Voortrekkermense 1 - Gustav Preller - CDbooks - R - Us
Voortrekkermense 1 - Gustav Preller - CDbooks - R - Us
Voortrekkermense 1 - Gustav Preller - CDbooks - R - Us
You also want an ePaper? Increase the reach of your titles
YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.
INHOUDSOPGAAF.

Bl.

L HERINNERINGE VAN F. P. VAN GASS . . 8

Inleiding 1

1. Redes vir die uitgaaf 1

2. Handskrifte van die Teks 2

3. Die Auteur 5

4. Behandeling van die Teks 6

II. HERINNERINGE VAN J. H. HATTING . . 109

Inleiding 103

1. Herkoms van die Teks 103

2. Behandeling van die Teks 105

3. Die Auteur 105

III. HERINNERINGE VAN LOURENS C. DE KLERK 215

Inleiding 209

IV. GESKIEDENIS VAN DIE UIJS KOMMISSIE 275

Inleiding 269

1. Aanleiding tot openbaarmaking 269

2. Eerste Staatshistorikus 270

3. Historiese Oorsig . . . . . . 271

4. Toestand van die Teks 273

V. LOSSE MEDEDELTNGE VAN J. Z. LIJS . . 292

BIJLAE :

1. Eerste Vrij Verkose Volksraad . . . . . 297

2. Eerste Vrije Grondwetgewing . . . . 297

3. Lied van (lie Voortrek 303

4. Dingaan s'n Vendusie 313

OPLUISTERING :

1. 'n Voortrekker Voorin

2. Moordtoneel langs Blauwkransrivier . . 30

3. Laer-tékening van van Duyl 48

4. Retief bij Dingaan 150

5. Moord op Retief en Lotgenote 180

6. Slag van Bloedrivier 234

7. Vrouwelike Kleredrag 245
VOORTREKKERMENSE SE,

INLEIDING.

I. REDES VIR DIE UITGAAF.—Onmiddelike aanleiding

tot hierdie uitgaaf van v. Gass s'n Herinneringe,

tesame met verskeie ander stukke, wat

betrekking het op dieselfde historiese tijdperk, is

die toenemende belangstelling van onse tijd in die

geskiedenis van die Voortrek, en veral in die

bronne van 'n geskiedenis, wat gelei het tot die

vestiging van Suidafrika s'n vrije Boere Republieke.

„DIE BURGER LEESKRING," wat die

uitgaaf besorg, het sijn aansijn tedanke aan lieselfde

groeiende belangstelling in die wordingsgeskiedenis

van die Afrikaner volk; en toen mij

gevraag werd om die eerste nummer van die serie

te lewer, het ik met instemming van die Keurkommissie

gemeen, dat daartoe geen geskikter stof

tevinde was dan wat hier tans in hierdie band

bijeengebreng is.

Tesame met die ander dokumente stel hierdie

stuk instaat om die Voortrekkers te leer ken soos

hulle hulself gesien het, op die trek, in die laër,

op die jag en in die huiselike kring; aan hul

arbeid, hul godsdiens en vermake, in hul

gewoontes en in die kleredrag van hul tijd.

Buitendien verskaf 't uitsluitsel oor tal van belangwekkende

historiese gebeurtenisse. Hoe die

waarbeid soms wonderliker kan wees dan die

wildste vlug-te van mens s'n verbeelding, word

ten overvloede weer aangetoon deur die navol-

A
2

Bende bladsije; en die verwagtingg is nie ijdel nie,

hierdie historiese, maar tegelijk in-menselike

dokumente veel daartoe sal bijdra om bevorderlik

te wees aan letterkunde en liriek van ons volk.

2. HANDSKRIFTE VAN DIE TEKS •—Die teënwoordie

uitgaaf van

dige uitgaaf is 'n herdruk van

A. G. C. van Duyl, wat in 1883 te Amsterdam in

brosjure-vorm verskijn het onderr die tietel van

„Een Afrikaander." En dit was was weer 'n afdruk

van die oorspronkelike handskrif die auteur.

In sijn voorrede bij genoemde uitgaaf, seg die

eerste uitgewer : „Kort na het eindigen van de

„transvaalse oorlog ontving ik van de redaktie van

„Die Patriot 'n brief, waarin o.ao.a. bet volgende

„voorkwam : ,Onze bemoeiingenn ter opwekking

„van nationaliteits-gevoel waren zó voorspoedig,

„dat zij onder 'n vroeger doofstomme bevolking

„niet alleen leeslust heeft opgewekt :t, maar ook zulk

„'n schrijflust, dat wij in de vverte geen plaats

„hebben voor de bijdragen die van alle zijden

„toestromen. Het bracht ons op 't denkbeeld dat

„daarvan een en ander niet onwelkom zou wezen

,,in Holland. . . . ' En zo zzond men mij 'n

„manuscript (nml. hierdie herinneringe van v.

„Gass), of dit ook als dagblad feuilleton of op

„andere wijze te bezigen was."

Die môlikheid dat die stuk veel vroeër opgestel

werd is deur hierdie meedeling nnie uitgesluit nie,

maar die openbaarmaking moet derhalwe 'n gevolg

Bewees 't van die „lees- en skrijflus wat daar na

eerste Vrijheidsoorlog ontstaann is.

Tóen altans werd 't deur die auteur beskikbaar

gestel aan die redaksie van Die P atriot (Paarl), en

terwijl die hoofredakteur, ds. S. J. du Toit, op die

oomblik self geen raad daarmee wis nie, stuur hij

dit weer aan die redaksie van 'n nederlandse
3

koerant, waarvan die gevolg was, dat 't in Januarie

1883 deur die toenmalige hoofredakteur van Het

Handelsblad te Amsterdam in die lig gegee word

als brosjure onder die naam van „Een Afrikaander";

naar het oorspronkelik Handschrift,

deur A. G. C. van Duyl, bij J. H. Kruyt, 1883.

Dit was vlak voor die aankoms in Holland van die

Boere Deputasie uit Transvaal, in verband met die

herstel van die Republiek; in Februarie d.a.v. het

ds. Du Toit (Sekretaris van die Deputasie), van

Duyl in Amsterdam ontmoet.

Dit blijk dat ds. Du Toit eers 'n kopie laat maak

't van die origineel, en dié saamgestuur 't daarmee,

dewijl hij voorsien het hoe hul in Holland moeite

sou hé om die handskrif te ontsijfer nie alleen nie,

maar ook om die naciente Afrikaans van die auteur

te begrijp. Die uitgewer seg egter van die kopie,

dat „ook de afschrijver blijkbaar niet het oor-

„spronkelike had kunnen lezen op 't eerste gezicht,

„en er veelal maar 'n slag in [had] geslagen."

Daar werd toen deur hom 'n nuwe en seer nauwkeurige

vergelijking gemaak met die oorspronkelike,

en daarop die kopie met aantekeninge vir die

pers klaargemaak.

Van sijn lesing seg die uitgewer : „Ik heb

„getracht van de oorspronkelike vorm alles te

„behouden, wat aan 't geschrift 'n eigenaardige

„kleur geeft, of voor taalvorsers van enige belang

„kon wezen en tegelijk zoveel te veranderen als

„nodig was, om het boekje gemakkelik leesbaar te

„maken. Al wat ik tot verduideliking heb

bijge„voegd staat in aantekeningen of (tussen haakjes).

„Wat des schrijvers is, heb ik hem gelaten, waar

„het enigszins kon, zo eerbiedig alsof ik 'n

„klassieke tekst voor mij had."

Hieruit blijk in ieder geval dat die teks wat hier

beskikbaar gestel word nie woordelik van v. Gass
is nie. Maar uit een en ander is mij ook voldoende

duidelik, dat die origineel werkelik met besondere

nauwgesetheid behandel werd door van Duyl.

Van Gass het namelik—soos verreweg die meeste

Afrikaners maar,—g'n taalkundige Hollands

geskrijf nie, en dit bet vir hollandse lesers g'n

geringe besware opgelewer. Buitendien gebruik

hij voortdurend allerlei afrikaanse voorde en

uitdrukkinge, wat daarginds destijds nog heelmaal

vreemd was. Tussen bladsije 40 en 41 van die

brosjure het die eerste redakteur ook nog 'n

facsimile laat afdruk van bladsije 8o tot 84 van

Van Gass s'n handskrif, en 'n vergelijking hiervan

met Van Duyl s'n lesing breng g'n noemenswaardige

afwijkinge aan die lig nie.

Bij hierdie uitgaaf het ik mij nogeens met 'n

paar vraë gewende tot die eerste uitgewer, mnr.

van Duyl, tans (d.w.s. 1915) in sijn 86ste jaar, en

hij skrijf welwillend nog die volgende :

„Zeker is dat ik 't manuscript van van Gass per

„post uit Zuidafrika ontving kort na 't eindigen

„van de oorlog,—in 't voorjaar van 188 1,—met 'n

„brief van Du Toit zelf. Ik heb toen mijn vakantie

„gebruikt om 't uit te werken. Daarvoor was dit

„werkje juist goed. Mijn denkbeeld was het als

„feuilleton in 't Handelsblad op te nemen. Dit

„ging niet. Waarom niet, kan ik tans niet meer

„met zekerheid zeggen. In ieder geval 't bleef

„liggen, en ik gaf 't eerst later (1883) uit bij Kruijt.

„Ik denk dat ik hem had leren kennen omdat ik

„toen heel dikwijls met dr. Kuijper te doen had,

„en op de drukkerij van Kruijt ook de Standaard

„gedrukt werd.

„Kruijt heeft later wat er van de oplaag nog over

„was verkocht aan 'n opkoper, en nog 'n afreke-

„ning gezonden, waaruit bleek (of blijken moest)

„dat ik niets te vorderen had."
5

Gedurende die winter van 1889 was v. Duyl in

Transvaal op besoek, en daar is toen 'n erg

gebrekkige gedeeltelike herdruk van die brosjure

in die Volkstem verskijn, bijwijse van feuilleton.

Dit is te einde in die nummers van 14 Januarie tot

11 Maart 1889, met 'n ander inleiding van v. Duyl,

waarin nogeens nadruk gele.-,r word op die sorgvuldigheid

waarmee die oorspronkelike teks

behandel werd. Die toenmalige Volkstem-redaksie

kon egter nie te seer onder die indruk geraak 't

nie, want nie alleen is die korreksie abominabel te

noeme, maar—sodra hul besoeker weg was het hul

ook somaarso weer uitgeskei daarmee,—sonder taal

of tijding of ekskuus aan die arme lesers !

Die teënwoordige uitgaaf het verskijn in „Die

Brandwag" van 15 Maart tot i Junie 1914.

3. DIE Auteur—Ferdinand Paulus van Gass,

wat als vijftien-jarige knaap die Voortrek meegemaak

't uit Kaapland, deur die Vrijstaat tot in

Natal, en daar die eerste bloedige treffe met die

Soeloes bijgewoon het, is die seun Bewees van

Johan Georg van Gass wat in die hoë ouderdom

van tot jaar te Queenstown oorleë is in Mei of

Junie 1874, (Volkstem, 13 Junie 1874). Ferdinand

het die eerste lewenslig aanskouw in die hoofstad

van Denemarke, op 3 Oktober, 1822, maar was nog

slegs enkele maande oud toen hij met sijn ouërs

in Suidafrika aangekom is 4). Sijn moeder is

oorleë toen hij nog maar seer jong was, en terwijl

die vader alle betrekkinge met die agterblewe

famielie afgebreek had om een of ander rede, en

nie weer gehuwd is nie, het sijn jonge kroos dit

swaar te verdure gehad. Ferdinand werd naderhand

aan 's grensboer, H. P. Malan, bestee, en is

kort daarop met die Voortrek onder Potgieter saam

die Kolonie uit.

1) vgl aantk 4, bl. 8.