10.07.2015 Views

Laai die Joernaal hier af. - NG Kerk Somerstrand

Laai die Joernaal hier af. - NG Kerk Somerstrand

Laai die Joernaal hier af. - NG Kerk Somerstrand

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

VIR KLEINGROEPERusLees Psalm 1 biddend saam: “Dit gaan goed met die mens wat in die woord van dieHere sy vreugde vind”.Hoor Lees Kolossense 3:12-17 Wat in die teksgedeelte tref jou? Watter gedagtes en beelde kom by jou op terwyljulle lees? Waar hak jou gedagtes vas? Paulus vertel ons hier hoe ons met mekaar moet leef in die gemeenskap van gelowiges.Dink saam oor die betekenis van die 5 verskillende aspekte daarvan:Die 5 deugdes wat God van sy uitverkore volk verwag: meelewend,goedgesind, nederig, sagmoedig, verdraagsaam ( vers 12).Dat ons mekaar moet liefhê deur geduld met mekaar te hê en mekaar tevergewe as iets verkeerd gaan (vers 13-14).Die hart van hierdie gemeenskapslewe is om op die Bybel te fokus (vers16a).Dit mond uit in ons spreke met God in ons liedere (vers 16b). En dit loop uit op 'n lewe wat God se eer voorop stel (vers 17). Paulus onderstreep met dié gedeelte dat die Woord ‘n bepalende rol speel in onsgeestelike lewe. Die Bybel is „n HUIS om in te woon! Ons moet dit lees, daaroornadink en daaruit leef. Gesels met mekaar hoe julle kan vermy om die Bybel tevinnig, te oppervlakkig en sonder ‘n antwoord te lees. Hoe kan julle mekaardaarin help? En hoe kan die gemeente julle help? Kontak ons as julle „n voorstelhet wat ons saam kan oorweeg.Leef Wat sê die Here nou vir jou oor jou lees van, nadenke oor en leef van die Bybel?Hoe kan jy daarop antwoord? Onthou om dié week die Spiritual Life Survey in te vul:www.ngkerksomerstrand.co.za.Kontak ons vir meer inligting:Tel: 041 583 5115 Faks: 041 583 1788Webtuiste: www.ngkerksomerstrand.co.zaE-pos: ngksomer@global.co.zaAdres: Louis Bothasingel 77, SomerstrandDie Bybel is . . .‘n HUIS om in te woonKolossense 3:12-177 Februarie 2009JOERNAAL Onthou om dié week die Spiritual Life Survey in tevul: www.ngkerksomerstrand.co.za!

Dag 1PERSOONLIKE STILTETYDLees Kolossense 3:12-17 – Lees, bedink en leef die BybelRegdeur die eeue word die Bybel vir ons die Woord van God as ons in drie eenvoudigestappe daarna luister: ons lees dit, ons dink daaroor na en ons leef dit.Die lees van die Bybel kan eenvoudig wees (stiltetyd), en baie kompleks (akademies); ditkan alleen gedoen word en in groepe; dit kan inzoom op een vers en dit kan die breëlyne probeer vasvat. Dit kan in die kerk wees, in 'n huis en saam met 'n groep vriende.Die nadenke oor die Bybel moet ons so beetpak dat ons nie tevrede sal wees totdat diebetekenis daarvan vir ons oopgaan en ons die praktiese betekenis vir ons lewe daaruitkon haal nie. En dit moet altyd ook insluit dat ons die Bybel gaan leef, en doen wat Godin sy Woord van ons vra. Dink weer na oor jou lees van die Bybel. Sluit dit genoegnadenke en optrede in? Kry vir jou hulpmiddels wat jou kan help. As jy meer hulp nodighet, kom gesels met enige van die leraars.Dag 2Lees Matteus 5:1-9 – Geseënd is dié wat agter in die tou staanIn die Bergrede noem Jesus diegene geseënd, gelukkig wat by wyse van spreke agter indie tou staan, as 'n mens volgens gewone wêreldse standaarde sou meet: die armes, diesagmoediges, die barmhartiges – want, sê Jesus, aan hulle behoort die koninkryk vandie hemel, hulle sal die nuwe aarde ontvang, en aan hulle sal barmhartigheid bewysword.Die ongelooflike belofte word aan reinhartiges gemaak, hulle sal God sien. Die vredemakerssal kinders van God genoem word. En dié wat vervolg word omdat hulle Jesusnavolg, hulle sal hulle loon ontvang in die hemel. Dink na oor die uitdaging wat hierin virjou opgesluit lê. Lê die Here moontlik iets op jou hart wat jy vandag kan gaan doen aanhierdie uitdaging: vrede maak of barmhartigheid bewys?Dag 4Lees Matteus 6:31-33 – Jaag 'n skat na wat groter is as kos en klere, sukses en statusJesus leer ons in die Bybel om nie so besorg oor allerhande dinge te wees nie, ons nieso moeg te maak oor aardse goed nie, maar eerder 'n skat na te jaag wat groter is askos en klere en sukses en status. Die skat is opgesluit in 'n verhouding met God, waarons vra na sy wil, en begin om sy wil uit te voer, in klein goedjies en grotes.En dit vra 'n praktiese gehoorsaamheid. Dit is in die ywer vir God se koninkryk dat dieander dinge wat ons nodig het ook vir ons gegee word. Raak prakties en dink aan 'npaar maniere waarop jy vandag God se wil kan uitvoer. Skryf dit op 'n kaartjie om jou teherinner deur die dag ... en doen dit!Dag 5Lees Matteus 7:24-29 – Bou jou huis op die rotsOns mislei onsself as ons dink dat ons God kan dien, sonder om te doen wat Hy van onsvra. Dit is selfs nie eers genoeg om goeie dinge te doen, sonder dat ons dit doen omdatons oortuig is deur God om dit te doen nie.Daarom moet ons noukeurig luister na wat God in die Bybel sê, en ons huis bou op dierots van Sy woorde aan ons. Dit beteken dat ons doen wat Hy sê. Wat het die Here dieafgelope paar weke vir jou duidelik gemaak van sy wil vir jou lewe? Dink diep daaroorna en oorweeg hoe jy daarop reageer het. Wees eerlik maar ook waarderend. En treevolgens jou oortuiging op.NOTAS VIR EREDIENSDag 3Lees Matteus 5:43-48 – Wie kan jy insluit in jou wêreld?Jesus leer ons hier om anders as die wêreld te dink. Ons dink meesal oor wie ons kanuitsluit: ons vyande, dié wat ons vervolg, die slegtes in die lewe. Maar ons moet, soosGod, eerder dink oor wie ons kan insluit. Hy laat immers sy son opkom oor die slegtesen die goeies, en Hy laat reën oor dié wat reg doen en oor dié wat verkeerd doen.Dis wat die verhaal van die barmhartige Samaritaan ons ook leer. Daar is niemand watooit in beginsel, van die begin af, uitgesluit word net omdat hulle is wie hulle ook al isnie. Ons mag 'n naaste word vir dié vir wie ons kan help. Wees baie prakties – wie isnou 'n vyand van jou, of vervolg jou, of het jou doodgewoon net nie lief nie? Hoe kan jyvir hulle 'n naaste wees? En doen iets kleins om hulle te help.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!