07.03.2015 Views

Jan / Feb 2012 Nuusbrief - The Potato Foundation

Jan / Feb 2012 Nuusbrief - The Potato Foundation

Jan / Feb 2012 Nuusbrief - The Potato Foundation

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

potato nuus

UITGAWE ELF: JAN/FEB 2012

“No act of kindness, however small, is ever wasted.”

- Aesop, Greek fable writer

Welkom

Ons beplan GROOT dinge vir hierdie jaar

2012... Wat ‘n onwerklikheid om te dink dat

ons reeds ‘n nuwe jaar ingaan. Maar hou vas

aan alles wat julle het, want Potato gaan

hierdie jaar groot.

Ons gaan fokus daarop om ons Potato

Kidz goeie burgers van ons wonderlike

land te maak. Ons gaan hulle bewus maak

van hulle regte én verantwoordelikhede

deur ons program, “Huis van die Goeie

Burger” by ons projekinstansies aan te

bied. Ons kinders moet weet hulle het ‘n

verantwoordelikheid teenoor hulle land,

medemens en natuur. Ons gaan hulle leer

om empatie met hulle medemens te hê al

is hulle self arm. Hulle moet leer dat om

te GEE jou ‘n beter mens maak al sien jou

omstandighede hoe sleg daarna uit.

Om die kinders deur ons program te

neem moet ons na hulle fisiese sowel as

emosionele welstand kyk. Dit is waar ons

met jou as vrywilliger wil hande vat! Ons

kan nie ‘n kindjie iets leer as hulle honger

en koud is nie. Ons kan hulle nie van liefde

en omgee leer as hulle dit nooit ervaar het

nie. Jy, as vrywilliger, gaan die verskil wees

in hierdie kindjies se lewens. Jy kan vir hulle

wys dat daar hoop is en dat mense met

hope liefde omgee!

Kom wees deel van die Potato familie!

Om te gee, hetsy deur jou talente of

skenkings, maak ‘n verskil!

Potato Kidz

Die pret begin hier

Pay it forward

Ons program, wat hierdie jaar afskop, beloof

om baie interaktiewe pret vir die kinders te

wees. Die program is gebaseer op Mervyn

Woodrow se “Huis van die Goeie Burger”,

wat spesifiek ontwerp is om kinders goeie

Christelike waardes te leer en ook te laat

besef dat hulle verantwoordelikhede het wat

saam met hulle regte gaan. Dit is alles op ‘n

huistema gebaseer en elke week word daar

op ‘n ander deel van die huis gefokus.

Ons “Go-Green” program skop ook hierdie

jaar met die kleintjies af. Ons wil die kinders

entoesiasties maak oor ons land. Saam met

die kinders streef ons na ‘n blink toekoms vir

hulle en ons gaan aktief betrokke wees op

nasionale en internasionale dae wat daarop

fokus om die wêreld ‘n beter plek te maak.

Die kinders gaan ook betrek word op sulke

dae om bewusmaking te bevorder. Ons gaan

hulle aktiviste maak vir ons pragtige natuur!

Ons het ‘n groot verwagting vir die jaar!

As jy deel wil word van ons weeklikse

kuiertjies by die skole, laat weet ons

gerus. Dit sal lekker wees om jou daar te

hê. Kontak gerus vir Karina by karina@

thepotatofoundation.co.za om inligting

te kry oor die program wat ons by ons

projekinstansies gaan aanbied.

Ons het Desember 2011 die “Pay it forward”

projek geloods om fondse in te samel. Ons

het ons Potato-vriende gevra om deur

middel van elektroniese bankdienste ‘n

maandelikse aftrekorder van R100 (of enige

bedrag waarmee hulle kan help) ten gunste

van die Potato Foundation te teken. Dit

was na ‘n groot ekonomiese terugslag vir

Potato.

Die reaksie was oorweldigend! Baie dankie

aan elke vrywilliger wat bydra tot hierdie

inisiatief. Deur julle gebede en skenkings

hoef ons nie ons deure toe te maak het nie!

Ons moes egter heelwat terugsny en vra

dat julle ons asseblief in julle gebede en

gesprekke met mense wat ons moontlik

verder kan ondersteun sal onthou.

Tassieprojek

Reg vir groot skool

Voedingsprogram

‘n Maklike manier om betrokke te raak

Die jaar het fantasties begin deur die

skenking van nog skooltassies en

skryfbehoeftes! Mens weet nie altyd hoe

om dankie te sê nie en ons kan nie in

woorde beskryf wat julle skenkings beteken

nie.

Baie dankie aan Nicola de Wet en haar

span van Highveld PFS vir die skenking en

ook die kuier saam met ons by Westford

Community Centre. Hulle het 26 tassies

met skryfbehoeftes oorhandig aan kinders

wat GEEN tassies het nie. Baie dankie ook

aan Bronwyn Boswell en haar kollegas van

Bateman vir die skenking van ses tassies

met skryfbehoeftes wat op dieselfde dag

uitgedeel is.

Danksy Liberty Life kon ons ook vir elke

kind ‘n kospakkie gee met ‘n week se

voorraad vir die pragtige nuwe kosblikke

wat hulle ontvang het. Dit maak ‘n mens

se hart warm dat ‘n kindjie (wat etlike

kilometers na en van die skool geloop

het) met ‘n klein sakkie daar aangekom

het en met ‘n groot tas en glimlag huis toe

gegaan het. Aan al die werknemers in die

bogenoemde drie maatskappye: julle was

en is die verskil in hierdie kinders se lewe!

DANKIE!

Ons het altyd ‘n behoefte aan skooltasse

en skryfbehoeftes want daar is nog baie

kindertjies wat sonder tassies skool toe

gaan. Vir meer inligting, kontak ons gerus.

Aan die einde van verlede jaar het ons

die slegte nuus ontvang dat ‘n groot

borg, wat ‘n groot gedeelte van ons

voedingsprogram gefinansier het, ons nie

langer kon ondersteun nie.

Ons kon dus noodgedwonge nie hierdie

jaar afskop met ons voedingsprogram

soos in die verlede nie. Ons wil baie graag

vir elke kindjie en sy of haar gesin van kos

voorsien. Kos is vir ons vanselfsprekend,

maar vir baie kinders is dit iets wat hulle

(dalk) een keer per dag by die skool kry.

Dit beïnvloed hulle fisiese en verstandelike

ontwikkeling.

Ons het bederfbare sowel as niebederfbare

kos nodig. Indien julle weet

van mense wat ons behulpsaam kan wees,

kontak ons asseblief.

Dankie aan Frits Kroon Transport wat

aan ons gedink het toe een van hulle

vragmotors vol perskes omgerol het. Baie

van ons projekinstansies kon perskes gaan

oplaai en onder gesinne uitdeel!

‘n Skool gee om

‘n Slim plan om ‘n verskil te maak

Laerskool Monument Park het verlede jaar met hulle

Graad 7s ‘n sokkie gehou om 2011 af te sluit. Die kinders

se toegang was blikkieskos wat hulle hierdie jaar aan ons

geskenk het. Ons het dié kos by die NEA Foundation *, een

van ons nuwe projekte, uitgedeel.

Baie dankie aan elke Graad 7 leerder en spesifiek aan hulle

departementshoof, Me. Anet Burns. Julle is ‘n bak skool!

* Gaan besoek gerus ons webwerf om meer inligting te

kry oor ons nuwe projekte.

Belastingsertifikate

Aangesien die einde van Februarie al hoe nader kruip

en dit vir baie belastingbetalers ‘n kopseer raak om

hulle belastingopgawes in te gee, wil ons dit van ons

kant af makliker maak om seker te maak dat jy al jou

belastingsertifikate ontvang het. Ons is tans besig om ons

sisteme op te gradeer en sal jou moontlik kontak om jou

inligting te bevestig.

Indien jy gedurende verlede jaar probleme met jou

sertifikate ondervind het of dit nie ontvang het nie, kontak

asseblief vir Gerda by gerda@thepotatofoundation.co.za.

ONTHOU HIERDIE DATUM

KAALVOETDAG

Dinsdag, 10 APRIL 2012

Moenie uitmis nie!

Bly op hoogte

‘n Vinnige manier om op hoogte te bly en aktief deel te neem aan ons aktiwiteite is

om ons webwerf, Facebook-bladsy of ons op Twitter te besoek. Jy gaan uitmis as

jy dit nie doen nie!

• www.thepotatofoundation.co.za

• http://www.facebook.com/pages/The-Potato-Foundation/130107300360975

• http://twitter.com/#!/ThePotato1

Kom leef jou passie uit en

maak ‘n verskil!

Kontak The Potato Foundation

Telefoonnommer: 082 967 6258

Faksnommer: 086 612 6532

E-pos: info@thepotatofoundation.co.za

Webwerf: www.thepotatofoundation.co.za

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!