22.02.2015 Views

KLIK HIER - Huisgenoot

KLIK HIER - Huisgenoot

KLIK HIER - Huisgenoot

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

BESPREKINGS EN BETALING

‘n Voltooide besprekingsvorm en ‘n nie-terugbetaalbare deposito word vereis om

‘n bespreking te bevestig (Die bedrag van die deposito hang af van die vakansie

wat u bespreek). Die balans verskuldig moet betaal word teen die datum soos

aangedui op u bevestiging maar nie minder as ses weke voor vertrek nie. Die

Reisklub behou die reg voor om enige besprekings te kanselleer indien betaling

nie tydig ontvang word nie. Pryse word gekwoteer teen die heersende daaglikse

wisselkoers. Totdat die volle prys betaal is, behou ons die reg voor om die koste

verbonde aan enige wysigings teen die kliënt se rekening te debiteer. Die onus is

op die passasier om seker te maak dat daar geen veranderings was in die prys nie

voor dat hy betaal. Die Reisklub waarborg die pryse van land reëlings sodra volle

betaling ontvangs is. Vliegkaartjies is onderworpe aan die pryse en voorwaardes

van die lugrederye en kan nie gewaarborg word nie. Spesiale versoeke moet

gemaak word ten tyde van die bespreking. Die Reisklub sal spesiale versoeke

oordra aan die diensverskaffers, maar kan nie waarborg dat sulke versoeke aan

voldoen sal word nie. Enige besprekings wat voltooi word minder as 20 dae voor

die vertrek datum, mag onderworpe wees aan ‘n spesiale laat besprekings fooi

van die Reisklub asook ‘n heffing vir addisionele kommunikasie uitgawes

BETALINGS OPSIES

Die Reisklub aanvaar slegs betaling by wyse van tjek, kontant of internet

oorbetalings tensy krediet spesifiek gemeld word in die inligting wat voorsien is.

KANSELLASIE EN WYSIGINGS

Die Reisklub behou die reg voor om enige toer te kanselleer enige tyd voor

vertrek, in welke geval alle betalings terugbetaal sal word in volle en finale

vereffening van alle verdere aanspreeklikheid van welke aard ookal, ongeag die

oorsaak, wat tot sodanige kansellasie mag gelei het. Indien ‘n passasier ‘n

bespreking sou kanselleer, moet dit in skrif gedoen word. Desnieteenstaande

enigiets tot die teendeel in die besprekingsvoorwaardes behou die Reisklub die reg

voor om ‘n kansellasie fooi te eis gelykstaande aan 100% van die total reispakket

prys as beraamde skade. Die Reisklub gebruik ‘n groot aantal verskaffers en dit is

nie moontlik om al hulle wysgings en/of kansellasie fooie aan te dui nie.

Dienooreenkomstig sal enige wysigings van bevestigde besprekings enige tyd

voor vertrek onderworpe wees aan die voorwaarde dat die klient aanspreeklik is

vir enige addisionele koste van welke aard ookal as gevolg daarvan. Die klient sal

ook aanspreeklik wees vir ‘n R200,00 administrasie fooi betaalbaar aan die

Reisklub ten opsigte van elke wysiging en/of kansellasie.

ONGESKEDULEERDE VERLENGINGS

Dit is onwaarskynlik maar dit mag gebeur dat daar ongeskeduleerde verlengings

aan die vakansie gemaak moet word. Dit mag wees vanweë vlug vertragings,

slegte weer, stakings of enige ander oorsaak buite die beheer van die Reisklub. Die

passasier aanvaar dat enige uitgawes ten opsigte van sodanige ongeskeduleerde

verlengings (hotel akkomodasie, ens) vir sy eie rekening sal wees. Die Reisklub

aanvaar geen aanspreeklikheid vir veranderings, uitlatings of vertragings voor of

gedurende die verloop van enige geadverteerde toer meegebring deur tegniese

probleme, weersomstandighede, stakings of gebrek aan kommunikasie nie.

TERME EN VOORWAARDES MEGATRAV CC

(Hierna verwys as die “Reisklub”)

VERGOEDING VIR ONGEBRUIKTE DIENSTE

Geen vergoeding sal gemaak word indien passasiers nie opdaag nie of vir

ongebruikte dienste nie.

WEGBREEK NA VERTREK

Terwyl dit wel moontlik is vir passasiers om af te wyk en weg te breek van die

beplande vakansie reisprogram, is dit onder die verstandhouding dat die passasier

aanspreeklik is vir enige ekstra kostes en uitgawes in verband met sodanige

afwykings. Die passasier sal ook geen eis vir vergoeding van ongebruikte dienste h

ê nie. Wysigings en kansellasies op die roete moet direk met die operateurs

(diensverskaffers) gemaak word

REISDOKUMENTE

Dokumente (bewyse, reisprogram, ens.) word slegs voorberei by ontvangs van

volle betaling van die toer pakket prys, getekende kontraksvoorwaardes (m.a.w.

ons besprekingsvorm) en afskrifte van kaartjies (indien aangevra). Dokumente sal

slegs uitgereik word na volle en finale betaling. Passasiers sal vroegtydig van die

datum vir afhaal van dolumente ingelig word.

PASPOORTE, VISAS, INENTINGS

Dit is uitsluitlik die passasier se verantwoordelikheid om behoorlike, huidige en

geldige paspoorte, visas, inentings en dies meer te verkry, waar van toepassing.

Die maatskappy sal nie verantwoordelik of aanspreeklik wees vir enige gevolge

van enige aard wat ontstaan vanwee die passasier se versuim om te verseker dat

hy/sy aan alle sulke voorwaardes voldoen het nie.

VERANTWOORDELIKHEID EN AANSPREEKLIKHEID

Die Reisklub tree slegs op as agente vir plaaslike en oorsese land operateurs en

lugrederye en dienooreenkomstig aanvaar die Reisklub geen aanspreeklikheid

hoegenaamd vir enige verlies, skade, besering, ongeluk, vertraging of enige ander

ongerymdheid nie, ongeag die oorsaak. Die Reisklub wend elke moontlike poging

aan om te verseker dat alle reëlings en dienste in verband met die passasier se

reisprogram uitgevoer sal word soos aangedui en/of op die mees effektiewe en

doeltreffende manier moontlik. Desnieteenstaande, die Reisklub het geen beheer

oor die verskaffing van dienste deur verskaffers nie en, alhoewel hulle in alle

gevalle gekies word onderworpe aan die strengste omsigtigheid, kan die Reisklub

geen verantwoordelikheid aanvaar vir enige foute of oorsig deur of van sulke

verskaffers nie. Wees asseblief bewus dat hotelle herstelwerk ondergaan van tyd

tot tyd. Hotelle neem alle moontlike stappe om ongerief vir die gaste te beperk.

Ons aanvaar geen klagtes of eise vir vergoeding indien ‘n hotel herstelwerk

uitvoer terwyl ‘n passasier ‘n gas is nie. Indien ons spesifiek van herstelwerk

verwittig word, mag datums voorsien word maar dit is belangrik om te onthou dat

sulke datums mag verander en ons word nie altyd in kennis gestel nie. Ons kan

dus nie aanspreeklik gehou word vir enige klagtes aangaande herstelwerk wat

voortduur na die gespesifeerde datums nie. Die onus is op die passasier om te

verseker dat alle reisdokumente in orde is.

VERSEKERING

Dit is hoog aanbevole om versekering te neem vir alle passasiers teen kansellasie,

siekte en die verlies van bagasie. Op sekere toere het die Reisklub versekering

ingesluit in die verpligte koste; waar daar ‘n opsie is om reisversekering te koop,

sal die Reisklub versekering aanbied. Indien dit nie gekoop word nie, sal die

Reisklub vereis dat ‘n vrywaringsvorm voltooi word en teruggestuur word aan die

Reisklub voor finale dokumentasie uitgereik sal word.

REISPROGRAM VARIASIES

Tenspyte van die feit dat alle pogings aangewend word om by bevestigde

reisprogramme te hou, behou ons die reg voor om wysigings te maak vir u gerief.

Omdat ons reëlings vooraf beplan en nie beheer uitoefen oor lugrederye, hotelle

en/of diensverskaffers van vakansie komponente besit nie, kan veranderings en

selfs kansellasies soms voorkom. In gevalle waar hotel akkomodasie, ekskursies,

diens, vlugte, ens behoorlik bevestig is deur die Reisklub, en sodanige dienste

desnieteenstaande onbeskikbaar is vir welke rede hoekal, aanvaar die Reisklub

geen aanspreeklikheid nie.

LANDROSKANTOOR JURISDIKSIE

Die Reisklub is geregtig om, in hulle diskressie, enige regsprosedure

voortspruitend uit of in verband met hierdie kontrak in te stel in enige

landroskantoor wat jurisdiksie het in terme vandie Landroskantoor Hof Wet No

32/1944 soos gewysig, desnieteenstaande die feit dat die bedrag in disouut die

beperking op jurisdiksie mag oorskry.

ALGEMEEN

Hierdie dokument tesame met die Reisklub se standaard besprekings vorm en die

Reisklub se bevestiging is die uitsluitlike kontrak tussen die partye. Geen party sal

gebind wees deur enige voorstelling, waarborg and belofte wat nie hierin vervat is

nie. Geen toevoeging tot die Reisklub se standaard kontrak sal binded wees tensy

op skrif en deur beide partye geteken nie. Geen toegewing wat die Reisklub (‘die

toegewer’) mag maak aan die passasier (die begunstigde’), sal beteken dat die

toegewer van sy regte afsien nie, en die toegewer sal nog steeds enige van sy regte

wat hy mag h ê

of hom mag toekom in the toekoms, kan uit oefen. Alle koste en uitgawes,

insluitend enige resgkoste op ‘n prokureur en eie klient skaal aan gegaan deur die

Reisklub ten opsigte van die verhaal van enige skade en insameling van enige

betalings verskuldig deur die passasier aan die Reisklub, sal vir die passasier se

rekening wees. Suid-Afrikaanse reg sal van toepassing wees op die hierdie

kontrak. Die passasier stem in tot die jurisdiksie van die relevante landdroshof ten

opsigte van alle regsprosesse. Die partye kies as hul onderskeie domicilium citandi

et executandi vir alle kennisgewings wat gegee moet word en porsesse wat bestel

moet word, die onderskeie adresse soos aangedui in die Reisklub se standaard

besprekingsvorm. Beide partye mag hulle domicilium citandi et executandi wysig

deur skriftelik kennis te gee, welke kennisgewing per hand of per kerende pos

afgelewer mag word. In die kontrak sal enige uitdrukking wat die een geslag

aandui die ander insluit, ‘n natuurlike persoon sluit ‘n regspersoon in en

omgekeerd, die enkelvoud sluit die meervoud in en omgekeerd.

Megatrav cc - Registration no CK99/31113/23

Directors: C van den Berg (managing), C D Becker, J H Krynauw

26 Orchard Avenue, Bordeaux, Randburg, Johannesburg – Posbus 653280, Benmore 2010

E-Pos: megatrav@megatrav.co.za, Tel (011) 886-9545, Faks (011) 886-9548

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!