'n Goue ster en 'n soentjie vir Thoko - Nal'ibali

'n Goue ster en 'n soentjie vir Thoko - Nal'ibali 'n Goue ster en 'n soentjie vir Thoko - Nal'ibali

28.01.2015 Views

‘n Goue ster en ‘n soentjie vir Thoko Geskryf en geÏllustreerd Niki Daly Vrydag is altyd die groot dag van die “Sterpryse”. Thoko het al ‘n geel ster vir haar wiskundesomme verdien, ‘n rooi ster vir haar netjiese handskrif, en ‘n blou ster vir “skoon hande”. Mens kry ‘n groen ster wanneer jy juffrou McKensie help om haar groot sak van haar motor na die klaskamer te dra. En ‘n goue ster is vir lees. Goue sterre is die beste! Die sterre word altyd uitgedeel net voor die skoolklok lui en almal uitstorm om hulle ma’s, pa’s, oumas of tannies op die speelgrond te ontmoet. Almal, behalwe Thoko, want sy woon naby die skool en kan huis toe stap. Thoko woon saam met haar ma agter Gogo se kleremakerswinkel. Vrydae is ook spesiaal, want dan kry Thoko geld om op pad huis toe iets lekkers te koop. En hierdie Vrydag is sy ekstra gelukkig, want Thoko was net betyds in die parkeerterrein om juffrou McKensie te help om haar groot sak klas toe te dra. Dalk sal sy ‘n groen ster kry. ‘n Goue ster vir lees sal natuurlik nog beter wees. Thoko het die afgelope tyd ekstra hard geoefen om te lees – om met gevoel te lees, ná ‘n komma asem te skep, en om na ‘n punt te stop. Die beste leser is Brendan. Die kinders noem hom “Snoep Ogies” omdat hy so baie boeke verslind. Thoko help juffrou McKensie om werkblaaie uit te deel. Vrydag se werkblad gaan oor tyd − en dit gaan heeltemal te stadig verby vir Thoko. As sy net al die wysers op die getekende horlosies kon aandraai en by die tyd vir die Sterpryse kon laat stop! In die musiekklas kan sy nie wag vir die laaste reël van ‘n nuwe liedjie om te eindig nie. Dit is swaar om te wag vir die Sterpryse. Hulle het die laaste periode van die skooldag vry, en Thoko besluit om te lees. En terwyl sy lees, vergeet sy heeltemal van die tyd − sy lees eers een boek, toe nog een, en toe nog een. Toe sy klaar die titels van die boeke op haar leeslys geskryf het, is juffrou McKensie gereed om die Sterpryse toe te ken. Shane, Rhapelang, Corné en Taitum kry almal geel sterre. Gift, Gaswin, Aydon, Chleo en Kay-Lee kry rooi sterre. Roche, Shaunique en Miscka kry groen sterre. En Dana Rose, wat darem pouse die groen blinkertjies van haar vingers afgewas het, kry ‘n blou ster. Toe hoor Thoko hoe haar naam geroep word. Ontsluit kinders se potensiaal deur lees en die vertel van stories @nalibaliSA nalibaliSA info@nalibali.org www.nalibali.org

‘n Goue ster en ‘n soentjie vir Thoko

Geskryf en geÏllustreerd Niki Daly

Vrydag is altyd die groot dag van die “Sterpryse”.

Thoko het al ‘n geel ster vir haar

wiskundesomme verdien, ‘n rooi ster vir haar

netjiese handskrif, en ‘n blou ster vir “skoon

hande”. Mens kry ‘n groen ster wanneer jy

juffrou McKensie help om haar groot sak

van haar motor na die klaskamer te dra.

En ‘n goue ster is vir lees. Goue sterre is die

beste!

Die sterre word altyd uitgedeel net voor

die skoolklok lui en almal uitstorm om

hulle ma’s, pa’s, oumas of tannies op

die speelgrond te ontmoet. Almal,

behalwe Thoko, want sy woon naby

die skool en kan huis toe stap. Thoko

woon saam met haar ma agter Gogo se

kleremakerswinkel.

Vrydae is ook spesiaal, want dan kry Thoko geld om op pad huis toe iets lekkers te koop. En hierdie

Vrydag is sy ekstra gelukkig, want Thoko was net betyds in die parkeerterrein om juffrou McKensie te

help om haar groot sak klas toe te dra. Dalk sal sy ‘n groen ster kry. ‘n Goue ster vir lees sal natuurlik

nog beter wees.

Thoko het die afgelope tyd ekstra hard geoefen om te lees – om met gevoel te lees, ná ‘n komma asem

te skep, en om na ‘n punt te stop. Die beste leser is Brendan. Die kinders noem hom “Snoep Ogies”

omdat hy so baie boeke verslind.

Thoko help juffrou McKensie om werkblaaie uit te deel. Vrydag se werkblad gaan oor tyd − en dit gaan

heeltemal te stadig verby vir Thoko. As sy net al die wysers op die getekende horlosies kon aandraai en

by die tyd vir die Sterpryse kon laat stop! In die musiekklas kan sy nie wag vir die laaste reël van ‘n nuwe

liedjie om te eindig nie. Dit is swaar om te wag vir die Sterpryse.

Hulle het die laaste periode van die skooldag vry, en Thoko besluit om te lees. En terwyl sy lees, vergeet

sy heeltemal van die tyd − sy lees eers een boek, toe nog een, en toe nog een. Toe sy klaar die titels van

die boeke op haar leeslys geskryf het, is juffrou McKensie gereed om die Sterpryse toe te ken.

Shane, Rhapelang, Corné en Taitum kry almal geel sterre. Gift, Gaswin, Aydon, Chleo en Kay-Lee kry

rooi sterre. Roche, Shaunique en Miscka kry groen sterre. En Dana Rose, wat darem pouse die groen

blinkertjies van haar vingers afgewas het, kry ‘n blou ster. Toe hoor Thoko hoe haar naam geroep word.

Ontsluit kinders se potensiaal deur lees en

die vertel van stories

@nalibaliSA nalibaliSA info@nalibali.org www.nalibali.org

“Thoko en Brendan,” kondig juffrou McKensie aan, en kyk na die leeslyste. Brendan het vyf boeke gelees en

Thoko ses! Sy voel of sy kan wegsmelt van geluk toe juffrou McKensie ‘n goue ster op haar voorkop plak.

“Klang-klang!” lui die skoolklok, en Thoko hardloop deur die skoolhekke. Sy kan nie wag om vir Mama

en Gogo haar goue ster te wys nie. Toe sy by mevrou Ismail se oliebolstalletjie kom, is sy rooi in die

gesig van die hardloop. Mevrou Ismail se klein dogtertjie, Sharifa, maak of sy die winkelier is. Sy gee vir

Thoko ‘n oliebol in ‘n papiersakkie en glimlag liefies. “Dankie,” sê Thoko en hardloop vinnig huis toe.

“Mama! Gogo!” roep sy, en storm by die voordeur in. “Kyk wat het ek gekry!”

Gogo kyk van haar naaldwerk af op en Mama loer om die hoek.

“Molo, Thoko!” sê hulle. “Hoe was die skooldag”

“Kyk!” sê Thoko. Mama en Gogo kyk terwyl Thoko na haar voorkop wys.

“Kyk na wat, Thoko” vra Gogo.

“My goue ster!” sê Thoko ongeduldig.

“Watter goue ster” vra Mama.

“Dié een,” sê Thoko, en trek haar vinger oor haar voorkop. Maar sy voel net haar gladde vel! Die goue

ster is weg! Thoko bars in trane uit terwyl sy vertel hoe sy ‘n goue ster gekry het vir lees.

“Waar het jy dit laas gehad” vra Mama.

“By die skool,” antwoord Thoko.

“En wat het jy na skool gedoen” vra Gogo. In trane vertel Thoko van haar pad huis toe na skool.

“Wel, dit is net ‘n papierster,” sê Mama.

Maar dit is nie. Dit is ‘n baie spesiale

goue ster.

“Droog jou trane af, en dan gaan soek

ons jou goue ster,” sê Gogo.

Gogo help Thoko om op haar spore

terug te loop, om die hoek en langs die

pad terug tot by die skool. En by mevrou

Ismail se oliebolstalletjie kry hulle Thoko

se goue ster − op Sharifa se voorkop! Toe

mevrou Ismail Thoko se hartseer storie

hoor, sê sy: “Sharifa my skat, daardie

goue ster wat jy opgetel het, behoort

aan Thoko.” Maar klein Sharifa is dol oor

Ontsluit kinders se potensiaal deur lees en

die vertel van stories

@nalibaliSA nalibaliSA info@nalibali.org www.nalibali.org

Thoko se goue ster. En toe mevrou Ismail dit probeer aftrek, skree sy so hard dat verbygangers dink sy

word vermoor.

Gogo draai na Thoko toe. “Sharifa is te klein om te verstaan wat regverdig is. Maar jy is oud genoeg om

bedagsaam te wees. Laat haar toe om jou goue ster te hou,” sê sy. Thoko dink ‘n rukkie daaroor na.

Die hoekies van die goue ster het opgekrul en dit lyk of dit weer gaan afval. “Nou goed dan,” sê Thoko,

“Sharifa kan dit maar hou.” Maar diep binne haar voel sy nog hartseer. Dis nie so maklik om ‘n goue ster

te kry nie.

Toe dit slaaptyd is, bring Gogo vir Thoko iets spesiaals wat sy gemaak het – ‘n goue ster vol blinkertjies

op ‘n haarknip. “Dit is omdat jy so goeie leser is,” sê Gogo. Toe soen sy Thoko op die voorkop en fluister,

“En dit is omdat jy so ‘n liewe, bedagsame kind is.” Thoko raak aan haar voorkop en dink ‘n bietjie voor

sy aan die slaap raak. “Goue sterre se punte krul om en hulle val af. Soentjies hou vir altyd!”

VERKEN DIE STORIE

‘n Goue ster en ‘n soentjie vir Thoko is ‘n storie wat spesiaal vir World Read Aloud

Day geskryf is deur een van Suid-Afrika se bekendste skrywers en illustreerders van

kinderboeke, Niki Daly. Lees die storie ‘n paar keer en lees dit dan hardop vir jou kinders

en ander kinders. Hier volg ‘n paar aktiwiteite wat jy met jou eie kinders kan doen, of

met ander kinders vir wie jy hardop voorlees.

Voordat jy hardop lees

• Begin met jonger kinders deur ‘n liedjie te sing (byvoorbeeld, “Twinkle, twinkle little star”) of ‘n rympie

op te sê wat verband hou met die inhoud van die storie. Jy sal dalk aan voorskoolse kinders moet

verduidelik dat onderwysers dikwels sterre gebruik om kinders in die laerskool te beloon vir goeie werk

en goeie gedrag.

• Praat in die groep oor die soort dinge waarvoor die kinders reeds tuis of by die skool erkenning gekry

het – dalk is hulle goeie lesers of help hulle graag ander mense. Vertel ook vir hulle van geleenthede

waar jy erkenning gekry het. Moedig hulle aan om te praat oor hoe dit voel om erken te word vir iets

wat jy goed doen. Gebruik hierdie besprekings om die storie in te lei.

Terwyl jy hardop lees

• Help om kinders se vaardighede om te voorspel wat gaan gebeur te ontwikkel terwyl jy lees. Doen

dit deur vir hulle te vra: “Wat dink jy gaan volgende gebeur” wanneer Thoko ontdek dat haar goue ster

weg is en wanneer Gogo voorstel dat sy Sharifa toelaat om die goue ster te hou.

Nadat jy hardop gelees het

• Help die kinders om ‘n verband te trek tussen Thoko en haar ervaring in die storie, en hulle eie lewens.

Praat oor ervarings wat hulle dalk al gehad het en waaraan die storie hulle herinner.

• Moedig hulle aan om die storie te vertolk deur hulle te vra om ‘n prentjie van hulle gunstelingdeel van

die storie te teken.

Ontsluit kinders se potensiaal deur lees en

die vertel van stories

@nalibaliSA nalibaliSA info@nalibali.org www.nalibali.org

• Vra ouer kinders om ‘n kaart te teken van die area waar Thoko woon. Stel voor dat hulle haar huis,

skool en mevrou Ismail se oliebolstalletjie aandui, asook haar roete van die skool af huis toe.

• Nooi ouer kinders om hulle eie stories te skryf oor iemand wat vir hom- of haarself ‘n doelwit gestel het

en dit toe bereik het, of nie bereik het nie.

• Maak of jy ‘n televisie-aanbieder is. Skryf saam met die kinders vrae neer wat julle vir elkeen van die

karakters in die storie kan vra sodat hulle kan vertel wat in die storie gebeur het, byvoorbeeld: “Sharifa,

hoe het dit gebeur dat jy Thoko se goue ster gekry het”. Laat die kinders self kies om verskillende

karakters in die storie te speel. Voer ‘n onderhoud met hierdie “karakters” deur die vrae wat julle

opgestel het, te gebruik.

• Indien hulle tuis of by julle plaaslike biblioteek toegang tot die internet het, moedig ouer kinders aan

om meer oor die skrywer, Niki Daly, uit te vind. Moedig hulle aan om boeke wat hy geskryf het te soek

en te lees.

Ontsluit kinders se potensiaal deur lees en

die vertel van stories

@nalibaliSA nalibaliSA info@nalibali.org www.nalibali.org

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!