07.03.2015 Views

November 2011 Nuusbrief - The Potato Foundation

November 2011 Nuusbrief - The Potato Foundation

November 2011 Nuusbrief - The Potato Foundation

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

potato nuus

UITGAWE NEGE: NOVEMBER 2011

“It’s not that successful people are givers; it is that givers are

successful people.” Patti Thor

Kersprojek:

Van die weste na die ooste

Ons Champions maak geskiedenis

Sestig graad 7 leerlinge van die Danville

gemeenskap - die Champions wat op ons

jeugkamp was - neem die voortou in ‘n

projek waar die gemeenskap van Danville

fondse gaan voorsien en deel sal raak van

‘n inisiatief waar die weste van Pretoria

‘n liefdadigheidsprojek loods om Joining

Hands in die ooste van Pretoria te help. Die

Champions vat die leiding in ‘n revolusionêre

beweging wat die hele gemeenskap gaan

verander!

Die projek het afgeskop en die Champions

is hard aan die dink oor hoe hulle hierdie

projek ‘n sukses gaan maak. Die eerste berg

om te oorkom, is hoe om fondse in te samel

om vir Joining Hands se babas die nodige

aan te koop. Die kinders se idees sluit die

volgende in: ‘n koekverkoping, karwas,

fliekaand, sokkie-aand en dan natuurlik

soos enige dertienjarige geld in die hande

sal kry, vra die ouers! So met die logistieke

wat besig is om in plek te val, is die kinders

eintlik besig om geskiedenis te maak (sover

ons kennis strek)!

Op 26 November 2011 hou die Champions ‘n

ooievaarspartytjie vir die mense van Joining

Hands MAAR terselfdertyd wil ons in die

geheim vir ons Champions kinders bederf

met ‘n Kersfees afskeidspartytjie. Hulle mag

niks voor die tyd weet nie. Dit is hier waar

ons julle vrywilligers se hulp nodig het:

1. Ons soek vrywilligers wat ons op die

dag kan kom help.

2. “Vader Kersfees” sal ‘n skoenboks aan

elke kind oorhandig waarin ons graag

die volgende items wil insluit:

a. ‘n Dagstukboekie (Ons het nie die

fondse gehad om tydens die kamp

vir hulle so ‘n boekie te gee nie. Dit

moet ‘n boekie wees wat hulle kan

help om hulle Bybel te lees en hulle

kan help met vrae wat kan opduik

tydens hulle graad 8 jaar.)

b. Skryfbehoeftes

c. Lekkergoed

d. Briefie met wat jy die kind toewens

vir sy of haar hoërskooljare met jou

naam. As jy vir iemand so ‘n boks wil

opmaak sal ons jou vir jou ‘n naam

deurgee.

3. Ons wil tydens die partytjie sommer

lekker braai. Ons soek graag iemand wat

die vleis en/of bykosse sal borg.

4. Aangesien dit so warm is hierdie tyd van

die jaar gaan ons speletjies met water

met hulle speel. Indien jy ‘n waterwurm

het wat ons kan leen, laat weet ons

asseblief.

Ons hoop julle is so opgewonde soos

ons oor hierdie dag! Indien jy belangstel

om ons die dag te kom help of op watter

wyse ookal betrokke te raak by hierdie

projek skakel gerus die Potato kantore

op 082 967 6258 of e-pos Martin by

martin@thepotatofoundation.co.za.

Kersprojek:

Graad 1 tassies

Ons het 114 voornemende graad 1’s vir wie

ons elkeen ‘n tassie wil gee. Danksy julle, ons

vrywilligers, het ons 87 geborg gekry!

Ons versoek asseblief dat elkeen wat ‘n tassie

borg, dit voor 18 November by ons kantore

besorg of die nodige reëlings tref sodat ons

die tassies by julle kan kom haal.

Ons gaan die tassies uitdeel by die

afsonderlike skooltjies se gradeplegtigheidaande

of tydens ons afsluiting by die

skooltjies die laaste week van November.

Vir enige verdere navrae oor die projek

kontak asseblief vir Karina by die kantoor

of by karina@thepotatofoundation.co.za

Kersprojek: Maandpakkies vir Desember 2011

Ons maandpakkies vir gesinne in Danville vorder wonderlik en daar is al 10 gesinne geborg. Nog net 15 gesinne moet geborg word en dan

kan ons baie mense se harte warm laat klop hierdie kersfees. ‘n Kospakkie vir die gesinne belopp ongeveer R650 en sluit die volgende in:

1x 2kg Tastic Rys

1x 5kg Suiker - Royal

2x 500g Sout

1x 1kg Country Pasture Melk Poeier Blend

4x 2 min noodles

5x 500g macaroni

1x 2kg Jungle Oats

1x 10kg Impala Mieliemeel

1x 2kg Suikerboontjies

3x 410g Tamatie uie mengsel

3x 410g Gemengde groente

1x 500g Mutton soya maalvleis

1x 500g Beef soya maalvleis

1x 500g Chicken soya maalvleis

1x 500g Steak & tjops soya maalvleis

1x 750g Ricoffy koffie

1x 800g Black Cat grondboontjiebotter

1x 250g Oxo smeer

1x 1kg Goue stroop

1x 900g Gemengde vrugtekonfyt -

Hazeldene

1x 5kg Samp

1x 400g Smash

1x Glen Tee 200 sakkies

1x 120g Speserye

3x 425g Pilchards in tamatiesous

1x 5 liter Lemoen Squash

1x Vars groente

Help ons om hierdie oorblywende 15

gesinne kos te gee in die feesseisoen.

Indien julle by hierdie projek wil inskakel,

kan julle ons gerus kontak.

Food from Heaven: Nog ‘n seëning vir The

Potato Foundation

Baie dankie aan jou!

Na ons ‘n paar nuusflitse per e-pos

uitgestuur het en ons getroue databasis (dis

jy!!!) ons e-posse aangestuur het, het ons

‘n aangename oproep ontvang van ‘n baie

nederige man wat verkies om anoniem te

bly.

Die persoon kan nie uitgepraat raak oor hoe

die Here hom en sy besighede seën nie en

het besluit om vir behoeftige mense vars,

hoë gehalte kos te voorsien op ‘n daaglikse

basis. Die getalle is enorm en genoeg om

enige kok te laat sweet!

Ons is baie bevoorreg om ook weekliks

groot skenkings van vars voedsel te ontvang

en na ons projekte te versprei. Dis ‘n groot

inspuiting in ons voedingskema waarvoor

ons baie dankbaar is!

Ons wil dus van hierdie geleentheid gebruik

maak om ook vir jou, wat ons so getrou

ondersteun, baie dankie te sê. Ons waardeer

jou ondersteuning opreg, maak nie saak

in watter vorm dit kom nie! En vir julle wat

die Potato Nuus versprei, wil ons ook net

so bedank. Ons is maar gootliks afhanklik

van ‘word-of-mouth’ tipe bemarking en

waardeer dit dat julle nie die nuus vir

julleself hou nie! Ons vertrou dat elkeen nog

meer geseën sal word as gevolg van julle

baie mooi harte.

Nuwe projek: Joining Hands Nursery

‘n Huis vol liefde

In 2006 het Carina en haar man, Chris as

‘n huis van veiligheid geregistreer onder

die naam, Tswane House of Safety. Menige

babatjies het al vanaf hul geboorte hier

gebly. Hulle tree as gesin op vir hierdie

babatjies totdat hulle aangeneem of herenig

word met hulle ouers.

Indien hulle ses jaar oud is en nog steeds in

die sisteem is, word hulle oorgeplaas na ‘n

weeshuis. Dit is ook hoe hulle een dogtertjie

aangeneem het. Sy het ‘n selebrale

gestremdheid en ander mediese toestande

en niemand haar wou haar aanneem nie. Sy

sou na ses jaar vergete in sisteem gebly het.

Vandag is sy ‘n gelukkige kind met ouers.

Ons het hulle gaan besoek en watter

wonderlike mense is dit nie! Hierdie kinders

is soos hulle eie. Die een ding wat volop in

die huis is, is LIEFDE!

Vir die afgelope drie jaar kry hulle GEEN

kindersorgtoelae van die staat nie en

koop hulle alles uit hulle eie sak. Ons wil

hulle graag, in samewerking met julle,

ons vrywilligers, help. Hulle het tans drie

kinders in hulle sorg, maar wil graag nog drie

Joining Hands Nursery

vervolg

inneem. Daar is tans baie kinders in die welsynsisteem en

daar is nie genoeg huise as plekke van veiligheid nie.

Ons Champions Jeugkamp tieners het hulle as ‘n projek

aangeneem vir kersfees (sien bladsy twee oor die

ooievaarspartytjie wat hulle gaan reël) , maar ons wil julle

ook vra of julle wil help. Indien Carina te veel van ‘n produk

kry, sal Tswane House of Safety dit onder hulle ander 102

gesinne verdeel.

Hulle behoeftes is soos volg:

1. Doeke (Pampers/Huggies/Cuddlers): Hulle kry

partykeer mense wat goedkoop doeke skenk, maar die

probleem is dat hierdie doeke nie lank hou nie en dat dit

baie keer daartoe lei dat die kinders ‘n uitslag kry. Veral

seuntjies het ‘n probleem.

2. Formule melk (Nan 1&2&3/ Lactogen 1&2/Pelargon/

Lactose Free/Infacare): Met die staat se besluit dat

klinieke en hospitale nie meer formulemelk mag

uitgee nie word hierdie ‘n groot finansiële las vir

pleegsorgouers.

3. Benodigdhede (Wet Wipes/sjampoe/lyfwas/

boudroom/oorstokkies/Aquabas Emulsifying

Ointment BP): Alle middels moet asseblief geurvry

wees, want meeste kindertjies se velletjies kan dit

nie hanteer nie. Hulle kry hierdie babas in velde en in

haglike omstandighede. Aquas Room is al wat gebruik

kan word.

4. Babapap/ Gebottelde babakos (Purity)/ Sap

5. Multivitamien vir babas

6. Klere (premature/newborn/0-24 mnde), komberse

en opvoedkundige speelgoed

Die maandelikse uitgawes van ‘n pasgebore baba is omtrent

R1 250. Dit dek net die basiese (248 doeke/12 houers

formule melk/basiese toiletries/multi vitamien) en sluit nie

medisyne ens. in nie. Indien jy ‘n kind maandeliks wil borg

skakel ons asseblief. Dit moet ‘n langtermyn verbintenis

wees, want indien Carina ‘n kind inneem en sy verloor die

skenking, moet die kind terugbesorg word.

Kidz Rights:

Die Goeie Burger

Kinders leer om goeie burgers te wees

Ons het onlangs ‘Die Goeie Burger’ program by Wonder of His Grace kleuterskool

aangebied. Die kindertjies het geleer dat hulle wel regte het, maar dat hulle ook

verantwoordelikhede in hulle gemeenskap het. Ons het dit uitgebeeld deur middel

van ‘n huis wat hulle moes inkleur. Hulle het dit ongelooflik geniet!

Indien iemand meer inligting wil hê oor hierdie program wat deur Mervin

Woodrow ontwerp is of wil betrokke raak waar ons dit volgende jaar by al ons

projekte gaan aanbied, kontak asseblief ons kantore.

Global Leadership

Summit (GLS)

‘n Onvergeetlike ervaring

Die hele Potato span het op 7 en 8 Oktober

2011 die jaarlikse Global Leadership

Summit (GLS) bygewoon. Dit is ‘n

konferensie vir Christelike leiers wat oral

in die wêreld aangebied word deur die

Willow Creek Association. Besigheidsleiers

word toegespreek deur bekendes soos Bill

Hybels, Erwin McManus, Seth Godin, Dr.

Henry Cloud en Len Schlesinger. Ons kon

danksy, Willow Creek Association, ook van

ons projekte se hoofde saamvat. Vir hulle

was dit ‘n ondervinding wat hulle nie maklik

sal vergeet nie.

Kaalvoetdag 2012

Ons maak die datum van ons

Kaalvoetdag in 2012 in ons volgende

nuusbrief bekend. Moenie hierdie

pretdag misloop nie!

NUWE PROJEKTE:

Jou idees

Indien julle weet van enige instansies

waar ons kan help, kontak ons asseblief.

Ons is op soek na nuwe projekte waar ons

volgende jaar kan betrokke raak.

Bly op hoogte

‘n Vinnige manier om op hoogte te bly en aktief deel te neem aan ons aktiwiteite is

om ons webwerf, Facebook-bladsy of ons op Twitter te besoek. Jy gaan uitmis as

jy dit nie doen nie!

• www.thepotatofoundation.co.za

• http://www.facebook.com/pages/The-Potato-Foundation/130107300360975

• http://twitter.com/#!/ThePotato1

Kom leef jou passie uit en

maak ‘n verskil!

Kontak The Potato Foundation

Telefoonnommer: 082 967 6258

Faksnommer: 086 612 6532

E-pos: info@thepotatofoundation.co.za

Webwerf: www.thepotatofoundation.co.za

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!