05.01.2015 Views

Psalm 139 Doop van my kleindogter - AH Bogaards

Psalm 139 Doop van my kleindogter - AH Bogaards

Psalm 139 Doop van my kleindogter - AH Bogaards

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

1

Dooppreek Psalm 139

Dr AH Bogaards

16 Desember 2012

Lees: Psalm 139; Ef 4:8-10

Teks: Psalm 139:13-16; Ef 4:9b; Ps.22:10-11

Psalms: Ps 48:1,5; 98:1,2; 139:1,12; 146:8; 139:6,7,8; 22:4

1. Inleiding

By die lees van ons Skrifgedeeltes verrys voor ons oë twee kunswerke – twee kunswerke,

wonderwerke uit die Vaderhande van God:

Die een kunswerk van die hemelse Kunstenaar is Moné, die kind wat vandag

gedoop is en elke verbondskind;

Die ander Goddelike Kunswerk is ook ‘n Kind: die Kind Jesus, die Seun van God.

Twee hemelse kunswerke - en die twee het álles met mekaar te make. Daar is allernouste

verband tussen die twee. Dit moet ons goed vashou.

Ek wil die verband tussen die twee so omskryf:

‣ Deur die tweede kunswerk, deur die geboorte van die Seun van God, maak God se

Vaderhande die eerste kunswerk, die gelowiges en hulle kinders, so hemels mooi, so

heerlik volmaak.

‣ Maar die tweede kunswerk maak die eeerste nie net mooi nie. Die tweede kunswerk is

ook die geheim waarom God sy eerste kunswerk oral en altyd liefdevol met sy

Vaderhande sal omring en sal dra. Ja, die bloed van die Seun is die waarborg dat

ons deur God se almagtige Vaderhand aan alle kante ingesluit sal word en gehou sal

word op die ewige weg. Wat mensehande, ouerhande, domineeshande nie kan doen

nie, dit doen God.

Ek staan met u stil by drie gedagtes:

1. Die HERE se oralteenwoordige Vaderhand

2. Die HERE se oralteenwoordige Vaderhand en Christus

2

3. Die HERE se oralteenwoordige Vaderhande en ons gevoude hande

2. Inhoud

2.1 Die HERE se oralteenwoordige Vaderhand

Psalm 139 eindig soos dit begin:

Dit begin met Dawid se belydenis in vers 1: HERE, U deurgrond en ken my.

En dit eindig in vers 23 met dieselfde woorde, maar dan in gebedsvorm: Deurgrond

my, o God, en ken my hart.

Die Psalm word dus ingesluit tussen hierdie twee verse. Dit word omraam deur hierdie

woorde. So ‘n omraming is ‘n bekende digvorm in Hebreuus. Met hierdie omraming wil die

digter presies vir ons sê waaroor dit in Psalm 139 gaan. Dit gaan om 2 dinge wat die HERE

doen:

1. die HERE deurgrond my en

2. die HERE ken my.

Hierdie gedagtes gaan die Psalmdigter verder uitwerk in die verse wat tussenin lê.

Ek begin by die woord ken: HERE, U ken my.

Dit is ‘n baie bekende woord in die Psalms. Psalm 1:6 begin al daarmee: Die HERE ken die

weg van die gelowiges. Die woord ken loop soos ‘n goue draad deur die Psalms. Ons kan sê:

Dit vorm die groot tema, die heerlike boodskap van die Psalms en die hele Bybel.

Nou moet ons goed verstaan wat met hierdie ken bedoel word. Dat die HERE my ken,

beteken nie maar net dat die HERE alles van my af weet nie. Dit natuurlik ook. Maar die

woord ken het nog ‘n ryker, ‘n troosvoller betekenis: Dit gaan om ‘n liefdevol ken; dit

beteken dat die HERE liefderyk met my bemoeienis maak; Hy omring my met dade van

Vaderliefde en sorg.

Ek kan die liefdevol ken nie beter omskryf as met die woorde van vers 5 nie: HERE … U

sluit my in van agter en van voor, en U lê u hand op my. God se liefdevol ken kan ons in

een woord omskryf: Vaderhand. Die HERE se ken – dit is sy Vaderhand wat Dawid en my

aan alle kante insluit en beskerm en lei. En in vers 6 tot 12 vertel Dawid hoe daardie hand

hom nie net heeltemal insluit nie, maar ook altyd omring.

3

Altyd en oral is en was die Vaderhande daar. Ja, altyd en oral – en dan daal Dawid neer na

die heel eerste begin van sy bestaan in vers 13 tot 16:

Toe niemand nog van my bestaan bewus was nie, het God al van my geweet: My

gebeente was vir U nie verborge toe ek in die geheim gemaak is nie (v 15).

Toe geen mense-oog of sonar my nog gesien het nie, het God my gesien: U oë het my

ongevormde klomp gesien (v 16).

Maar nie net sy oë was daar nie, maar ook sy Vaderhande. Ja, want juis daardie Vaderhande –

juis dit is die Kunstenaarshande wat my gemaak het. Ons hele ontstaan en vorming in die

moederskoot word beskrywe as ’n kunswerk van God, ’n kunstige borduurwerk: Want U het

my niere gevorm, my in my moeder se skoot geweef (v 13); my gebeente ... is kunstig

geweef in die dieptes van die aarde. (v 15)

Dit is diep aangrypend as ons die Bybel se beskrywing van ons onstaan hoor: Vaderhande het

ons gevorm, Vaderhande het ons as die mooiste kunswerk borduur, kennende Vaderhande,

liefdevolle Vaderhande, Vaderhande wat my daar reeds ook bedek het.

En toe, toe was die geboorte-oomblik daar en toe – ja, toe was die Vaderhande steeds daar.

Want in Psalm 22 vers 10 en 11 sê Dawid: Ja, U is dit wat my uit die moederskoot uitgetrek

het, wat my veilig laat rus het aan my moeder se bors. Aan U is ek oorgegee van die

geboorte af; van die skoot van my moeder af is U my God.

Ouers, het julle al só daaraan gedink: Toe die kindjie deur doktershande uit die

moederskoot gehaal is, was dit ten diepste God se Vaderhande wat haar uitgetrek het

Dit is ’n oorweldigende gedagte: Die Vader het haar aan julle oorgegee. Julle het haar

uit die Vaderhande van God ontvang – sy kunswerk waarvan julle ouers moet wees.

Wat ’n verantwoordelikheid. Hierdie kosbare kunswerk van die Vader in ons klein

mensehandjies.

Maar daar is iets in Psalm 22 wat nog baie, baie meer oorweldigend is – so troosryk as

ons dink aan ons swak mensehande. Want die kind word deur die Vader nie net aan

die ouers oorgegee nie, maar, sê Dawid: Aan U (HERE) is ek oorgegee van die

geboorte af; van die skoot van my moeder af is U my God. Sy is nie net in ouerhande

nie, maar die Vaderhande neem haar en gee haar oor in God se Vaderhande. Wat ’n

rus vir ouers.

Maar hierdie kunswerk en hierdie ken, hierdie liefde van die Vaderhande word nog mooier,

as ons na die tweede Kunswerk kyk: die geboorte van die Seun van God.

4

2.2 Die HERE se oralteenwoordige Vaderhand en Christus

Maar om iets te verstaan van die noodsaak en die wonder van hierdie tweede kunswerk, moet

ek eers iets vertel van kunswerk nommer 1 - iets wat nie so mooi is nie.

Hierdie mooi kunswerk van God is naamlik bederf deur ons sondeval in die paradys. Adam

se sonde was ons sonde en deur sy sondeval is ons almal alreeds in die moederskoot met die

sonde bevlek. Reeds van ons heel eerste begin af het ons sondeskuld en reeds voor ons

geboorte het ons ’n sondige natuur. Dawid huil daaroor in Psalm 51:5: Kyk, in

ongeregtigheid is ek gebore, en in sonde het my moeder my ontvang. En as dit van ons sou

afhang, sou nie een van ons op die goeie weg van God gekom én gebly het nie.

En nou kom ek by die tweede sleutelwoord van Psalm 139: HERE, U deurgrond my. Dit is

’n term uit die regswêreld. ’n Goeie regter deurgrond ’n misdadiger. Hy kyk dwarsdeur hom,

sal ons sê. Met die hemelse Regter is dit in volkome sien waar. Hy ken die swart, verborge

dieptes van ons hart.

Maar nou die hemelse wonder: Die Vader laat dit nie daarby dat sy kunswerk bederf word

nie, maar Hy kom met ’n tweede kunswerk. Hy stuur sy Seun. En daarin bereik sy ken, sy

liefdevol ken, ’n ongekende hoogtepunt. Want so lief het God die wêreld gehad, dat Hy sy

eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar

die ewige lewe kan hê. (Joh 3:16)

En daarvan lees ons in Efesiërs 4 vers 9: Hy het neergedaal het in die onderste dele van die

aarde. Die onderste dele van die aarde - dit is woorde wat uit Psalm 139:15 kom, want daar

lees ons dat ons deur God kunstig geweef is in die dieptes van die aarde. Met die onderste

dele van die aarde van Efesiërs 4 en met die dieptes van die aarde van Psalm 139 word

dieselfde bedoel: die moederskoot. Die Seun van God het neergedaal in die moederskoot van

Maria. Hy was ‘n kunswerk van die Vader deur die Heilige Gees.

Maar dit was ’n kunswerk met ’n verskil: Want waar ons as ’n kunswerk bevlek met die

sonde gebore word - deur eie skuld -, daar is die Seun van God sonder sonde gebore.

En nou die wonder, die verband tussen kunswerk nommer een en kunswerk nommer twee,

die verband tussen ons geboorte en Christus se geboorte: Hy is gebore met onskuld en

volkome heiligheid om my sonde, waarin ek ontvang en gebore is, voor die aangesig van God

te bedek (HK 14:36).

5

En ouers, dit het julle ook bely met julle ja op die doopsvrae: Hoewel ons kinders in sondes

ontvang en gebore en daarom aan allerhande ellende, ja, aan die verdoemenis self,

onderworpe is, bely ons nogtans dat hulle in Christus geheilig is.

Deur kunswerk nommer 2 word kunswerk nommer 1 weer volmaak mooi, heilig. Deur

kunswerk nommer 2, deur die bloed van Christus, word sy gewas en moet sy gewas word.

En dit is wat afgebeeld word met die water van die doop.

Ook in die doop sien ons God se Vaderhand: God wat sy Vaderhand op haar lê en beloof:

Ook hierdie kunswerk van Hom wil Hy skoonwas deur die bloed van sy Seun.

Ons kom by die laaste punt:

2.3 Die HERE se oralteenwoordige Vaderhand en ons gevoude hande

Psalm 139 is vol van God se Vaderhande.

En in vers 23 en 24 kry ons nog hande: gevoude hande. Dawid vou sy hande en hy bid:

Deurgrond my, o God, en ken my hart; toets my en ken my gedagtes; en kyk of daar by my

‘n weg is van smart, en lei my op die ewige weg!

Daarmee gee Dawid sy hele lewe uit eie hande in God se almagtige Vaderhande.

Dawid weet hoe swak hy self is en dat hy op sy eie nie op die ewige weg sal bly nie.

Maar Dawid weet óók deur die geloof van God se hand en hoe ’n hand dit is.

Ek kom weer terug op die hand van God. Aan die begin het hy gesê: Daardie hand is orals,

daardie kennende, liefdevolle Vaderhand. In vers 8-10 bely hy: Klim ek op na die hemel, U

is daar; en maak ek die doderyk my bed, kyk, U is daar! Neem ek die vleuels van die

dageraad, gaan ek by die uiteinde van die see woon, ook daar sou u hand my lei en u

regterhand my vashou.

Ek wil veral u aandag op die laaste woorde vestig: Oral sal u regterhand my vashou. Met

hierdie regterhand word Christus bedoel. Hy is die regterhand van God wat op Golgota

reddend na ons toe uitgesteek is en ons gered het van sonde, duiwel en dood.

Daar is nie ’n sterker hand as dit nie. Want in Matteus 28 sê Jesus vir sy kerk: Aan My is

gegee alle mag in die hemel en op aarde. En nooit is God se kinders sonder daardie hand nie,

want dan voeg Jesus daarby: En kyk, Ek is met julle al die dae tot aan die voleinding van die

wêreld.

Ons het ook netnou daarvan gesing, van hierdie heerlike regterhand:

6

Sing nuwe lof aan God die HERE,

die God wat wonders het gedaan;

sy regterhand, vol sterkte=en ere,

sy heil'ge arm bring redding aan. (Ps 98:1 – Totius)

Psalm 139 eindig met die twee paaie van Psalm 1:

Aan die eenkant is daar die weg van smart, die pad van almal wat nie by Christus bly

nie;

aan die anderkant is daar die ewige weg. Dit is Christus. Hy is immers die weg en die

waarheid en die lewe. (Joh 14:6)

Self bly ons nie op die goeie weg nie, maar deur God se regterhand word ons gelei op die

ewige weg. Christus is nie net die weg nie, maar hy hou ons ook op die weg. Hy hou sy skape

in sy hand en, sê Hy in Johannes 10:28-29, Ek gee hulle die ewige lewe, en hulle sal nooit

verlore gaan tot in ewigheid nie, en niemand sal hulle uit my hand ruk nie. My Vader wat

hulle aan My gegee het, is groter as almal; en niemand kan hulle uit die hand van my

Vader ruk nie.

3. Slot

Deurgrond my, o God, en ken my hart; toets my en ken my gedagtes; en kyk of daar by my

‘n weg is van smart, en lei my op die ewige weg!

Ouers, dit is ’n gebed wat ons moet bid vir onsself, maar óók vir ons kinders. Dit is die

belangrikste wat ons as ouers vir ons kinders kan doen: om hulle uit eie hande in die hande

van God te gee.

Ons en ons kinders is so swak; ons skrede (= ons treë) is so wankelrig. Bid daarom:

AMEN

Deurgrond, o HEER, en ken die swart,

verborge dieptes van my hart;

of diep in my, waar U kan lees,

'n skadelike weg mog wees.

En lei voortaan my wank'le skrede

tog op die weg van eewge vrede. (Psalm 139:12 – Totius)

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!