhou as ek die situasie rapporteer en hy daarvan uitvind.Indien u as ’n Colgate-werknemer weet van ’n oortreding van die Kode, of goeieA.rede het om dit te vermoed, moet u daardie inligting aan u bestuurder of aandie Regsafdeling rapporteer. Solank ’n vermoedelike oortreding te goeder trougerapporteer word volgens die prosedures wat in die Gedragskode uitgestip word,verhoed ons “geen vergelding”-beleid dat enige strafmaatreëls teen u ingestel wordoor die verslag. Enige Colgate-werknemer wat iemand met opset vergeld omdat ’nvermoedelike oortreding aangemeld is, is onderhewig aan dissiplinêre optrede(bladsy 27).V. Sê nou iemand rapporteer my, maar ek het niks verkeerd gedoen nie?A.Wees asseblief gerus. Die Maatskappy neem nie sonder meer aan dat ’n oortredinggebeur het omdat iemand iets gerapporteer het nie. Inteendeel, die Maatskappy stel ’nparty buite u sake-eenheid aan om die vermoedelike oortreding deeglik te ondersoek.Die Maatskappy sal tydens die verloop van die ondersoek aanneem dat u onskuldig isen sal nie ’n finale bevinding maak oor skuldigheid voordat die feitelike bevindings vandie ondersoek in oënskou geneem is en daar bevind is dat dit die bewering steun nie.U sal ook tydens die loop van die ondersoek ’n geleentheid kry om u sy van die saak testel (bladsy 25).iiGEDRAGSKODE

V. Verskil die proses waarvolgens vermoedelike oortredings aangespreek word indiendie beweerde oortreder my Toesighouer is?Nee, ’n konsekwente proses word gevolg, ongeag die beweerde oortreder se posisieA.in die Maatskappy (bladsy 25).V. Ek het onlangs by Colgate aangesluit as ’n nuwe werknemer. My vorige werkgeweris direkte opposisie. Is dit gepas vir my om inligting oor my vorige werkgewer sesakeprosesse te deel?Dit is ons beleid om ander se handelsgeheime en ander vertroulike inligting teA.respekteer. Dit is veral belangrik indien u kennis dra van ’n vorige werkgewerse handelsgeheime of vertroulike inligting. Indien u steeds vrae het, moet u dieRegsafdeling raadpleeg (bladsy 13).V. Colgate-standaarde oortref dikwels dié wat deur die lande waar ek werk se wette vereisword. Aangesien die meeste van ons mededingers die plaaslike vereiste volg, hoekomdoen ons dit nie ook nie?Colgate-Palmolive bou al langer as 200 jaar oral waar ons sake doen ’n reputasie as ’nA.Maatskappy wat aan die hoogste standaarde van etiek en integriteit voldoen. Ons isbaie trots op hierdie feit en gevolglik oortref ons standaarde dikwels plaaslike vereistes.V. Ek en ’n kollega deel dikwels grappe wat aanstoot mag gee. Ons doen dit egter altydin my kantoor en maak die deur toe, sodat niemand anders hoor nie. Ons stuur ookvir mekaar grappe per e-pos wat sommige mense aanstootlik kan vind. Kan hierdieoptrede as onvanpas gesien word, selfs al word dit nie met iemand gedeel wat aanstootsal neem nie?Indien die situasie wat u beskryf tydens werksure in ’n Colgate-werksomgewingA.plaasvind en/of Maatskappy-e-pos gebruik, is dit onvanpas. Hou asseblief ook ingedagte dat iemand aanvanklik nie mag lyk of hulle aanstoot neem nie, maar later welaanstoot kan neem. Dit is raadsaam om hierdie tipe gedrag in die werkplek te vermy(bladsye 6 & 9).V. Kan ek regtig afgedank word as ek Colgate se Gedragskode oortree?A.Die Maatskappy volg ’n “geen verdraagsaamheid”-beleid ten opsigte van enige gedragwat die Gedragskode of die Sakepraktyk-riglyne oortree. Colgate-mense wat dieKode of Sakepraktyk-riglyne oortree, stel hulleself bloot aan dissiplinêre optrede,wat diensbeëindiging insluit (bladsy 26).Colgate-palmolive MAATSKAPPYiii

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!