07.01.2015 Views

prospektus - Affies

prospektus - Affies

prospektus - Affies

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

PROSPEKTUS 2014

UK 2013

Inhoud

“Affies is ‘n Christenskool wat staan vir respek,

dissipline en uitsonderlike gees! Ons dink aan

gevolge en daarom tree ons met wysheid op.”

Boodskap van die skoolhoof 2

Skooldrag 2

Algemene oorsig 3

Akademie 4 & 5

Kultuur 6

Sport 7 & 8

Algemeen 9 & 10

Vakkeuse 11

Kontaknommers:

Mnr D H Kleynhans 016 976 1060

E-pos: affies@lantic.net

Webadres: www.affies-sasolburg.co.za

Kontak: charlotteb@lantic.net

Boodskap van die

van die skoolhoof

Beste Graad Sewe Maat

Dis sowaar al tyd om te besluit na watter hoërskool toe jy volgende jaar gaan!

Indien Affies jou keuse is, wag ‘n heerlike avontuur op jou:

- Affies se vakkeuse bied jou alles wat jy mag nodig kry vir universiteitstoelating en die loopbaan van jou keuse;

- Affies se personeel is ervare en toegewyd en is bekend daarvoor dat hulle werklik ‘n saak het met ‘n kind;

- Affies se gees kook! Hoendervleis is gewaarborg elke keer wat die skoollied deur die Affies gesing word.

- Affies se akademie is van die beste en ons staan in niks en niemand se skaduwee nie!

- Affies se sport is puik en ons sportmangees pas by nederige wenners. Wanneer ons verloor, probeer ons met waardigheid weer!

WELKOM BY AFFIES!!

Jou ouers kan jou nou reeds by die skool kom inskryf. Moenie te lank wag nie en maak seker van ‘n plek in hierdie great skool.

Onthou asseblief dat jy jou geboortesertifikaat of identiteitsdokument en ‘n oorplasingsertifikaat van jou vorige skool by

inskrywing moet voorlê.

GEAGTE OUERS: Ons skool se visie is om “’n vol, funksionerende en presterende skool vir die Sasolburg gemeenskap“ te wees. Die

mooi getal van 161 graad 8’s het in Januarie 2013 Affies as hoërskool gekies, vergeleke met 145 vir die 2012. Dit beteken dat

Affies steeds die mees verteenwoordigende skool van die Sasolburggemeenskap is en met 96 Afrikaanssprekendes ook die

voorkeurskool vir Afrikaanssprekendes in Sasolburg.

Daar is genoeg bewyse van Affies se prestasies en ons is tevrede in die wete dat ons deel van ‘n funksionele skool is. Oud-Affie

onderwysstudente kom graag terug vir hulle praktiese sessies. Ons geniet elke hoogtepunt en leer uit laagtepunte.

Ons strewe daarna om die beste VIR die wêreld te wees, selfs wanneer ons nie daarin slaag om die beste IN die wêreld te wees nie.

Op hierdie bladsye sal u ‘n beeld kry van dit wat Afrikaanse Hoërskool bied. Dit is ‘n skool waar u kind ‘n gebalanseerde opvoeding

kry met waardes wat vir u belangrik is. Ons wil u uitnooi om u kind by ons in te skryf. Ons onderneem om na sy/haar akademiese

vordering om te sien, om gesonde sport- en kulturele aktiwiteite aan te moedig en u kind tot ‘n volwaardige volwassene te help vorm.

SKOOLDRAG (DOGTERS): Wit hemp met das, turkoois romp, turkoois oortrektrui, grys kniekouse, swart skoene, skoolbaadjie.

Winter: Windbreker, grys skooltrui, grys broekiekouse en romp/skoollangbroek .

SEUNS: Wit hemp & das, turkoois oortrektrui, grys broek, grys kouse, swart skoene, skoolbaadjie. Winter: Windbreker, grys skooltrui

Verskaffers: Sedgars, Vereeniging

Wat Affies alles bied

AKADEMIE

Wiskunde Olimpiade

Amesa-Sasol Wiskundekompetisie

Harmony Wiskunde-olimpiade

Wiskunde- en Skeinat Akademies

Dans, Kuns, Drama

Wêreldkennis Olimpiade

Afrikaans Olimpiade

TechnoX-projekte

Mintek en Sasol Minquiz

Bio-Science olimpiade

TechnoX-projekte

ALGEMEEN

Avontuurklub

Valentynsbal

Leesprogram

Mnr en Mej Affies

Toere

VCSV-kampe

Kampe

Rekenaarsentrums

SPORT

KULTUUR

Tennis

Skoolkoerant

Rugby

VCSV

Netbal

Debat & redenaars Hokkie Hokkie

Koor

Muurbal

Skoolorkes

Krieket

Skaak

Skiet

Gospelgroep

Sokker

Toneel/voordrag

Atletiek

Voortrekkers

Swem

Kunswedstryde

Bergfietsry

Spaanse danse (gesubsideerde

Ringbal

Buitemuurse aktiwiteit)

Akademie

Skoolgaan draai primêr om akademie. Dit gaan goed met ons skool omdat Affies oor ‘n span

toegewyde onderwysers en gemotiveerde leerders beskik. Die kwartaallikse Top 10-funksie is ‘n

prestige geleentheid wat deur die ouers bygewoon word. Hier word erkenning aan die akademiese

toppresteerders in elke graad gegee.

Met ‘n slaagsyfer van 93% het dit goed gegaan met die Matrieks van 2012. 59 onderskeidings is

behaal. 43,54% van leerders het vrystelling vir diplomakursusse, 49,19% van leerders het vrystelling

vir graadkursusse. 92,73% van leerders het dus vrystelling vir verdere studie. Leora Gouws was die

toppresteerder met 8 onderskeidings; sy was onder die top 50 presteerders in die

Vrystaat, 3e op meriete in die Vrystaat en die beste kandidaat in Afrikaans. Drie

kandidate het sewe onderskeidings behaal en een kandidaat vyf onderskeidings.

Die hoof, mnr Kleynhans, dien op die raad van Flavius Mareka FET College.

Affie-onderwysers dien op ‘n verskeidenheid akademiese-, sport- en

kultuurkomitees. Mev. Marina Theron is eksaminator en hoofnasiener vir

Afrikaans sowel as moderator vir Afrikaans Huistaal: vraestel 1,2,3 (SAKAI);

mev. Charlotte Bresser is moderator vir visuele kuns (vraestel 1 & 2) en me

Marika van der Lingen is moderator vir RTT (SAKAI). Verskeie onderwysers

is as nasieners, senior- en hoofnasieners by die gr 12-eindeksamen betrokke.

AFRIKAANS OLIMPIADE: Affies neem jaarliks aan die ATKV-Afrikaans

Olimpiade deel. Leora Gouws behaal die tweedeplek landswyd en word eerste

in die Vrystaat in die Afrikaans Olimpiade (huistaal) geplaas.

HARMONY SA WISKUNDE OLIMPIADE: 7 leerders dring na die 2e rondte (2013)

deur. Affies neem jaarliks aan die SASOL Amesa wiskundekompetisie deel.

BIO-SCIENCE OLIMPIADE 2012: Leora Gouws behaal 86% en Vincent Vermaak 84%. Nog 9 leerders

word met medaljes beloon. In die afdeling vir gr aad 8 & 9 is Johann Hanekom (graad 8) gesamentlik

eerste in die nasionale kompetisie en elf leerders ontvang medaljes.

MINTEK MINQUIZ 2013: Marisa Pienaar is die wenner van die Platinumafdeling.

Akademie

WISKUNDE AKADEMIE: Die akademie is ‘n gratis diens slegs aan Affies. Bywoning is vrywillig en

daar word voorsiening gemaak vir presteerders sowel as vir leerders met behoefte aan ekstra hulp.

Affies bied van 2011 af Addisionele Wiskunde aan. ‘n Jaarlikse wiskunde-deurnag is baie gewild –

Wiskunde by Affies is pret. Mee Thiart, Bekker. Serrao en van Heerden is die wiskundepersoneel.

NATUURWETENSKAPPE: Die skeinat akademie is gratis, bywoning is

vrywillig en daar word vir alle leerderbehoeftes voorsiening gemaak.

DRAMA word as vak by Affies aangebied. Daar word elke jaar in die

eindeksamen topprestasies in die vak gelewer: 7 uit 8 kandidate

behaal onderskeidings in die 2012-eindeksamen.

VISUELE KUNS: Affies se kunsleerders lewer gereeld van die top

prestasies in die Vrystaat. Ons neem jaarliks aan kunswedstryde

deel. Die matrieks se skoolkunsloopbaan word aan die einde van

elke jaar met ‘n kunsuitstalling afgesluit. In die 2013 Vereeniging

kunsfees behaal die Affie-kunstenaars die volgende punte: 8 A sim=

bole, 4 A+ simbole, 5 A++ simbole, 4 B simbole. Agt uit 12 kandidate

behaal in die 2012-eindeksamen onderskeidings in visuele kuns.

TOERISME: Toerisme fokus op kennis, die houding en ontwikkeling van

ons land en sy bronne deur die ontginning en bemarking daarvan. Die

leerders maak kennis met die toerismepraktyk, asook van die werkskeppings=

geleenthede wat dit aan ‘n voornemende entrepreneur bied. Toere en uitstappies word gereeld

onderneem.

LEESSENTRUM: Affies beskik sedert die begin van 2013 oor ‘n rekenaarondersteunde sentrum

waar gr 8 & 9-leerders een periode per week lees. Die leesprogram is op aanbeveling ook vir senior

leerders beskikbaar . Leerders se vordering kan op die internet gemonitor word.

VERDERE ONDERWYS EN OPLEIDING: Affie onderwysers woon elke jaar opleidingsgeleenthede

in al die vakke en leerareas by. Enkele Affie-onderwysers is ook as lid van Nasionale Onderwys se

provinsiale opleidingspan by die opleiding van Vrystaatse onderwysers betrokke.

se

Kultuur

DANS: Affies is die eerste skool in die Vrystaat wat dans as vak aangebied het. Carli

Olivier (PDB), goue medaljewenner op die wêreldkampioenskappe en oud-Affie,

is Spaanse dansonderwyseres by Affies. Verskeie danseresse lê jaarliks die

internasionale Spanish Dance Society eksamens af. By die vorige Vaal Dance

Festival neem hulle aan 8 items deel en behaal agt 95%+ simbole. Affie

dansers neem al 2 jaar aan die openingsitem van SA Skole -atletiek deel.

SKOOLKOERANT: Die Padda verskyn kwartaalliks en word deur die

aspirantjoernaliste van die redaksie moontlik gemaak.

KOOR: Affies het ‘n junior- ensemble.

DIE AFFIE MUSIEKMAKERS speel gospelmusiek en begelei met saal=

opening. “Annie-brand vir Jesus” is ‘n musiekgroep wat geestelike musiek

speel waarvan tieners hou.

GOSPEL GROUP: Die groep gee uiting aan hulle unieke talent om spontaan te

harmonieer en so die Here te prys. Die groep bestaan vanjaar uit 15 lede.

SKAAK: Affies neem vanjaar aan die Sedibeng Hoërskoleliga en die Saddlestoernooi deel.

verskeie toernooie deel: Emerald Casino ope, Eligwa ope, Driehoek ope.

Ons neem aan

TONEEL is belangrik by Affies en ons neem aan kompetisies en kunswedstryde deel: Vrystaat-, Vaaldriehoek-

Vereenigingkunswedstryde en ATKV-toneel. Onlangse prestasies sluit in: 42 A++, 46 A+, 23 A-simbole op die

Vereeniging kunsfees, 7 ATKV-toekennings, Bobaastoekenning, 3 A++ en 1 A+ by die vorige Vaaloewerse

kunswedstryd. Die 2013 Vrystaat kunswedstryd in Bloemfontein lewer die volgende simbole op: 18 A++

simbole, 28 A+ simbole, 21 A simbole, 10 B+ simbole en 4 B-simbole.

DEBAT EN REDENAARS: Die debatsvereniging hou elke kwartaal ‘n byeenkoms waar sprekers meeding. Aan

die einde van die jaar word die beste sprekers aangewys. Die sprekers neem aan die ATKV-redenaarskompetisie

en die Vaaldriehoek debatliga deel. Drie seniorleerders dring deur na die halfeindrondte van die ATKV

redenaarskompetisie. Mee van Zyl en Viljoen tree as ATKV-streeksbeoordelaars op.

Sport

RUGBY

Affies se eerste rugbyspan is onoorwonne in die 2013 Hoërskool Vanderbijlpark sportaandreeks. Die

seniorspan dring na die Valkeliga kwartfinale deur.

Die senior sewesspan eindig 2e in die 2013Frankfort toernooi. Vier Affies word in die Sasolburg dorpspan

ingesluit en speel in ‘n toernooi op Frankfort.

Rholani Ncabuka speel in die 0/18-Cravenweek en is in die 0/19-Curriebekerspan ingesluit.

David Mawilela is in die 0/16-Grant Khomo vyftiental ingesluit. Die 0/15-span het na Bloemfontein getoer.

Affies-rugby is 'n sterk mededinger in die Valkeliga vir mediumskole en die seuns word aangemoedig om

rugby te speel. Ons sien uit na ‘n 0/14 rugbytoer in 2014. Ons seuns oefen weekliks in die gimnasium om

hulle fisies voor te berei vir die volgende seisoen. Word deel van die wenkultuur van Affies-rugby.

NETBAL

Affies neem suksesvol aan die Vanderbijlpark Aandreeks deel. ‘n Netbalkursus word by Konka in Brits

deur Elsje Jordaan aangebied. Drie spelers word na die finale Fezile Dabi-proewe in Welkom genooi.

Teenstanders, maak gereed vir 2014!

KRIEKET

Die eerstekrieketspan het ‘n geslaagde 2012-seisoen gehad en sien uit na ‘n nog beter 2013-seisoen. Affies het

al in die verlede Vrystaat Nuffield- en PG Bisonspelers opgelewer.

Affies se krieketgeriewe is van die beste in die Vaaldriehoek, nl. twee sementnette en vyf turfnette, asook

een krieketveld. Affies was in die verlede en is nog steeds ‘n krieketkrag in die Vaaldriehoek asook in die

Noord-Vrystaat.

Sport

HOKKIE

Affies spog vanjaar met spanne in die Aandreeks, Noordvaal Mediumskolekompetisie en Fezile Dabi-

Liga. Vyf spelers word gekies vir die Fezile Dabispan en twee is in die Noord-Vrystaatspan ingesluit.

Die eerstespan en die o/16-span dring na die tweede rondte van die Noordvaal mediumskole=

kompetisie deur. Affies se seunshokkie groei en lewer goeie resultate. Ons neem elke jaar aan ‘n

binnemuurse reeks deel. Kry jou stok en bal, Affies is reg vir jou !

MUURBAL: Drie spanne word jaarliks vir die plaaslike liga ingeskryf.

ATLETIEK: Die Affies het ‘n suksesvolle 2013-atletiekseisoen agter die rug. Dertig atlete neem

aan die Vrystaatbyeenkoms in Bloemfontein deel; vyf atlete is gekies om die Vrystaat in die SA

byeenkoms te verteenwoordig: Sunél Botha, Michelle Habig, Raymond Thompson, Christiaan

Franke en Saira-Lee Nel. Die volgende atlete kwalifiseer om aan die ASA-byeenkoms deel te neem:

Raymond Thompson, Christiaan Francke, Rindi Rheeder, Sunél Botha, Saira-Lee Nel, Michelle

Habig.

SOKKER: Affies het ‘n aktiewe sokkerspan wat gereeld vriendskaplike- en ligawedstyde speel. Die

span speel in die Kay Motsepekompetisie sowel as die Sasol-, Metropolitan- en Vaalrivier sokkerligas.

SWEM: Tjaart du Toit en Christos Mouratiddes neem op Kroonstad aan die NOVS-gala deel . Tjaart

wen 5 goud-, 1 silwer -en 2 bronsmedaljes op die NVS-swembyeenkoms en 4 goud- en 1

silwermedalje op die Vrystaatbyeenkoms.

TENNIS: Drie spanne het vanjaar vir die Vaalrivierliga ingeskryf. Konri Bekker en Dawie Bekker

verteenwoordig Noord-Vrystaat. Michael Ellis rig vanjaar die Affies af.

BERGFIETSRY: Affies se span is baie entoesiasties en neem gereeld aan byeenkomste deel.

SKYFSKIET: Dit gaan goed met die skiet by Affies. Ons leerders kwalifiseer jaarliks vir provinsiale

kleure en neem in September aan die SA-Kampioenskappe deel.

Algemeen

LEWENSTRATEEG

Affies is die eerste skool wat ‘n lewenstrateeg voltyds in samewerking met Kohin, in diens

geneem het. Me Uzanne Barnard is ‘n gekwalifiseerde berader wat ‘n belangrike funksie by die

skool vervul.

MNR EN MEJ AFFIES

Hierdie glansgeleentheid vind jaarliks plaas. Die finaliste word deur toonaangewende boetieks

geklee, groot name in die vermaaklikheidsbedryf tree as gaskunstenaars op en die hoogtepunt

van die aand is die verskyning van die finaliste in die droomskeppings van ‘n topontwerper.

Groot pryse is op die spel.

DIE VOORTREKKERS

‘n Kultuurorganisasie wat leerders se ontwikkeling met betrekking tot spanwerk,

leierskapontwikkeling, interessante uitstappies, staptoere en kampe daarstel. Ons woon

jaarliks gedurende Aprilvakansies die provinsiekamp te Doornkloof by.

VALENTYNSBAL

Die formele bal, ‘n rooitapytgeleentheid wat jaarliks by Affies gehou word, is een van ons

lekker tradisies.

Algemeen

SOSIALE VERANTWOORDELIKHEID

By Affies is ons deeglik bewus van ons sosiale verantwoordelikheid en kom dit op ‘n lekker manier na:

Affies skenk gereeld bloed. Fondsinsamelings ten bate van bv. die Jeugsorgsentrum en Gesinsorg word

gereeld gehou. Dit neem byvoorbeeld die vorm van ‘n Hoededag of Pantoffeldag aan en word met groot

entoesiasme ondersteun. Kunsleerders het ‘n voortdurende projek om die mure van die

versorgingseenheid van “Ons Gryse Jeug” met muurskilderye te versier.

GODSDIENS

Affies het verskeie Godsdiensgeoriënteerde tradisies: Godsdiensperiodes word op georganiseerde wyse

deur personeel waargeneem en Hemelvaartdiens, Kerssangdiens, Wêreldbiddag vir vroue en ‘n

afskeidsbiduur vir die matrieks is enkele van die tradisies wat vir Affies belangrik is.

VCSV

Die VCSV vergader Dinsdae gedurende pouse, soms almal saam en soms in klein groepe.

Bybelstudie word in groepverband onder leiding van leiers gedoen wat elke jaar nuut gekies word en

opleiding vir hulle taak ontvang. Groepprojekte behels onder andere die jaarlikse blokskilder: kringe

kies ‘n slagspreuk en beeld dit visueel uit. Ons ontvang gereeld gaste. soos Kruiskyk, 90.6 VCR,

KANSA en verskeie predikante vir ogggendopening. Die VCSV loods gedurende die jaar verskillende

projekte soos insamelings vir die kinderhuise en Ons Gryse Jeug. In 2012 was die kringleiers op ‘n uitreik

na Platfontein en ons beplan soortgelyke toere op ‘n jaarlikse basis.

REKENAARSENTRUM

Die skool beskik oor twee moderne, goedtoegeruste rekenaarsentrums.

AVONTUURKLUB

Die baie gewilde avontuurklub onderneem gereeld stap- en roeitoere na ‘n verskeidenheid

bestemmings.

Die groep het vroeër vanjaar die vyfdag Strandloper-roete by Keimond gestap.

VERVOER

Busvervoer is teen ‘n billike tarief vanaf al die woonbuurte in Sasolburg en Vaalpark beskikbaar.

Vakkeuse: Graad 10, 11 & 12

VERPLIGTE EKSAMENVAKKE – GROEP A

AFRIKAANS HUISTAAL

ENGELS EERSTE ADDISIONELE TAAL

LEWENSORIËNTERING

KEUSEVAKKE –GROEP B

KEUSEVAK 1

WISKUNDE

WISKUNDIGE GELETTERDHEID

KEUSEVAK 2

REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE

REKENINGKUNDE

VERBRUIKERSTUDIE

GEOGRAFIE

KEUSEVAK 3

LEWENSWETENSKAPPE

BESIGHEIDSTUDIE

INGENIEURSGRAFIKA EN –ONTWERP

VISUELE KUNSTE

DRAMATIESE KUNSTE

KEUSEVAK 4

FISIESE WETENSKAPPE

TOERISME

SUID-SOTHO

REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE

BESIGHEIDSTUDIE

OPMERKINGS

Minimum vereistes vir toelating tot die

HOËR SERTIFIKAAT: ‘n Nasionale Senior Sertifikaat.

Minimumvereistes vir toelating tot ‘n DIPLOMA:

‘n Nasionale Senior Sertifikaat met ‘n prestasieaanslag van 3

(Gemiddelde prestasie 40%-49%) of beter in vier erkende

NSS 20-kredietvakke.

Minimumvereistes vir toelating tot ‘n

BACCALAUREUS GRAAD:

‘n Nasionale Senior Sertifikaat met ‘n prestasieaanslag van 4

(Bevredigende Prestasie, 50%-59%) of beter in vier vakke gekies uit

die volgende erkende NSS 20-kredietvakke

(wat bekend sal staan as die aangewese vaklys):

Rekeningkunde

Lewenswetenskappe

Besigheidstudies

Wiskunde

Ingenieursgrafika en –ontwerp

Wiskundige geletterdheid

Geografie

Fisiese wetenskappe

Verbruikerstudie

Visuele Kunste

Tale

Dramatiese Kunste

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!